Gee, en vir julle sal gegee word:

‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol,

sal in hulle in julle hande gee.

Met die maat waarmee julle meet,

sal ook vir julle gemeet word.”

—Lukas 6:38

 

Vir hierdie spesifieke hoofstuk, anders as om te weet wat om dit te noem, het dit nie dadelik by my opgekom nie. In plaas daarvan, het ek so baie titels gehad wat ek wou gebruik het. Die boodskap van gee is een wat al so misbruik is, wat uiteindelik gelei het tot hierdie kragtige beginsel wat verskriklik verwaarloos is. Die resultaat van die misbruik van gee, gevolg deur die verwaarlosing van die boodskap oor gee, het veroorsaak dat die Christelike gemeenskap nie meer lyk soos “kinders van God” nie —in plaas daarvan lyk ons soos weeskinders.

Hier is ‘n paar van my titels

Gee—Die Pad Uit Armoede

Gee Wanneer Jy Behoeftig Is

Soos met elke beginsel wat ons tot dusver geleer het, is gee heeltemal die teenoorgestelde van wat natuurlik kom. Wanneer ons behoeftig is, is gee sekerlik die laaste ding wat ons lus het om te doen. Ek is nie anders as enigeen van julle nie. My vlees wil my lewe beheer net soos jou vlees jou lewe wil beheer. Tog, as volgelinge van die Here (wat om ‘n Christen te wees beteken), streef ons almal om weg te breek van ons vleeslike maniere en die oorvloedige lewe te leef, wat beteken om volgens God se beginsels te leef deur die leiding van die Heilige Gees en Sy genade in elke situasie aan te wend.

Om 'n volgeling te wees, beteken dat jy sterf aan die vlees en in geloof moet uitstap, wat altyd ongesien is.

As jy al Erin se video's gesien het, mag jy onthou dat sy gepraat het van leef “nie deur sig” nie. En soos ek, het jy geleer dat God ons opstel in ‘n plek van nood om ons te seën. Dit is by die aansluiting van ons gebrek wanneer ons lot, of seëninge, voor ons staan en dit is ons wat moet kies. Ons vlees wil terugtrek, weerhou en vir ‘n ander bron soek om die gebrek in ons lewens te vul. Maar, as gelowiges word ons gevra, om in plaas daarvan, in geloof te wandel selfs al kan ons nie sien wat voorlê nie. En dit is ons vertroue in die Here wat ons vorentoe druk. 

Vir dié wat nie die video’s gesien het nie, laat ek sê dat die Here my opgestel het in ‘n baie, baie onheilspellende posisie. Vroeg een oggend, het ek op my aanlyn bank ingegaan om die bank state te druk vir my persoonlike rekening en die kerk se rekening. Die balans het my heel onkant gevang, omdat daar NIKS oor was in albei van hulle nie. Oor die verloop van die “moeilikste jaar van my lewe” het baie gemeentelede die kerk verlaat nadat my man se owerspel ontdek was: eerstens die ouer lede, toe die mans (wie ook ons grootste skenkers was) en later, het dié wat gebly het, begin om finansiële teenspoed te ervaar, so hulle het begin om nie hulle tiendes te gee of om vir die kerk te gee nie. Laat my hier stilstaan vir ‘n oomblik en die beginsel deel wat jou lewe letterlik sal verander.

Wanneer dit lyk asof jy niks oor het nie, moet jy gee om te ontvang. As jy faal om te gee, sal jy behoeftig bly.

“Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word. Wie ‘n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is” (Spreuke 11:24-25).

Die Boodskap Bybel stel dit so: “Wie baie vir ander gee, word al hoe ryker. Wie suinig is, word al hoe armer. Wie ander help om beter te lewe is self voorspoedig. Wie ander se nood raaksien, is ‘n gelukkige mens. As jy ander help, sal jy gehelp word as jy dit nodig het.

Daardie oggend, het ek volslae ondergang in die gesig gestaar. Vir maande het ek gesien hoe ons gemeentelede hulle persoonlike profiele opdateer (wat in ons kantoor epos inkom) met “gee nie” oor en oor en oor. Om dit alles te kroon, het ek gelei gevoel (aangesien dit op my hart was vir JARE) om die vereiste boeke gratis aan ons voornemende lede te gee om aanlyn te lees. Toe, as gevolg hiervan, het ons boekwinkel die boeke op uitverkoping geplaas en as ‘n resultaat het meeste van ons kerk personeel deeltyds begin werk aangesien daar nie meer genoeg werk was vir voltydse indiensneming nie. 

As ek nie in die vinnige baan gelewe het nie (dit voel meer soos die Duitse Autobahn), kon ek gekyk het hoe ons finansies afwaarts tuimel, maar ek was te besig om regtig tyd te neem om dit agter te kom—tot daardie oggend. Daardie oggend was soos ‘n spatsel koue water in my gesig. Die Here het my maande vantevore vertel van sommige van hierdie veranderings, maar dit was toe ek finansieel meer as goed was. God het doelbewus gewag totdat ek duidelik kon sien dat ek op die punt gestaan het om onder te gaan om my te vra om te gee.  

“Nadat Hy gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy egter nog twee dae op die plek gebly waar Hy was. .. Toe Jesus daar kom, het Hy gevind dat Lasarus al vier dae in die graf was” (Johannes 11:6,17).

Die Here het my opgestel vir ‘n groot seëning en sodat Sy Vader verheerlik kon word. Maar vir dit om te gebeur, moes Hy my na daardie een poort toe lei, wat nou is en moeilik is om te vind. “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min” (Matteus 7:13-14).

Die Here het daardie oggend vir my gesê, net nadat ek gesien het ek het niks oor nie, dat Hy wou gehad het ek moes op ons kerk se aanlyn winkel gaan en op al die boeke, video's en oudiobande afslag gee, maar dit het nie daar geëindig nie. Toe dit voltooi was, het Hy vir my gesê om ons gemeentelede se lede afslag af te stel na 50%, op van die 20% wat ons ons gemeentelede vir jare gegee het. Die resultaat sou wees dat ons geen wins maak nie. Die prys sou net die druk koste dek.

Deur na die feite te kyk, sou hierdie stap gelei het tot die ineenstorting van ons kerk, maar watter opsies het ek regtig gehad? Die Here het my oor die jare geleer om op Hom te vertrou en op Hom alleenlik. Werke of om ‘n ander plan uit te dink het nie meer my in my gedagtes gekom nie en ek was regtig te diep in om nie iets onnosel te probeer nie. Boonop, het God ‘n passie in my hart geplaas om te gee, wat direk gespruit het (of moet ek sê “direk gevloei”) uit Sy hart van gee na myne.     

Oor die verloop van die vorige jaar, was daar so baie vir my gegee van die Here af: liefde, deernis, vertroosting, sekuriteit, vrede, vreugde, geduld, goedheid en die lys gaan aan en aan. As ‘n resultaat, was al wat ek wou doen, gee: gee van my tyd, gee van my oorvloed liefde, gee alles weg wat so vrylik aan my gegee is! Daar was so baie kere wat ek myself aan die einde van my bronne gevind het, net om op ‘n plek geplaas te word waar God my gevra het om uit my tekort te gee en toe ek dit gedoen het—was ek weer in oorvloed!

Laat my net ‘n paar voorbeelde deel wat nie finansiële gee insluit nie, sodat jy kan sien dat gee wanneer jy behoeftig is ‘n beginsel is om te volg, nie ‘n wet is wat ons moet gehoorsaam of daardeur verdruk moet voel nie.

Die eerste een waaraan die Here my herinner, was tydens my eerste, baie lang toer om ons gemeentelede te ontmoet. Ek was presies halfpad (gevlieg na 14 stede in 16 dae) en ek was uitgeput! Ek het geen idee gehad hoe ek dit sou maak nie. So ek het na my kamer gegaan om met die Here daaroor te praat. Terwyl ek op my laagste was, het die Here my aangehits om af te gaan en my kosbare gasvrou met ‘n hare en grimering “oor-maak” te seën. Toe ek wou onttrek, het die “geleentheid” gekom vir MY om te gee

Daardie aand het ek nie vroeg bed toe gegaan soos my normale roetine nie, maar laat ek jou vertel, toe ek wakker word, het ek meer energie en entoesiasme gehad as toe ek my reis begin het! In plaas van weerhou, het ek gegee uit die klein bietjie energie wat ek oor gehad het en die resultaat was niks minder as ‘n wonderwerk nie.

Die volgende geleentheid wat ek kan onthou was toe ek aan die einde van myself gekom het (en my krag). Dit het ‘n paar maande na my egskeiding gebeur toe, om weer ‘n “enkel ma” te wees, sy tol geëis het. Ek het pas my VM se posisie in ons kerk oorgeneem (behalwe preek), sodat ons inkomste as pastore sou voortgaan. So, bo en behalwe my eie posisie in ons kerk, wat bediening was aan duisende vrouens, moes ek al sy ander pligte oorneem by die kerk en ook by die huis. By dit, het ek begin om twee weke uit elke maand te reis om te help herstel na die owerspel skandaal toe ons baie van ons televisie gehoor en lede verloor het. Saam met dit, het my kinders nog gesukkel met hul eie verlies, so wanneer ek by die huis was, moes ek dit op myself neem (staat maak op God se krag natuurlik), deur baie van die werkies wat my kinders vir my gedoen het, soos die kookwerk, oor te neem. 

Daardie dag het dit gelyk asof my krag uithardloop. Ek het net by my VM se lessenaar gesit in ons kantoor by die huis en gewonder hoe ek dit sou maak, toe God die “geleentheid” gebring het om my uitputting te oorkom deur te gee sodat Hy my kon seën.

Eerstens, het ‘n epos ingekom van my broer af wat oorsee bly. Hy het geskryf en vir my gesê dat hy “voortgegaan het en ‘n vlug vir my broerskind bespreek het” (wie 16 jaar oud was) om by ons te kom bly vir ‘n jaar. Ek het net verstom daar gesit (omdat ek vir hom geskryf het en gesê het dat sy NIE kon kom nie, toe later uitgevind het dat ek dit na die verkeerde epos adres toe gestuur het). ‘n Oomblik later loop my seun in en sê vir my dat sy vriend uit sy huis uit geskop was en hy het gevra of hy by ons kan kom bly. Nie net was dit nog ‘n liggaam in ons huis nie—hierdie kind was groot en kon regtig eet!

Nie tien minute later nie, kom my dogter in om my te vra wat sy moet doen. Dit het gelyk asof haar vriendin uit haar huis uitgesluit was, haar ma was weg op ‘n week lange konferensie en sy het nie geweet hoe om haar te help nie.

Op hierdie stadium, wil ons vlees net skree en hardloop, maar diep in ons gees, as ons die stilte in ons harte vind, kan ons vaagweg hoor hoe die Here ons bekoor met sy Liefde en ons vra om te gee. Die oorvloed van Sy liefde het ons “opgestel” om in staat te wees om ander te seën, dit nie vir onsself te hou nie.

  • Dit is nie totdat ons teen die Rooi See gedruk word dat die waters vir ons sal skei om deur te loop nie (om nie te noem ons vyande wat verdrink word nie).
  • Dit is nie totdat daar nie meer wyn by die huweliks fees is wat die eerste wonderwerk in ons lewens uitgevoer sal word nie.
  • Dit is nie totdat ons ons laaste maaltyd het met ons enigste kind, wat ‘n profeet aankom en ons vra om vir hom ‘n koek te bak, sodat ons kombuis gevul sal word met olie om ons skuld af te betaal en ons voorspoedig te maak nie (lees 1 Konings 17:8-16). In plaas daarvan wil ons vlees eet en die koek vir ons eie kind voer wat honger ly en op die punt is om dood te gaan.

Aangesien ek God en Sy beginsels geken het en ek het ook die Here se eindelose liefde vir my geken, sonder die geringste inklinasie dat dit tot oorvloedige krag sou lei, het ek met graagte ingestem dat my broerskind by ons kon kom bly, ook die jong man het saam met my seuns op die onderste verdieping ingetrek, so ook het my dogter se vriendin, wat hulle kamer op die boonste verdieping gedeel het. Die resultaat was dat ek onbeperkte energie gevind het wat super gelaai was deur die Heilige Gees! Ek was in staat om meer as tevore aan te vat en in plaas daarvan om te sukkel met die “arme ek, wat gaan ek doen” sindroom, was ek in staat om met gemak daarteen te baklei. Eerder as om te sukkel soos wat ek gevoel het, was ek in staat om deur alles met onbeperkte energie te gly, vreugde in my hart en lof op my lippe. Al wat ek nou kon sien was God se hand en Sy voorsiening wat my omring, nie die tekort wat eens op ‘n tyd oor my gehang het nie.

En dames, dit het nie by fisiese oorvloed gestop nie. Oorvloed is ook waar ek nou finansieel is, nie verarm soos ek daardie oggend was toe ek na ons bank balans gekyk het nie. Minute nadat ek gehoorsaam was en my huis vir 3 jong mense oop gemaak het, het die geleentheid om uit die skuld te kom letterlik na my deur toe gekom. Die “tekort” in ons bank rekening het geëindig in die ongelooflikste seëning wat ek nog ooit gesien het, maar nie voordat die Here vir my nog ‘n plek gewys het waar ek moes gee uit my tekort nie.

Later daardie selfde dag, soos ek gesê het, het ek niks in beide van die bank rekeninge gehad nie. Die Here het my ‘n boek bestelling laat optel vir ons kerk biblioteek, wat meestal nuwe Bybels was. Onmiddelik nadat die jong man die bokse in my kar gelaai het, het die Here vir my gesê dat Hy wou gehad het dat ek alles moes weg gee, niks daarvoor vra nie, nie eers om ons kostes te dek nie. In plaas daarvan, wou Hy hê ek moes in die lewens van die hawelose mense  in plaaslike skuilings saai en Hy het die hele plan uitgelê soos ek terug gery het kerk toe. Al hierdie “geleenthede” het my gelei tot die vervulling van my groot finansiële tekort, maar nie voordat God die finale “geleentheid” toegelaat het vir my om te gee nie. Die resultaat was onmiddelik―daardie selfde aand het ek my rekenaar oopgemaak en ‘n groot donasie het deur epos ingekom, wat die grootste enkele donasie was wat ons kerk ooit ontvang het!!

Was ek nie gehoorsaam om elke “geleentheid” te neem wat die Here aangebied het nie, sou ek nie oop gewees het om die groot seëning te ontvang wat ons kerk daardie dag ontvang het nie. Hier is die beginsel tot oorvloed:

Hoe groter die nood krisis is, hoe groter die gehoorsaamheid wat geverg sal word, die resultaat sal ‘n groter seëning wees wat oorloopingestamp, geskud en propvol.

Daarom, as jou arms belaai is deur onvoorsiene laste te dra wat aan ander behoort, wanneer die Here jou vra om te gee—sal jou arms nie oop wees om te ontvang wat Hy van plan is om vir jou te gee nie.   

So baie vrouens wil dieselfde seëninge in hul lewens hê, maar is ongewillig om die kleinste dingetjie te gee wat hulle het om sodoende te ontvang. Begin net om te gee wat jy het wanneer jy sien dat die Here jou die geleentheid gee om dit te doen.

Een sleutel beginsel wat ons in ons agterkoppe moet hou, maar nie tot op die punt wat dit ons sal opsluit om bang te wees om met vrymoedigheid saam met die Here te loop op die gebied van gee nie, is dat die vyand, die duiwel, ook daarvan hou om homself te vermom om ons van koers af te kry. Hoeveel keer het ek vrouens gesien wat letterlik hulself van ‘n “krans afgooi” net om hulself in ‘n gemors te vind vir almal om te sien as ‘n bespotting van hulle “geloof”? God vra ons nie om waansinnige dinge te doen nie (onthou die vyand het ook ‘n stem), alhoewel vir sommige lyk alles wat ons doen waansinnig. So hoe ken ons die verskil?

Natuurlik, om God se stem te ken is die sleutel en dit gebeur deur net in Sy teenwoordigheid te wees en Hom toe te laat om elke oggend en gedurende die dag met jou te praat. Dit is anders as om die Bybel te lees—maar deur Sy Woord te lees is waar jy moet begin. Om Sy beginsels te ken sal jou ook weerhou om te verdwaal omdat Sy Woord jou wysheid gee en jou laat weet wat Hy jou mag roep om te doen en wat Hy vir jou sal sê om te doen. Laastens, dit is om net stil te sit en te luister vir daardie stil, klein stemmetjie, sodat jy Sy stem bo al die res kan erken.

Dit sluit ook in om nie te vra of te luister na almal se opinie oor wat jy moet doen nie. Selfs al “vra” jy nie vir advies nie, gaan jy advies kry as jy vir almal vertel (of slegs net ‘n paar of somtyds net een persoon) wat besig is om in jou lewe te gebeur. Dit is wanneer daardie “sagmoedige en STIL gees” in aksie gesit moet word. Wees stil oor wat in jou lewe aangaan en praat eerder met die Here daaroor—skakel jou foon af sodat jy Sy stem bo enigiemand anders se stem sal ken.

Tweedens, het ek gevind dat die vyand daarvan hou om my van koers af te kry deur my “eiegeregtige vlees” te voer. Hy hou daarvan om my op te pof sodat ek my die groot getuienis kan voorstel wat ek in staat sal wees om te deel as ek dit of dat doen! As dit jou motivering is, dan beteken dit dat jy jouself eerder van ‘n krans gaan afgooi net om ‘n gek van jouself te maak wanneer dinge sleg uitdraai.

Nog ‘n verkeerde motief is wanneer sommige vrouens die verregaande doen om iemand anders as die Here, te wys hoeveel hulle omgee of gewillig is om hulle liefde te bewys—veral hul mans of VM. As dit jou motivering is, dan is jy nog steeds in afgodery deur jou man (of iemand anders en hulle opinie of hulle liefde) bo die Here te stel.

Vir die grootste gedeelte, deur te doen wat God jou geroep het om te doen sal beteken 1) om een van God se beginsels toe te pas, soos gee, 2) iets sal wees waarvoor niemand jou sal prys nie, 3) en sal ‘n getuienis wees wat jy eerder nie met meeste mense wat jy ken sal deel nie omdat hulle nie sal verstaan nie en heel moontlik dink jy is van jou trollie af.

Hier is nog n vernietigende motivering: “As ek $$$ aan RMI gee sal my huwelik herstel word.” Kosbare een, God aanvaar nie omkoopgeld nie en RMI het my of jou nog nooit gevra vir geld nie. Gewoonlik wanneer die Here jou roep om te gee (of gehoorsaam te wees op ‘n ander manier) het jy nie ‘n spesifieke beloning in gedagte nie. Jy is eenvoudig vasbeslote om te gee wanneer jy gevra word of te gehoorsaam wanneer daar vir jou gesê word.

Laat my afsluit met nog ‘n paar getuienisse, aangesien God sê dat ons die goddelose sal oorwin danksy die kosbare bloed van die Lam EN die boodskap waarvan ons getuig het (Lees Die Openbaring 12:11).

My eerste groot finansiële toets het gebeur onmiddelik na my egskeiding toe ek, vir die eerste keer in 16 jaar, in beheer was van ons familie se finansies. My man het my met al ons skuld gelos en was vasbeslote dat hy ook nie onderhoud vir die kinders sou betaal nie. Toe ek na AL die rekeninge gekyk het, was ek oorweldig. So ek het na die Here toe gegaan om Hom te vra waar ek moes begin. Hy het my onmiddellik herinner aan ons kerk se boubelofte. Ons, as ‘n paartjie, het $10,000 belowe, wat oor twee jaar betaal sou word; tog was daar minder as twee maande oor en $7,000 moes nog betaal word. Die Here het vir my gesê om daar te begin. 

Onthou hoe ek gesê het ek het nog steeds ‘n lang pad om te gaan om nie met ander te deel wat ek doen of gaan doen nie? Wel ek kan jou nie sê hoeveel mense my probeer keer het om te doen wat, regtig, ek nie sonder God se hulp kon doen nie. So ek het probeer om te verduidelik dat ek eenvoudig nie daardie soort geld gehad het nie. Maar ek het geweet as ek vorentoe loop met die regte hart, Hy ‘n pad sou maak as dit Sy plan was. Ongelooflik het God my die pad gewys en net twee ure nadat ek die $7,000 tjek in die offerande geplaas het, het ek $10,000 ontvang (die hele boubelofte) terug!

My openings getuienis, toe ek niks in ons bank rekeninge gehad het nie, het later gelei tot ‘n ongelooflike herfinansiering opsie wat sou beteken dat ek geen skuld behalwe die huis paaiement gehad het nie (selfs my kar sou afbetaal word) en nog ‘n tjek van amper $15,000 was op pad wat ‘n televisie lidmaat geskryf het vir my vroue bediening.

Onthou, dit het gebeur slegs nadat ek gesien het, dieselfde oggend, dat vir my om die rekeninge te betaal, kon ek sien sou beteken om oortrokke te wees. Ek het dag-na-dag die “gee nie” opdatering van ons lede se profiele gesien, net soos wat ek die afname in aanlyn boek en video verkope gesien het, maar in vergelyking met God se beloftes en Hom wat my vra om Hom te vertrou, was ek in staat om elke keer gehoorsaam te wees as Hy my gevra het om te gee, selfs toe ek ‘n tekort gehad het, wat my in staat gestel het om sterk te word in geloof en op die ou einde, glorie aan God te gee! 

“Al was hy sowat honderd jaar en al het hy dus goed besef dat sy liggaam reeds gedaan was en dat Sara te oud was om kinders te hê, het sy geloof nie verswak nie. Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God die eer gegee. Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy beloof het” (Romeine 4:19-21).

Laat ek afsluit deur te sê dat ek geen pluimpie verdien nie “o julle wat min vertroue het,” maar met die geloof van ‘n mosterd saadjie het ek gesien hoe daardie berg van finansiële tekort in die see geval het.

Liewe leser, saai die mosterd saad van geloof soos wat die Here jou lei en wees op die uitkyk vir dié “geleenthede” om te gee wanneer jy ‘n “tekort” in die gesig staar, wetende dat, kosbare een, God op die punt staan om die Rooi See agter jou oop te maak—so pak jou tasse want jy staan op die punt om deur te loop op droë grond terwyl die water jou vyande gaan verswelg en verdrink!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui