Hulle sal die waarheid verwerp

 en vreemde mites navolg.

Want daar kom ’n tyd wanneer mense nie

meer na gesonde onderrig sal luister nie.

Hulle sal hulle eie begeertes volg en

leermeesters soek wat net verkondig wat

hulle graag wil hoor.

—2 Timoteus 4:3-4

 

Net gisteraand, het ek een van daardie telefoon oproepe gehad wat my normaalweg vir dae of selfs weke sou ontstel. My suster het dit basies “verloor” toe ek in die pad gestaan het van wat sy desperaat was om te doen. Die gesprek het geëindig met haar wat lasterlike en onvriendelike woorde in die telefoon geskree het voordat sy die telefoon in my oor neergesit het.

Toe dit verby was, was ek verbaas dat ek heeltemal kalm was. Aangesien sy my ouer suster is, kan ek goed onthou hoe dit my in die verlede geraak het. Met my persoonlikheid verlang ek na vrede en werk daarvoor; ek het vroeër ten alle koste vrede gevind. Maar my fokus het verander van vrede soek met ander, na vrede soek met God en om nie bekommerd te wees oor wat ander sê nie en om ook nie te probeer om hulle tevrede te stel nie. My lewe saam met die Here was vir my 'n ongelooflike reis wat ongelooflike belonings gebring het.  My begeerte in hierdie hoofstuk is om jou voor te berei om ook jou eie ongelooflike reis saam met die Here aan te pak wat baie verder as vryheid gaan en lei, weereens, na jou Oorvloedige Lewe!

Wat my vreedsaam gehou het toe daardie woorde na my geslinger was (en baie ander wat my suster se afsluiting vooruit gegaan het), was om te weet hoe my Here en Man oor my voel. So wanneer enige en alle groot situasies soos hierdie opkom, gaan ek na die tyd onmiddelik na Hom toe (soos wat ek gedoen het die eerste keer wat sy geskakel het) of selfs reg in die middel van die aanval, dan vind ek vrede. Die Here het my geleer om Hom te vra wat HY van my dink of hoe Hy oor my voel, wat ek gedoen het nadat sy neergesit het.

Wat HY gesê het was heeltemal verskillend van dit wat ek oor die telefoon gehoor het. En saam met vrede vind, hou ek van hoe God eintlik ‘n sin vir humor het en Sy kalmte, waaraan meeste van ons 'n tekort het wanneer ons in die middel van ‘n krisis is. Die Here het eintlik gesê, “Maak jy ‘n grappie?” toe ek Hom gevra het of wat sy gesê het waar was. God het ook  “‘n manier om te ontsnap” opgestel deur iemand te kry om my reg in die middel van die eerste aanval te bel, wat my tyd gegee het om my goeie vriendin te vra om vir my te bid (sonder om enige besonderhede te deel aangesien dit sou kom met ongewenste en ongevraagde advies). Wat ook deel van God se plan was sodat ek nie op die probleem hoef te fokus nadat sy die telefoon neergesit het nie; in plaas daarvan moes ek my vorige oproep beantwoord en sodoende het my vriendin saam met my gebid om my suster te seën.

Ek het voorheen gevoel ek is dit aan my probleem of vyand “verskuldig” om oor die probleem na te dink en darem bietjie daardeur te ly voordat ek dit laat gaan het! Watse nonsens. Nou, omdat ek Sy bruid is, hou ek alle probleme so ver weg van my hart en emosies af as wat ek in staat is om te doen soos die Here my help. Wanneer beledigings of aanvalle na my geslinger word, verwyder ek myself emosioneel en kruip agter my Beminde en Sy Liefde weg. So as jy huidiglik ‘n emosionele aanval ervaar, hou op om te luister (en ook om dit oor en oor in jou kop te herhaal) na wat hy of sy sê en skakel in by wat die Here vir jou sê.   

As jy nie op die plek is waar jy God kan hoor nie, hoor hoe die Here met jou praat nie, gaan dan na die Bybel toe en lees wat Hy van jou dink. Hou aan om te lees totdat jy die vrede vind wat alle verstand te bowe gaan. En terwyl jy soek, wees seker om Hom te vra, “is dit wat jy van my dink?” God sal die waarheid praat, maar dit sal jou besluit wees na wie jy sal luister!

Meeste van ons is meer gemaklik om te weet hoe om te lewe en reageer in ongelukkige of ongemaklike situasies aangesien ons dit meer dikwels gedoen het. So, in plaas daarvan om van ‘n situasie te laat gaan en God se goedheid te oordink en hoeveel die Here ons liefhet, kies ons om onvriendelike woorde oor te vertel en te herhaal. Baie van wat ons geleer het kom uit ons kinderdae en die leuens wat ons toe geglo het en ongelukkig, verkies om te glo as volwassenes eerder as om die waarheid te kies en te glo. Wat is die waarheid? God is waarheid, Sy woord is waarheid en enigiets wat nie oplyn met Hom en Sy waarheid nie, is niks meer as ‘n leun nie.

Terwyl ek op my laaste toer was en baie sendelinge en selfs RMI lede wie in ander dele van die wêreld bly, ontmoet het, het ek vrouens ontmoet aan die ooskus en Kanada en ek kon nie help om te lag oor een opmerking wat  baie lede gemaak het nie. Toe hulle my ontmoet het was hul eerstens verbaas oor hoe lank ek is. Maar tweedens was hul verbaas hoe “pragtig” ek is. Die ironie van dit is dat my familie al my HELE lewe lank vir my vertel dat ek NIE mooi is nie, maar instede is ek geseënd met ‘n goeie of uitgaande persoonlikheid. Dit het my nooit op enige manier beskadig nie, maar het eerder gehelp om my te laat fokus op wie ek was aan die binnekant eerder as om bekommerd te wees oor wat vir my gesê was ek nie aan die buitekant was nie.

Toe ek met my VM getrou het, was hy buite homself toe hy gehoor het wat my familie se opinie oor my voorkoms is. Eendag, vroeg in ons huwelik, het ek aan my ma  genoem dat hy eintlik dink ek was die mooiste van my susters, waarop sy reageer het met, “Hoe dierbaar...liefde is so blind.” Eerlikwaar, dit moes God gewees het wat my die heeltyd beskerm het teen vrees en skade as gevolg van hierdie soort woorde, aangesien ek weet daar is so baie van julle wat wel ly as gevolg van wat gesê was oor julle voorkoms as ‘n kind. Alhoewel dit nie die skade aangerig het wat die vyand beplan het nie, het wat hulle oor my karakter gesê het skade aangerig, aangesien dit al was wat ek gedink het ek gehad het. So toe my suster my karakter aangeval het,  het dit die "potensiaal gehad” om regtig skade aan te rig.

Een van ons lede het vir my gesê (toe ek haar gevra het hoekom sy nie geglimlag het vir ‘n foto wat ons daardie dag geneem het nie) dat haar pa vir haar gesê het om nooit te glimlag nie, aangesien sy “onnosel lyk wanneer sy glimlag.” Dit was duidelik dat sy nooit vir die Here gevra het hoe HY voel oor haar pragtige glimlag nie, maar in plaas daarvan het sy in 'n tronk toegesluit gebly omdat sy die leuen geglo het wat jare gelede geplant was. En om oor die feite te redeneer of daarna te kyk sal jou nooit verlos van wat vir jou gesê was in die verlede nie. Maak nie saak hoeveel keer my VM vir my gesê het dat ek mooi was nie, saam met die "feit" dat die Here my familie (EK ingesluit) vir drie jaar betrokke gehad het in 'n reeks advertensies en brosjures (kan jy glo?) as modelle, het ek nooit vir een oomblik gedink dat ek mooi was nie. Dit was slegs toe my Beminde dit vir my gesê het wat ek geglo het ek is mooi vir HOM---aangesien dit al is wat vir my saak maak!

Jy mag dalk nie wees wat ons samelewing glo mooi is nie, maar daar is geen twyfel dat dit is hoe Hy oor jou voel nie! Wat die samelewing glo is mooi verander die heeltyd, so hoekom onsself en ons gevoelens fikseer op iets wat verander— net soos klere style verander? Dit is nie net dwaas vir ons om vasgevang te word in hierdie menasie van gewilde opinies nie, maar dit is ook baie gevaarlik aangesien ons dogters, en al die jonger vrouens in ons lewens dieselfde sal begin doen as gevolg van ons voorbeeld. 

Dit beteken nie dat ons niks moet doen om ons te help om mooi te lyk nie. Wanneer ons voel dat ons mooi lyk, tree ons anders op. Dit is hoekom ons, weereens, na God toe moet gaan en Hom vra wat Hy van ons dink. Wanneer ons die feit omhels dat God ons perfek geskep het. dan sal ons die vertroue hê om onsself daarvolgens aan te trek en te pamperlang. Ja, dit kan ver buite balans raak, veral as ons voorkoms al is waaroor ons omgee en op konsentreer. Maar om dit af te skeep is om onsself te flous om te dink dat ons nooit oor ons uiterlike moet omgee nie. As hoe ons lyk nie saak gemaak het nie, dan sou God nie vir ons gesê het hoe pragtig Sara was (om Farao op haar ouderdom aangetrokke tot haar te maak slaan my asem weg!) of Koningin Ester en hoe aantreklik Dawid en Josef was nie.

Sommige vrouens is gerus in hul voorkoms, maar word deur ander kwessies getreiter soos dat aan hulle gesê was dat hul onnosel is of ongekoördineerd of hulle sal altyd vet wees want hulle aard na hul ma of ouma wat oorgewig was.  Niks hiervan hoef jou te weerhou van die oorvloedige lewe wat Jesus gesterf het om vir jou te gee nie. Jy kan jouself bevry uit die tronk waarin jy vasgevang is wanneer jy ophou luister na die leuens van jou verlede (of huidige situasie) en dan begin om eerder die Here te vra vir SY opinie. Dit is die waarheid wat ons sal vrymaak! So wanneer ons Man vir ons sê dat ons mooi is of intelligent is (omdat ons Christus se gedagtes het), moet ons ophou om die ou leuens te spreek en begin om in geloof te stap met ons nuutgevonde waarheid.

Wanneer ons kies om in ‘n mite te glo, wat gedefinieer word as leuens, weerhou ons onsself van die oorvloedige lewe. Ons familie, vriende, of man mag dalk die leuen geplant het, maar as ons voort gaan om dit te glo, is dit ons wat die leuen natmaak en lewendig hou.

Bly Stil

Daar is ook ander gevare as jy luister na ander stemme eerder as God se stem. Ons weet van die Skrif dat Saul sy kroon verloor het deur na die stemme van mense te luister wat hom aangemoedig het om aan God ongehoorsaam te wees (lees 1 Sameul 15:24). Die jong profeet het selfs meer verloor deur sy lewe te verloor toe hy na die stem van die ou profeet geluister het wat hom genooi het om saam met hom te eet in plaas daarvan om te doen wat God vir hom gesê het om te doen (lees 1 Konings 13:11-32).

Waar sou Jerusalem gewees het as Nehemia ingegee het aan die spottery en geluister het na die stemme van die kerk leiers wat wou gehad het dat hy moet ophou met die pogings om die mure te herbou en moes afkom om met hulle daaroor te praat? (lees Nehemia 6:1-9)

Almal van ons moet leer om na God se stem te luister en te gehoorsaam bo enigiemand anders se stem, ook ons eie. Dit begin met ons daaglikse lewe en nie net die belangrike besluite wat ons maak nie. En wat sal voortgaan om ons vermoë om God se stem te hoor en te gehoorsaam, te bemoeilik, is al die opinies wat ons van almal rondom ons hoor, alles omdat ONS dwaaslik vir hulle vertel wat ons doen of gaan doen!

Laat ek bieg, dit was die moeilikste les is wat ek nog in my lewe moes leer! Dit lyk asof ek amper daagliks soos ‘n dwaas iets van my lewe deel waaroor ek moes stil gebly het. Ons vrouens hou daarvan om ons lewens met ander te deel, maar ek is nie seker of ek langer bereid is om te ly as gevolg daarvan nie.

Onlangs is ek deur 'n groot beproewing in my lewe getref, dit het te doen met my oudste suster wat geestelik ongeveer 14 jaar oud is, maar emosioneel ongeveer 4 jaar oud is, wie hierdie jaar 65 word. Een van my ander susters was haar versorger en het geskakel net voor ek vertrek het op ‘n twee weke toer en het aangedring dat ek “haar vat.” Dit is wat die geslingerde woorde waarvan ek gepraat het aan die begin van hierdie hoofstuk, aangehits het. Nietemin, ek het geweet dat ek haar nie hier kon hê terwyl ek gereis het nie omdat ek haar nooit vertel het dat my man my weer gelos het nie. Dit was in my onkunde en dwaasheid wat ek die situasie met my broers en susters gedeel het nadat ek van God gehoor het wat ek moes doen. Is jy verras dat wat my broers en susters vir my gesê het om te doen nie dieselfde was as wat God vir my gesê het om te doen nie? 

Dit het toe 'n stroom geskep waarteen ek moes swem wat veroorsaak het dat om God se plan te volg, baie moeiliker was! Sommige van die moeilikhede het ontstaan as gevolg van hulle vrae oor wat ek volgende beplan om te doen aangesien al hulle “voorstelle” (wat normaalweg, in my familie gestel word as bevele) begin het om in te meng met wat God se rigting was vir wat Hy wou gehad het ek moes doen.

Die besef dat ek nie my huidige situasie oor my onlangse egskeiding met hulle hoef te gedeel het nie (en al die besonderhede wat ander van jou verwag om te verduidelik), het gekom uit die getuienisse van RMI lede wat wyslik stil gebly het oor hulle situasies in hulle huwelike (skeiding, hulle mans se owerspel en selfs hulle egskeiding). En as gevolg daarvan, was hulle in staat om God meer duidelik te hoor en ook om Sy leiding te volg sonder die verwarring of opposisie wanneer familie of welmenende vriende betrokke sou raak. Dit het hulle ook tyd gegee om hulle eie verlies te verwerk (van ‘n man of hulle huwelik) en al die emosies wat daarmee gepaard gaan. Dan later, as hulle familie wel “uitgevind" het, was hulle in staat om hul familie se woede makliker te hanteer aangesien hulle stabiel was (op die Rots).   

Alhoewel ek hierdie wysheid hierdie keer met my egskeiding gevolg het, gaan ek voort om in ander krisisse te faal en net sommige van die daaglikse besluite wat ek in die gesig staar. Dit is duidelik dat daar veel meer aan ‘n “stil en sagmoedige gees" is wat ek nog moet leer. Wanneer ons “aan dinge terugdink” soos Maria (die moeder van Jesus) gedoen het, dan is ons gedagtes net ons s'n om God oor te soek en in staat te wees om te volg of om te hanteer—met Sy hulp. Ons het nie nodig om daarby ander se opinies of emosies te voeg wat in die pad kom en ons dikwels verward, verslaan, of eenvoudig moeg los.

Dit is my hartsbegeerte om God te soek vir meer van hierdie vryheid soos wat Hy my selfs meer in staat stel om stil te bly en dinge net met Hom te deel. Dit geld vir meer inligting gee as wat nodig is wanneer jy met mense praat. Met ander woorde, ek weet dat ek meer diskresie in my lewe nodig het. Al my onlangse probleme, weet ek nou, kom uit my mond uit en wat ek sê. Baie dikwels, sal die gebied waarin ons die meeste gesalf is, wat in my lewe my vermoë is om te praat, ook ons grootste ondergang wees; ek, persoonlik, moet dit heeltemal oorgee aan die Here en die Heilige Gees.

Liewe vriendin, waarmee jy ookal sukkel (jou tekort aan diskresie, jou mond, jou emosies, of enige ander area waarmee jy te doen het), jou Bruidegom wil jou daarmee help. Hy wil nooit hê jy dat moet sukkel deur jou laste te dra wat jy opgetel het nie of beswaring wat iemand op jou afgelaai het nie. Instede, gee dit vir Hom om vir jou te dra. Dit sal jou arms wyd oop los om Hom te omhels met die waardering en liefde wat Hy verdien en hunker om van jou te ontvang!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui