Vroeg in Augustus het ek genoem dat ek hoop om meer te skryf oor die sloot waarin ons val van te vaag en te diskreet wees. Om te verduidelik dat dit heeltemal die teenoorgestelde sloot is waar almal van ons uitgehang het—die sloot waarin ons ‘n tekort aan diskresie ten toon stel.

Spreuke 11:22— “Die skoonheid van ‘n vrou sonder oordeel is soos ‘n goue ring aan ‘n vark se snoet.”

Daardie selfde week het ek jou eenvoudig vertel dat as die vyand jou nie in die linkerkantse sloot kan hou waar meeste vrouens leef wat ‘n tekort aan diskresie het nie, sal hy jou sekerlik nie toelaat om gelukkig langs die nou pad te reis sodra jy die beginsel geleer en toegepas het in jou lewe nie.  

In plaas daarvan, sal hy jou valslik daarvan beskuldig dat jy nie diskreet genoeg is nie, totdat jy retireer en retireer—nader aan die die ander rand kom en met een stampie, sal jy in die teenoorgestelde sloot val.

Die sloot, waar wat jy sĂȘ of skryf, so “diskreet” is dat dit geheimsinnig geword het, of so goed versteek dat dit frustrerend is om te lees. Wat jy te sĂȘ het is dus nutteloos en irriterend vir die leser.

Onlangs het ek aan een van ons ongelooflike ministers geskryf, wat ‘n Lofverslag ingedien het wat so vaag was, dat dit my eintlik laat dink het dat iets meer geestelik gevaarlik besig was om te gebeur wat sy probeer het om te deel. Dit het eintlik meer as een poging geneem vir haar om lank genoeg uit die geklee-in-geheimsinnigheid sloot te kruip om te deel wat regtig besig was om aan te gaan. 

Aangesien hierdie spesifieke vals aantuiging ‘n plan is wat die vyand dikwels gebruik, kom ons bespreek wanneer jy mag voel dat jy versoek word, maar met die soort versoeking wat ons op Dag 8 bespreek het “Versoekings.”

Onthou, wanneer die vyand jou versoek en sy bes doen om jou aandag te trek maar jy ignoreer sy pogings en vermaak nie dit wat voor jou gegooi word nie? Hier is wat ek uiteindelik teruggekry het nadat ek gevra het en gelukkig, nadat ek gelees het wat sy te sĂȘ gehad het, was ek verlig.

Vir jou om ten volle te verstaan en miskien sommige van jou vrae te beantwoord, behoort ek vir jou besonderhede te gee omdat daar regtig geen ander manier is nie. Die vyand het vir my gesĂȘ om aan te beweeg, om op te gee en in te gee. Toe het hy met my gepraat oor hoe daar ‘n ander persoon daar buite vir my was en dat dinge makliker sou wees, hy het selfs ‘n vriendin gehelp om ‘n saad te plant dat daar “iemand” is wat “geinteresseerd” is. Ek het geweet, en weet nog steeds, dat dit alles leuens is, somtyds kry ek nie die leuens betyds nie en kom hulle verby my verdediging; (maar elke keer wat ek dit na Hom toe vat hoor ek dieselfde ding, dit is my “toets”. In die begin, sou ek probeer het om dit op my eie te beveg maar deur die LV in te dien was dit die oomblik wat ek die hele situasie aan Hom oorgegee het, wetende dat my eie my nĂȘrens kry nie en van toe af het ek ‘n lang pad gekom;).  

Hierdie “iemand” sien ek twee keer ‘n week en somtyds glad nie, afhangende van die week. Ek weet Hy het planne om my uit my huidige werk posisie te verwyder sodat ek hom nie meer op ‘n gereelde basis hoef te sien nie. Ek het probeer om ongeskik te wees, hom te ignoreer en selfs probeer om uit te loop (wanneer ek veronderstel was om daar te wees) sodat ek nie naby hom hoef te wees nie, maar tevergeefs, wat ek weet beteken Hy sal die een wees om dit te doen. Die pyn in die LV was die pyn van my wat wou weghardloop, letterlik, ek het oorweeg om na ‘n ander staat toe te trek, maar toe hoor ek Hom sĂȘ dat ek moet bly en dat ek dit moet verduur. Die goeie nuus is, hierdie spesifieke toets het my so diep in Hom gegooi en het my regtig toegelaat om Hom nie net op ‘n nuwe manier te soek nie, maar ook om meer as ooit tevore op Hom staat te maak want ek weet, enige kans wat ek het om dit op my eie te doen, of dink dat ek dit het—sal ek val en die val sal my nie net seermaak nie, maar ook vir Hom, wat nie is wat ek wil hĂȘ nie!!

Ek is nie geinteresseerd in hierdie man nie, of om my eie huwelik te herstel nie. Ek wil net Hom hĂȘ en meer van Hom as wat ek ooit vantevore gehad het. Ek is jammer maar ek moet eerlik met jou wees en as dit jou op enige manier seermaak dan is ek werklik jammer. Ek verstaan dat jy God moet soek en wat ook al Hy jou lei om te doen, sal ek aanvaar, ek wil net Sy wil hĂȘ, dankie dat jy gevra het omdat ek weet dit was Hy wat wou gehad het jy moes weet.

As jy nog nie hierdie situasie in die gesig gestaar het nie, vertrou my, jy sal. Die vyand is nie so slim nie, hy gebruik dieselfde aas wat meeste vrouens vang. Om deur ‘n man bemin te word wanneer jy die Man van jou drome gevind het, die Here.

Die vyand versoek ons almal op dieselfde manier, maar wanneer jy nie die aas neem en dit vermaak nie, sal die vyand jou laat beskaamd voel, en jou oortuig dat jy veroorsaak het dat dit gebeur as gevolg van iets wat jy of gedoen het of nie. Alhoewel dit waar kan wees, baie dikwels (as jy ver genoeg op jou herstel reis is en Sy liefde ervaar het), sal dit nie gebeur dat jy die idee van ‘n ander man vermaak nie.

Jy sien in die epos voorbeeld hoe, op die ou einde, Hy dit ten goede gebruik het, maar net omdat sy gewillig was om haarself in die Here te druk eerder as om van Hom af weg te hardloop.

Laat my ook sĂȘ dat toe ek geantwoord het, het ek haar ook herinner dat die begeerte om te hardloop nie sleg was nie, en iets waaroor sy God moet aanhou soek. Omdat daar net EEN situasie is waarvan die Bybel sĂȘ ons moet wegkom—van verkeerde seksuele dinge (1 KorintiĂ«rs 6:18). Ek sal jou aanmoedig om die verskillende weergawes te lees, vir beter en blywende insig. Veral die laaste weergawe van Die Boodskap Bybel wat gebruik kan word om met diegene te deel vir wie jy liefde getoon het en oop is om die waarheid te hoor. Meer daaroor volgende week).

Hopelik, begin jy om agter te kom dat hierdie weeklikse boodskap en al die ander een algemene draad het wat daardeur hardloop. Dat alles wat jou siek maak, elke stryd waarin jy jouself bevind, verlig en genees kan word deur eenvoudig na Hom toe te gaan: om met Hom te praat en dan na Hom te luister.

Tweedens, het jy besef dat die vyand jou nie net eenvoudig op die nou pad gaan los sodra jy uit enige sloot klim nie. In plaas daarvan, sal hy jou valslik beskuldig totdat jy wegdraai van daardie bekende sloot wat jy bang is jy weer sal inval. Dan sal hy jou nader en nader aan die rand laat beweeg totdat jy in die teenoorgestelde sloot val. Onthou, die nou pad is waar jy vordering sal maak en die enigste Een wat jou kan help om hierdie nou pad te navigeer is die Een wat jou in die regte rigting sal laat beweeg terwyl jy naby genoeg is om Sy hand vas te hou.   

Of dit ‘n alledaagse taak of ‘n moeilike vallei is, jy vind dat jy in die donker probeer maneuver, nie net sal jy bereik wat jy hoop om te doen as jy Sy hand vashou nie, maar in die proses sal jy Sy liefde voel en ervaar, wat ek beplan om in volgende week se les te bespreek.

Intussen, STOP asseblief nou (of maak ‘n afspraak later) om te sela wat jy geleer het, met ander woorde, oordink alles. EN wees seker dat jy nie net dink oor wat jy geleer het nie, maar dat jy ‘n afspraak met jou Man maak om alleen saam met Hom te wees en VRA Hom om met jou te deel hoe hierdie boodskap op jou van toepassing is en enigiets anders wat jy Hom kan VRA. Sit dan stil en luister. En hou jou liefde lewendig deur daagliks so te leef.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui