Verlede week het ons geĂ«indig met ek wat vra, “Is jou beker, jou lewe, jou hart, half leeg” en ek hoop, jy liefling bruid, dat dit oorloop net soos wat myne oorloop, elke dag, heeldag!!! Hierdie week in vandag se lewendsles wil ek graag ‘n geestelike toestand openbaar, ‘n neef van die Armoede Mentaliteit, wanneer ons sĂȘ of voel, “Ek Verdien Dit Nie,” is dit ‘n leun wat baie bruide glo, wat die vyand toelaat om jou van die Oorvloedige Lewe te beroof—om te glo dat jy iets nie “verdien” nie is ‘n onbeskaamde leun van die vyand. 

Vandag hoop ek om jou te wys hoe so baie vrouens by die voete van hulle Beminde bly—eerder as om langs Hom op te beweeg —knussend met Hom, op Sy skoot te sit. In plaas daarvan om netjies onder Sy liefdevolle arms, wat hunker om jou te omhels, ingevou te wees—voel hierdie vrouens eerder onwaardig en op die vloer bly en smeek om vergewe te word.

So dikwels lees ek dit in “lofverslae” en hoor dit wanneer hulle praat. Hierdie toestand is “normaalweg” van vrouens. Minder mans voel so; ver van valse nederigheid, is hulle waarlik nederig, te nederig, tot die punt waar hulle vertrap word.

Wanneer ons die eerste keer as sondaars na ons Here en Verlosser kom, sien ons die voorbeeld van hierdie eerste ontmoeting met Maria Magdalena. Lees Lukas 7:37-38 om te sien wat die gepaste postuur saam met die korrekte hart toestand was. Tog, sodra ons Sy bruid is, is dit nie wat ‘n Bruidegom van of vir Sy beminde bruid wil hĂȘ nie.

Om te glo dat “ek verdien dit nie” is so hartseer omdat hierdie vrouens vĂȘr onder die Oorvloedige Lewe leef—alles net omdat hulle nie glo dat hulle enige iets verdien nie. Natuurlik, in onsself, verdien ons niks nie. Op ons eie meriete, “verdien” ons niks nie—beslis nie om vir ewig te bly in die plek wat God vir ons voorberei het nie. Lees Johannes 14:3. Nietemin, soos ons Verlosser, het ons Beminde ons plek ingeneem, die prys vir ons sondes betaal, “terwyl ons nog sondaars was.” Maar stop om oor hierdie waarheid te dink, Hy het die finale prys betaal, nie net vir wanneer ons sterf nie, maar sodat ons kan lewe en die lewe in oorvloed kan lewe.

Johannes 10:10: "Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hĂȘ."

Volgende week sal ons voortgaan om jou te help om alles wat jy verdien te omhels—alles wat Hy betaal het om vir jou te gee, as Sy bruid.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui