Niks verskaf my groter vreugde nie 

as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe.

—3 Johannes 1:4

 

In die laaste hoofstuk “Oorgawe,” het ek geëindig deur so baie nuwe gebiede van my lewe oor te gee aan die Here. En wat my diep bekommer het (voordat ek dit aan die Here oorgegee het) was my jonger kinders se opvoeding.

Soos met al die gebiede wat ek oorgegee het aan Sy voltooide werk, is daar altyd ‘n wag periode wat vereis word voordat Hy begin om te beweeg. Dit is ‘n tyd van toets en rus—en vertroue. Terwyl ons wag sal die vyand (of eenvoudig ons vlees) ons in die versoeking lei om “iets” te doen! As ons op die Here vertrou vir ons gewigsverlies, sal ons in die versoeking kom om “ten minste” meer water te drink, ophou lekkers eet, of kleiner porsies te eet. Maar ons moet die versoeking weerstaan en seker maak ons vertel die Here dat ons hulpeloos en hopeloos is sonder Hom wat na ons omsien op hierdie gebied van ons lewens.  

Dit was dieselfde terwyl ek vir die Here gewag het om op die gebied van skool vir my kinders te beweeg. Ek was gewillig om hulle skool toe te stuur: privaat of selfs publieke (iets waarteen ek heftig gepraat het). Tog, oorgawe beteken om ons wil op te gee vir Sy wil, wat beteken die vyand sal doen wat hy kan om in die pad te kom van wat die Here vir ons beplan het. So toe ek ten volle oorgegee het, het die vyand my probeer oorreed met gedagtes (onthou ons stryd word dikwels gewen of verloor in ons gedagtes) dat die Here, op wie ek vertrou het, my deur ‘n skandalige egskeiding laat gaan het en so—om my kinders na ‘n publieke skool toe te stuur was sekerlik volgende op Sy lys.   

Nietemin, soos wat ek Hom geloof het vir selfs daardie moontlikheid, ook wetende, dat alhoewel my egskeiding skandelik en hoë profiel was, het my egskeiding onmeetbare seëninge gebring bo wat enigiemand kon hoop of dink moontlik kan wees! Dit was toe dat die Here met my gepraat het dat net soos wat Hy my jongste suster geseën het (wie ietwat “intellektueel en emosioneel uitgedaag” is om nader te trek, sodat ek kon help met haar sorg net ‘n paar maande vroeër) op dieselfde manier, het Hy my verseker dat Hy my kinders sou seën met iets wonderlik, iets waaraan ek nooit gedink het nie! So ek het dit met my jonger kinders gedeel en hulle was verlig en vol geloof en het saam my geglo soos wat ons gewag het.

Dit was net drie dae voor ek vertrek het op ‘n Europese toer (ek moes my kinders vir drie weke los sonder enige idee hoe hulle hulle skoolwerk gaan doen terwyl ek weg was), wat die Here begin beweeg het!! My suster, wie ek gesê het is uitgedaag, het baie ongelooflike talente. En so sou ek weet dat dit Sy plan was, toe ek vir my suster vertel het dat ek op pad was Parys toe (as een van my bestemmings), het sy in klein frases Frans met my begin praat. ‘n Paar dae later het dit my bygeval en ek het haar gevra of sy die kinders sou oplei in “n klein bietjie Frans.” Toe het die Here my herinner dat sy ook vir ‘n paar jaar saam met ‘n familie van Mexiko gebly het en dat sy gesprek Spaans regtig goed kon praat. Ek het gevra of sy hulle ook Spaans kan leer wanneer sy uit goed gehardloop het wat sy in Frans geken het.  

My suster was so opgewonde en het geantwoord dat sy daarvan sal hou om hulle te leer, maar dat haar regte liefde spelling was! Dit is toe wat ek onthou het dat sy ‘n ongelooflike talent het vir spelling! So, toe huur ek haar om hulle op te lei in al drie vakke! Hierdie openbaring het my gelei om Sy leiding te volg en my broerskind (wat by ons kom bly het vir ‘n jaar) te vra, wie uitstekend in wiskunde was, om die kinders op te lei wanneer sy by die huis kom van die skool af. My broerskind was so geëer en sy het onmiddellik ingestem en sy het haar niggies en nefies vertel hoe belangrik dit haar laat voel het. Dit het my gelei om my oudste seun te vra (wie ‘n uitstekende skrywer is) om die kinders op te lei in hulle geskrewe verslae (wetenskap, geskiedenis en aardrykskunde). Laastens het ek my behoeftige seun gevra om die kinders te help met hulle lees en te help om hulle vaardighede as ‘n redenaar (lees en hardop praat) te slyp aangesien hy onbevoeg in hierdie onderwerpe voel. So deur ander op te lei sou dit hom ook help terwyl hy sy jonger broers en susters help! Binne net een dag (en net drie dae voor ek vertrek het), het die Here (nie ek nie) dit alles bymekaar gebring!!  

Die resultate was ongelooflik. Die eerste keer wat ek in staat was om met my kinders te praat terwyl ek in Europa was, was in my hotel kamer in Belfast, Ierland, terwyl ons totsiens gesê het, het my seun nader aan die kamera gekom en gefluister “Je t’aime Maman, Je t’aime” (uitgespreek ZA tem mama). Dit beteken, ek is lief vir jou mamma, ek is lief vir jou”! Dames, al wat ek kon doen was huil! Hoe kosbaar is ons liewe, dierbare Man—my goeiste, ons kan eenvoudig nooit regtig Sy omgee vir ons peil nie! O die hoogtes en dieptes van Sy liefde!!!

Laat Gaan

Met hierdie getuienis nou gedeel, laat ek met jou praat, liewe leser, oor jou mislukking om van jou huweliksherstel te laat gaan, of om ‘n man te vind (vir die wat nog nie getroud is nie), of van ‘n goeie huwelik (vir die van julle wat nog steeds getroud is maar ellendig is). Erin deel dikwels van hoe sy hunker om in staat te wees om elkeen van julle meer te help, so ek wil haar graag help aangesien sy my so baie gehelp het. 

As ek oortuig was dat God my sekerlik sou toegelaat het om voort te gaan om my kinders te tuisskool, en as ek vasgeklou het (nie laat gaan het) van die regte moontlikheid om my kinders na n publieke skool toe te stuur, dan sou ek nooit die kamer verlaat het nie, nog minder sou my hart reg gewees het om op God te vertrou. Daarom, sou Hy nooit in staat gewees het om op hierdie gebied van my lewe te werk nie. So, ook, is jy wat weier om te laat gaan van die “belofte” wat die Here jou gegee het aangaande jou huwelik (huidig, verlede, of toekomstig). 

Die Here het ook vir my daardie beloftes gegee. Nietemin, soos wat my intimiteit met Hom gegroei het, het my begeerte vir Hom alleen ook gegroei. En op daardie punt, het niks anders saak gemaak nie, en al die beloftes wat Hy my gegee het, het ek vir Hom teruggegee. Wat Hy my gegee het, as ‘n vervanging, was die Oorvloedige Lewe wat ek nou leef. Die wyse waarop ek nou lewe is wat ek ontwerp was om te doen. Dit is niks wat ek dalk wou gehad het of beplan het nie, maar soos ons almal weet, Sy optrede en Sy gedagtes is verhewe bo ons gedagtes en planne!!!

"n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop” (Spreuke 16:9).

“‘Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!”’ (Jeremia 29:11). 

“Dit is God se Woord oor die onderwerp: ‘Ek sal julle na julle land toe laat terugkom. Ek weet wat ek vir julle in gedagte het. Ek beplan dat goeie dinge met julle sal gebeur en nie slegte goed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê’” (Jeremia 29:11 Die Boodskap).

“”My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie,’ sê die Here; ‘soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes”’ (Jesaja 55:8-9).

Het ek byvoorbeeld vasgeklou aan my huweliksherstel “belofte” (Hei, Here, jy het belowe!!), sou ek nie net hierdie lewe gehad het nie, maar ek sou ook aangehou het om pyn, na pyn, na pyn te ervaar! Erin hou aan om hierdie soort pyn in die lofverslae te sien en ek het ver te veel pyn in ander dinge gelees wat deur sommige van die RMI leiers geskryf is—pyn wat as normaal aanvaar word wanneer dit eenvoudig nie Sy plan is nie! En ek het met Erin daaroor gepraat omdat dit haar ook bedroef maak.

Sodra al die hartsbande verbreek is (vir elke behoefte op hierdie aarde: fisies, materialisties en emosioneel), en die belofte op die altaar geplaas is (ieder en elke belofte), is dit die oomblik wat jy sal begin om “geen trane en geen droefheid” te ervaar. Laat ek jou ‘n voorbeeld gee. 

Toe ek gehoor het my voormalige man het ‘n troudatum vasgestel, het dit nie seer gemaak nie, nie eers ‘n klein bietjie nie. In plaas daarvan, was ek eerlikwaar verheug om te weet dat my toekoms met my kosbare Man nog meer verseker was as ooit! Toe ek gehoor het dat al my kinders uiteindelik op ‘n plek gekom het waar hulle nie net hulle vader se troue sou bywoon nie, maar hulle sou eintlik in sy troue met die AV wees, was dit ook ‘n tyd om te juig omdat ek kon sien dat hulle my leiding gevolg het om op God te vertrou op gebiede wat meeste kinders (en volwassenes) onmoontlik vind. “Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe nie” (3 Johannes 1:4) 

Liewe leser, oorgee beteken vryheid van bekommernis, pyn, verwarring en eensaamheid. Dit is ‘n plek van rus terwyl jy kyk hoe wonderwerke reg voor jou oë gebeur. Dit stel jou vry sodat jy meer tyd en groter intimiteit met die Here kan spandeer, dit is wat Hy van ons wil hê! Hy hunker om tyd met ons te spandeer, nie om ons behoeftes en moeilikheid te bespreek nie, niks meer as die soort gesprek wat intimiteit in ‘n huwelik sou kweek tussen ‘n man en ‘n vrou nie. 

Sonder om werklik oor te gee, sal jy nooit ware vreugde ervaar en die vryheid wat die Here gesterf het om aan jou te gee nie! Wat ‘n tragedie!! Dit is net so hart verskeurend as dié wat nooit Sy dood aanvaar om hulle vry te maak van hel en verdoemenis nie. Maar dit mag dalk meer hartverskeurend wees vir ons kosbare Redder wie op gebuigde knieë is en jou vra om Sy bruid te wees. Hoe Hy hunker na elkeen van julle harte, maar jou hart (jou gedagtes, waarvan jy praat, waarvan jy droom, en waarvan jy skryf) is alles oor jou aardse man of kêrel. Kan jy regtig hierdie twee vergelyk? Is iemand wat jy kan sien so nodig wanneer daar Een is wat nie gesien kan word nie, Wie al jou drome wat jy ooit gehad het, kan laat waar word en oortref—en meer wat so ver bo is dat jy nog nooit eens van hulle gedroom het nie.   

“Van ouds af het niemand so iets gehoor nie, het niemand so iets verneem nie, het geen oog ‘n god gesien wat vir dié wat op Hom vertrou, doen wat U doen nie” (Jesaja 64:4).

“God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie!” (Efesiërs 3:20).

Net twee aande gelede het ek met die Here gepraat en gevra of ek moet voortgaan om te help met RMI soos wat ek gedoen het nadat ek die lofverslae gelees het en die kolomme wat ingedien was, maar nog nie op die webwerf geplaas was nie. Dit was duidelik dat meeste van die RMI lede nog steeds hul huwelik bo alles herstel wil hê (en die jong vrouens wil ‘n aardse man hê, nie ‘n Hemelse Man nie). Dit het gelyk asof hierdie onderwerp in elke kolom en lofverslag op my skree. En indien so, wie is ek om te help in leierskap wanneer ek regtig nie herstel vir myself wil hê nie? Ja, dit is ‘n ware verklaring. Ek is ten volle herstel aan my Man nadat ek ‘n leeftyd vir Hom gewag het, en nou sien ek Hy is meer as wat ek myself kon verbeel ‘n Man moet wees! So hoekom sou ek tevrede wou wees met minder?

So elke keer wat ek interaksie het met ‘n RMI lid, wat opgewondenheid in haar stem uitstraal en dromerigheid in haar geglasuurde oë, en sy vra my of ek glo dat my huwelik weer herstel sal word, word my hart deurboor. Wat ek wil vra is, as God ons die begeertes van ons harte gee en jou hart is vir God om my huwelik te herstel, wat van my hart en my begeertes? My hart is vir my Hemelse Man, my Beminde! “So wie is ek Here,” vra ek, “om te bly en Erin te help en ‘n leier te wees oor hierdie liggaam van gelowiges (wie hulle huwelike herstel wil hê of ‘n Christelike Man verower)?”  

Dit is toe dat die Here my herinner het aan hierdie vers wat ek amper elke dag vir tien jaar gelees het. Dit was net ‘n paar maande gelede wat ek uiteindelik verstaan het wat dit beteken: 

“As wat jy sê, waarde sal hê en nie onsin sal wees nie, sal jy weer namens my kan praat…” (Jeremia 15:19).

“Die waarde,” waarna hierdie vers verwys, liewe een, is die Here—dit beteken dat alles anders waardeloos is! Dit beteken jou huweliksherstel (of om ‘n Christelike man te vind), geld, reputasie, kinders, posisie, loopbaan, ens. Alles behalwe Hy is waardeloos.   

Dit beteken vir diegene van julle wat kwaad is vir my of teleurgesteld is in my, of my selfs oordeel omdat ek as ‘n leier tekort skiet en ongekwalifiseer is om Erin te help, onthou wat Jesus vir ons gesê het, “Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie” (Matteus 10:37). 

Die Here het vir my gesê toe ek ook dieselfde “passie” en “obsessie” vir huweliksherstel gedeel het soos wat ek in die RMI bediening sien, was dit toe dat ek nie namens Hom kon praat nie. Maar nou nadat ek uiteindelik die lig gesien het, net soos Erin dit ook gesien het, wetende net Wie Hy regtig is en wat Hy in my lewe wil wees (en joune), kon ek uiteindelik namens Hom praat en dit is toe wat ek rondom die wêreld begin reis het!  

Ja, dit is moeilike woorde vir baie mense om te aanvaar, so ek is voorbereid om te sien hoe baie wegloop van RMI, Erin oordeel en my vermy. “Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: ‘Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.’ Hy het egter geskrik toe hy dit hoor en het bedruk weg gegaan, want hy het baie besittings gehad” (Markus 10:21-22). 

Beter as die rykdom van hierdie wêreld,

Beter as die klank van my vriende se stemme,

Beter as die grootste drome van my hart,

En dit is net die begin!

Beter as om te kry wat ek sê ek nodig het,

Beter as om die lewe te leef wat ek wil,

Beter as die liefde wat enigeen kan gee—

is Jou liefde!

Jy hou my in jou arms en laat my nooit gaan nie . . .

Ek kan nie ophou om op Jou verlief te raak nie!

Ek sal nooit ophou om verlief op jou te raak nie!!!

Ek kan nie ophou om op Jou verlief te raak nie!

Ek sal nooit ophou om verlief op jou te raak nie!!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui