Hierdie week is ek opgwonde om iets met jou te deel wat my HM my gevra het en wat  geopenbaar is: Is jou beker half leeg of half vol?

Verskeie weke gelede het ek ‘n lewendsles geskryf oor die laat gaan van alles wat ek besit het in “Bygevoedge Vrees.” Van toe af, het ek voortgegaan om net te vertrou dat die Here destyds vir my iets gehad het. Wow, destyds het ek geen idee gehad nie!! Vandat ek laat gaan het, leef ek die lewe van ‘n bruid wat op ‘n voortdurende, nimmer-eindigende wittebrood is! Meer as enige iets wat ek hoop jy begin om te verstaan is dit—Hy wil hĂȘ ons moet ‘n lewe, ‘n oorvloedige lewe hier op aarde leef en dan wanneer ons lewe hier eindig om dan net na die Paradys oor te gaan—maar wow, dit lyk sekerlik soos Paradys hier! 

Op die oomblik sit ek op die strand. Dit is waar ek elke Sondag saam met Hom spandeer. Selfs al reĂ«n dit, ry ek met planne om net in die motor te bly. Deur alles wat ek besit heeltemal te laat gaan, sonder om te weet waar ek sal bly, het Hy my gelei om in ‘n kusgebied te bly. Nou kan ek elke Sondag met sonsopkoms saam met my Geliefde op die strand kuier. Ons geniet dit om oor die groot uitgestrekte water te kyk, ‘n verskeidenheid voĂ«ls dop te hou wat langs die sand by die waterkant vlieg of skarrel en die uiteindelike bederf is om die dolfyne, wat op en af die kus swem, dop te hou. Vir die grootste deel, is die strand (hierdie tyd van die oggend) verlate, dit is net ek en Hy, met ‘n strandloper of drawwer af en toe. 

Vandag is dit asemrowend. Die water is gewelddadig, rof en spoel wild as gevolg van tropiese storms langs die kus. Dit het gereĂ«n, maar nietemin het ek Hom hoor sĂȘ om te gaan en toe ek daar kom, het dit nie gereĂ«n nie! Met net ‘n stukkie sand oor, het ek hierdie ongelooflike pragtige toneel dopgehou—so baie soos die storms in ons lewens bedoel is om te wees. Die vraag wat Hy my gevra he om vir jou te vra, terwyl ons gesit en gesels het, was “Is jou beker half leeg? Is dit half vol? Of???” Omdat my antwoord was en altyd sal wees “O, liefling, my beker loop oor!”

Herinner dit jou aan ‘n vers? ‘n Belofte wat Hy aan jou gemaak het? “U [Here] laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teĂ«standers moet toekyk; U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.” Maar moenie daar stop nie, die belofte gaan aan om te sĂȘ, “U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in (of buite) die huis van die HERE tot in lengte van dae.” Psalms 23:5-6

Om van alles te laat gaan was net die eerste stap in hierdie reis met Hom. Soos alles letterlik van onder my verwyder was, hahaha, wat ‘n snaakse storie op sigself. Hy het gekies om nie te openbaar waar ek sou bly nie—nie vir ‘n hele paar maande nie. Ek het vir ‘n paar weke in ‘n “Airbnb” gebly, stadig suid gereis, met ‘n paar goed wat ek gedink het mag wees waarheen ons sou gaan. Elke maand saam met Hom het nuwe opwindende ondervindings gebring, wat my getoets het oor hoeveel ek Hom vertrou het. Toe, nie verbasend nie, na sewe maande (onthou jy nommer 7 verteenwoordig voleindiging in die Bybel?), het ek hier arriveer. Om op Hom tot op hierdie vlak te vertrou, is waarom ek in die paradys leef. Hy het my gelei om ‘n buiteseisoen vakansie huurplek te vind wat belaglik goedkoop was. Ek is nie net minute van die strand af nie, maar ek het ‘n privaat swembad agter in my erf waar ek in die middae kan dryf en na historiese boeke kan luister.

Dit is paradys, en tog, aangesien ek hier gedurende die buiteseisoen bly, sal ek weer moet trek. So aangesien ons almal menslike wesens is, hou my vlees daarvan om op te probeer staan en te sĂȘ, O nee, waarheen sal ek gaan? Waar sal ek vind om volgende te bly? Ek sal ‘n ander plek moet vind
,” maar amper dadelik kom vrede oor my wanneer Hy my herinner, “Jy hoef nie enige iets te vind nie! Jy het nie hierdie plek gevind nie. Ek sal jou lei.” Hoe waar!!! Ek sal nooit ooit hierdie juweel gevind het nie, hierdie perfekte ligging, om naby my gunsteling strand te bly, met alles wat ek nodig het so gerieflik geleĂ« en teen ‘n fraksie van die koste. So, dit is eenvoudig, al wat Hy wil hĂȘ ek moet doen is om Hom weer en weer te vertrou! Ja “U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly” en Hy sal “my lei” elke keer. Ek sal nie een sekonde spandeer om bekommerd te wees of dinge te probeer uitpluis nie.   

So my vraag aan jou, weereens, is “Is jou beker, jou lewe, jou hart, half leeg? Of half vol liefling bruid? Ek hoop dit loop oor net soos wat myne is, elke dag, heeldag!!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui