Liewe Bruid,
Ons is baie opgewonde om ‘n nuwe kursus, Vind die Oorvloedige Lewe, met jou te deel, wat ons glo jy baie voordeel uit sal trek, so baie soos wat ons almal het deur dit te lees as deel van ons bedienings opleiding. Deur dit deur te lees, het dit elkeen van ons gehelp om ‘n veel dieper verhouding as wat ons voorheen gehad het, met ons Hemelse Man te verkry, asook die vryheid en vreugde wat verkry word deur Sy bruid te wees.
Soos wat jy begin om elke hoofstuk te lees, sal jy baie sien van wat jy alreeds geleer het in baie van ons kursusse en wat Bemoedigende Vroue gehelp het om op te fokus—as gevolg van wat jy sal sien sal ontvou in hierdie lewensveranderende boek.
Net onder die hoofstuk skakel en die Joernaal skakel wat jou sal help, is die #Tags wat jou na die Bemoediger blog toe sal neem wat jy kan gebruik as jou Gemeenskap.
Wees seker dat jy hierdie tyd GENIET soos ‘n spesiale wittebrood vir jou om jou Beminde beter te leer ken. Moet dit nie net as ‘n kursus doen nie, maar ‘n toevlugsoord vir die twee van julle om as ‘n paartjie by te woon 🙂
Mag vandag die keerpunt in jou lewe wees.
Baie liefde aan julle almal!!
Volg ons#VOL Tag vir ons Bemoediger blog om die LOF van hierdie lewensveranderende boek te lees.
INSTRUKSIES
Wees seker om eers die Hoofstuk te LEES en dan te stop en oordink—laat die Here met jou praat. Vra Hom vrae, sê vir Hom hoe jy voel, vra Hom wat Hy jou wil leer en wat Hy wil hê jy moet wegneem uit die hoofstuk wat jy gelees het. Stort dan jou hart uit in jou Joernaal—kom weg met alles wat Hy vir jou het--en om jou te help om Hom en Sy Oorvloedige Lewe ten volle te ervaar!!
Laastens, miskien selfs die volgende dag, KLIK OP die Gemeenskap skakel onder elke hoofstuk om te lees hoe die beginsels deur ons ministers gebruik was.
Ons wil jou aanmoedig om een hoofstuk elke Sondag te doen, “Die Here se Dag” of so dikwels soos wat Hy jou lei! 🙂
En, om jou hart voor te berei en in staat te wees om regtig te voel hoe naby jou Hemelse Man aan jou is, moedig ons jou aan om hierdie MP3 lêer van ‘n liedjie af te laai wat jy aan jou HM kan sing en doen dit elke keer wat jy inkom om ‘n hoofstuk te lees of enigiets gedurende die dag. “Anyone At All.”
Lees Getuienisse vir HM LIEFDESLIEDJIES
HM LIEFDESLIEDJIE Lirieke en Hoekom Hierdie Liedjie Gekies Was
As hierdie hoofstuk of hierdie liedjie wat jy vir jou HM sing, jou geseën het, moedig ons jou aan om jou LV in te dien wat dalk ‘n ander vrou mag help om ook haar HM te vind!
HOOFSTUKKE
Hoofstuk 1 “Wat is die Oorvloedige Lewe?”
Joernaal
#1
Hoofstuk 2 “Vind Jou Lewe”
Joernaal
#2
Hoofstuk 3 ”Die Liefde van My Lewe”
Joernaal
#3
Hoofstuk 4 “Gee dit Weg”
Joernaal
#4
Hoofstuk 5 ”Dit is SO die Wag Werd”
Joernaal
#5
Hoofstuk 6 “Hulle Het dit Nie”
Joernaal
#6
Hoofstuk 7 “Hunker na Wie?”
Joernaal
#7
Hoofstuk 8 “Na Wie Luister Jy?”
Joernaal
#8
Hoofstuk 10 “Oorgawe”
Joernaal
#10
Hoofstuk 11 “Je t’aime Maman”
Joernaal
#11
Hoofstuk 12 “Jou Beste Beskerming”
Joernaal
#12
Hoofstuk 13 “As Jy My Liefhet”
Joernaal
#13
Hoofstuk 14 “Jy is Al Wat Saak Maak”
Joernaal
#14
Liefdes Briefies
Teen hierdie tyd behoort jou verhouding met jou Hemelse Man nogal intiem te wees, so wat noem jy jou HM “Hemelse Man?” As jy jou joernaal tik, begin jy met Liewe Liefling, Liefling of my Liefde? Of spreek jy Hom nog steeds aan as Here: Liewe Here, Liewe God?
As jy Hom nog steeds aanspreek as Godheid, wat in die hemel sit en afkyk, belowe ek dat Hy by jou wil aansluit—langs jou sit! Druk jou liefde aan Hom uit deur Hom aan te spreek soos wat jy ‘n “regte” man sal aanspreek—nie deur ‘n formele naam te gebruik nie, selfs nie die naam wat sy familie hom noem nie—maar ‘n troetelnaam, ‘n spesiale naam, ‘n naam wat intimiteit en liefde uitdruk. Skryf in jou Joernaal woorde van vertroeteling, onthou, hierdie is jou Liefdes briefies aan Hom, aan die Een wie jou Man is.
“Liefling, ons vertrou Jou om te weet hoe om hierdie bruid die bemoediging te gee wat sy nodig het om in staat te wees om jou omhelsing, nie net voor te stel nie, maar om dit te voel.”
Aangesien hierdie GRATIS kursus voorsien is deur ons vennote,
vra ons dat jy hierdie kursus sal afsluit deur ‘n kort dankie nota te skryf:
Dit sal jou dan na die volgende boek in die Oorvloedige Lewe reeks neem—