Wat beteken dit om ‘n VENNOOT te word?

Ons vennote gee hulle tiende en/of 'n maandelikse offer om die wat honger ly, baie wat geestelik doodgaan, geestelik te voed. Die meerderheid van AL die tiendes en offergawes gaan aan ons GVP "Geestelike Voedings Program" wat baie soos 'n sopkombuis en voeding programme is wat noodsaaklik is om mense te red wat sterf van fisiese honger.

Maleagi 3:8-11 (1953 Vertaling): Mag ’n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie! Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ’n oorvloedige seën sal uitstort nie. Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare.

Maleagi 3:8-11 (1983 Vertaling): Sal 'n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: “Waarvan beroof ons U?” Van tiendes en offergawes. Daar rus alreeds 'n vloek op julle en tog bly julle My beroof; die hele nasie doen dit. Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Ek sal die sprinkane keer dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie, en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie, sê die Here die Almagtige.

Maleagi 3:8-11 (Die Bybel vir Almal): Die Here vra vir julle: “Mag ’n mens iets van God steel? Julle steel van My, maar julle vra: ‘Hoe het ons van U gesteel?’ Julle steel wanneer julle nie al die tiendes en die presente bring wat julle moet gee nie. Ek het opgehou om julle te seën, maar julle hou aan om van My te steel. Al die Israeliete doen dit.” Die Here wat oor alles regeer, sê: “Julle moet al julle tiendes na die tempel bring sodat daar kos in my tempel kan wees. Julle moet My toets en kyk of Ek julle sal seën. Ek sal die vensters van die hemel oopmaak en vir julle baie reën gee, meer as genoeg. Ek sal die sprinkane wegjaag sodat hulle nie meer julle koring opvreet nie, en die druiwe in julle wingerde sal nie meer afval nie.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.

Ons glo dat amper almal vandag besig is om geestelik honger te lei en besig is om te sterf en dit is net SY waarheid wat hulle siele sal voed, hulle seer genees en hulle hulle arme siele te versterk. Maar nie net om hulle self te versterk nie, maar ook die geestelike versterking en wysheid om ander te bedien wat geestelik honger lei rondom hulle, elke dag—baie in hulle eie huise.

Ons GVP "Geestelike Voedings Program"—is DAAGLIKSE geestelike voeding deur een van ons vele blogs, nuusbriewe en ons GRATIS aanlyn kursusse.

Deur 'n vennoot te word, sal jy DAAGLIKSE geestelik voeding verskaf deur een van ons vele blogs, nuusbriewe, GRATIS aanlyn kursusse en GRATIS eBoeke en eVideos wat aan elke vrou gegee word om haar te help om ander vroue te bemoedig en enige een wat seer het en wat ons GRATIS Huweliks Evaluasie voltooi het.  

Daarbenewens, is ons hoop om vroue te bemoedig om Ministers te word, wat anders as beraaders, leer om vroue geestelik te bemoedig soos hulle oppad is op hulle Reis na Herstel. Of hulle reis begin as gevolg van 'n krisis in hulle huwelik, dwelms en/of alkohol verslawing, emosionele genesing gedurende 'n krisis as gevolg van gesondheidsprobleme en selfs om vroue deur finansiële krisis te help.

Jou tiende en/of offer, elke maand, genees die gebroke hart en laat die gevangenes vry!!

Erin Thiele skryf baie boeke met haar kenmerkende styl om Skriflesing te gebruik om die gebroke hart en die geestelike gevangenisse te bedien. "Hy het hulle met 'n enkele woord gesond gemaak, hulle aan die dood laat ontkom." (Psalm 107:20), wat die grondslag vir Encouraging Women is en vir ons om vroue te bemoedig om Ministers te word, om Hoop te deel.  Nog, is dit die getuienisse van al die HERSTELDE huwelike en die HERSTELDE lewens wat getuig van Sy vermoë om die onmoontlike te doen!

Waar sal jy jou finansiële Saad Saai?

As 'n vennoot, sal jy jou saad saai in "goeie grond"

"Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”—Mattheus 13:23

"Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees."—Mattheus 6:21

En nie net sal jy in die voorry sit vir deurlopende wonderwerke nie—wat jy belê en gesaai het in die lewens van ander vrouens (en mans) om die wêreld—jy sal ook veilig wees van die sprinkaan, wanneer jy nie meer (onwetend) steel van God nie.

Hoekom praat ons van tiendes en offers in plaas daarvan om te vra vir DONASIES soos elke ander bediening?

Eerstens, omdat ons nie jou geld "nodig" het nie en ook omdat God dit ook nie nodig het nie.

"En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus."—Filippense 4:19

Psalm 24:1 sê, "...Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here" Met ander woorde, alles wat ons het behoort aan God.

"Aan My behoort al die silwer, aan My al die goud, sê die Here die Almagtige."—Haggai 2:8

So, ons het nie jou geld nodig nie, God ook nie, en dit is die rede hoekom ons nooit vir donasies vra nie. Ons hou nie fondsinsamelings nie. Ons vra ook nie vir boufonds nie, want almal werk en leer van die huis af—reg rondom die wêreld!

Werkers Tuis is nie net een van ons boeke nie, maar 'n baie sterk geloof.

Instead of donations, we provide a means for women to partner with us, in order to help you commit to tithing 10% and/or giving your 10% offering for YOUR sakes as it says in these verses:

In plaas van donasies, voorsien ons 'n manier vir vroue om 'n vennootskap met ons te sluit, om jou te help om 10% tiende en/of jou 10% offer vir JOU onthalwe te gee soos dit in die verse sê:

Maleagi 3:8-10 vertel ons, "Sal 'n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: “Waarvan beroof ons U?” Van tiendes en offergawes. Daar rus alreeds 'n vloek op julle en tog bly julle My beroof; die hele nasie doen dit."

Haggai 1:9—"Julle het 'n groot oes verwag, maar min gekry, en wat julle nog huis toe gebring het, het Ek laat verdwyn. Waarom? vra die Here die Almagtige. Omdat my huis in puin lê, terwyl elkeen van julle hard besig is om aan sy eie huis te werk"

En Hy sê ook om nie jou tiende te gee nie, gee jy die sprinkaan toestemming om te steel en te vat wat na regte syne is behalwe as ons, ons tiende gee aan ons SKATHUIS, wat beteken waar ons en ander geestelik gevoed word.

Maleagi 3:10-11—"Die Here wat oor alles regeer, sê: “Julle moet al julle tiendes na die tempel bring sodat daar kos in my tempel kan wees. Julle moet My toets en kyk of Ek julle sal seën. Ek sal die vensters van die hemel oopmaak en vir julle baie reën gee, meer as genoeg. Ek sal die sprinkane wegjaag sodat hulle nie meer julle koring opvreet nie, en die druiwe in julle wingerde sal nie meer afval nie.” Dit sê die Here wat oor alles regeer."

LAASTENS, een rede hoekom ons nie ly van die sprinkaan nie, is die feit dat elkeen van ons ministers word gevra om hulle tiende te gee, persoonlik, AND omdat on bediening ook hulle TIENDE gee—GEE vir ander bediendings. Hier is waar ons WAAR ons tiendes gee,10% van jou tiende.

En as dit nie genoeg is om jou aan te moedig om 'n vennoot te word nie, sal jy begin om seëninge in jou lewe te ervaar!

In Lukas 6:38, verduidelik Jesus, "Gee, en aan julle sal gegee word. ’n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word."

Onthou Mercy? Mercy het 'n lofverslag ingedien, "Wen 3 weke in VK!" wat ook bewys dat die beginsel waar is. As 'n tiendegewer, was sy geseën met 'n gratis spa vakansie in London, van Suid Afrikan. 'n rit wat haar dogter gewen het omdat die seëninge oorvloei in die lewens van al ons geliefdes.

Dan, uit DANK, kry elkeen van ons VENNOTE—

GRATIS eboeke & eVideos in ons Encouraging Bookstore Partner's Packet — GRATIS!

En, diep AFSLAG op sagteband boeke net vir ons vennote.

Maar meer as wat ons kan gee vir jou—ons hoop dat as ons GEE jy geseën word met 'n diep groeiende passie om meer te wil hê van die Here en jou Hemelse Man en die aanmoediging om te help om ander vroue te bemoedig.

"Ek het gevind dat baie van my passie vir die Here as my Hemelse Man en hoekom ek smoor verlief is, kom van die feit dat ek rondom vrouens is wat ook 'n PASSIE deel vir die Here en vir bediening met Hom. Dit is hoekom ons vennote so baie belangrik en spesiaal is! Deur deurlopend getuinisse te lees van vrouens wat deel hoe hulle emosioneel, geestelik (en dikwels fisies) genees en weer heel gemaak is—sien hulle liefde vir die Here wat alles vir hulle geword het, om SY liefde te vind vir die eerste keer in hulle lewens en besef Hy is hulle Hemelse Man—is hoekom ek 'n deurlopende passie vir my Geliegde en ek passievol is oor wat Hy passievol is.

Wat ek hoop om jou as VENOOT te offer is meer bemoediging ieder en elke keer wat jy GEE, wat die rede is hoekom on 'n maandelikse nuusbrief net vir ons vennote het! My hoop is dit sal dien om jou opgewonde te maak en jou intimiteit met jou Geliefde te vermeerder terwyl ons SAAM werk, sy aan sy, om aan vrouens te minister reg rondom die wêrels!"

DANKIE, HERE!

~ Erin Thiele
Stigter van Restore Ministries International

"My beminde is myne, en ek is syne" "Ek is krank van liefde"Hooglied 5:8, 2:16

 

Waar gaan my tiendes en/of offers heen?

Tans het RMI verskeie aktiewe bedienings, met baie meer wat in die ontwikkelings fases! KLIK HIER om meer te lees. EN dan tel ons nie eens Encouraging Women se vele buitelandse tale bedienings wat groei met 'n fenomenale koers! KLIK HIER om meer te lees.

GEE—

Encouraging Women was gestig en groei op die grondslag van die Bybelse beginsel:

"Gee, en aan julle sal gegee word. ’n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee,

want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word."
Lukas 6:38

Vrouens wat hier kom om te KRY, eerder as om te GEE, groei nie voldoende in wat Hy wil hê vir ieder en elke persoon.

Vennote is anders, hulle kom om gevoed te word, sodat hulle ander kan VOED—

A VENNOOT is iemand wat kom om vrouens te bemoedig nie net om te ontvang nie, maar om te GEE—te saai in die lewens van ANDER vrouens.

Toe Jesus vir Petrus gevra het of hy Hom lief het, het Hy vir hom gesê in Johannes 21:17, "Laat my skape wei."

"Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop."—Haggai 1:9

Encouraging Women is om te GEE vir ANDER!

Ieder en elkeen van ons VENOTTE is finsieël geseën omdat hulle die geheim ken van tiendes. En toe hulle begin tiendes gee, baie van hulle het ook begin om ekstra te doen en die regte betekenis te leer om die "vensters van die hemel" oop te maak in hulle lewens!

“Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ’n oorvloedige seën sal uitstort nie.”
​—Maleagi 3:10

 

Oorgawe en Vertroue

 

Het jy 'n plek nodig waar jy kan jou finansiële saad kan saai en kyk hoe dit vermenigvuldig?

SAAI GOEIE SAAD in GOEIE GROND!!!

"Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai."—2 Korinthiërs 9:6

 

Om 'n vennoot of Aanmoedigende Vrou te word beteken dat jy duidelik die begeerte het om DIEPER te grawe in jou verhouding met die Here—om jou intimiteit te vermeerder met Hom as jou Hemelse Man.

 

Dit beteken dat jy gereed is om te fokus om goeie saad te saai in jou eie lewe! En eerder as om herstel na te jaag of enige iets anders in jou lewe, vertrou jy deur Hom na te jaag, Hy sal jou die begeertes van jou hart gee!

 

Psalm 37:4—
“en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.”

 

Spreuke 13:21—
“ maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.”

 

Hebreërs 11:6—
“…En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek.”

 

Begin en Voltooi deur te Skenk jou tiende en/of offer. Sodra jy twee keer geskenk het, sal ons jou as 'n vennoot verwelkom—en jy kan begin om die belonings te maai.

 

KLIK HIER en vul in jou

Vennoot Verbintenis Aansoek!

Neem asseblief kennis, dit is NIE 'n aansoek vir 'n eVennoot nie.

 

 

"Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ’n oorvloedige seën sal uitstort nie. Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare. En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die HERE van die leërskare." —Maleagi 3:10-12
Die bedrag wat jy gee maak glad NIE saak vir ons nie. Wat saakmaak is dat jy doen wat God jou roep om te doen, en dit is om jou tiende of offer of 10% van jou inkomste te gee.

'n Donasie is nie wat ons vra nie, want HY sorg vir ons. In plaas daarvan, wil ons jou aanmoedig om te gee sodat jy geseën en beskerm kan word, wat beteken, on wil jou aanmoedig om jou tiende 10% van jou inkomste te gee sodat jy 'n versekerings polis het van die Here wat jou beskerm van verlies—om ALLES te dek in jou lewe.

Weereens, dit is nie 'n donasie nie maar eenvoudig om die 10% terug te gee vir die Here, deur dit te gee vir jou skathuis—waar jy geestelike gevoed word.

PLEASE NOTE: If you are truly being spiritually fed by your church, be sure you tithe there and then you are free to give your offering to RMI. If you are being spiritually fed here more, then give your tithe to RMI and your offering to your church.

DRA KENNIS: As jy werklik geestelik gevoed word by jou kerk, maak seker jy gee jou tiende daar en dan is jy vry om 'n offer te gee aan RMI. As jy hier meer geestelik gevoed word, dan gee jy jou tiende vir RMI en jou offer aan jou kerk.