Tog is die HERE gretig om julle genadig te wees,

en wil Hy hom oor julle ontferm:

Die HERE is ‘n God wat reg laat geskied,

en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou

—Jesaja 30:18 

 

Die sleutel boodskap aan ons in hierdie openingsvers is iets wat ek NOOIT voorheen opgemerk het nie. Vir meer as ‘n jaar het ek hierdie vers elke liewe dag gelees, maar die ware betekenis het my ontgaan. Dit was eers toe ek op ‘n plek gekom het wat ek kon sê (en dit in my lewe uitleef)----“Jesus Jy is al wat ek nodig het!” Die boodskap? Hoe geseënd is die wat na Hom HUNKER!

Vroeër op hierdie nuwe reis, het ek agtergekom dat dit sê Hy wag om deernis vir ons te hê, wag om genadig te wees en selfs wag om op te tree, om ons onthalwe, as ‘n God wat reg laat geskied, maar ek het nooit verstaan waarvoor Hy gewag het nie—maar nou weet ek.    

Ons kosbare Bruidegom wag vir ons om ook na Hom alleenlik te smag en te hunker! Maar in plaas daarvan, smag en hunker ons na iets of iemand anders. Ons is ontrou met ons geneenthede terwyl ons Beminde voortgaan om ons te bekoor, sagmoedig met ons te praat en alles te doen wat Hy kan om die Baäls (ander gode wat ons op die altaar van ons harte geplaas het) van ons monde en harte te verwyder. (Hosea 2:13-15). 

In ons samelewing, is die grootste god onder vrouens (van ‘n jong tiener tot ‘n ouer vrou) hulle obsessie met mans. Jonk en oud, nooit getroud, getroud, uitmekaar of geskei: vrouens wil hê en glo dat hul nodig het en moet hê—‘n man in hulle lewe. Die feministe het hulle kuur vir hierdie obsessie gekies deur mans te haat en ook om te probeer om soos mans te wees, alles sodat hulle nie hierdie begeerte vir ‘n man sal hê nie, ook nie so kwesbaar te wees soos wat dit lyk vrouens teenoor mans is nie. Dit het egter nie die probleem opgelos nie, want hulle het nie na die oorsaak van hulle dilemma gegaan nie

Vrouens was geskep om te hunker en smag na net Een. Dit is toe Eva gesondig het dat sy vervloek was, “Vir die vrou het die Here God gesê: ‘Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe: met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jy hunker, en hy sal oor jou heers.’" (Genesis 3:16). Nie alleenlik het Jesus die vloek van sonde wat oor ons heers gebreek nie, Hy het elke vloek gebreek toe ons begin geglo het. As vrouens hoef ons nie meer te ly gedurende kindergeboorte nie (lees asseblief Supernatural Childbirth DEUR Jackie Mize), nog minder hoef ons te smag en te hunker na ‘n man, of enige ander persoon wie “dit nie het nie,” soos ons in die laaste hoofstuk geleer het.       

In plaas daarvan, wanneer ons kies om ons passie en dors te draai na die Een wie ons ontwerp het en om Sy bruid te word, dan sal ons met goeie dinge gevul word, alle goeie dinge, aangesien ons werklik—Sy—getroue bruid is. Maar ongelukkig het baie min vrouens hierdie plek van volkome genot vir Hom bereik. In plaas daarvan, jaag hulle dit wat hulle glo vir hulle geluk sal bring. Onthou in Psalm 37:4 sê dit, “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer”?

Of dit ‘n jong tiener dogter is wat haar kêrel mis of ‘n vrou wat van haar man vervreem is (wie haar verlaat het of sy het hom verlaat en nou is sy spyt), daar is ‘n obsessie om ‘n man te hê wat ons, as vrouens, veral kwesbaar maak en prooi maak vir pyn, verwerping, lyding, eensaamheid en die lys gaan aan. Die ware tragedie is dat die geluk wat vrouens glo hulle lewens sal omkeer, wat hulle glo gevind sal word as hulle ‘n man het, nie eers bestaan nie.

Ons vrouens, selfs al is ons volwasse en nie meer kinders nie, glo in sprokies-verhaal romanse. Ons lees die stories as klein dogtertjies en later as jong vrouens in romantiese verhale. Ons kyk na paartjies wat voorgee in flieks en op televisie en sing saam met liedjies oor liefde. Maar hierdie soort romanse bestaan nie, niks meer as die stories van Sneeuwitjie of Aspoestertjie bestaan nie.

Daar is net een ware liefdesverhaal en dit is wat in die Bybel gevind word en in ons Skepper en ons Beminde.  

God het elke vrou ontwerp om te smag na die soort liefde waaroor ons lees as klein dogtertjies—maar dit kan NOOIT met menslike liefde bevredig word nie. Die soort liefde wat ons nodig het kan net bevredig word met Sy liefde, die agape en onvoorwaardelike liefde wat Hy aan ons bewys het by Golgota. Niks anders sal ons bevredig nie, nog minder ons harte laat sweef. 

Gedurende die afgelope jaar, terwyl ek baie kerk sendelinge en selfs RMI lidmate ontmoet het wat in ander dele van die wêreld bly, het ek gesien dat meeste vrouens trane of hunkering vir hulle mans het, maar selfs as gelowiges, nie dieselfde hunkering vir hulle Bruidegom nie. Wanneer vrouens oor hulle mans praat, selfs die mees professionele en invloedryke vrouens, word hulle onmiddelik verminder na gebroke, tranerige vroumense wat uitmekaar val. Hierdie vrouens hunker na ‘n persoon wat hulle eintlik verafsku! Dit is hierdie soort patetiese vroumense wat veroorsaak het dat die feministiese beweging so 'n wye aantrekkingskrag by die hedendaagse vroue gekry het. Hierdie soort hunkering is niks anders as tragedies nie. Vir my is dit hartverskeurend. Nou is daar jong meisies wat kies om in verhoudings te bly waar hul misbruik word, nadat hulle moes toekyk hoe hul moeders dieselfde doen.

Tog is die antwoord nie om ‘n huwelik te verlaat met ‘n man wat hulle misbruik nie, maar om in plaas daarvan, ‘n Minnaar te vind. Die Man wat haar sal beskerm, wat ek gehoor het gebeur weer en weer want Hy is getrou! Aan die ander kant, sê ek vir jong meisies wat ek ontmoet om nooit tevrede te wees met ‘n man wat hulle nie sal koester nie, wanneer ek in staat is om my eie getuienis te deel.

As gelowiges, moet ons wegdraai van die aaklige obsessies wat ons het vir mans deur ons harte en ons passie te draai vir meer van Sy Liefde, na die Een wie in staat is om ons gebroke harte te genees. Die vrouens wat verwerp is, “’Dit is die Here wat jou teruggeroep het van jou smart. Jy was soos ’n jong vrou wat deur haar man verstoot is,’ sê jou God,” het nie net nodig om hierdie les te hoor nie maar om dit te sien in ons eie lewens.

Net wanneer ons na Hom toe draai sal ons sê, “Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak” (Openbaring 19:7). Wanneer ons almal kan hoor, “Die Gees en die bruid sê toe: ‘Kom!’ En elkeen wat dit hoor, moet sê: ‘Kom!’ En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat smag na die lewegewende water, moet kom haal, verniet!” (Openbaring 22:17) net dan sal ons werklik sien waarvoor Hy gewag het en voorberei het vir ons wat Hom liefhet.

Wanneer ons, as gelowiges, die soort vreugde uitbeeld wat Hy alleen vir ons sal gee, wat volg deur die verbintenis en getrouheid om net die Here alleenlik te wil hê, sal ons in staat wees om ‘n lewe te lei en ‘n gesig te vertoon wat gloei soos ‘n baken in ‘n ewige donker wêreld.  Dit is hierdie soort lewe, wat elke vrou wat leef in voortdurende en eindelose storms in hul lewens, sal aantrek om dit te wil hê en te hunker na wat ons besit, Sy liefde.

Dit is met ongelooflike vreugde om te sien dat baie van ons wat die ministerie wat Erin gestig het, gevind het, nou kan fokus daarop om mekaar aan te moedig, selfs hoër op te beweeg in hierdie roeping, “met die oog op 'n tyd soos hierdie” (Ester 4:14). Eers passievol vir herstel en om die beginsels wat lei tot herstel te volg, beweeg ons elkeen nou na hierdie hoër roeping---slegs nadat ons passievol geword het vir alleenlik Een. Baie vrouens wat RMI vind, bely dat hulle nie meer herstel soek nie, maar instede agtervolg hulle die Here alleenlik! En meeste vrouens, by hierdie punt, word herstel; tog party word nie. En, ek glo, party word nie herstel nie omdat hulle baie meer genesing nodig het.

Net onlangs het ek ‘n lofverslag gelees van iemand wat ontsaglike genesing nodig gehad het van haar verlede, sy was gemolesteer as ‘n kind. Meeste mense kan nooit hieroor kom nie, tog het hierdie brawe vrou Sy beminde en bruid geword en was selfs in staat om haar oortreder te vergewe. Was sy nie alleen gelaat nie, selfs nadat sy toesig van haar eie kinders verloor het, is ek oortuig, dat sy nooit genesing sou gevind het wat sy nodig gehad het en verdien nie!   

Vir die wat herstel is en soos ek is, mag jy geroep wees om jou herstelde lewe te verloor om jou in staat te stel om om te gee vir die siele van die mans in ons lewens wat ook ‘n Redder nodig het. Hierdie mans moet na die Here kyk om hulle behoeftes deur Hom bevredig te hê, want net soos wat mans nie ons behoeftes as vrouens kan bevredig nie, so ook kan ons as vrouens nooit ‘n man se behoeftes bevredig nie. “As iemand agter My aan wil kom, moet Hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry”’ (Matteus:16:25).

Sodra ons elkeen die Here se bruid word, as Sy bruid, sal ons hierdie liefde uitstraal vir almal om te sien.

Getuienis

Terwyl ek ‘n paar dae terug by ‘n lughawe was, het die dame by die toonbank oor my pragtige ring kommentaar gelewer. Voor my egskeiding,  het ek gebid vir ‘n ring om te dra sodat mans sal weet dat ek nie beskikbaar is nie en ek het uiteindelik ‘n pragtige ring gekoop wat my op die ou einde, niks gekos het nie. Maar dit is ‘n heeltemal ander getuienis wat ek hoop om later te deel; miskien later aan die einde van hierdie boek.

Die dame by die lughawe toonbank het vir my gevra of ek “pas getroud” was omdat sy afgekyk het en toe gesien het dat die ring wat ek dra nuut was. Ek het gesê, “Wel, soort van,” en ek het opgekyk en geglimlag. Sy het opgewonde gesê dat sy dadelik kon sien dat ek “dol verlief” was omdat my gesig net gestraal het! Soos wat ek weg geloop het, het dit gevoel asof my hart wou bars van vreugde en liefde vir die Here wat oorgevloei het as gevolg van Sy onbeperkte liefde wat Hy oor en deur my gestort het. Toe het my gedagtes gespring na die besef van hoe meeste vrouens lyk en voel na ‘n onlangse egskeiding—gebroke en verouderd, en weereens wou ek my nuut gevonde Minnaar met hulle deel.

Vir 'n paar weke voor ek weg is om deur die noordooste van die V.S.A te toer, ek was deur my kerk gestuur (wat vir my gevoel het soos ‘n wittebrood waarvan ek net kon droom), het ek ‘n reeks programme op televisie gekyk wat se doelwit was om ‘n vrou tien jaar jonger te laat lyk. Die program het altyd begin deur fotos te wys uit die vrou se verlede (waar sy eens op ‘n tyd jonk en gelukkig gelyk het) en dan sou hulle vra wat gebeur het wat veroorsaak het dat sy lyk soos sy nou lyk (teneergedruk en oud). Keer op keer het die vrouens gesê dat die oorsaak ‘n “pynlike egskeiding” was. Elke vrou het gesê dat haar drome verpletter was toe dinge nie uitgedraai het soos sy beplan het nie. Kosbare vrou—hulle doen nooit nie!

Weereens, God het ons geskep om die nodigheid te hê om deur Een bemin te word, en net Een. En wanneer ons ontrou aan Hom is, eindig ons op met dieselfde gebroke lewe asof ons ontrou aan ons aardse huwelike was en ‘n egbreekster geword het. Dinge mag dalk prettig en gelukkig lyk aan die begin, maar later draai dit altyd lelik uit—net soos wat ons huwelike lelik geword het omdat ons na die verkeerde man gehunker het. Toe het ons aangesig en voorkoms ook lelik geword, dikwels as gevolg van  bitterheid wat in onvergifnis gewortel was, soos wat ons dwaaslik liefde gesoek het van diegene wat dit eenvoudig “nie het nie.”   

In plaas daarvan moet ons meer van God najaag en om meer intiem te word met ons geliefde Man. Om Hom toe te laat om alles vir ons te wees: Voorsiener, Minnaar, Vriend, Vertrooster en Beskermer. Dit beteken om weg te beweeg van wat ons sien, tot die vlak van geloof waar ons in die Gees lewe. Want ‘n vrou wat kies om hierdie vir haar lewe na te jaag, sal haar pyn vir vreugde verruil en dit sal haar immuun hou teen die siektes, boosheid en laste van hierdie wêreld.    

As Jesus gesterf het om vir ons die Oorvloedige Lewe te gee, dan, liewe mens, waar is dit? Sekerlik nie in die lewens van meeste hedendaagse Christelike vroue nie! En ons lewens, ons kompulsiewe begeerte vir “ons man” kweek hierdie obsessie in ons dogters en die jong vrouens in ons lewens wat toekyk. Ons bewys, deur ons trane en deur ons gesprekke (wat ALTYD om die man draai wat ons hoop en bid ons eendag sal liefhê), dat die doel van die lewe draai om ‘n man, in plaas van die Seun van die Mens. Vir vrouens wat verwerp of verlaat is deur hulle mans, is herstel en versoening al waaraan hulle kan dink en gewoonlik al waaroor hulle praat en dit verorber elke gram van hulle energie.   

Is dit dan 'n wonder waarom ons Verlosser steeds in die hoogte wag om ons genadig te wees?

Liewe leser, sodra ek en jy ons liefde vir ons Beminde Bruidegom bewys, sal Hy die omstandighede in ons lewens reg stel om ons in alle gebiede van ons lewens te seën: verhoudings (vanaf jou kinders tot jou broers en susters, ouers, skoonouers, man en selfs by jou werksplek), finansies (van altyd ‘n tekort aan finansies hê tot die begeertes van jou hart kry, nie net in jou behoeftes voorsien word nie), gesondheid (omdat met vreugde kom goed voel en nie meer vatbaar te wees vir siektes nie; genesing vind plaas in die gees en in die liggaam) en elke ander faset van ons lewens.

Geen man in jou lewe kan dit doen nie! Daar is net Een wie die krag en die hulpbronne het om vir ons die Oorvloedige Lewe te gee soos wat ons werklik Sy beminde bruid word!

Hoe het ek van hierdie obsessie laat gaan? Dit was eenvoudig deur meer intiem te word met die Een wat daar reg by my was, my aangelok het en sagmoedig met my gepraat het—net soos Hy aanloklik en sagmoedig met jou praat! Daar is geen formule vir intimiteit nie. Net soos alles, is dit iets waarvoor jy Hom moet VRA. Vir my, ek het eenvoudig vir die Here gesê dat ek nader, nader as enige mens wat op die aarde geloop het, wou wees…maar ek het nie geweet hoe nie en ek het Hom gevra om dit te doen. As ‘n resultaat van eenvoudig vra, gaan ek elke dag voort om meer en meer verlief te raak op die Minnaar van my siel. Ek kan elke dag sien hoe Hy nie net in my behoeftes voorsien nie, maar ook in die begeertes van my hart! 

Nog ‘n voorbeeld was ook terwyl ek gereis het. Het ek ‘n paar dae in Kanada in ‘n pragtige oord gebly, heeltemal alleen, met my Beminde. Hy het my soontoe gevat om te rus van die reis na verskeie stede in net een week. Daar het ek eerstehands gesien dat Hy niks van my verwag het nie, niks behalwe my liefde vir Hom nie. Ek het nie my dae spandeer deur my Bybel te lees of selfs om te bid nie. Ek het nie soontoe gegaan om te vas nie (alhoewel by die huis, het ek onlangs amper elke dag gevas, net een ete in die aand geëet). Al wat ek daar gedoen het was om in Hom en in Sy ontsagwekkende liefde te rus. Toe ek ‘n romantiese fliek op my rekenaar gekyk het, het ek Hom aanhoudend bedank dat ek nie meer mislei was nie (om te glo dat wat ek gekyk het, waar was), maar in plaas daarvan, betower was deur die gevoel dat ek net Hom kon hê en ervaar, net soos elke vrou kan!

Beminde, ons moet elke vrou aanmoedig om verby haar pyn te beweeg en haar help om vrede te vind, en dan van daardie vrede na uiterste vreugde te beweeg—alles omdat ons Hom ken en ervaar. Dit is meer as moontlik vir ieder en elk van julle om dieselfde te ervaar, veral as jy huidiglik seer het of verwerp is. Dit beteken dat ons eenvoudig ons fokus verskuif van die man in ons lewe na die Seun van die Mens en Minnaar van ons siele. En soos wat ons Hom begin agternasit sal ons vind dat mans ons begin agternasit! Maar ek sal nooit terugkyk nie. Geen man sal ooit weer my hart wen nie (net om dit te breek en my gebrekkig te los), nie wanneer daar Een is wat Sy lewe vir my neergelê het sodat ek weer kan lewe nie!! Selfs ‘n vrou wat getroud is moet haar hart vir haar Redder standvastig hou. Dit beteken haar begeertes en elke geheim van haar hart, moet aan haar hemelse Man vertel word, nie haar aardse een nie. 

In een van my onlangse gesprekke met my eks-man het hy my, weereens, agternasit vir versoening. Ons albei was verras toe ek hom gevra het hoe hy gedink het gaan hy kompeteer met wat ek nou het met die Here! Hy het niks gehad om te sê nie en in my hart, kon ek sien hoe reg ek was met wat ek gesê het. Geen man op aarde kan kompeteer met wat jy sal hê wanneer jy die intimiteit, liefde en beskerming verkry wat jou Bruidegom vir jou sal gee wanneer jy werklik hunker en smag na Hom nie. En wanneer ons hunkering vir die regte Een is, dan sal ‘n man na ons hunker en voortgaan om so te doen. Dit is nie totdat ‘n man ook hunker na die enigste Een wat in sy behoeftes kan voorsien, wat hy vrede en vreugde en die vervulling sal ervaar wat meeste mans kort nie.

Hierdie soort liefdesverhouding is ‘n reis wat begin met een tree. Alle verhoudings word ontwikkel en groei gebaseer op die tyd en aandag wat ons dit gee. Dit mag begin deur jou Bybel te lees, wat Sy liefdes briewe aan jou is, of om liefdes liedjies aan Hom te sing. Alhoewel lof en aanbiddings liedjies wonderlik is, wanneer jy begin om te beweeg na liefdes liedjies wat intimiteit bevorder, is jy goed op pad na ‘n liefdesverhouding wat vrouens sal beny en ook sal wil hê. Daar is baie liedjies wat by Christelike troues gesing word wat my hart seergemaak het; nou is dit dieselfde liedjies wat my hart laat sing, wetende dat ek bemin en gekoester word vir wie ek is deur my Beminde.

Nie ek of jy hoef enigsins beter te wees of anders te lyk as wat ons doen nie—daar is soveel vryheid daarin om dit te weet! God het ons geskep net soos wat ons is en Hy kan nie liewer vir ons wees as ons meer in lyn optree met wat ‘n Christen behoort te wees nie. Sy liefde is die perfekte liefde wat alle vrees verdryf. Dan met daardie vrees weg, los dit meer plek vir Hom en dit sal op jou gesig begin wys.

Laat daar niks meer trane gestort word oor jou (toekomstige, huidiglike of voormalige) man of eks of kêrel nie, maar laat jou hart wees vir die Een aan wie jy belowe is as Sy geliefde bruid.

Kom ons sit die opgewondenheid vir ons aardse herstel weg en fokus op die verhouding wat ons nou het met ons ware Man—ons Here, Redder en ons Vriend.

Laat daar geen trane meer wees oor verlore liefde nie, maar kyk eerder na die toekoms saam met Hom. Ons hoef nie meer liefde of begrip te vind nie, maar ons kan elke dag begin leef soos die geskenk wat Hy aan ons gegee het.

Vir elkeen van julle wat seer het, bang of eensaam is—jy het eenvoudig meer van Sy liefde nodig. Dit is al. Daar is niks anders wat elke probleem in jou lewe sal oplos behalwe meer van Hom nie.

Ook as jy kinders het, wanneer hulle vertrek om by hulle pa te kuier, raak opgewonde omdat jy meer tyd saam met Hom kan spandeer. Dan, sal jy hulle nie meer mis nie.

Getuienis

Toe my kinders onlangs by hul pa gaan kuier het en om die ander vrou beter te leer ken, het ek myself gekeer om vir hulle te sê dat ek hulle gaan mis. In plaas daarvan het ek gesê, “Wow, julle gaan so ‘n wonderlike tyd hê saam met Pappa!” Ek het vir hulle gesê dat hulle nooit oor my hoef bekommerd te wees nie, omdat hulle geweet het ek was heeltemal alleen, weet jy hoe bevrydend dit vir ‘n kind is? Om nie skuldig te voel omdat hulle ‘n goeie tyd het nie en nie belas te wees met hoe hartseer hul ma is nie, alleen, by die huis?

Jy mag dalk ook wonder of ek bekommerd is oor die blootstelling aan hulle pa se huidiglike leefstyl of die ander vrou in my eks-man se lewe (en haar invloed). Die antwoord is “Nee." Ek weet dat God belowe het dat alles ten goede sal saamwerk vir my en vir my kinders! Dit is genoeg vir my om nie bekommerd te wees of daaraan te dink nie. As ek Sy Woord en Sy beloftes aan my oor redding glo, dan kan ek Hom maklik vertrou met enigiets in hierdie lewe. En dit los my om my lewe te geniet en die oorvloedige lewe te leef.  

Deur vir my kerk te reis of as ‘n ambassadeur vir Erin se bediening, terwyl ek vir verlengde tydperke weg is van my kinders, bring bekommernis van baie wat my gesonde verstand en selfs my liefde vir my kinders bevraagteken. Om die helfte van elke maand weg te wees is erg, vir seker, maar weereens het God belowe dat Hy goed sal bring van alles wat ek doen. Nie net omdat ek gehoorsaam is na waar Hy my roep nie, maar selfs as ek per ongeluk ‘n gemors maak—het Hy belowe om my te seën. Met daardie soort versekering hoekom sou enigeen van ons kies om bekommerd te wees wanneer ons eerder vreugdevol kan wees? En dit het ook my kinders volop tyd gegee om saam hulle pa te wees wat by die huis bly terwyl ek weg is.   

Een klein waarskuwing, wees verseker dat die vyand sy beste sal probeer om skuld oor jou nuut-gevonde vryheid te gooi met gedagtes soos: “Jy gee regtig nie meer om vir jou kinders nie!” Vernietig daardie gedagtes. In plaas daarvan, is dit eenvoudig jou prioriteite wat nou reg is en God beloon jou met geen pyn en bekommernis. Jy mag selfs dieselfde ding van jou vriende, familie en medewerkers hoor. Weerstaan net om agteruit te gaan (deur hierdie gedagtes te vermaak) en gebruik die tyd en energie om selfs hoër op te beweeg.

Nadat ek hierdie soort lewe vir net ‘n paar maande geleef het, is daar geen manier wat ek ooit een tree terug sal gee nie. In plaas daarvan, het ek my lewe verbind om elke vrou in hierdie wêreld aan te moedig om ja te sê vir God en om die Here se bruid te word. Dit is my gebed dat hierdie hoofstuk, en die res van hierdie boek, iets binne jou sal laat opvlam wat die vlamme van passie vir die Een wat fluister— “Trou met my” sal aanblaas.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui