Verlede week het ek jou aangemoedig om op jou HM te leun en met Hom te praat oor jou planne, maar dan met ‘n oop hart te luister na Sy planne. Selfs meer belangrik, ek het jou aangemoedig om Hom te vra oor dinge wat Hy in die verlede gedoen het—om jou geloof in Sy toekoms vir jou te versterk. Hierdie week wil ek ‘n beginsel deel wat ek elke aand sonder versuim doen. Elke aand wanneer ek my oĂ« toemaak om aan die slaap te raak, vra ek my HM waarheen ons gaan—watter bergpiek of uitgestrekte see ek sal voorstel van die dae toe ek saam Hom gereis het —waarvan ek sal droom terwyl ek slaap. 

Somtyds is dit werklike bergpieke waarvan ek droom, soos ‘n aand gelede toe ek terug na die Alpe vervoer is, waar ek reguit na die Matterhorn kyk. (Hier is ‘n foto van wat ek sien wanneer ek my oĂ« toemaak). Ek was nie net daar nie, so besonders en onwerklik as wat jy kan sien dit was, maar alles wat plaasgevind het wat my gelei het om daar te wees. Die toets van my hart wat ek gelukkig geslaag het wat tot sooooo baie verregaande dinge gelei het wat gebeur het, voor en na ek van aangesig tot aangesig gestaan het met een van die mees asemrowendste uitsigte wat ek duisende kere herleef het!

Nie alleen laat hierdie nagtelike roetine my in ‘n diep slaap val nie (saam met ‘n snaakse glimlag wat ek seker is oor my gesig gesprei is). Maar dit versterk ook my geloof en hou my immuun teen die glibberige helling van vrees, wat ons almal weet gou sneeubal as dit nie gestop word nie.

Huidiglik is ek in ‘n houpatroon en miskien is jy ook.

So wat gebeur wanneer jou begeerte nie vervul is nie, oor en oor en oor? Selfs Spreuke 13;12 sĂȘ: “‘n Verwagting wat nie uitkom nie, maak ‘n mens mismoedig; ‘n begeerte wat vervul word, bring nuwe lewe.”

Eerstens, wend ons die beginsel van Romeine 4:18 aan, “Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: “So sal jou nageslag wees.” Onthou hoe onmoontlik dit vir Abraham was om ‘n vader te word en ook vir Sara om swanger te word—veral omdat dit gelyk het asof sy die ouderdom om swanger te raak gemis het, saam met die “belofte” wat blykbaar deur die geboorte van Ismael vervul is.

Laat my jou aanmoedig om eenvoudig jou HM te vra om jou na jou eie gelukkige plekke te neem waarheen Hy jou al gevat het. Jou eie bergpiek en uitgestrekte see-ervarings wat jy dalk vergeet het, maar Hy nie het nie.

Liewe bruid, wanneer jy jouself in ‘n houpatroon vind, wees seker om hierdie tyd te geniet, nou dadelik! Kom weg met jou Beminde HM en onthou saam met Hom soos wat enige twee liefhebbers sou doen.

Koester om saam met Hom die verlede te herroep. Die eerste keer wat julle ontmoet het, hoe jy verlief geraak het, toe jy jou gunsteling liefdeslied ontdek het en praat met Hom oor die geskenke, plekke, ondervindings wat julle as ‘n paartjie geniet het. As jy dit doen dan sal wag, stilhou, nie ongemaklik wees nie en jou nie in die versoeking stel om voor Hom uit te gaan nie. Nee, dit sal jou gelukkige plek word. Jy sal “geen kommer vir die toekoms hĂȘ nie” soos die Spreuke 31 vrou. Jy sal so tevrede wees tot die punt dat jy nie meer omgee hoe lank jy wag nie.  

Joernaal

Van ~ Yvonne in Suid-Afrika

Ek het gevind dat aan die begin van my Herstelreis en nog steeds somtyds wanneer ek bed toe gaan in die aand, is dit die tyd wat ek die meeste kwesbaar is vir my gedagtes en vrese en deur hierdie les te lees, was ek daaraan herinner hoe dit ‘n gelukkige tyd met my Hemelse Man kan wees in plaas daarvan om vasgevang te word in vrees vir wat die toekoms sal bring.

Wanneer my kinders nie hier is nie is dit maklik omdat ek na die bybel in oudio luister totdat ek aan die slaap raak, maar wanneer die kinders hier is, kan ek dit nie doen nie.

Hierdie waarheid het my gehelp om my gedagtes te vernuwe van hoe ek vroeër gedink het en hoe dit my wandel met my Here aan die begin affekteer het, ek moes regtig konsentreer om my gedagtes op die Here te hou. Want jy begin met die Here praat en as jy jouself kry, dwaal jou gedagtes weer.

Maar noudat ek hierdie les gelees het, in plaas daarvan dat ek met die Here praat oor my dag en alles wat daardie dag gebeur het, sal ek met Hom praat oor alles wat Hy vir my gedoen het. En Hy het my alreeds daarvoor voorberei, want selfs voor ek hierdie les gelees het, het Hy my na een van my blogs wat geplaas was laat gaan en ek kon net op my # klik en deur my Lofverslae gaan om herinner te word hoe ontsagwekkend my Hemelse Man is. Die lees daarvan het my geloof so groot hupstoot gegee. Kan jy jou verbeel as ek Hom elke aand vra om my te herinner aan iets wonderlik wat Hy vir my gedoen het, wat sal gebeur!!!

O, my liewe Hemelse Man. Dankie dat U so ‘n wonderlike Man is! Ek dank U vir elke seĂ«ning wat U aan my geskenk het. Here, ek verdien niks daarvan nie en dit beteken net dat al die glorie en eer aan U behoort en nie myne is nie. Ek bid dat U my sal help om hierdie les te lewe. Dankie dat U my elke aand herinner aan net een groot ding wat U vir my gedoen het. Ek het U lief met my hele hart! Amen.

Ek word aan twee verse herinner:

Psalms 19:15 (Afr 83): "Mag wat ek sĂȘ en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser."

Spreuke 4:23 (Afr 83): "Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou lewe."

Liewe medebruid, as jy dalk hoop verloor het dat die Here vir jou sal deurkom op dit waarvoor jy Hom vertrou. As jy ongduldig geword het vir Sy beloftes om vervul te word, Leef hierdie Lesse en geniet die wag saam met Hom.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui