Verlede week het ons bespreek dat ons nie meer op ons mae gaan rondkruip nie, gebroke voel, afgesluit, verwerp voel—en eerder glo dat ons Beminde gesterf het om vir ons die beste van alles te gee en om te glo, as Sy bruid—verdien ons die beste wat Hy vir ons wil gee. Hierdie week wil ek graag deel waarom ons, as bruide, nie in staat is om die bopunt van ons probleme te kan sien nie, omdat hulle so ongelooflik hoog opgestapel is. Om te verstaan hoekom Hy probleme en moeilikhede liefdevol toelaat om teen jou op te stapel.

Onlangs het ek begin agterkom dat in plaas daarvan dat my lewe die eindelose wittebrood was wat ek vir maande en maande geniet het, het probleme begin vermeerder totdat ek hulle almal in een oggend laat val het en hulle vir die Here terug gegee het waar hulle hoort. Herhalend het ek begin sĂȘ, “Dit is nie my probleem nie, dit is U s’n Liefling.” Na die vierde en vyfde keer wat dit gebeur het, het ek Hom gevra wat aangaan. Dis toe dat Hy my aan die Angel-Beginsel herinner het wat ek met jou wil deel!

Angel was ‘n bedienaar wat vir etlike jare vir RMI gewerk het. Sy het verskeie wonderlike veranderings nagelaat wat ons nog steeds geniet, en dit was sy wat hierdie beginsel aan my uitgewys het. Dit was reg daar, maar ek het dit nooit voorheen opgemerk nie.

In 2006 het ek voorgestel dat Angel die bediening verlaat om op haar familie te fokus. Angel was vir baie jare van haar familie vervreem, toe hulle haar skielik begin kontak het en na haar toe uitgereik het vir hulp. So toe moedig ek haar aan om haar familie haar bediening te maak en om voort te gaan om Sy leiding te volg, om in die middel van God se wil vir haar lewe te wees.

Toe ons ‘n paar maande later bymekaar gekom het, het ek nie net weer vir Angel gesien nie, maar ek het verskeie lede van haar familie ontmoet. Hulle het deur Ozark gery en het by ‘n naby geleĂ« restaurant vir aandete gestop. Angel het my gebel en ek het oorgery, net in tyd vir nagereg. Aangesien ons albei gevas het, het ons buite toe gegaan om net te praat en ek het haar gevra hoe dit regtig gaan. Angel het gesĂȘ, “My lewe is fantasties—ongelooflik, eintlik!” Angel het gestraal en sy was mooier as wat ek haar onthou het. 

Tog, in plaas daarvan om vir my van al die “goeie dinge” te vertel wat besig was om te gebeur, het sy begin om ‘n lang lys van krisisse en probleme te deel wat gelei het tot haar gloei. Sy het gesĂȘ my lewe is fantasties omdat ek van alles laat gaan het—veral om te probeer om al my familie se probleme op te los. Nadat jy voorgestel het dat ek RMI los, het God my eks-man se hart teen my gedraai. Eendag het hy my gebel en my gevra om die huis waar ek gebly het sedert ons getroud is, binne ‘n week te verlaat. Ek het geen idee gehad waarheen ek sou gaan nie, so terwyl ek gepak het, eerder as om eenvoudig te vertrou dat Hy ‘n plan het, het ek begin probeer uitpluis waarheen ek sou gaan. Die volgende week het my nefie probeer om selfmoord te pleeg en was in ‘n koma. Verskeie van my familielede het my gebel en gevra wat hulle moet doen. Die week daarna was my moeder gediagoniseer met ... wel, jy kry die prentjie. God het begin om so baie probleme bo-op my te stapel, die een bo-op die ander dat ek bang was dat dit binnekort sou omval en my daaronder begrawe. Dis toe wat ek vir die Here gesĂȘ het ‘ek gee oor!’ Nadat ek alles oorgegee het, alles en almal, het ek ‘n eed afgelĂȘ om nooit weer enigiets te “probeer” doen of enigiemand te help nie. Onmiddellik het ek 'n vrede ervaar soos wat ek toegekyk het hoe my Beminde begin het om al my probleme, sonder my hulp, op te los.  

Is jy in ‘n situasie waar jy nie die bopunt van jou probleme kan sien nie omdat hulle so ongelooflik hoog opgestapel is? Dit is tyd om die Angel Beginsel toe te pas. Gee vir Hom jou probleme, “Dit is nie my probleem nie, dit is U s’n, Liefling.” Kyk dan hoe een vir een, elke moeilikheid vanself begin oplos—en jou los om “liefde aan’ die Een, wat ons gesigte maak gloei, te gee—Sy liefde uitstraal vir almal om te aanskou.

Hello, my bruidsvriendinne,

Twee weke gelede het ek ‘n brief oor die betaling van my Raadsbelasting wat agterstallig was ontvang (baie laat), hier waar ek bly, kan jy nie meer as 1 maand uitstel nie, want wetsgewys, probeer hulle om die skuld gou op te los. En hulle het in die brief gesĂȘ dat die handhawingsagent my sal kom besoek en my besittings vat om die skuld te dek.

Ek was regtig bang. Maar ek het pas die LL week 45 van die Angel Beginsel gelees en dit was verfrissend. Ek was in staat om hierdie probleem aan Wie my Beminde HM is, af te lewer en soos wat Angel gesĂȘ het: Liefling! Hierdie probleem is nie myne nie maar U s’n, Kan U dit vir my oplos? En ek laat dit toe gaan. Omdat ek dit regtig nie kon oplos nie as gevolg van my baie gekompliseerde huidige finansiĂ«le situasie.

Ek het vir 7 dae gevas en gebid. Op die dag wat die handhawingsagent sou kom, het ek vir ‘n half uur voor die tyd saam met my vriendin Sara gebid, so na die gebed het ek die Bybel geneem en gemediteer en gewag ...hulle het ‘n afspraak gemaak om 6 nm te kom...6:40 nm het niemand aan die deur geklop nie en ek het eenvoudig die eer aan die Koning gegee en werklik gesĂȘ: die Here van die leĂ«rskare baklei vir my en as Sy bruid, moet ek maar net stil wees in die middel van die oond wat sewe maal warmer gemaak is terwyl ek wag vir die redding van my Liefde. Om 7 nm het ek ‘n boodskap vir Sara gestuur om haar te vertel wat ons Beminde Man gedoen het, Hy het die agente uitgegooi sodat ek in staat sou wees om die paaiement die volgende week te maak sonder om my goed te vat omdat ek ‘n getroue tiendebetaler is en nie beroof kan word nie. Vir seker as dit ‘n ander tyd was, sou ek desperaat gehuil het en alleen probeer optree het.

“...oorhaastigheid bring foute” Spreuke 19:2

Liewe vriende, ek het uit al hierdie toetse van my geloof geleer dat ons nie met ons hande kan optree nie, ons kan nie ons treĂ« jaag nie, ons kan nie soos die “ou vrou” op ons eie insigte staatmaak nie, maar ons moet leer dat daar Iemand is wat alles kan doen en Hy is ons Man, ons Here, en Redder ...gee alles vir Hom, moenie in die vuuroond sukkel nie, neem Sy woord en wees stil en wag vir Sy redding. Dit gebeur as jy gehoorsaam is, tiendes gee, vas, die ekstra myl gaan, nie jouself regverdig nie, maar op Hom wag vir alles, want my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus - Filippense 4:19.

SĂȘ vir Hom: Liefling! Die probleem is nie myne nie, maar U s’n, Kan U dit vir my oplos?

“Hy wat jou gemaak het, is jou man, sy Naam is die HERE die Almagtige. Die Heilige van Israel is jou Verlosser; Hy word die God van die hele wĂȘreld genoem. Jesaja 54:5 Afr 83 

Ek is mal oor hierdie vers wat sĂȘ: my Man is die HERE die Almagtige!

Wees Bemoedig!

~ Erica in Ierland

Ek gee my tiende aan RMI my Stoorkamer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui