Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor;

en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.

—Matteus 10:39

Gedurende die afgelope paar weke, veral terwyl ek bestuur, word ek getrek na ‘n liedjie wat my seuns in die lofgroep sing.  Ek geniet die vrolike aard van die wysie, maar dit is die woorde wat my bekoor het.    

Die refrein sê:

“Om jou lewe te vind,

Moet jy dit verloor,

Al die verloorders kry ‘n kroon.”

Minder as vyf maande gelede, het ek die lewe wat ek gelei het en aktief nagestreef het vir 14 jaar, verloor.  My hele lewe lank, wou ek net ‘n eenvoudige lewe as ‘n vrou en moeder, gehad het;  Ek was mal daaroor om net by die huis te bly en dit nie buite my wêreld te waag nie.

Minder as vyf maande gelede was ek getroud met ‘n pastoor van ‘n megakerk en het ‘n enorme dames ministerie van duisende begin, wat gestig was op my eie huweliks herstel.  Ek was wel-bekend, bewonder en geliefd as ‘n mede-pastoor (die dames van ons kerk se pastoor), en het dikwels sy aan sy, saam met my man, bedien.  Selfs my kinders het baie leierskap posisies binne ons kerk beklee. En as gevolg van die media aandag wat ons kerk gegee was, was ons familie wel bekend in ons gebied en selfs landwyd.

Ons familie was duidelik hoë profiel, beide hier in die Verenigde State en selfs in baie ander nasies.  Toe, eendag, het my wêreld soos ek dit geken het, in duie gestort—my man het in ons slaapkamer ingeloop en vir my gesê dat hy daardie oggend ‘n afspraak met ‘n prokureur het om ‘n skeisaak aanhandig te maak en dat hy van voorneme was om ‘n ander vrou te vind om mee te trou.

Wat doen jy wanneer jou wêreld in duie stort?

Dié liedjie, wat ek lief is om te sing, sê, “En self as my wêreld in duie stort sal ek sê...Bo ALLES lewe ek vir jou glorie!!”

Nie onmiddellik nie, heelwat later, het ek verstaan dat God my voorberei het vir daardie oomblik in my lewe vir meer as ‘n jaar.  En dit beteken ek was vasbeslote om net dit te doen—om te lewe vir Sy glorie. Ek het geweet dat God volkome in beheer was en maak nie saak wat gebeur het nie, die Here was al wat ek nodig gehad het, en Hy was al wat ek wou hê.  Deur my liefde en vertroue in Hom, het ek geweet, my wêreld wat in duie stort, sou gebruik word om glorie aan God te gee. 

Die dag wat die Here gekies het om my voor te berei vir my reis, was toe ek die preek gehoor het waaroor ek in hoofstuk 1 gepraat het, of dit mag dalk ‘n paar liedjies wees waarna ek nie kon ophou luister nie, wat gemaak het dat ek my lewe herondersoek.  Die een het gegaan oor om my plek in die wêreld te vind en oor ‘n persoon wie eens op ‘n tyd berge versit het, maar nou ‘n vermiste persoon was.  Ek wou weer so voel, ek wou weer daardie persoon wees wat so lewendig gevoel het, in staat was om in God te glo vir die onmoontlike, en ‘n lewe te lei waar net my geloof my ophou.  

Die gevoel het binne my gepyn.  Ek het geen aardse idee gehad hoe om terug te kom daar nie, so ek het dikwels elke oggend met die Here gepraat, lank voor die son opgekom het en by Hom gepleit, by Hom aangedring, om my te help om weer op daardie plek saam met Hom te kom.   

Toe ek die eerste keer, reg aan die begin, my reis begin het toe ek “RMI gevind het en ‘n herstelde huwelik wou gehad het, was dit regtig meer oor wat dit vir my sou doen.  Dit is altyd waar ons ons reise begin— wanneer ‘n krisis ons lewens tref.  Destyds wou ek die pyn weghê en die skande (om uit mekaar te wees en later egskeiding) uit my lewe verwyder hê.  En ek wou ook ‘n vader vir my kinders hê, ek wou nie ‘n enkel ouer wees nie.   

Tog, êrens gedurende my eerste reis het my fokus verander, en saam met dit, het my hart ook verander.  My begeerte het meer geword om die Here te hê as ‘n herstelde huwelik. En, nie verbasend, toe ek nie meer omgegee het om my huwelik te herstel nie, of om my man terug te kry nie, het God my man se hart teruggedraai na my toe (en huiswaarts), en my huwelik was herstel. 

Die verandering in my fokus (en later my hart), was wat ook hierdie keer gebeur het.  Ek het hierdie reis begin vir wat ‘n nouer wandel met die Here vir my sou doen.  Ek wou koestering, liefde en sekuriteit voel—eenvoudig om al die dinge te voel wat elke vrou wil voel maar nooit van ‘n aardse man af kan kry nie.  Gou weer, êrens in my reis, het my fokus verander.  Die oomblik toe ek al hierdie dinge begin voel het (liefde, sekuriteit en koestering), wou ek ‘n nog intiemer verhouding met die Here gehad het vir Sy onthalwe, nie meer vir my onthalwe nie.

Dit is toe dat ek begin nadink het oor hoekom God ons almal geskep het—God het die mensdom geskep om in gemeenskap met Hom te leef.  Eendag wanneer die nuwe hemel en die nuwe aarde geskep word, sal dit wees wat ons voortdurend sal doen, ‘n aarde waar daar geen hartseer, siekte of trane sal wees nie.  Is dit goed genoeg vir ons Here en Redder om te wag totdat elkeen van ons hierdie aarde verlaat om te begin om in gemeenskap met Hom te leef, die rede hoekom ons geskep was?  Ek het geweet dit was nie goed genoeg nie, nie wanneer ek nadink oor wat Hy alreeds vir my gegee het nie.  

My diepste begeerte het geword om vir Jesus te word wat Hy verdien en na gehunker het—om met Hom in gemeenskap te leef op ‘n diep en intieme manier.  Ek wou, op daardie oomblik in tyd, soos Adam wees (wie saam God geloop het in die “koelte van die dag”), soos Enog (wie opgeneem is hemel toe; miskien omdat God so baie van sy geselskap gehou het), en soos Moses (wie van aangesig tot aangesig met Hom gepraat het, soveel so dat Moses se gesig “geskyn het soos die son”).  Dit was wat ek wou gehad het en waarna ek gesmag het. 

Alhoewel ek weet ek is niks nie en sekerlik onwaardig om ‘n behoorlike metgesel vir Jesus te wees, kan God my sekerlik maak om te word wat Hy wil hê ek moet wees, as ek net vra.  So ek het Hom gevra om my te wys, om my te leer, en om my die Here se metgesel te maak, die bruid wat Hy begeer en so ryklik verdien.

Omdat ek gevra het, het baie dinge oor die volgende paar maande gebeur; party dinge kan ek onthou en party dinge sal God moet terugbring na my geheue, as dit dinge is wat ek veronderstel is om met julle te deel.  Die vernaamste ding wat gebeur het, die keerpunt, was toe ek begin het om vir Hom te sê dat Hy al was wat ek wou hê en al was wat ek nodig het, soos ek in die vorige hoofstuk genoem het.

Dit mag dalk nie vir jou nodig wees om alles te ervaar waardeur God my gelei het, om hierdie hoogtepunt te bereik waar jou lewe vir ewig verander nie.  As jy nog nie begin het om hierdie woorde aan die Here te sê nie, begin asseblief nou dadelik.  Net om jou te bemoedig, vir ‘n baie lang tyd het ek nie daardie woorde gevoel nie, maar binnekort sal jy sien, soos ek het, dat jou fokus sal verander, en met dit, jou hart.

Wees gereed. Sodra jy genoeg verander het, sal God iets doen wat jou lewe onderstebo sal draai.  As jy luister, as jy genoeg tyd saam met Hom in jou gebedshoekie spandeer het, tyd alleen saam met Hom, sal jy alles weet wat vorentoe gaan gebeur, lank voor dit gebeur.  Dit sal jou genoeg tyd gee sodat jy nie geskud sal word nie.  “Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou liefhet.” Jesaja 54:10. Hy sal jou wys, voor dit gebeur, dat jou wêreld, soos jy dit ken, op die punt staan om te val, net soos wat Hy met my gedoen het.  “Moenie skrik nie, moenie bang wees nie! Het Ek dit nie van lankal af aan julle verkondig, dit vir julle gesê nie? Julle is my getuies: is daar 'n God buiten My? Daar is geen ander Rots nie; Ek weet van geeneen nie.” Jesaja 44:8.

Die rede hoekom jou lewe op die punt staan om te val, is omdat ons  fondasie geskep en bymekaar gehou was, deur ons.  Tog ons begeerte, en Sy begeerte, is om jou ‘n nuwe lewe te gee.  Die einste fondasie wat Hy op die punt staan om vir jou te gee:  Sy lewe vir jou, Sy fondasie, wat hoog op die Rots sal wees, bo jou vyande, daar sal Hy “ ‘n nuwe lied in jou hart  sit, ‘n loflied aan ons God!”

“Om die lewe te vind,

Moet jy dit verloor,

Al die verloorders kry ‘n kroon.”

Die oomblik toe my wêreld geval het, toe ek my lewe verloor het, het ek die Een gevind wat God vir my geskep het.  Die verskil is so betekenisvol soos die verskil tussen die wêreld en die hemel.  My reis en my fokus nou, is om met vrouens oral te deel, soos jy liewe mens, hoe om die oorvloedige lewe te vind wat Hy geskep het, vir jou om te leef.  

Dit is nie meer vir my genoeg om hierdie lewe net vir myself te wil hê en om ‘n “metgesel” vir ons Hemelse Man te wees nie, wat ek weet Hy verdien en na hunker.  Ek hunker om Sy beminde te wees, en ek wil soveel passievolle bemindes na Hom toe trek as moontlik—soveel as wat ek kan, en vir so lank as wat ek hierdie lewe lei wat Hy vir my hier op die aarde gegee het.

Wat jy sal vind, as jy hierdie “reistog van ‘n leeftyd” aanpak, is ‘n lewe wat bars van VREUGDE wat werklik onuitspreeklik is. Dit is elke belofte waarvoor gehoop is, nou geleef. Dit is bo enigiets waaroor jy al ooit gehoop het, gehuil het of selfs kon voorstel. Alles wat jy het word niks in vergelyking met wat jy op die punt staan om te ontvang deur jou verhouding met die Minnaar van jou siel, en uit die hand van Hom wat na jou hunker!

Ek bid dat hierdie hoofstuk ook‘n groter hunkering sal skep wat so diep is en ‘n begeerte wat so passievol is, dat jy sal begin om die Here te vertel net hoe jy oor Hom (wil) voel.  Elke keer wat jy seerkry, jy verboureerd is, jy alleen is of jy voel jy kan nie aangaan nie, moet jy na ‘n stil plek toe gaan (al is dit net die stilte van jou eie gedagtes as daar geraas rondom jou is) en sê vir Hom dat HY al is wat jy wil hê en dat HY al is wat jy nodig het.    

Sê vir Jesus sedert jy Hom het,  jy alles het wat jy ooit sal nodig hê om jou gelukkig, veilig, bemin en volledig te maak. 

Ter afsluiting, laat ek nog woorde van die liedjie waarmee ek geopen het, met jou deel.

“In jou swakheid, is Hy sterker,

In jou donkerte, skyn Hy deur.

Wanneer jy huil,  is Hy jou troos,

Wanneer jy heeltemal alleen is, DRA Hy jou!”