Hierdie week wil ek graag deel hoe om vir geleenthede uit te kyk en te herken, om Hom te deel, wanneer hulle in normale ongemaklike of moontlik onopvallende gebeurtenisse verpak is.

Ek het ‘n onlangs ingediende LL joernaal gelees en daarin het Sy bruid gesĂȘ, “Die afgelope tyd het ek verskeie mense in my lewe gehad wat kommentaar gelewer het dat ek moet “uitgaan” en dat ek nodig het om “iemand nuut te vind”. Dikwels is hierdie maar net kennisse wat uitvind dat ek geskei is, maar nie “uitgaan” nie. Dit gaan my verstand te bowe dat mense so sou praat. Veral omdat selfs vanuit ‘n wĂȘreldse oogpunt die kanse dat ‘n 62 jarige vrou ‘n goeie en ordentlike man (wat nie siek is nie en 82 is) sal vind, gering is. Ek verwag nie dat hulle my standpunt oor hertrou moet verstaan nie, maar waarom kan hulle nie ten minste sien dat die kans nie in ‘n ouer vrou se guns is nie?! 

“Soos wat ek nadink, kan ek sien dat al wat hulle kan sien is dat ek ALLEEN is. As ek verduidelik dat ek gelukkig is, kan hulle my nie glo nie. Ek het my Hemelse Liefde gevra om my te lei om te weet hoe om die beste oor Hom te praat. My pogings met kennisse laat hulle dikwels spring na “O...jy is godsdienstig,” en neem aan dat ek baie reĂ«ls en rituele het. Dit is ‘n snaakse soort ding, want die meeste van hierdie kennisse is mans—verwers, konstruksie werkers, nutsmanne. Hulle weet ek is geskei, want hulle weet ek bly alleen en ek is die een wat hulle betaal. Ek is rondom hulle vir ure op ‘n slag, in my huis, tog is ek diskreet en stil (anders as my normale praterigheid); hulle is almal getroud—hulle “lĂȘ nie by my aan” of is ongeskik nie. Ek glo hulle bedoelings is vriendelik. Ek kry die gevoel dat hulle soortvan geĂŻntrigeer is
 deur my stilligheid, geluk en “alleenheid.” So, ek dink na oor hierdie dinge terwyl ek Hom vra om my te lei.”    

Deur dit te lees, kan ek natuurlik vereenselwig. Tog, hoe Hy my gelei om elke een van hierdie as geleenthede te gebruik—elkeen lei my om iets heeltemal anders te sĂȘ—elkeen wat my in verwondering los en selfs meer dankbaar dat ek net SYNE is!

Die mees onlangse is toe my gehuurde waterverkoeler nie gewerk het nie. Ek het baie opgewonde geraak toe ek gelei was om te skakel—dikwels maak my HM net dinge reg, soos toe ek ‘n vreemde alarmsein op die paneelbord van my motor gekry het. Laat my eers oor dit deel.

My seun was saam met my toe hierdie vreemde alarmsein op my paneelbord verskyn het. Onmiddellik het my seun dit begin Google soos wat ons gery het. Hy het verskeie dinge begin lees wat dit kon beteken, punt is—neem dit so gou as moontlik na jou motordeskundige toe!! Ek het ook agtergekom dat sommige goed op die motor ophou werk het, soos my spoedbeheer. Nadat my seun uit my motor en in sy motor geklim het, het ek tyd gehad om dit kalm met my HM, my Liefling, te bespreek. Nadat ek dit met Hom uitgepraat het (is Hy nie net die beste luisteraar nie?!? Hy val mens nooit in die rede nie), het ek probeer om uit te pluis waar om te gaan, nadat Hy my gelei het om dit in my motor se handleiding op te soek en die handleiding het gesĂȘ dat dit inderdaad ‘n probleem was wat ‘n gesertifiseerde “spesiale soort” motordeskundige nodig sal hĂȘ! Ontstoke het ek uiteindelik gesĂȘ, “Liefling, maak dit asseblief reg.”

Natuurlik, weet jy dit is net wat gebeur het—HY het dit reggemaak! Ek het dit laat gaan en amper daarvan vergeet nadat ek Hom gevra het om dit “net reg te maak”, maar toe herinner Hy my dat nie net was die alarmsein weg nie, maar my spoedbeheer het perfek gewerk—natuurlik!! Ek het my seun geskakel om vir hom te sĂȘ, “Raai wat? Ek het na die Beste Motordeskundige toe gegaan, my HM, wie nie net my Geneesheer, Voorsiener, ens. ens. ens. is nie. Ek het nie nodig gehad om te wag vir die motor om gediens te word nie, Hy het dit net gedoen, en natuurlik was die prys VERNIET!”

Terug na my waterverkoeler, wat nog ‘n geleentheid was wat ek ten volle voordeel uit getrek het. Toe ek geskakel het, het hulle vir my gesĂȘ iemand sal uitkom om vir my ‘n nuwe verkoeler te bring, Ha-ha, alreeds het seĂ«ninge uitgestort (onthou wanneer jy jou tiende gee, werk hierdie beginsel in Lukas 6:38 altyd agter die skerms). Toe die jong man met die nuwe waterverkoeler inkom, sĂȘ ek vir jou eerlik—ek het geen idee hoe die gesprek daartoe gelei het dat hy my oor my man uitgevra het nie. Toe hy vra, het ek entoesiasties geantwoord, “O, ek is geskei, my man het my vir sy meisie gelos” en hy het geantwoord: “O NEE, ek is soooo jammer dit is verskriklik!!”, ek het toe geantwoord, “O, glad nie. Ek is so bly vir hulle albei, nou het ek die beste lewe ooit!” 

“Ek is die hele tyd gelukkig, ek is vry om my kinders finansieĂ«l te seĂ«n, ek kan bly waarookal God my lei, ek werk van die huis af en ek beplan om nooit af te tree nie omdat ek baie lief is vir wat ek doen! Ek is so dankbaar vir alles wat die Here my deur gebring het. Dit het gelei tot die bediening aan ander vrouens, vrouens wat deur hulle mans gelos is, om te weet dat Hy omgee en na hulle sal omsien—net soos wat Hy na my omsien! Ons moedig hierdie vrouens aan om nie behoeftig en kwesbaar te wees nie, wat hierdie dierbare vrouens beskerm teen verdere seerkry.” 

Nadat ek dit alles uitgeblaker het, het hy my dosyne vrae gevra. Vir meer as ‘n uur het hy my uitgevra oor elke onderwerp wat jy jou kan voorstel. Hy het my van sy vrou vertel, sy familie en hy het my hand vir ‘n paar minute geskud toe hy vertrek en het my oor en oor bedank.

Liewe bruide, ek en jy weet net GOD kan hierdie soort geleenthede orkestreer, wat die heeltyd gebeur, meer dikwels in die middel van klein of groter krisisse. Jy moet net vir hulle uitkyk. Dit is wanneer meeste gelowiges (en ‘n paar bruide) die geleentheid mis. Moet nooit vergeet nie—ongemaklike oomblikke of wanneer iets breek is dit God wat vir ons geskenke stuur—toegedraai in ‘n mooi strik, gemerk “Geleenthede!!”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui