HERE, u goedheid beskerm hom [my] soos ‘n skild

—Psalm 5:12

 

Dit lyk asof ek ten minste een keer per dag probeer om veiligheid te vind: om myself te beskerm, emosioneel, fisies, finansieel of op enige ander manier. 

Om beskerming te probeer vind, spoel ook oor om my kinders te wil beskerm. Watter moeder probeer nie om haar kinders te beskerm nie? Tog het ek gevind, wanneer in ‘n hoek vasgekeer, is my beskerming (vir myself en ook vir my kinders) basies glad geen beskerming nie. 

As jy in ‘n situasie gelewe het waar jy misbruik was, weet jy hoe jou lewe deurspek is met planne om veiligheid en beskerming te vind. Of daardie misbruik verbaal, emosioneel, fisies of seksueel is, jy probeer die een na die ander manier om wat ook al of wie ook al teen jou kom, te stop (en/of jou kinders). 

Dit was nie totdat iemand my regtig gekonfronteer het oor my oortuigings oor misbruik, en die misbruik van die ergste soort vir ‘n moeder (wanneer ‘n vader sy eie kind misbruik), wat ek gehoor het wat die Here deur my gepraat het toe die lig van wysheid aangeskakel was nie! Ek het gesê: “‘n Moeder kan nie haar eie kind beskerm nie; nie wanneer dit haar eie man is nie (of op enige ander gebied van ‘n kind se lewe) aangesien sy nie altyd saam hulle kan wees nie—net God kan hulle beskerm! Wanneer ons die posisie van beskerming van God af wegneem, dan is dit wanneer ons die kind oopmaak vir aanvalle wat die Here sou kon voorkom as ons dit vir Hom gegee het.” 

Hierdie openbaring wat die Here vir my gegee het, het my laat stilstaan om terug te kyk na my eie lewe, waar ek baie duidelik kon sien dat toe ek uiteindelik my eie beskerming opgegee het, die Here oorgeneem het en ek het die veiligheid en geborgenheid gevind wat my ontbreek het!

Om te hersien wat Hy gedoen het, het my vlak van vertroue vermeerder tot op die punt wat ek in staat was om dit ‘n paar jaar later met my kinders te gebruik. Die eerste keer was toe my man vir my kinders gesê het dat hy van my gaan skei en toe later toe hy hulle aan die ander vrou voorgestel het vir wie hy my gelos het: Daar is niks wat ek of jy kan doen om hierdie soort blootstelling te keer nie, wat ons, as ons die keuse gehad het, nie sou toelaat dat ons kinders deurgaan nie. Eerlikwaar, as jy in my posisie is en jy het die skei papiere wat sê dat jou man hierdie regte het volgens wet, moet jy onthou dat selfs sonder ‘n geskrewe dokument, het God ons kinders aan albei ouers gegee (aan jou en hulle vader). So wat gebeur as dinge in n rigting gaan waarvoor ons nie beplan het nie, en vrees begin intree?

Baie vrouens vandag hardloop weg: somtyds “ ter wille van die kinders” en somtyds vir hulle eie veiligheid. Maar, eerlikwaar, wie van ons wil ‘n voortvlugtige wees, om weg te hardloop van hulle huis, vriende en familie, om aanhoudend aan die hardloop te wees en in vrees om gevind te word deur die een van wie ons weghardloop? Vroue hardloop omdat hulle voel dat dit hulle enigste keuse is, maar is dit? Kan God regtig vertrou word om ons te beskerm as ons ons vertroue in Hom plaas? En, somtyds is ‘n moeiliker vraag: Kan God regtig ons vriendin of suster of my kind beskerm—iemand anders vir wie ons lief is wanneer ons ons vertroue in Hom alleenlik plaas? 

Ons weet uit die skrif dat Dawid 'n slegte gewoonte gehad het om te hardloop. Alhoewel hy gesien het hoe die Here hom gehelp het om Goliat dood te maak, het hy van Koning Saul af weggehardloop en toe jare later van sy eie seun af. Meeste van ons was al daar. Ons hardloop, en tog is daar ander wie verkies om te staan en baklei. Persoonlik, glo ek dat nie een van die opsies ons as vrouens beskerm nie. Vrouens hunker daarna en moet beskerm word. So weereens, kan ons regtig op God vertrou om ons te beskerm? 

Baie van ons het Hom met ons ewige bestemming vertrou, toe ons Hom as ons Redder aanvaar het, maar kan Hy ons regtig nou red van wat teen ons kom, of teen diegene vir wie ons lief is en wat ons wil beskerm? Die antwoord is Ja, absoluut, Ja. Al wat dit vat is om in ons geloof te loop, ons geloof IN HOM, om te sien hoe die beskerming materialiseer. 

Beskerming, deur geloof, is net soos enige ander vertroue: dit vereis dat ons dit heeltemal in God se hande moet laat. Wanneer ons op die Here vertrou vir redding, is Hy die een wat dit doen, nie ons nie “niemand het enige rede om op homself trots te wees nie”—ons aanvaar dit net.  Dit is niks wat ons doen nie―ons aanvaar net Sy gratis geskenk en glo dat Hy dit gedoen het. Ons loop eenvoudig daarin en vertrou dat ons gered is.

Wanneer ons op God vertrou vir ons finansies, is Hy die Een wat “in al ons behoeftes voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” As ons dwaaslik probeer om Hom te help, vind ons dat ons finansies gou nie genoeg is om die rekeninge te betaal nie. Dit verg vertroue. Kan Hy vertrou word?

Ek dink om daardie vraag te beantwoord op ‘n nuwe gebied van ons lewens, dit help om terug te kyk hoe Hy ons op ander gebiede van ons lewens beskerm het. As ons tyd maak om ons seëninge te tel, en die vele maniere hoe Hy ons beskerm het in die verlede, hulle een vir een tel en opnoem, help dit om ons geloof te bou. Dit is wat ek gedoen het, tesame met die terugkyk op die tye wat ek dit self probeer doen het, en klaaglik misluk het.

Kom ons begin met finansies aangesien dit ‘n groot area is vir baie van julle wat 'n enkelma is. Toe ek die dilemma in die gesig moes staar, met so baie kinders wat in die huis bly en geen onderhoud vir die kinders nie, het God eerste die oormag teen my opgestapel deur my broerskind te bring om by ons te kom bly, toe my ouer suster. Jy weet, ons moet nooit verras of geskok of verslae wees wanneer dinge opgestapel word nie, aangesien dit ‘n patroon met God is. Dit is Sy manier hoe Hy vir ons Sy ontsagwekkende krag wys!!

Dit is dan wanneer Hy sal intree en begin om die onmoontlike te doen. Maar dit moet eers onmoontlik lyk. Deur die tye te tel en te noem wat Hy my beskerm het: Toe my finansies aaklig aangeval was, het ek nie my huis verloor nie, nog minder het my familie se lewenstandaard gedaal—dit het inteendeel verbeter!! Dit was nie totdat ek regtig begin het om ‘n greep op ons finansies te kry nie en begin het om dinge te probeer beheer, wat ek begin het om te vrees en het ons finansies stadig begin verminder. Dit het  verbeter toe ek die besluit gemaak het om nie te kyk of te probeer om dit uit te pluis nie (wat moeilik was om te doen) wat ek ontdek het dat my bank rekening weer vol was en oorgeloop het. Kan God ons finansieel beskerm wanneer ons op Hom vertrou (en gehoorsaam) ? Die antwoord, as jy dit heeltemal vir Hom gee is, “Ja.”

Gehoorsaam

Jy weet dat gehoorsaamheid ook ‘n groot deel van ons beskerming is. So dikwels, “omdat ons nie aan Hom toegewys is nie.” As ons ‘n Bybelse beginsel oor en oor verbreek (wat ‘n geestelike wet is; soos die wet van die swaartekrag), glo ons verkeerdelik dat God ons nie beskerm nie, terwyl dit eintlik ons is wat onsself op daardie gevaarlike plek geplaas het.

Byvoorbeeld, aangesien ons finansies bespreek het, wanneer ons onkundig is oor die bevel dat ons ‘n tiende moet gee en as ons dit nie doen nie steel ons van God, vind ons onsself gou in ‘n finansiële gemors. Vir dié van ons wat die seëninge en beloftes van tiendes geleer het, en as ons gehoorsaam was (maak nie saak of dit gelyk het asof ons dit nie kon bekostig nie), en ons het eenvoudig op God vertrou—het ons Hom getrou gevind en vol guns soos wat Hy ons omring met die begeertes van ons harte, en nie net in ons behoeftes voorsien nie!! Ek het persoonlik gevind (soos wat so baie ander my vertel het) dat hoe meer ek op God vertrou en gee (nie uit oorvloed nie, maar baie dikwels wanneer dit lyk asof daar nie genoeg is nie), dat die vensters van die hemel oopmaak en 'n stortreën van seëninge word oor my uitgestort!

Maak nie saak hoeveel ek op God vertrou het vir my finansies nie, daardie vertroue sou nie in oorvloed geëindig het as ek nie eers geweet het dat ek gesê was om my tiende te gee en te skenk nie (selfs op papier sou ek nie genoeg gehad het nie), en dan om die stap van geloof te neem en dit te doen. Maak nie saak hoeveel jy glo dat die Here in staat is om jou te red nie, dit is eers wanneer jy jou lewe aan Hom oorgee en op Hom vertrou, dat jy in 'n nuwe skepping omskep word. Dit is dieselfde manier met jou beskerming.

Ek het uiteindelik op ‘n plek gekom waar ek geweet het dat ek dit nie kon doen nie: myself of my kinders beskerm nie. Ek glo dat wanneer ons op die Here vertrou (vir ons kinders of vir onsself) dat Hy ons nie altyd sal "verlos" van die beproewing of krisis nie. God belowe nie om die bose te verwyder wat teen ons kom nie, maar Hy belowe om dit ten goede te gebruik soos wat ons daardeur loop.

Meeste van die tyd, roep hy ons om deur die vuur te gaan, om die nag in die leeukuil te spandeer en om deur die Rooi See te loop. Alhoewel ons mag kies om hierdie situasies te vermy, is dit hierdie situasies wat ons uiteindelik in nuwe wesens omskep om vir ander te wys hoe anders ons is en hoe ons verander het. Om deur ‘n egskeiding te gaan (die tweede of derde keer vir my ouer kinders), is wat my kinders anders gemaak het as die res van die skare. Dit is wat aan hulle, my kinders, die ooglopende goddelike karakter gegee het(hoe hulle diep-binne is, agter toe deure en hoe hulle reageer wanneer hulle vasgekeer word). Hierdie goddelike karakter is wat ek wil hê vir my kinders; daarom, laat ek gaan en gee my beheer oor hul situasies oor en plaas AL my vertroue op die enigste Een wie vertrou kan word—my Beminde! 

Hoe kan ek dwaaslik glo dat ek my kinders beter sal kan beskerm as wat ek weet die Here kan?

Net onlangs, het ek genoodsaak gevoel om my suster met spesiale behoeftes te beskerm, wie deur die direkteur van haar bystand woonstel gedreig is om haar in 'n Psigiatriese Hospitaal te sit. Dit was reg in die middel van een van ons vroue konferensies en ek het net nie tyd gehad vir daardie beproewing nie! So, terwyl ek na die lughawe toe gery het, het ek met die Here daaroor gepraat, nadat ek onsuksesvol probeer het om self my suster te beskerm. Dit is toe dat my Beminde my herinner het hoe, wanneer die geleentheid gegee is (omdat ek my beskerming aan Hom oorgegee het, in plaas daarvan om myself te beskerm), HY my beskerm het en dat Hy dieselfde ding vir my suster sou doen. Ek het my geloof uitgeloop en nie haar reputasie probeer beskerm nie, ek het haar ook nie teen die ondersoek wat haar in die Psigiatriese Hospitaal kon (as God nie in beheer was nie) laat opeindig, probeer beskerm nie.

As ek nie op God kan vertrou nie, op wie kan ek vertrou? Al wat ek met sekerheid weet, is dat Hy getrou is en, wat selfs beter mag wees, is die vrede wat kom deur te laat gaan en dit aan Hom oor te gee. Hoe kan ons ernstig kies om ons eerder te bekommer en/of aan iets te werk, as ons weet dat ons nie kan bereik nie, wanneer ons dit eenvoudig aan Hom kan gee eerder as om te kies om te self te doen?

Baie hou daarvan om vir my te vertel van 'n situasie wat tragedie tot gevolg gehad het wanneer ‘n persoon “kwansuis” op God vertrou het. Toe ek hulle egter ondervra het, het hulle gou erken dat die persoon na wie hulle verwys het, gou beheer teruggevat het en hulself probeer beskerm het—doen ons almal dit nie? Ek dink daarom is dit gewoonlik iemand anders se situasie wat veroorsaak dat ons nie veilig voel om God te vertrou nie en dit veroorsaak gewoonlik verwarring. Niemand weet wat regtig aangaan in 'n ander persoon se lewe nie, selfs as daardie persoon 'n familielid is van ons eie kinders.

Moenie die fout maak om te kyk na wat jy dink jy in iemand anders se lewe gesien het of wat jy gehoor het nie. Niemand anders as God ken hulle hartstoestand en die hele situasie nie. Dié wat hulle geloofsbesluit maak gebaseer op ‘n tweede hande getuienis, loop die gevaar om 'n groot fout te maak, wat tot verpaste seëninge lei en om kwesbaar te wees vir onnodige swaarkry.

Toe ek opgegee het om my reputasie te probeer beskerm, het my reputasie 'n sprong van aansien geneem eerder as wat moes gebeur, die situasie in ag geneem. Toe ek opgegee het om my emosies te probeer beskerm, het ek die liefde van die Here gevoel wat my hart omring het alhoewel so baie dinge teen my gekom het: egskeiding, ‘n ander vrou en my kinders wat aan my eggenoot se troue deelgeneem het. In die regte wêreld sou dit ‘n vrou en moeder soos ek verpletter het. Nietemin, omdat ek op die Here vertrou het (en net omdat ek op Hom vertrou het om my hart te beskerm), floreer ek en het nog nooit so geliefd gevoel nie!

Die Here werk al 'n hele paar jaar aan hierdie area van my lewe. Dit was moontlik meer as twee jaar gelede toe my lewe 'n draai gemaak het, want ek het uiteindelik geweier om myself te beskerm teen alle soort mishandeling wat gebeur wanneer ‘n man nie gelukkig is nie. ‘n Ongelukkige man glo dikwels dit is sy vrou se skuld en haal dit op haar uit. (Dieselfde is waar vir ‘n ongelukkige vrou wie haar man blameer). Baie vrouens met goeie en rein harte probeer desperaat om hulle mans te behaag, maar die probleem is dikwels nie in hulle om reg te maak nie.

Om myself te verander (deur die beginsels te volg met ‘n rein hart) en myself te beskerm (maak nie saak watter metode ek probeer het nie), het nooit gewerk nie. Eers toe ek moed opgegee het en dit aan God gegee het, het Hy toestemming gekry om my te beskerm en toe het Hy my uitgelewer. Ek weet egter dat as ek sou hardloop of aanhou om self te probeer, sou ek nog steeds bang gewees het en vergeefs vir veiligheid en sekuriteit gesoek het. Die seën om deur daardie beproewing te lewe is dat ek nou weet dat God ‘n God is wat beskerm—so ek kan Hom vertrou met my kinders. Halleluja!! 

Liewe leser, maak nie saak hoe GROOT jou beproewing is nie, of oortreder, of vyandelike aanval, God is GROTER. Hy is nie verbyster of bang of bekommerd oor daardie ding of persoon wat agter jou aan is nie. Hy is in staat om die goeie daaruit te skep en in elke situasie solank as wat jy alles aan Hom oorgee en op Hom vertrou vir jou beskerming (vir jouself en jou geliefdes).

Elke vuur verfyn en reinig. Elke leeu se mond kan toegemaak word. En elke see, maak nie saak hoe groot nie, kan stil gemaak word of geskei word met net een woord van God af.

Hoofstuk Epiloog

Sedert ek dit geskryf het, het God reeds namens my suster beweeg—kom ons loof Hom!

Eerstens het ons albei laat gaan (wat my suster insluit wat die geloof en verstand het van ‘n kind) en het haar direkteur vertrou (wie haar wou laat opneem) om die afspraak te maak wat die potensiaal gehad het om haar by ‘n Psigiatriese Hospitaal te laat opneem. Ek het nie gebid of gevas nie (nie omdat ek nie in gebed of vas glo nie, maar omdat ek nie “geroep” was om te vas nie—ek het eenvoudig op God vertrou), en die resultaat? Die dokter het vir haar gesê dat hy nie gedink het sy het ‘n geestelike ondersoek nodig nie!!  

Asof dit nie genoeg was nie, het my suster vandag vir my vertel dat die direkteur, wat so desperaat probeer het om haar te laat opneem, WEGGAAN. Net so!!! Sy het ‘n oorplasing versoek. WOW. 

Kan God vertrou word? ABSOLUUT!!