‘n Liggaam wat nie asemhaal nie,

is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie,

ook dood.

—Jakobus 2:26

Toe ek as gasvrou opgetree het tydens ‘n middagete by my huis, vir herstede huwelike (en elke keer wat ek die plesier gehad het om bediening te gee aan ledemate van my kerk), het ek gesien dat daar baie min is wat regtig die soort verhouding met die Here het soos wat ek nou ervaar. Wanneer vrouens wat ek as baie geestelik ag, oor hulle mans of voormalige mans praat, is hulle dikwels op die rand van trane omdat hulle hunker na hom, of hulle raak skoon opgewonde as hulle oor hul huweliks herstel praat. Dit het vir my gewys dat hulle harte nie vir die Here is nie, maar nog steeds baie vir hulle VM.      

God sien ook jou hart as jy hunker na iemand anders behalwe Sy Seun en dit moet Hom grief, selfs meer as wat dit my grief. Ek wil dit so graag oordra aan elke vrou in die wêreld— o, kosbare een; daar is GEEN REDE vir jou om seer te kry nie, nooit nie. Daar is geen rede vir jou om te hunker na ‘n man wat hunker na die wêreld en die dinge van die wêreld nie. Jy het ‘n spesiale Iemand wat jou sal koester en liefhê. Hy sal ook vir jou elke begeerte van jou hart gee en as jy genoeg van Hom het, sal jy nooit weer daardie pyn van verwerping of hunkering ervaar nie.   

Die Een van wie ek praat is nou op Sy knieë met ‘n huweliksaanbod op Sy lippe! Hy wil nie hê jy moet sy vrou wees nie, Hy hunker dat jy Sy Bruid sal wees—vir altyd!! ‘n Bruid en ‘n vrou is twee baie verskillende dinge. ‘n Bruid word gekoester, is nuut en is iemand wat baie verlief is! ‘n Vrou is meer van ‘n helper en ‘n “aanvuller.” Die Bybel sê dit vir ons, en jy het dit ook in ‘n Wyse Vrou geleer; maar God wil iets meer vir jou hê. Hy hunker dat jy die HERE se Bruid sal wees.

Net onlangs, was ek in staat om hierdie soort liefde aan my VM te verduidelik, toe hy my weer gevra het om met hom te trou. Ons egskeiding was nog nie eers vir twee maande gefinaliseer nie, maar hierdie gesprek het so dikwels opgekom en ek bieg dit maak my hartseer omdat ek weet hy kan eenvoudig nie verstaan wat met my gebeur het nie. Wat ek nie die vrymoedigheid het om te verduidelik nie, is dat alhoewel ek instemmend moet wees, het die Here vir my gesê daar is ‘n rede hoekom ek nie weer kan trou nie, ek glo dit is omdat ek nou aan Hom behoort (ten minste vir hierdie seisoen in my lewe).

Gedurende hierdie intense gesprekke, het my VM aangehou om druk op my te plaas om hom te help om weer gelukkig te wees, hom terug te vat en te vergewe. Ek het vir hom gesê dat ek hom natuurlik vergewe en ek is verheug dat ons goeie vriende is, maar selfs al hy hy is lief vir my, dit is nie ware liefde nie. Ek het vir hom gesê dat die liefde wat hy het selfsugtig is, nie omdat hy noodwendig selfsugtig is nie, omdat ons almal is. Dat elkeen van ons net omgee oor dit wat ons gelukkig maak, nie wat ander gelukkig maak nie.

My VM wil hê ek moet my geluk opgee, wat ek nou saam met die Here het, sodat hy gelukkig kan wees en dit is wat hy liefde noem.  Maar dit is nie ware liefde nie, nie die soort liefde wat ek van die Here kry nie, ook nie wat hy met die Here kan ervaar as hy die geleentheid gegun word nie. Die soort liefde wat ek nou het, is wat ek in staat was om vir my VM te gee gedurende die onlangse egskeiding.

Die liefde wat ek vir hom gegee het (omdat ek dit van die Here ontvang het) was nie selfsugtig nie, maar eenvoudig om onselfsugtig te gee. Dit het my in staat gestel om “blymoedig” vir hom die egskeiding te gee wat hy wou gehad het (omdat God hou van ‘n blymoedige gewer) omdat Hy op hierdie manier vir ons gee. Dit het my in staat gestel om my man te laat gaan omdat hy het gesê hy wou ‘n ander vrou hê. En op die gebied van ons finansies, omdat Hy vir my gegee het, was ek in staat om entoesiasties ons hele familie se skuld oor te neem (dit was honderde duisende wat van my af weggesteek was), wat ek geen idee gehad het hoe ek dit ooit sou kon betaal nie, maar ek het eenvoudig vertrou dat Hy sekerlik vir my sou gee wat ek nodig gehad het.

Die liefde wat die Here vir my gee het my in staat gestel om gewilliglik die verantwoordelikheid van ons vyf kinders oor te neem, wie nog almal in die huis bly, vir hom gesamentlike toesig te gee sodat hy hulle enige tyd kan neem wat hy wil, asook om egskeidings papiere te teken waar van my verwag word om enige besluite wat hulle raak (en sonder twyfel sal meeste van die besluite wat ek maak ons kinders raak) met hom te bepreek.

Die soort liefde gaan ver bo wat gevra word en gee meer as wat gevra word. Dit beteken om my kinders aan die ander vrou te gee (tyd en vriendskap met haar) en die verhouding aan te moedig omdat dit is wat my VM wou gehad het ek moes doen. En hierdie lys van behoeftes vermeerder daagliks.

Weer eens, net hierdie week, het my VM vir my gesê dat hy nou so ellendig is dat hy geen idee het wat hy gaan doen nie. Hy het gesê dat hy gewillig is om ons kinders vir my te tuis-skool en ‘n “huis-man” te wees wat maaltye voorberei en die huis skoon hou, as ek hom net sou terugvat. Ongelukkig, het ek hom verseker dat ek nie daardie soort huwelik kon hê wat hy voorgestel het nie, maar ek het hom bedank dat hy so vriendelik en nederig is.

Toe my VM vir my gesê het hoe baie hy my nog liefhet en my gesmeek het om hom te vergewe sodat ons weer kon trou, het ek vir hom gesê dat ek hom sekerlik vir alles vergewe en dat daar niks is wat hy kan doen om my goedgunstige gevoelens te verander nie. Maar, hy het my nie lief gehad met die soort liefde wat ek nou kry nie en wat hy net in die Een wat hom so liefhet soos wat Hy my liefhet, kon vind. En die liefde wat hy sê hy vir my het was ‘n selfsugtige liefde wat elke mens besit. En ek het verduidelik dat die liefde wat hy nou van my voel, en wat ek in staat was om aan hom te wys sedert hy gesê het hy soek ‘n egskeiding en om my te los, is die soort liefde wat net die Here kan gee. 

Ek het vir hom gesê dat toe hy ‘n egskeiding wou gehad het, omdat hy gesê het dit sou hom gelukkig maak, het ek dit blymoedig vir hom gegee. Toe hy wou gehad het ek moet al die skuld en verantwoordelikheid om vir die kinders te sorg oorneem, het ek dit blymoedig vir hom gegee. Toe hy vir my gesê het dat die *NV die een was wat hom gelukkig maak, het ek hom vir haar gegee en hom gehelp om ‘n beter verhouding met haar te hê. Toe hy ‘n goeie verhouding tussen die NV en my kinders wou skep, omdat sy hul stiefma sou wees, het ek dit aangemoedig en gedoen wat ek kon om hulle te help om van haar te hou.

*NV: Gedurende my eerste Herstel Reis het ek na die ander vrou verwys deur AV te gebruik, wat in Engels OW (other woman) is en ook “ouch” beteken, want om van haar te weet maak so seer. Maar hierdie keer het dit glad nie seergemaak nie, aangesien ek deur Sy liefde omsingel was. So instede daarvan, het ek eenvoudig na haar verwys as net “nog ‘n vrou” en daarom gebruik ek eerder NV.

Ek het vir hom gesê dat dit die manier is hoe God my liefgehad het. Dat Hy vir my alles gegee het wat ek wou gehad het en nodig gehad het, en niks weerhou het nie. En dit was omdat ek Sy soort liefde gehad het wat deur my vloei, dat ek in staat was om daardie onselfsugtige liefde vir hom te gee.

Die selfsugtige liefde wat die mens besit lei hulle om hulle eie geluk te wil hê en nie om te gee oor iemand anders se geluk nie, dit is wat hy nie verstaan nie en nog steeds doen deur druk op my plaas om op te gee wat ek nou in my lewe het. Wat ek nou het is suiwer vreugde en geluk wat verkry word deur saam met die Here te wees—Hy is al wat ek wil hê en al wat ek nodig het en ek het dit vir my VM vertel.  

My VM was baie stil en somber toe ek klaar gepraat het. Toe het hy om verskoning gevra omdat hy weer die lewe wou kry wat hy wou gehad het ten koste van myne, hy het gesê dat hy verstaan wat ek besig was om te sê. Ek is nie seker of hy regtig verstaan het nie, maar sy stemtoon het verander na ons gepraat het. My hoop is dat dit hom sal aanspoor om regtig te wil hê wat ek het: ‘n verhouding met die Here wat hom van binne af sal verander en niks sal dit kan skud nie.

Die waarheid is dat my VM gedink het as hy my los om saam met sy hoërskool liefde te wees, hy gelukkig sou wees. En omdat ek niks weerhou het nie, maar gewilliglik alles gegee het (soos wat die Here vir my alles gee), het hy dadelik gekry wat hy gedink het hy wou gehad het en gevind dat hy weereens, kort gekom het. Hy is nou selfs meer ellendig en het nou sy rug op die ander vrou gedraai. Nou wil hy my weer hê omdat hy my suiwer vreugde, te midde van alles waardeur hy my gesit het, gesien het, en die seëninge wat ek nou in my lewe ervaar.

Dit is omdat ek weet ek is nie wat hy nodig het nie, nie meer as wat die ander vrou is nie.  oos hy, het alle mans Jesus nodig net soos alle vrouens, maar in plaas daarvan kyk hulle na vrouens, sports, geld, roem, ens., alles wat ‘n man leeg laat voel, net so leeg soos die vrouens wat na hulle mans kyk (of net mans in die algemeen) en al die dinge van die wêreld om hulle gelukkig te maak!

Die Here wys vir my dat getroud of nie, ELKE vrou moet smag en hunker na Hom. Dit is die boodskap wat ek aanhoudend deel met my dogters en die jong vrouens aan wie ek in my kerk bediening gee. Ek hoop om die saad te plant en die begeerte aan te wakker om nou hierdie baie spesiale en lewenslange intimiteit met die Here te verkry sodat hulle nie hul oë en harte na hulle mans sal draai nie (om hulle behoeftes en begeertes te vervul), maar om elke “geheim van hulle harte” met die Here te deel, nie net nou nie, maar vir altyd.

Wanneer hulle getrou aan die Here is en aanhou om net agter Hom aan te hardloop, sal hulle straal met die glans van ‘n nuwe bruid solank as wat hul getroud is! En solank as wat hulle die Here agternasit, en nie hulle mans nie, sal hulle mans hulle agternasit (maar hulle nooit verbysteek nie) omdat hulle harte gevestig sal wees op Jesus! En as hulle hul harte na hulle mans toe draai, sal hulle mans verseker hul harte wegdraai om ander dinge na te jaag (die wêreld, ‘n AV, stokperdjies, buite vriendskappe of werk).  

Dit is my boodskap aan alle vrouens, jonk en oud, en die boodskap wat ek die res van my lewe sal deel met almal wat sal luister! My God sal in al julle behoeftes voorsien! En een van ons grootste behoeftes as ‘n vrou is om intimiteit te hê met iemand wie ons onselfsugtig sal liefhê en daardie persoon is Jesus, ons Hemelse Man.

So wat sal gebeur met al die mans in die wêreld as die vrouens begin om hierdie soort verhouding te hê met die Een wat ons geskape het? Ek glo dat dit verseker hulle aandag sal trek! Ek glo dat sodra vrouens OPHOU om mans agterna te sit, sal mans ongemaklik begin word. Ek glo dat die wêreld, en die ander dinge wat hulle agternasit, nie meer dieselfde opwinding sal hê as wat dit eens op ‘n tyd gehad het nie. 

Ek glo ook as ons kosbare Beminde weet dat Hy ons harte het, Hy met genoeë sal begin om die harte van ons mans terug te draai na ons toe en hulle sal warm op ons spoor wees! Ek het dit in my eie lewe gesien gebeur, asook in die lewens van die dames in ons kerk wat hierdie kragtige konsep begin verstaan en uitleef!!

En soos wat ons dit uitleef, sal ons straal met ‘n hemelse glans omdat al die vrees en pyn van ons gesigte verwyder sal wees en ons sal straal met die liefde van die Here!! Dit sal alle vrouens aantrek om die Here lief te hê soos ons doen, daarna sal die mans gedraai word, wie hulle vrouens sal wil teruhê, na God toe en ‘n verhouding met Sy Seun!

Tog, selfs al wil hulle ons hê, moet hulle ons nooit kry nie (ten minste sal hulle my nie kry nie!). Elke liefdes liedjie wat ek nou hoor, sing ek vir die Here (en ek sing dit luidkeels wanneer ek alleen in die motor is!). Ek hou daarvan om soet onbenullighede te sê elke keer wat ek aan Hom dink, die heel dag lank, veral wanneer ek regmaak vir bed, wanneer ek in die bed klim en wanneer ek in die oggend wakker word. 

Ek kan nie wag om my oggend koffie te kry en dan alleen saam met Hom na ‘n stil plek te gaan en my koffie te deel, terwyl ek luister wat my Beminde elke oggend vir my sê nie. Dan sit ek en skryf eposse aan my naaste vriendinne om vir hulle te vertel hoe wonderlik my Beminde is (net soos wat ek nou met jou doen)! My lewe kan beny word, selfs al het ek in ons wêreld omtrent alles verloor. My hoop, in die skryf van hierdie boek, is om ‘n oorweldigende hunkering en verlange in elkeen van julle harte te skep om dieselfde ding te wil hê! 

Ek sal daarvan hou om te weet dat jy ‘n soortgelyke gesprek met Hom het heel dag lank, elke dag, omdat jy uiteindelik besef Hy is daar reg langs jou. Eerder as om te dink aan die dinge wat jy moet doen, vra Hom om vir alles te sorg omdat Hy jou Man IS! En raai wat? Hy sal! Ek leer nog steeds wat hierdie verhouding alles het om te bied—want na alles, ek is ‘n nuwe bruid.

Toe ek die ander dag bediening gegee het aan ‘n enkel (nog nooit getroud) jong dame, het ek verduidelik dat as hierdie tipe “liefdes verhouding” met die Here plaasvind in ‘n huwelik (wat voor ‘n huwelik moet ontwikkel), hoef geen vrou ooit swaar te kry nie!

Verbeel jou, as jy sal, dit is ‘n groot banket kos wat voor jou uitgesit word. Gaan jy honger ly as die grondboontjiebotter toebroodjie, wat jy normaalweg eet, nie daar is nie? Wat as jou bank rekening miljoene beloop, sal jy ooit tien rand mis wat iemand nie vir jou gegee het nie? Dit is hoe dit is wanneer jy alles van Jesus het! Jy sal nooit iets nodig hê of wil hê van enigiemand anders nie. In plaas daarvan, kan jy jou kos deel (wat nooit opraak soos die brood en die vissies) met almal wat honger is. Jy kan jou rykdom deel met almal wat arm is. Jy kan jou liefde aan jou kinders of man gee sonder die nodigheid dat hulle hulle liefde moet teruggee. Dit is hoe God bedoel het ons moet leef en die rede hoekom Hy Sy Seun gestuur het om ons Man te wees: om te lewe, te sterf en die sleutels tot die dood, doodgaan, trane, pyn, en skande te hou.

Gevolgtrekking

Daar is geen twyfel dat ons wêreld vandag verarm is nie en dit is ons verantwoordelikheid om hulle met die waarheid te voed. Maar, ons kan nie aan ander uitdruk wat ons nie self het nie, wanneer ons in armoede en nood lewe! Ons moet eers fees op die intimiteit wat ons sin is wanneer ons die tyd neem om dit te ontwikkel. Niks kom daarvan om daaraan te dink nie—dit kom deur ons lewens te prioritiseer deur ons harte eers te prioritiseer!

God is op die punt om die vrouens van die wêreld te skud en ek wil eerste in lyn wees om Hom te volg. Toe ek gedink het aan die hemel (ek het ‘n liedjie gesing oor hoe ek in my Vader se huis bly waar daar baie kamers is), het ek vir die Here gesê dat ek die kamer naaste aan Syne wil hê. Ek het vir Hom gesê om nie verbaas te wees as ek by Sy deur slaap nie, want ek kan nie verdra om te ver weg te wees nie. Ek sou eerder by die voetenent van Sy bed slaap, as Hy my sou toelaat, soos ‘n klein hondjie wat sy meester liefhet, as die mees gemaklikste bed in die hemel. 

Die waarheid is, ek stel nie regtig belang om my kroon by Sy voete te gooi nie (alhoewel Hy dit verdien) of om te hoor “wel gedaan my goeie en getroue slaaf” nie. Ek stel net belang in die lang omhelsing met Hom wat ek hoop vir ewigheid sal hou.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui