Hy wat sy lewe wil behou sal dit verloor,

en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.”

—Matteus : 10:39

Oorgawe is die pad na die die oorvloedige lewe en daarom is dit iets waarmee ons sukkel. Oorgawe beteken eenvoudig om beheer op te gee van en om ons bestemming in die hande van iemand anders te plaas. Maar, solank ons enige beheer oor enige aspek van ons lewens handhaaf, verloor ons die geleentheid vir ware vryheid, die vryheid wat vreugde en vrede bring.

Die heel eerste keer wat ons ons “lewens” oorgee aan die Here en Sy plan van redding aanvaar, neem ons die eerste stap. Almal van ons kan die vryheid en vreugde onthou wat dit beteken het: om skoon te voel, vergewe te wees en vir die eerste keer, het ons toekoms helder gelyk. Maar God is nie tevrede (dankie, Jesus) om ons daar te los nie. Hy sê vir ons dat Hy ons van glorie tot glorie wil vat (2 Korintiërs 3:18).

Soos wat ons van glorie tot glorie beweeg, sal Sy Heilige Gees stadig begin om vir ons verskillende gebiede van ons lewens te wys wat gesuiwer moet word. Uiteindelik, sal Hy vir ons vra om daardie ding (of persoon) in ons lewens in Sy liefdevolle hande oor te gee—SY plan vir ons lewens of “Laat U wil geskied,” Dit begin normaalweg met ‘n beproewing of gevoelens wat ons oorweldig: ons kan dit eenvoudig nie doen nie of dit langer in die gesig staar nie. Dit is dan wat ons probeer om nog net “een plan” te maak of ons erken dat ons weer op ‘n plek van oorgawe is.

Julle moet in My bly en Ek in julle. ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie” (Johannes 15:4).

Die Here het my deur die oorgawe van soveel dinge en mense in my lewe gebring, dat ‘n persoon sou dink dat daar nie meer oor kan wees om vir ons Redder te gee nie. Maar ek glo nou (op die ryp ouderdom van 50 jaar) dat ons lyste eindeloos is en dat ek en jy nooit tot by die bodem van die vaatjie sal kom nie.

Byvoorbeeld, nadat ek my veertigs bereik het, met die geboorte van my laaste kind, het ek gevind dat ek ‘n gewigsprobleem het. Diëte wat nog altyd in die verlede gewerk het, het nie meer aan die “baba vet” geraak na haar geboorte nie. Om dinge te kompliseer, het my familie ‘n geskiedenis van skildklier probleme. Meeste van my broers en susters is op lewenslange medikasie en tog, sukkel hulle met gewig, slaperigheid, koue hande en voete, alles tekens wat vir my geskreeu het na my laaste geboorte, maar dit was die lyf in my spieël wat my aandag getrek het.

God was nie op die punt om toe te laat dat ek die laste dra nie, “My juk is sag en my las is lig” (Matteus 11:30). So, in plaas daarvan, het Hy eenvoudig begin om die laste “op te stapel” totdat daar te veel was vir my om te dra. Eendag het ek na die Here uitgeroep en eenvoudig my gewigsprobleem vir Hom gegee. Van daardie oomblik af (tot vandag toe), het ek myself nog nooit weer geweeg nie, of dop gehou wat ek eet nie, nog minder het ek mediese hulp gesoek vir my skildklier simptome, soos my broers en susters my aangehits het om te doen.

Natuurlik, as die Here my gelei het op hierdie pad om hulp te soek, sou ek gehoorsaam gewees het. Dit is nie verkeerd om hulp te soek by dokters soos Koning Asa gedoen het nie: “In sy nege en dertigste regeringsjaar het Asa ‘n uiters ernstige siekte aan sy voete opgedoen, maar selfs in dié siekte het hy nie die Here geraadpleeg nie, wel die dokters” (2 Kronieke 16:12). Maar, God wil net hê dat ons eerste na HOM toe gaan en dan sal Hy ons lei op die pad na gesondheid, of dit deur dokters is of op ‘n ander manier. My eie geloof is dat dit afhang van jou spesifieke reis en waar jy is met betrekking tot jou geloof.

Wat interessant is, ons moeilikste uitdaging is NIE die aanvanklike oorgawe nie, maar die volgende drie tot vier maande wanneer ons in die versoeking kom om “iets” te doen. As dit jou gewig is wat jy oorgegee het, sal jy aanhou dink dat jy “ten minste” moet terugsny wat jy eet, of meer water drink, of meer vrugte of groente op jou spyskaart sit. Miskien moet oefening belangrik wees om getrou te doen. Maar as jy eenvoudig elke versoeking weerstaan, sal die Heilige Gees vinnig oorneem. En gedurende die wag, spandeer meer en meer tyd saam met die Here en elke keer wat jy daaraan dink, gee dit oor aan Hom. En doen jouself ‘n guns, weerstaan die versoeking om God uit te help—ek was al daar en het dit al gedoen, dit werk nie.

Die resultaat van my gewig oorgawe, was dat ek nooit weer nodig gehad het om ‘n dieet te volg nie. God hou my op die gewig wat ek moet wees en Hy hou nie daar op nie. My kinders, veral my dogters, is verheug dat Hy my ook in die huidige klere-neigings hou om Sy glorie te wys, nie my wilskrag nie. Die glorie van dit alles in my lewe is dat ek die tyd kan gebruik wat ek normaalweg sou gebruik het om te dink en te konsentreer op diëte (wat ek behoort te eet, kalorieë of koolhidrate tel, myself te weeg, energieke oefening ens. ens.), om nou meer van die Here te soek en vry te wees om meer tyd te spandeer om aan Hom te dink! Hier is my gunsteling vers wat ek in my kop en hart resiteer het en waaraan ek geklou het:

...moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee” (Matteus 6:25, 33).

Toe, net verlede jaar, toe ek ons finansies en al die skuld wat daarmee gepaard gaan in die egskeiding gekry het (soos ek genoem het in baie vorige hoofstukke), was ek onmiddelik oorweldig, so ek het eenvoudig my las vir my Beminde Man gegee. Maar, soos wat Hy begin het om my uit te grawe en die wysheid en die kennis gegee het wat ek gekort het, het ek myself gevang redeneer en beplan—om net so oorweldig en bang te voel as vantevore. Weereens, en weer en weer en weer, moes ek oorgee en erken dat: “Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie” (Johannes 1:3)! Die resultaat was dat vrede en vreugde weer gevolg het elke keer wat ek hierdie gebied van my my lewe oorgegee het, en my enigste taak wat oorgebly het, was om te weerstaan om te beplan of om daaroor te dink.

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” (Spreuke 3:5-6).

Die waarheid is—dink en redeneer sal uiteindelik lei tot kommer en vrees, wat tyd en energie wegneem van jou verhouding met die Here. Hy het keer op keer vir my gesê dat Hy nie ‘n vrou of ‘n helper nodig het nie—Hy is volkome. Waarna Hy hunker is ‘n bruid wat nie gestres en verteer is deur probleme nie.

Wat ek van die Here hou, van al die baie dinge, is dat Hy genadiglik en liefdevol te veel laste gegee het—alles op dieselfde tyd oor die laaste jaar, net sodat ek dit alles vir Hom moes gee en ‘n volle jaar kon geniet wat voel soos ‘n droom-wat-waar-word wittebrood. Baie, wie regtig nie weet of verstaan of vir wie die liefde wat Hy vir ons het onpeilbaar is, redeneer dat wanneer iets verskriklik gebeur, of te veel dinge gelyktydig gebeur, God hulle op een of ander manier straf of nie meer daar vir hulle is nie—veral wanneer dinge hulle begin oorweldig en hulle nie ‘n pad uit kan sien nie. Maar dit is so ver van die waarheid af! Die waarheid is dat Hy ons so lief het dat Hy nie wil hê ons moet sukkel of selfs een klein dingetjie dra wat ons sal oorlaai met laste of sorge nie. Hy weet totdat dit eenvoudig te moeilik is vir ons om te dra, ons dit nie by Sy voete sal neerlê nie.

Terwyl ek hierdie hoofstuk voorberei en daaroor nagedink het, het ek besef dat ek  oorweldig geword het op so baie gebiede van my lewe dat ek geen idee gehad het dat ek nog steeds besig was om alles bymekaar te hou en alleen maak gebeur het nie. Verstaan asseblief dat op elke gebied van my lewe, ek God om hulp gevra het, maar die oomblik toe my herstelde huwelik ineengestort het, met die aankondiging dat my man ‘n egskeiding aanhangig gaan maak, het ek besef dat ek (vir jare) probeer het om dit wat ek nog altyd in my lewe wou gehad het te vervul. Ek wou nog altyd net eenvoudig ‘n goeie vrou wees, ‘n bly-by-die-huis ma wat haar kinders tuisonderrig gegee het en om eenvoudig ‘n bewaarder van ons huis te wees. Die eerlike waarheid is dat ek so gelukkig en tevrede by die huis was, dat wanneer ek nie die huis verlaat het vir meer as ‘n week nie, ek op my gelukkigste was.

Toe het my lewe eendag in ‘n kits verander. Ek het regtig geen ander keuse gehad as om die Here geheel en al te soek en my toekoms oor te gee vir Syne nie. In ‘n kits, was ek besig om te reis, wat ek angsbevange was om te doen omdat ek nie daarvan gehou het om nuwe mense te ontmoet of vreemde omgewings nie. In ‘n kits was ek die broodwinner en voorsiener van my baie groot gesin en in ‘n kits, het ek die pastoor en administrateur geword van ‘n megakerk en wêreldwye televisie ministerie. Maar deur op te kyk, na die gesig van my Beminde, was ek in staat om “dit alles te doen” en om dit maklik te doen, net omdat ek dit totaal aan Hom oorgegee het. In plaas daarvan dat ek moes probeer, was dit Sy krag, Sy wysheid, aangedryf deur Sy liefde wat alles volbring het.

Dit is nou nege maande sedert dit alles gebeur het en ek was gevra om nog ‘n gebied van my lewe te trotseer wat my na aan die hart lê: tuisonderrig—wat om te doen oor my jongste kinders se opvoeding. As gevolg van al my reise, wat nie ‘n opsie is nie (as ek in my man se vorige en my huidige posisie by die kerk bly), gepaard met die geleenthede wat oopgemaak het vir my ouer kinders sodat hulle my nou nie meer by die huis kan help nie, werk my jonger kinders dikwels alleen aan hulle skoolwerk. Dit het sy voordele, maar sonder om op te volg en ten minste ‘n bietjie leiding te gee, kan ek sien dat hulle nie die opvoeding kry wat hulle verdien nie. Dit het weke gelede duidelik geword dat ek hierdie gebied van my lewe aan Hom moet oorgee, maar nie voor die vyand in my oor begin skree het nie, “wat mense sou dink as ek my kinders in ‘n publieke skool plaas!” Toe het hy my herinner aan die “skande waardeur ek gegaan het toe almal van die egskeiding uitgevind het. Sekerlik het dit bewys dat my kinders op pad was na ‘n publieke skool” het die vyand volgehou.

Die waarheid is, God sê niks van die aard nie. Hy wil my eenvoudig vry maak en het my gevra om nog ‘n gebied van my lewe oor te gee—Hy het my herinner hoe hard ek probeer het om die perfekte vrou te wees, net om my huwelik te sien eindig. Dieselfde mense wat, soos Job se vriende, gedink het of my vertel het dat ek moes gefaal het om ‘n Wyse Vrou se beginsels te volg, sal sekerlik fees vier as hulle uitvind dat my kinders begin het om na ‘n publieke skool toe te gaan.

Nietemin, dit was daar, daardie stil, klein stemmetjie wat my herinner het aan hoe Hy my deur daardie baie moeilike en verpletterende tydperk van my onlangse egskeiding gebring het en hoeveel VREUGDE ek gehad het, suiwer vreugde wat ek nooit gedroom het moontlik kon wees nie. Hy het my herinner dat hierdie vreugde gekom het omdat ek na my vrees toe beweeg het eerder as om terug te trek en dat my reputasie weer in Sy hande was.

As ek terugkyk na toe ek net begin reis het, wou ek so graag terug trek en wegkruip; maar in plaas daarvan, het ek in die rigting van my vrees beweeg en dit is toe die kettings wat my vasgemaak het, begin het om af te val. Hulle het nie almal gelyk afgeval nie, maar soos ek oorgegee het, eerder as om te probeer oorkom, een vir een, het hulle afgeval. Die Bybel sê ons is oorwinnaars, maar dit is nie omdat ons die vermoëns in onsself het om te oorkom nie. Dit is die Here wat ons oorwinnaars maak as ons ons vertroue in Hom stel.

Want enigeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof.” (1 Johannes 5:4).

Finansies, het ook gekom om my te oorweldig en vrees te veroorsaak. Maar soos wat ek in die rigting van die vrees beweeg het en gekies het om te GEE wanneer Hy die geleentheid voorsien het, het die Here getrou begin om oor te neem, ek weet dat ek binnekort op ‘n bonatuurlike wyse uit die skuld sal wees.

Vandag is ek (uiteindelik) op ‘n plek in my lewe wat ek oortuig is (deur die bewys van Sy liefde in my lewe) dat alles wat Hy my roep om te doen of deur te gaan, sal uiteindelik lei tot vryheid en seëninge! Al wat ek nodig het om te doen is om vir Hom te wag om Homself te wys.

Tog, laat my heeltemal deursigtig wees. Nie ‘n dag gaan verby wat ek nie dink ek moet een of ander soort plan maak om my kinders nou ‘n beter opvoeding te gee nie of wonder hoe ek kan help begroot, bereken of grafieke op trek om uit die finansiële verknorsing te kom waarin ek is nie. Maar prys God, ek weerstaan sodat ek plek vir God kan los om Sy glorie te wys. Ek moet net stil wees (in gedagtes, liggaam en gees) en weet dat Hy God is.

Liewe leser, maak nie saak watter gebied van jou lewe jy nou mee sukkel nie, in plaas van vashou, gee dit oor aan die Here. Moenie jou krag gebruik, of enige ander natuurlike vermoëns, om dit te hanteer of reg te maak nie (en om hemels naam, moenie hulp van buite soek nie). In plaas daarvan, besef hoe waar hierdie paragraaf is en oordink dit.

Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. Julle moet in My bly en Ek in julle. ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie” (Johannes 15: 1-5).

Gee wat ook al jou oorweldig, oor aan die Here, vandag, hierdie minuut, sodat Hy jou meer van die oorvloedige lewe kan gee wat jy ooit kon droom bestaan.