Net een ding het ek van die HERE gevra en dit sal ek najaag:

dat ek my hele lewe lank

in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe

en daaroor na te dink in die tempel.

—Psalm 27:4 

 

Terwyl ek die Here gesoek het vir wat om in hierdie finale hoofstuk te skryf, was daar baie beginsels wat ek kon gedeel het. O, hoe gepas dat ek uiteindelik sou afsluit met wat in my lewe saak maak—Hy en Hy alleen! Net Een ding het ek van die HERE gevra . . .

As gevolg van ‘n aanslag van krisisse in my lewe, dikwels gedurende die dag, is ek verbaas en tog toenemend gevul met onsag omdat ek, in plaas van vrees of paniek of beplanning om te ontsnap, eerder ‘n oorweldigende passie vir Hom voel. Ek vra dus onvermydelik die Here om my te help om op een of ander manier die woorde te hê om die totale geseëndheid te beskryf, die pure vreugde en die ongelooflike ontsaglikheid om Hom te ken vanaf die oomblik dat ek Hom as my Man geneem het, aangesien dit lyk asof niemand regtig verstaan nie. Tog is dit te verwagte, want ek het ook geen idee gehad voordat ek dit geleef het nie.

Dikwels, veral die afgelope tyd, stop ek om te dink oor hoe ek voorheen gedink en gevoel het oor dinge. Byvoorbeeld, met my VM se troudatum net dae weg, onthou ek hoe ek vrouens beny het wat goddelike mans gehad het. Jy weet, dieselfde soort vrou wat ek weet na my gekyk het, aangesien ek eens op ‘n tyd ‘n pastoor as man gehad het, voordat hy weggeloop het. So baie vroue het, voordat alles in my lewe openbaar geword het, in die kerkbank gesit en verlangend na my gekyk terwyl hulle mans langs hulle gesit het wat glad nie belanggestel het in geestelike dinge of dinge wat Hom aangaan nie. Voorkoms, liewe mens, kan misleidend wees. Tog het ek presies dieselfde gedoen, so ek neem aan dis hoekom ek gekry het wat ek begeer het. Gelukkig, is Hy so liefdevol dat Hy ons deur daardie valleie bring en dit nog steeds gepas vind om ons te seën ten spyte van onsself.

So, laat ek eerstens iets sê wat ek weet julle al by hierdie tyd weet—moenie gaan op wat jy dink jy sien nie. Baie van die vroue wat jy beny, is in ‘n baie slegter toestand as waarin jy is. Soos ek, het hulle mans wat geestelik voorkom, is uiterlik ‘n geestelike reus, so ander vrouens beny ons en sê dit dikwels in die openbaar, maar in werklikheid is die man en ons droom lewe nie soos jy dit voorstel nie. En as gevolg van die manier wat jy haar misverstaan, het sy vermeerderde pyn wanneer sy kies om haar “minder eerbare” man te eer. Ons moet elkeen erken dat niemand weet wat regtig agter geslote deure aangaan nadat die man (of vrou) die preekstoel verlaat of na hulle die aanbidding gelei het nie, of in die lewens van diegene wat jy op televisie sien nie. Ek weet.

Tog is daar natuurlik vroue wat geseënd is met ongelooflike mans, sommige wat selfs die geskiedenis verander het. So ek het hierdie vrouens ook beny. Maar nou weet ek dat as enige vrou die lewe ken wat ek nou lei, hulle my eerder sal beny! En wat my opgewonde maak bo alle geloof en die totaal onvoorstelbare waarheid is, is dat hierdie lewe dieselfde kan wees vir elkeen van julle! Ek is nie die enigste bruid wie Hy geroep het nie. Ieder en elkeen van julle het dieselfde geleentheid om Sy bruid te word—maak nie saak wat jou huwelik status, sosiale status, fisiese statuur, geestelike status of geestelike vermoëns is nie. Ek kry trane in my oë omdat ek weet dat Hy jou liefhet net soos jy is en is lief vir jou, nie ten spyte van, maar as gevolg van jou swakhede! “Terwyl ons nog sondaars was, het Christus vir ons gesterf”―fantasties, absoluut fantasties!

Toe ek vroeër saam met Erin gewerk het, toe haar bediening meer van ‘n “huweliksherstel” bediening was, het ek en sy geweet daar was geen waarborge dat die vrouens wat om hulp kom soek het, in staat sou wees om die beginsels te volg (tot die letter) om in staat te wees om ‘n herstelde huwelik te verkry nie. En erger, sodra dit herstel was, was daar verskillende grade van seëninge afhangende van die man wat huistoe gekom het. Maar nou, het dit alles verander! Die nuwe roeping op my lewe en Erin se fokus, het begin om te fokus om bruide vir ons Beminde te werf. Almal (selfs mans al is dit moeiliker om in te dink) word geroep om ‘n bruid te wees vir wie Hy terug kom “sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik” (Efesiërs 5:27). Dit beteken, ieder en elke vrou kan Hom eenvoudig vertrou, Hom alleenlik soek en almal wat begeer om bemin en genees en gelukkig te wees, kan wees! Nietemin, dit gebeur slegs wanneer ek en jy gewillig is om te laat gaan en die lewe te verloor wat ons beplan het. Dit is omdat Hy ons hele hart nodig het om vry te wees en om dan dit alles te hê.

“Want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry” (Matteus 16:25).

Net so kan ’n vrou wat nie langer getroud is of nog nooit getroud was nie, haar aandag op die Here toespits om met liggaam en siel aan Hom toegewy te wees. Die getroude vrou is egter oor wêreldse dinge begaan, oor hoe sy haar man kan gelukkig maak (1 Korintiërs 7:34NLV).

Ook die ongetroude vrou en die jongmeisie gee aandag aan die dinge van die Here, om na liggaam en gees aan Hom toegewy te wees. Maar die getroude vrou gee ook aandag aan die dinge van die wêreld, aan hoe sy haar man kan behaag. Dit sê ek alles vir julle eie beswil. Ek wil julle nie aan bande lê nie, maar ek wil hê julle moet in eerbaarheid lewe en in onverdeelde toewyding aan die Here(1 Korintiërs 7:34AFR83).

Vind jou vreugde in die HERE; en Hy sal jou gee wat jou hart begeer(Psalm 37:4)

Toe my lewe omtrent ‘n jaar gelede in duie gestort het (met my man wat van my geskei het om met iemand anders trou), was dit die einde van die lewe waaroor ek die grootste deel van my lewe gehoop en gedroom het. Tog, deur my vooraf beplande lewe te verloor, en my hart oop te maak, het ek ongelooflike nuwe en opwindende ervarings oopgemaak wat my wêreld verander het. Dit is my hoop dat jy die moed sal hê om dieselfde te doen en wat ek gedeel het jou sal help om jou lewe te verander op dieselfde manier.

Een ongelooflike waarheid wat ek geleer het, is dat Hy nooit bedoel het dat ons letterlik moet sterf om in die paradys te leef nie, nog minder hoef ons te wag totdat Hy kom om ons as Sy bruid te kom haal. “Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak (Die Openbaring 19:7). Kom ons wees eerlik, daar is heeltemal te veel vrouens wat verskriklik seer het: verwerp, verlaat en bedroef om te dink dat dit die manier is wat ons as vrouens moet lewe totdat ons sterf. Die manier waarop ons geleer is om te glo, is eenvoudig nie korrek nie!

Jesus het nie gesterf sodat ons eendag hemel toe kan gaan nie. Hy het Sy lewe afgelê om ons nou vry te maak, in elke gebied van ons lewens; Sy bloed en Sy opstanding het dit alles verander en dit was vir nou. Dit beteken dat vroue wat onkundig is oor hierdie waarheid, steeds sal vergaan in hul gebrek aan kennis en hoop. “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp. . . (Hosea 4:6AFR53). Ons moet ons lewens so lei dat ons weerspieël wat hulle ook kan hê en as ons gevra word, moet ons eenvoudig ons harte deel wat oorloop van liefde!

Hy Maak Alles Nuut!

Ek dink jy kan sê dat ek vanoggend aan die einde van myself gekom het of miskien is dit eenvoudig omdat ek die einde van my bediening soos wat dit was in die gesig moet staar, of miskien is dit albei. Nietemin, ek is glad nie bekommerd, bang of enige ander negatiewe emosie nie. Ek is eenvoudig opgewonde om te sien wat gaan binnekort gebeur. Vanoggend toe ek wakker word en met die Here daaroor praat, het Hy vir my ‘n nuwe openbaring of beginsel gegee. Hy het vir my gesê dat dit nodig is om Hom te bedank en gebroke te wees, sodat ons geseën kan word.

. . . Toe neem Hy die sewe brode en die visse en dank God daarvoor. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan die dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee (Matteus 15:36).

Toe gee Hy die mense bevel om op die grond te sit. Nadat Hy die sewe brode geneem en God gedank het, het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee om uit te deel, en hulle het dit aan die mense voorgesit” (Markus 8:6).

Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: ‘Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis’” (Lukas 22:19).

Nadat Paulus dit gesê het, het hy brood geneem, God in die teenwoordigheid van almal gedank, dit gebreek en begin eet” (Handelinge 27:35).

. . . en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: ‘Dit is my liggaam; dit is vir júlle. Gebruik dit tot my gedagtenis’” (1 Korintiërs 11:24).

Die enigste manier om te vermenigvuldig, en die enigste manier vir Sy glorie om te verskyn, is wanneer ons dankie sê en onsself toelaat om gebreek te word om sodoende diegene wat honger is na die waarheid te voed en diegene wat ongelief is, te genees.

Vanoggend moes ek die feit in die gesig staar dat hoe dinge nou lyk, my bediening binne die kerk besig is om onder te gaan. Maar ons almal weet (of behoort by nou te weet) dat dit altyd die donkerste is voor die dagbreek; om ‘n opstanding te hê, moet daar dood wees; sonder enige vyand wat jou in die hoek vaskeer, is daar geen Rooi See om te skei nie. Om my verder aan te moedig, het die Here my die beloftes laat lees wat Hy my in Jesaja, Jeremia en al die pad tot Maleagi, gegee het. Ek het emmers trane gehuil (van vreugde) toe ek gesien het dat 90 persent van die beloftes alreeds vervul is. Daarom is hierdie nuwe krisisse eenvoudig dit wat my gaan lanseer om die vervulling van die laaste 10 persent oorblywende beloftes te ervaar, wat dikwels beteken dat ons ons grootste beproewings sal trotseer. Dit is hoekom die Apostel Paulus dikwels gepraat het om sy lesers aan te moedig om nie moeg te raak nie en om die wedloop te voltooi.

Maak nie saak hoe dinge lyk nie, ek wil laat gaan en alles toelaat om te faal en te val. Net soos ek in die verlede gedoen het, het ek alles net opgegee en dit eenvoudig aan die Here oorgegee. Ek het vir Hom gesê dat dit in elk geval nie saak maak nie, want Hy al is wat ek wil hê en nodig het, so ek gee min tot niks om as ek dit alles verloor nie (selfs al is my kerk bediening my gesin se enigste inkomste, wat beteken dat die verlies van die bediening ook die verlies van ons huis sal beteken)—liewe Here, jy is al wat vir my saak maak!

Dit gaan ook nie net oor my nie. My kinders kyk en wag, en terselfdertyd, kyk hulle (en lewer gereeld kommentaar) want hulle pa is die een wat tans floreer, terwyl meer en meer van wat ek het of gehad het besig is om te verkrummel. Tog weet hulle, en ons herinner mekaar dat geregtigheid, altyd en vir ewig, op die ou einde sal afspeel. Dit is hoe God die heelal geskep het, dit is dus dwaas vir ons om angstig te raak oor wat voorlê, is dit nie?

“So sê die HERE: ‘Daar rus ‘n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en wat van MY af wegdraai; hy is soos n kaal bossie in droë wêreld wat nooit water kry nie; ‘n bossie wat in ‘n klipwoestyn staan, in ‘n brak wêreld waar niemand woon nie’” (Jeremia 17:5-6).

Die Komplot Verdik

Interessant genoeg is my kerk bediening wat “blykbaar” verbrokkel, nie die helfte daarvan nie, want wat ek op die punt staan om te deel sal meeste van julle ruk. Dit is presies twee weke gelede wat ek ‘n epos van my VM gekry het wat my wêreld geskud het. Dit was my “Abraham-Isak-altaar hart toets.” Dit is net as gevolg van Hom en Sy liefde vir my wat my gehelp het om daardeur te gaan met vreugde en sonder ‘n titseltjie vrees. Ek is verstom oor hoe Hy die “Baie-Bang” verander en getransformeer het, ja dit is ek!

Die epos het gekom op wat my 25ste huwelik herdenking sou wees, wat my geforseer het om ‘n paar goed in die gesig te staar wat ek geweet het ek heel moontlik (nee, ek raai ek het geweet dat dit ‘n moontlikheid is) in die toekoms moet trotseer. Die aanval was tweevoudig.

Eerstens het my VM verduidelik dat hy toesig oor my drie jongste kinders gaan oorneem wanneer hy trou, wat minder as twee weke van nou af is. Is julle nie bly dat “In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg maar nie deur God verlaat nie” (2 Korintiërs 4:8-9)?

Ek het geweet, sonder enige twyfel of vrees, dat wat ook al op die punt staan om te gebeur, ‘n goeie ding sou wees. Dit kan beteken dat ek ure van my kinders af mag woon, maar indien so, sal dit 'n goeie ding wees. Ek het nie 'n idee hoe dit moontlik sal wees nie; maar niemand sou my ‘n jaar gelede oortuig het dat ek soveel VREUGDE sou ervaar deur 'n man te hê wat wegloop, sê hy gaan iemand anders soek om mee te trou, van my skei, my los met al ons skuld, nie onderhoud betaal nie, ‘n uitspraak wat my krediet vir tien jaar sou ruïneer, en uitgaan om my hulpbronne (ons gesin se lewens bestaan) te vernietig terwyl ek in Hong Kong besig was met bediening, en dat my kinders in my VM se troue sou wees wanneer hy met die AV trou.

**Vergewe my dat ek hierdie besonderhede met jou deel, maar ek het dit gedoen om my ook te herinner aan die pure ontsaglikheid van God!! Hoe dikwels ons faal om regtig na te dink en te dink aan alles wat Hy vir ons gedoen het!!

Dus met dieselfde entoesiasme as wat ek met die egskeiding getoon het, wat verander het na vreugde in plaas van hartseer, het ek die krisis omhels en binne slegs 48 uur het die gety so ongelooflik gedraai dat al wat ek kon doen was om die Here te loof en van voor af op Hom verlief te raak! Hierdie krisis het plaasgevind om my en my kinders te seën. Alhoewel dit bedoel was vir kwaad het God dit bedoel vir goed. Op die ou einde, in plaas daarvan dat my jongste kinders weggetrek het om saam met hulle pa en die AV te gaan bly, het dit veroorsaak dat daar dinge in hulle klein hartjies ontbloot is, wat daartoe gelei het dat my VM planne beraam het om hierheen te kom om hulle te besoek (en sonder die AV), ten minste vir nou!

Die krisis het onvermydelik die waarheid ontbloot dat, die haastige natuur van my VM se besluit om uit te trek, van my te skei, weg te trek, en die mees traumatiese gebeurtenis om aan die AV voorgestel te word en haar in hulle lewens te hê, veroorsaak het dat die pyn te erg geraak het vir hulle om te dra. Het ek probeer om iets te stop of te vertraag wat my VM hierdie jaar wou doen, sou ek nie (en my kinders sou nie) die nuutgevonde vryheid en vreugde ervaar het waarin ons ons nou verheug nie!! Selfs die eens “baie opwindende troue” is nou ‘n bittersoet geleentheid vir hom. Dit is, weereens, om die kinders te onderwerp aan iets wat moontlik hulle liefde heeltemal sal vernietig, die liefde wat hulle eens op ‘n tyd vir hulle pa gehad het. My VM weet dit en het dit genoem, tog weet hy ook dat hy nie die kinders kan keer om ‘n geleentheid by te woon en te aanskou wat hulle toekomstige verhouding met hom vir ewig kan verander nie.

Die tweede aanval in my VM se epos het dit baie duidelik gemaak dat om ons hulpbronne te vernietig nie genoeg was nie—hulle (hy en sy verloofde) is vasberade om my kerk bediening heeltemal te stop, gesê daar is baie leuens en laster. Hulle het dit duidelik gemaak dat hulle my vir altyd uit die “huweliksbediening” wil hê, beide by ons kerk en my assosiasie met RMI. En my VM het gesê dat wat ook al dit neem, hy sal sy kinders van my af wegneem. Maar, “Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word. Dit is hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg. Ek laat geregtigheid aan hulle geskied, sê die Here” (Jesaja 54:17). Om Sy waarheid te ken het beteken toe ek die dreigemente hoor, was ek nie deur hulle geraak nie, ek was meer opgewonde om te sien watter seëninge die gevolg van hierdie frontaanval sou wees.

So, ek het nie net my kinders op die altaar van my hart geplaas nie, ek het ook voort gegaan en het amptelik my kerk bediening en my vrywilligerswerk by RMI, saam met my potensiële toekoms om heeltemal alleen te wees, alles aan Hom gegee want dit is alles in elk geval Syne!

Onmiddelik, het die Here sagkens met my gepraat in my gebedshoekie aangaande wat ek moes doen. Eerlikwaar, dit was iets wat Hy baie lank terug op my hart geplaas het; toe my eks man* nog die bediening hanteer het. Die Here het vir my gesê dat ek alles moet los en uit al my posisies moet bedank.

*My VM het vir my gesê dat ek nie meer daardie voorletters vir hom kan gebruik nie; daarom, sal jy sien dat ek begin verwys het na hom as my eks of eks man, nie VM nie.

Alhoewel ek my nie meer aan my eks man “onderwerp” nie, aangesien hy nie meer my man is nie, word daar vir ons gesê om ons nie teen n kwaadwillige persoon te verset nie. “Maar ek sê vir julle: ‘Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige persoon verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou leen nie afwys nie’” (Matteus 5:40-42).

Die beginsel is baie anders as om aan ‘n man onderdanig te wees, en het die leiding van die Heilige Gees nodig om dit regtig uit te voer, want daar is geen maklike manier om te onderskei nie.

So deur te laat gaan, glo ek dat ek meer tyd sal hê om te skryf en vir nou, tyd met my kinders te spandeer!! Ek is nie seker waar ons inkomste vandaan gaan kom nie, maar dit is God wat voorsien in “al ons behoeftes volgens Sy wonderbaarlike rykdom” so hoekom sal ek en jy bekommerd wees?

God is waarlik in beheer, so dit moet maak dat ALMAL VAN ONS net in Hom rus, nie langer bekommerd wees dat ons ‘n fout sal maak of God mis nie. Dit is net wanneer ons omring is deur die vyand en teen die groot Rooi See gedruk word, wat God dit skei! En sodra dit geskei is, skep dit ‘n skoon, reguit pad en lei ons PRESIES na waar Hy wil hê ons moet gaan!!

Of ek nou 'n uitlaatklep het om te bedien, kinders wat naby my is om lief te hê, sal ek nietemin steeds bly fokus op my intimiteit en eenheid met die Here. Omdat ek uiteindelik my Liefde gevind het, is dit wat ek met elke vrou deel wat ek ontmoet, hier waar ek bly en met vroue rondom die wêreld. As Hy vir my die deure oopmaak om voort te gaan om by kerke en konferensies te praat, sal my boodskap altyd wees: “Hy is al wat saak maak.”

Liewe leser, dit gaan alles oor Hom wat ons Man word en ons wat Sy bruid word. En dit gebeur net wanneer ons gewillig is om wat ook al teen ons kom entoesiasties te omhels—dit is wanneer die krisisse sal lei tot “geen trane meer en geen droefheid meer” nie. Geen dreigement om my kinders of bediening of inkomste of huis te verloor, kan my skud nie, omdat Hy al is wat ek wil hê. En alhoewel mense mag dink dat ek misbruik word, net soos Jesus, neem niemand my lewe nie, ek lê dit gewillig neer.

Net soos wat Erin aangehaal is om ook te sê, “Die man wat ek liefhet, is myne, en ek syne . . . ek het hom wat ek liefhet, gekry. Ek het hom vasgegryp en hom nie laat los nie . . . sê vir hom die liefde verteer my” (Hooglied 2:16; 3:4; 5:8). Mag julle elkeen ook verteer word deur liefde.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui