Sharing is caring!

★★★★★

Verlede week het ons elkeen van julle aangemoedig om jou stryd, of lyding, of negatiewe gevoelens te laat vaar en eerder elkeen van hierdie negatiewe gevoelens na die Here toe te neem.

Hoeveel van julle begin aanvoel dat Hy reg langs jou sit? Hoeveel van julle het besef dat Hy geduldig wag om Sy waarheid van liefde, vergifnis en die wonderlike planne wat Hy vir jou toekoms het, te deel—wanneer jy wyslik alles na Hom toe neem? 

Dit is belangrik, want dit is wanneer vroue onkundig is oor hoe om ware genesing te ervaar wat hulle probeer om hulself op ander maniere te dokter om die pyn dood te maak.

Jeremia 8:22 AFR 83
“Is daar nie balsem in Gilead nie? Is daar nie 'n dokter nie? Waarom het my volk nie gesond geword nie? [Omdat haar volk nie meer die teenwoordigheid van die Groot Geneesheer geniet het nie!]

Die meeste “goeie” mense gebruik dade om negatiewe gevoelens te elimineer , wat eenvoudig ‘n pleister oor ons emosionele wonde plaas. ‘n Verband help ons om nie meer die besering te sien nie en laat ons toe om goeie dade te verrig om ons te help om “op te maak” vir wat ons verkeerd gedoen het. Dikwels, as dit voortgaan, begin ons om ons dade uit te brei en binnekort is ons eenvoudig “godsdienstig” en maak ons seker dat ons almal laat weet dat wat ons doen of gedoen het, godsdienstig reg is.

Laat my ‘n onlangse voorbeeld gee. Nie dat ons eintlik gesien of geweet het dat een van ons ministers “gesondig” het nie, maar haar optrede het voorgestel dat iets gebeur het. Wat ons opgemerk het was fleuragtige, donserige woorde van lof wat ons kon aanvoel leeg was. Gou het sy nie net haar “tiendes” verdubbel nie, maar sy het seker gemaak dat sy by elke geleentheid daaroor geskryf en kommentaar gelewer het. Volgende het sy, nie net een keer nie, maar orals en by almal, aangekondig dat sy vas.

Laat ek vir ‘n oomblik stop om te verduidelik dat sy nie verstaan het dat as jy jou tiende verdubbel, dit nie meer ‘n tiende is nie, maar ‘n tiende en ‘n offergawe. Omdat die woord tiende 10% beteken, word enigiets bo dit jou offergawe. 

As jy onthou soos jy in Maleagi 3:8-10 gelees het, “Sal ‘n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: Waarvan beroof ons U?” Van tiendes en offergawes. Daar rus alreeds ‘n vloek op julle en tog bly julle My beroof; die hele nasie doen dit.  

So, ja, dit is fantasties om vir die Here meer terug te gee, deur te begin om nie net jou tiende te gee nie maar ook ‘n offergawe. Maar dit is hoekom jy gee. Dit is altyd hoekom ons enigiets doen wat saak maak, want hoekom ons dit doen is ‘n weerkaatsing van wat in ons harte is. 

Vas moet ook privaat gedoen word, tussen jou en die Here, soos dit sê in Matteus 6:16-18.

Tog, elkeen van hierdie situasies was nie waaroor ons bekommerd was nie, omdat elkeen net ‘n simptoom was van wat sy besig was om te probeer wegsteek en beter oor te voel. Sonde. En of dit ‘n groot of klein sonde is, OF wat ‘n algehele LEUN mag wees, dit is pynlik, as gevolg van skande, so dit moet dood gemaak word. 

Dikwels weet die vyand van jou ywerige begeerte om reg te wees met die Here, daarom plant die vyand slim leuens, wat tot skuldgevoelens lei, wat as jy dit nie na die Here toe neem nie, sal lei tot veroordeling, wat sal lei tot skande, wat sal lei tot om agter goeie “dade” te wil wegkruip. 

En sodra ons probeer om Toe Te Smeer waarvan ons maklik genees kon word as ons net daaroor gebieg het, is ons eerder besig om in die rigting van ‘n spiraalvormige helling te beweeg, omdat ons ons eie laste dra. 

Laat my ‘n voorbeeld deel wat ek ervaar het terwyl ek my ouer suster gehelp het, sodat jy hierdie beginsel met meer helderheid kan verstaan. Vir jare was dit onmoontlik om saam met my suster te leef of by haar te wees. Haar buie was plofbaar en jy het net nooit geweet wanneer sy sou ontplof nie. So, die enigste manier om haar te hanteer, was om haar te vermy wanneer jy kon. Aangesien ek nege jaar jonger is, het ek nooit regtig geweet dat sy nie altyd so was nie, want vandat ek gebore was, het dit gelyk asof sy ‘n suster was met wie jy nooit wou bots of aan haar verkeerde kant kom nie.  

Dit was nie tot baie jare later wat ek die waarheid uitgevind het nie. Eendag het sy my geskakel en sy het gehuil. Dit het haar vir ewig geneem om uit te kry waarom sy geskakel het. Ek kon haar iets oor en oor hoor sê tussen die snikke deur, “as jy net geweet het”...

Na wat gevoel het soos ‘n ewigheid, was sy uiteindelik in staat om vir my, in ‘n fluistering, te vertel dat sy as ‘n tiener ‘n baba gehad het wat sy weggegee het vir aanneming. Ek was verstom. Nie oor wat sy belei het nie, maar verstom omdat ek nooit besef het dat sy gedink het ek weet nie. Nee, ons het dit nooit bespreek nie. Sy het dit nooit genoem nie, so natuurlik, sou ek nie.   

Die oomblik toe ek haar sagkens vertel het, “Maar ek het alreeds daarvan geweet” het haar gehuilery gestop. Sy was beide geskok en verlig. Maar, amper onmiddelik, het haar wanhoop haar weer begin verteer toe sy gesê het, “Maar wag totdat my kinders uitvind, hulle sal my haat!!" So ek het verduidelik dat die kans goed is dat hulle ook weet. Ek het gesê as een weet, weet die ander ook en ek het geweet een van haar kinders weet, omdat hulle met my daaroor gepraat het.

Haar hele lewe het sy die las van ‘n“sonde” gedra wat niemand teen haar gehou het nie. Nie een keer wanneer ons hierdie ongelukkige situasie bespreek het, het enige van my boers of susters op enige manier sleg van haar gepraat nie. Die teenoorgestelde was waar, ons harte het gebreek vir haar. Ons het ingestem dat dit moeilik moet wees om te weet dat jy ‘n volwasse dogter het wat êrens bly en wie jy laas gesien het as ‘n klein babatjie. 

Hierdie presiese situasie word op televisieprogramme blootgestel, die skande en skudgevoeles en veroordeling wat enkelma’s (en somtyds pa’s) het wanneer hulle in dieselfde situasie is—om ‘n kind by geboorte op te gee. Maar die ware tragedie is die negatiewe emosies wat die persoon saam met hulle dra—so swaar en so pynlik, dat hulle dit hanteer op enige manier wat hulle kan. Dikwels plofbare uitbarstings, dikwels medikasie, wat die roete is wat my suster geneem het en wat gelei het tot ander komplikasies. 

Onthou, dit is alles as gevolg van die negatiewe emosies wat aangebring word deur die leuens van die vyand soos wat hy jou sonde beledig en bespot—wanneer daar ‘n hemelse Vader is wat wil hê dat elkeen van ons op Sy skoot sal kruip om vir ons te vertel dat dit okay is. Of miskien is dit ‘n Man wat net vir jou wag om langs ‘n stil paadjie te wandel sodat Hy vir jou die waarheid kan vertel, terwyl Hy Sy arms wyd oopmaak sodat Hy jou kan herinner dat jou sondes alreeds aan die growwe kruis vasgespyker is.

Volgende week sal ek nog ‘n voorbeeld deel van nog ‘n Toesmeerdery terwyl jy oordink wat jy geleer het. EN wees seker dat jy nie net dink oor wat jy geleer het nie, maar dat jy ‘n afspraak met jou Man reël om alleen saam met Hom te wees en Hom te vra om met jou te deel hoe hierdie boodskap op jou van toepassing is.🙂