Gee, en aan julle sal gegee word.

'n Goeie maat wat ingedruk en geskud

en oorlopend is,

sal hulle in jul skoot gee,

want met dieselfde maat waarmee julle meet,

sal weer vir julle gemeet word.

—Lukas 6:38

Op hierdie oomblik is ek in ‘n effense finansiële krisis, so is daar ‘n beter tyd as nou, om die wonderlike beginsel te deel wat God my leer in my lewe?  Meeste van julle wat uit mekaar gaan en egskeiding in die gesig staar, sal ook finansiële krisisse ervaar, want dit wil voorkom asof dit hand-aan-hand gaan.  En vrees gebruik die finansiële krisis as ‘n oop deur om jou te martel en jou geloof aan te val.  Dit sê ek uit persoonlike ondervinding.

Die goeie nuus is, as ons eenvoudig die beginsel van gee te midde van ons gebrek, verstaan en aangryp, sal jy vind, soos ek, dat God eintlik beproewinge ontwerp het om dit wat jy het te vermeerder, nie om eenvoudig jou geloof te toets nie.  Laat ek dit so stel: wanneer daar ‘n “gebrek” is in jou finansies (of enige ander area van jou lewe), wil God hê jy moet gee (soos Hy jou lei), sodat Hy dit wat jy het kan vermeerder.

Natuurlik wil ons vlees die teenoorgestelde doen; wanneer ons gebrek het, neig ons om dit wat ons het, weg te steek of op te gaar.  Soos alle geestelike dinge, moet ons die vlees doodmaak (deur dit nie te voed nie) en deur die gees gelei word, sodat die gees en ons geloof sal vermeerder.  Met hierdie waarheid, sal jy die vermoë besit om jou gemoedstoestand te verander, sodat wanneer daar gebrek is, jy sal juig om te weet dat God hierdie gebrek ontwerp het sodat daar vermeerdering in jou lewe bewerkstellig kan word!!

Toe my man aangekondig het dat hy van my gaan skei, het hy ook vir my gesê dat hy my met al die familie skuld gaan los (waarvan baie weggesteek was), en dat hy nie onderhoud vir die kinders sou betaal nie.  Dames, wanneer jy in die Rooi See gedruk word, wat, as ek mag sê, ek gevind het ‘n wonderlike plek is om te wees, is dit nie die tyd om paniekerig te raak nie.  Dit beteken net God gaan binnekort opdaag!  Ek verkies eerlikwaar hierdie groot krisisse as die ander kleineres want ek kan maklik sien dat dit God is Wie my op stel.  Ek het altyd gedink dat dit die duiwel was of sulke nonsens (soos die ander persoon wat uit was om my te kry).  En as gevolg van hierdie onkunde, kan ek my nie indink hoeveel keer ek een van God se seëninge gemis het nie, omdat ek daarteen baklei het—terwyl Hy my heeltyd probeer seën het.  Ek is nie seker nie, maar ek kan nie onthou dat iemand my ooit van hierdie beginsel geleer het nie, is dit omdat niemand dit regtig verstaan nie?

So, om dit duidelik te maak, wanneer jy gebrek in die gesig staar of as dit voorkom asof iemand jou in een of ander soort gebrek wil druk—moenie daarteen baklei nie en moet asseblief nie paniekerig raak nie;  juig eerder, God gaan jou binnekort seën!  Die vers wat my geleer het wat om te doen was, “Maar Ek sê vir julle: ‘Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer.’” (Matteus 5:39-41)

Maar, selfs al het Jesus vir ons gesê wat om te doen, wil ons eerder aan ons hemp vasklou of dit wegsteek.  En God help ons, ons sal nie nog een ekstra myl loop nie!  Inteendeel, selfs Christene soek ‘n prokureur om geld weg te steek en mag selfs probeer om iets te kry van die persoon wie op sy beurt probeer om te kry wat ons het.  Dit is waarvoor ‘n prokureur betaal word, dit is hoekom ek so dankbaar is teenoor Erin, wie my vroeg geleer  het om eenvoudig op die Here te vertrou om vir ons te baklei en prokureurs te laat gaan.

Laat ons realisties wees, wanneer ons optree soos die wêreld doen, wys ons ons onkunde oor God se Woord en Sy maniere en dit bewys ook ons is nie Sy kinders nie, want as ons was, sou ons nie so onbetaamlik opgetree het nie!  En sodra ons optree soos wat by ‘n erfgenaam van ons hemelse Vader pas, sal ons bewys dat ons so ongewoon vreemd is dat ons nie kan verhelp om die verlorenes aan te trek om notisie te neem nie en hulle sal vinnig in Jesus begin glo.  Kan jy glo dat hierdie bonus by ons vermeedering gesit word?!  Dit is wat dit beteken om aan die velorenes te “getuig”,  nie om vir hulle ‘n opname te gee of die Romeine Pad na verlossing op te sê nie.  Die verlorenes moet kan sien hoe ons anders leef.

So na elke situasie van nood of gebrek wat my onlangs van elke kant getref het en ook deur met my lippe te erken, “God Jy is op die punt om my te seën!”, kan ek na my bid hoekie toe gaan om met die Here te praat sodat ek kan weet hoe Hy wil hê ek elke situasie moet hanteer.

Byvoorbeeld, net laas week het ek papiere van ons boekhouer gekry wat verklaar het dat ons (wat nou “ek” is omdat ek ingestem het om die skuld oor te neem) duisende aan agterstallige belasting skuld.  So mal as wat dit mag klink, ek was nogal opgewonde om te sien wat God gaan doen omdat ek geweet het Hy het die hele ding opgestel om vir my te wys hoe kragtig en getrou Hy is.  Die Here is mal daaroor om geprys te word en net soos enige man, wil Hy hê ek moet weet net hoe wonderlik Hy is as my Man, aangesien ek nou Sy nuwe bruid is (ten minste voel ek soos ‘n nuwe bruid)!

Ook, wetende hoe maklik finansies (of die gebrek daaraan) vrees kan inboesem, het ek nie die bladsye en bladsye papierwerk te versigtig gelees nie, ek het dit eerder op my lessenaar gelos tot die volgende oggend sodat ek genoeg tyd kon hê om dit met my Here te bespreek. Ek wou geweet het wat Hy wou gehad het ek moes doen en verseker nie om met ‘n plan vorendag te kom nie (nie my plan of enigiemand anders se plan nie, dit is hoekom ek nooit my probleme met ander bespreek nie!).  Laat ons nooit vergeet nie, vir elke beproewing, toets, versoeking of krisis, het God alreeds ‘n plan in plek wat ‘n seëning aan die einde insluit.  Hy wil nie hê dat ons ons eie planne moet uitdink oor hoe om uit te kom nie.  In plaas daarvan wag Hy eenvoudig vir ons om na Hom toe te kom, nie in ‘n toestand van paniek en smeking nie, maar in uiterste vertroue net soos ‘n kind na sy pa toe sal gaan wat enigiets kan (en sal) regmaak!

Dit was in my gebeds hoekie toe die Here my verseker het dat Hy my “beskerm” en dat Hy my sou lei deur die hele proses met betrekking tot my belasting.  Sonder om dit eintlik te sê, het Hy my herinner aan wat net weke vantevore gebeur het toe ek hierdie beginsels begin volg het:  Toe ek niks gehad het nie maar gegee het (en net omdat Hy die vermoë voorsien het om te gee toe ek vir Hom gesê het ek sal),  het Hy my geseën met ‘n onverwagte seëning van duisende dollars!

Terug na die agterstallige belasting.  Die volgende oggend het Hy my gelei om my tjekboek te kry en om versigtig deur die papiere te begin lees wat al die verskillende tjeks vir die agterstallige staatsbelasting en federale belasting gelys het.  Met elke omblaai het die bedrag bly groei todat ek besef het dat ek tienduisende skuld wat my pragtige veiligheidsnet sou uitwis (die duisende dollars wat nog oor was in my bank rekening) en terwyl ek gelees het, kon ek die Here hoor fluister, “Vertrou jy my?” en ek het geglimlag met my antwoord, wat “Natuurlik!” was.

So het Hy my gelei om die een tjek na die ander uit te skryf.  Toe ek klaar was, het Hy my gelei om die tjeks daar op die lessenaar te los.  Daardie aand en die volgende oggend, elke keer as ek aan die agterstallige belasting gedink het, het ek vir my Beminde gesê dat Hy al was wat ek wou hê, dat Hy al was wat ek nodig gehad het en hoe baie ek Hom liefhet en aanbid.  Die volgende oggend, toe ek oppad was om die tjeks in die gepaste koeverte te sit om te pos, het God my oë oopgemaak vir die feit dat ek nie die tjeks kon uitskryf uit die kerk se rekening, soos wat ek gedoen het nie, maar dat dit persoonlike belasting was wat ek uit my persoonlike rekening moes betaal! As hierdie bedrag die groot veiligheidsnet in die kerk se rekening kon uitwis, was daar geen manier wat ek daardie tipe geld in my persoonlike rekening kon hê nie!

Tog toe ek die Here daarvan vertel, het Hy my eenvoudig weer gevra of ek Hom vertrou en vir my gesê, “Dit is daar.”

Dames, ons word gevra om te glo wat ons nie sien nie, en om God te vertrou vir elke wonderwerk deur geloof, daarom het ek geglo al het ek “gesien” ek het niks, en God was weer wonderlik getrou!  Die Here het my weer gelei om een tjek op ‘n slag kalm uit te skryf, uit my persoonlike rekening, todat daar uiteindelik net een tjek oor was om te betaal.  Dit is toe wat Hy my gelei het om te stop.  Toe ek gestop het, het ek besef dit was die grootste tjek en dat ek eintlik die ander tjeks “uit volgorde” van hul betaal datum, geskryf het.  Dit is toe wat die vyand my probeer oortuig het om hierdie een onbetaald te los en hoofsaaklik gemartel het om die skuld “uit volgorde” te betaal.  Tog het ek voort gegaan en daardie een skuld vir amper ‘n week gelos todat die Here my terug gelei het na die papiere en my tjekboek.

Toe hierdie beproewing oor en verby was, het ek al die agterstallige belasting uit my persoonlike rekening betaal!! Daar is geen manier wat dit moontlik kon wees nie—geen manier nie!! Maar Hy het ‘n manier gemaak, ek kan nie verduidelik hoe Hy dit gedoen het nie!

So, toe ek hierdie week my nuwe finansiële krisis is die gesig moes staar, het my eie getuienis in my gedagtes opgekom, want weereens was ek in die Rooi See gedruk.  Ek is seker dat dit die nadraai van die agterstallige belasting was, maar hierdie week, toe dit tyd raak om die huis paaiement te betaal, het ek geweet die geld was nie daar nie.  Ek het absoluut niks gehad nie.  Wat my hartseer gemaak het, maar my laat lag het, was dat ek nie eers genoeg gehad het om vir my drie jongste kinders se uitstappie te betaal nie—’n totaal van $6.00 (Ek hoop jy lag ook)!  Ek het net klaar salaris tjeks uitgeskryf en die kerk se rekeninge betaal, toe ek weereens aangesig tot aangesig met die Rooi See kom.

Wat my ook laat lag het was dat hierdie een area was waaroor my VM my gespot het en aanhoudend vir my gesê het dit gaan gebeur.  Hy het selfs ‘n punt daarvan gemaak om vir ons ouer kinders te vertel dat ek die “huis gaan verloor” met my “dwase gegee” wat ek in dwaasheid beweer het is “geloof.”  Natuurlik het ek nooit probeer om myself te verdedig nie want die Here weet ek is ‘n dwaas. 1 Korintiërs 1:27 sê, “En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam.”  Jip, dit is ek.

Alhoewel ek gewoonlik probeer om Saterdae die boeke te doen, het ek geen idee gehad wat om te doen nie.  So wanneer ek nie weet wat om te doen nie, doen ek niks;  ek dink nie eers aan wat gedoen moet word nie.  Weereens het ek die tjeks en die rekeninge gelos en kamer toe gegaan om by die Here te rus en in Sy goedheid.  Ek het elke geleentheid aangegryp om alleen saam met die Here te wees, nie sodat Hy my kon gerusstel nie, ook nie sodat ek kon huil en smeek nie, want ek was eintlik vol vreugde en blydskap.  Ek het eenvoudig tyd alleen saam met Hom spandeer om my liefde aan Hom te bevestig en Syne vir my—ek het vir Hom vertel dat Hy al was wat ek nodig het en al wat ek wou hê.  Dit was naby die einde van elke kort ontmoeting wat ons gehad het, wat die Here vir my sou sê, “Dit is daar,” menende die geld was daar.   Ek weet dat ek nie geweet het waar dit weggesteek was nie, maar Hy het gesê dit is daar, Hy sou my wys hoe om dit te kry.

Laat ek byvoeg, die Here het wonders gedoen om my geloof te bou.  Ek het Hom ongelooflike dinge sien doen en om my geloof te vermeerder, het ek elke dag baie tyd spandeer om te dink aan elke keer wat Hy vir my deur gekom het en my geseën het.  Om my seëninge te “tel” en te lys, een vir een elke dag, is wat my aan die slaap sus en dit is ook hoe ek elke oggend wakker word, deur hulle te herhaal.  Ek doen dit om my gedagtes te hernu en in al my alleentyd saam met Hom, vertel ek Hom ook graag hoe wonderlik dit of dat was.

Saam met dit hou ek ook nooit opwindende goed vir myself nie.  Ek vind ook baie geleenthede om vir ander van elke wonderwerk te vertel wat Hy doen.  En omdat ek vyf kinders het, hou ek daarvan om vir elkeen apart te vertel.  Want elke keer wat ek daaroor praat, vermeerder dit my geloof (en hulle geloof) en dit gee aan God die eer wat Hy verdien.  So dikwels wanneer God vir ons deurkom, erken ons skaars wat gebeur het.  Dit verswak ons geloof eerder as om dit te bou.  Diegene wat lofverslae na RMI stuur, ek is terloops mal daaroor om dit te lees, en wie ‘n punt daarvan maak om vir ander van God se getrouheid te vertel, is dié wat groot en kragtige dinge in hul lewens sien!  So wanneer God iets doen, dink terug aan ‘n tyd wat jy nie geweet het wat jy moes doen nie en hoe perfek Hy dit vir jou laat uitwerk het.  Dink oor en oor en oor daaraan, gebruik elke geleentheid om ander se geloof te bou deur jou getuienis te deel, elke keer as God jou die geleentheid gee.  Dit vervul ook die beginsel van gee dit weg wanneer jy gebrek ly en is ook ‘n “getuienis”.  So as jy meer geloof kort, gee wat jy het weg deur met ander te deel wat Hy in die verlede vir jou gedoen het.

So dit was die volgende oggend, wat ‘n Sondag was, toe ek opgestaan het soos gewoonlik deur vir Hom te vertel hoe gelukkig Hy my maak,  hoe lief ek Hom het en ‘n lys gemaak het van al die wonderlike dinge wat Hy die vorige dag vir my gedoen het, soos wat Hy my daaraan herinner het. Hy het my herinner dat my VM my gevra het vir “’n lening” toe hy weggetrek het, wat my finansieël uitgewis het (wat dit onmoontlik sou maak om die salarisse te betaal.  Terloops, ek het nie die geld vir hom “geleen” nie, maar ek het vir hom gesê dit is ‘n geskenk wat hy nie hoef terug te betaal nie).  Daardie week, omdat daar nie genoeg was nie, het Hy vir my gesê om nie ‘n salaris te vat nie (anders sou ek nie genoeg gehad het om die werknemers te betaal nie).  Maar toe onthou ek, ek het nog steeds my groot veiligheidsnet  (dit was nog daar, onthou, want ek het op ‘n wonderbaarlike wyse die agterstallige belasting uit my persoonlike rekening betaal!).  Daarom, net soos wat die Here  gesê het, die geld was daar!  Ek het myself eenvoudig ‘n agterstallige salaris betaal, wat aan my verskuldig was, maar in my kop, soos wat ek vinnig uitgewerk het, sou ek nog steeds kort wees—maar ek was nie!  Ek kon al (nie net sommige) ons familie se persoonlike rekeninge betaal.  Alhoewel dit al meer as 24 uur gelede was wat die wonderwerk gebeur het, is ek nog steeds verbaas en kan ek nie uitwerk hoe Hy dit gedoen het nie!! Dis onmoontlik.  Markus 10:27, “Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: ‘Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.’” 

Voordat ek my huis paaiement betaal het, het die Here my gelei om ‘n baie groot tjek vir ons Afrika Sendelinge te skryf en nog steeds was daar meer as genoeg in my persoonlike rekening!  Later, wetende dat ek nodig gehad het om dit wat ek het te vermeerder (nie om net rekeninge te betaal nie), het ek vir God gevra hoe Hy wou gehad het ek moet gee.  Onmiddelik het ek onthou een van my seuns het ‘n deken stel vir sy kamer nodig gehad.  So terwyl ek ‘n paar dae gelede inkopies gedoen het, het ek  manlike dekens in ‘n nabygeleë winkel gesien, ek het onthou dat hierdie seun die enigste een was wat nie ‘n nuwe deken stel gekry het toe ons ‘n paar maande gelede na ons nuwe huis toe getrek het nie.  So na kerk het ek na die winkel toe gegaan wat die Here in my gedagtes geplaas het.  Ek het geweet dat ek sou kry wat ek wou gehad het, en ek het.  En later toe ek vir my seun vertel wat ek vir hom gekoop het, het hy vir my gesê dat hy heeltyd gedink het dit is iets wat hy nodig het om te koop, maar hy het nie geld gehad om dit te koop nie, so hy het God vertrou om te voorsien.  God wou hom seën en Hy het my gekies om dit te doen!

Aangesien daar nog steeds ‘n gebrek in my bankrekening is en ek weet dat God hierdie gebrek gebring het om, weereens, te vermeerder wat ek het, sal ek aanhou kyk vir geleenthede om te gee.  Baie verskillende idees het by my opgekom, maar ek sal eenvoudig wag en die Here toelaat om die deure oop te maak na die wat Sy idee is en nie myne nie.  Waaroor ek mal is, is dat ons nie dinge hoef te laat gebeur nie, al wat ons moet doen is om na die deure toe te loop wat die Here vir ons uitwys in ons gedagtes of harte, dan moet ons wag dat Hy die deur oopmaak (soos ‘n Heer sou).  En as ‘n deur nie oopmaak nie, beweeg net na ‘n ander deur toe.  Moet nooit, ooit ‘n deur oop forseer nie—Sy manier is moeiteloos; die enigste moeite sal wees om jou geloof te beoefen.

Getuienis: Gee Meer

Die beginsel van gee wanneer jy gebrek het, is nie net van toepassing op finansies en geld nie, dit is ook waar vir elke area van jou lewe.  Toe ek die effek van ‘n “enkel ma van vyf” begin voel het, het my seun my gevra of sy vriend vir ‘n week by ons kon kom bly aangesien hy nêrens gehad het om heen te gaan nie.  Binne ‘n paar uur het my dogter se vriendin gevind dat sy uit die huis gesluit was want haar ma was vir amper twee weke nie by die huis nie, so toe stel ek voor dat sy by ons bly.  Dis omdat ek geweet het God was besig om my krag en stamina te vermeerder, en ek wou saam met God werk!

Daardie selfde week, het my broer wat in Asië bly, vir een of ander onbekende rede, nie my eposse gekry dat sy dogter nie vir ‘n jaar by ons kon kom bly om skool toe te gaan nie en hy het my gedruk om reëlings te maak vir haar vlug!  Eers toe ek begin saamwerk met wat die Here besig was om te doen, het ek gevind dat ek krag en stamina het wat ek nie geweet het ek het nie!!  In my gebrek het God geleenthede geskep om die bietjie krag wat ek oorgehad het, weg te gee om sodoende vir my die vermeerdering te gee wat ek nodig gehad het!! En nou, wanneer ek ookal finansiele probleme het, weet ek dat ek moet kyk vir wat God wil hê ek moet doen om die bietjie wat ek oorhet, weg te gee.

God het hierdie beginsel jare gelede vir my gewys toe ek my babas geborsvoed het.  Hoe meer my babas gevoed het, hoe meer melk het ek gehad.  Baie dokters of laktasie spesialiste sal ongelukkig vir ‘n mamma vertel dat sy moet aanvul met formule en dat sy nie genoeg melk het as haar baba knieserig is en heeltyd wil voed nie!  Maar die waarheid is dat God daardie perfekte baba gemaak het en vir die ma al die kos gee vir haar groeiende baba. Al het ek dokters gehad wat vir my gesê het dat ek sal moet byvoeding gee (omdat ek groot babas gehad het, een was amper 5kg by geboorte), het ek geweet ek sal genoeg melk hê as ek net sou stil sit en my baba laat voed so lank as wat hy wou gedurende elke groeiversnelling!

Nie net het ek nie nodig gehad om my babas se dieet met formule aan te vul nie, maar ek was ook in staat om my oormaat melk vir ‘n neonatale hospitaal te gee.  Op ‘n stadium het hul my gevra om ‘n klein dogtertjie te te help wat net my melk kon verdra.  So die hospitaal het elke dag ‘n kar gestuur om my melk op te laai.  Gedurende hierdie krisis het ek besluit om my baba aan die een kant te voed en het die melk van die ander kant vir die hospitaal gegee.  Maande later het ek ‘n foto gekry van ‘n gesonde dogtertjie wat gesond genoeg was om huis toe gaan na haar familie toe.

God wil groot dinge doen wanneer ons Hom genoeg vertrou om weg te gee waaraan ons van nature wil vashou of opgaar omdat ons bang is dat ons nie genoeg sal hê nie.

Soos ek alreeds gesê het, hierdie beginsel werk in elke area van jou lewe:  finansies, liefde, krag en tyd—die lys is eindeloos.  Wanneer jy begin agterkom daar is ‘n gebrek in enige area van jou lewe, is dit wanneer God sê,  “Ek staan op die punt om wat jy het te vermeerder!  Laat jou geloof nou vir jou werk.  Glo wat jy nie sien nie, loop in daardie geloof.  Moenie terugtrek nie; moenie begin vrees dat dit sal opraak nie.  Ek is jou Bron, maar ek het jou geloof nodig, gewys deur jou dade (leef dit uit) vir hierdie geestelike wet om te manifesteer.”

Om hierdie geloof uit te leef beteken nie dat jy sê, “Laat ek dit, dit en dit gee” nie, maar eerder dat jy uitkyk vir die geleenthede wat die Here bring en voor jou sit.  Hulle sal groot en klein wees.  Een oggend het ek ‘n geleentheid gesien om ‘n tiener te seën (wie ek geweet het Jesus nodig gehad het) met ‘n beker Starbucks koffie.  Toe sy weerstand gebied het, was ek in staat om met haar te deel dat God mal daaroor is om ons te seën en dat ek opgewonde word as God vir my areas wys waar ek ander kan seën!  So sy het dit gevat wetende waar my Bron is en waar hare ook kan wees.  Daar is so baie wat nodig het om bewyse te sien om God se goedheid te verstaan maar hoe sal hul weet as hul dit nie in ons lewens sien nie?

Te midde van al die gee, het ‘n situasie opgeduik wat veroorsaak het dat ek na God toe moes gaan vir insig.  Ek het eintlik na Hom toe gegaan om te bieg, want ek het gedink ek het ‘n geleentheid om te gee, gemis. ‘n Vrou het na my toe gekom en wou een van my besigheids kaartjies hê, maar ek het gehuiwer en vir haar gevra hoekom sy dit wil hê.  Sy het gesê sy wou my leer ken en om my nou en dan te bel om te praat.   Ek het vir haar gesê dat ek so besig is met my vyf kinders (en my niggie) en dat wanneer ek by die huis is (en nie reis nie), ek baie min tyd het vir ‘n sosiale lewe.  Soos wat dit is, moes ek ‘n afspraak met ‘n dierbare vriendin kanselleer omdat ek my jongste drie in die oggende tuisskool.  Gelukkig was ek onderbreek deur ‘n ander vriendin wat oorgekom het om ‘Hallo’ te sê, so die vrou het eenvoudig weggeloop.

Toe ek met die Here daaroor gepraat het, berouvol, het Hy vir my gesê dat Hy my gelei het om weerstand te bied teen die vrou se pogings omdat dit die duiwel is wat kom om te steel en Sy kinders uit te put.  Hy het vir my gesê dat alhoewel Hy geleenthede uitsit vir ons om te gee, is die vyand ook daar om te steel of om ons eenvoudig uit te put.  Toe ek vir Hom gevra het hoe ons kan weet of dit Hy is en nie die vyand nie, het Hy gesê dat as ons naby Hom bly, ons instinktief, in ons gees, Sy leiding sal kan onderskei en sal dan van nature nie prooi word nie. 

Nog ‘n manier wat ons prooi word is wanneer ons begin om trots te word oor ons gee.  Ons getuienis prys nou nie meer vir God nie, maar prys ons (oor ons gee en hoe vrygewig ons is)!  Dit sal uiteindelik die net wees waarin ons val of die verhoog vir ons om van af te val.  So wees baie versigtig wanneer jy jou getuienis deel.  Maak seker dat jy die Here verhef en nie jou eie goedheid nie,

Jy moet ook kyk vir geleenthede om te gee, maar moenie net rond hardloop en gee nie.  God moet vir jou geleenthede aanbied en die deur daarvoor oopmaak sodat dit Sy vermeerdering kan bring.  Daar sal tye wees wanneer ons gebrek sal sien, maar God wil nie hê ons moet dit vul nie.  Dit mag wees dat die gebrek vir iemand anders is om te vul of dit kan wees dat God die gebrek gebruik om die persoon sover te kry om na Hom te roep.   En soos God vir my gesê het, om naby Hom te bly sal vir ons die beste beskerming bied om dit net reg te doen!

So weereens, vat vandag en die week tyd om verlief te raak op jou Beminde.  Sê vir Hom dat Hy al is wat jy nodig het en al is wat jy wil hê.  Sing jou gunsteling liefdes liedjie vir Hom en herinner jouself aan al die maniere wat Hy jou geseën het.  Niemand hoef ‘n lewe van gebrek te lei wanneer ons God en ons Man, die uiteindelike Bron is van alles wat nooit opdroog nie!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui