Verlede week het ons met hierdie sleutelvers geëindig wat ons bruide geleer het om te omhels!

Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hĂȘ. Johannes 10:10

As Sy bruid wil Hy hĂȘ dat jy alles moet voel en omhels, dat jy alles verdien wat Hy betaal het om vir jou te gee. Hy wil hĂȘ dat jy ryklik deurdrenk in Sy liefde moet lewe. Nee, dit beteken nie dat ek of jy in ‘n paleis sal bly en aan lekkernye smul nie. Maar vertrou my en vertrou ander bruide wie hulself in die wagtende arms van hul Beminde gewerp het om te weet dat waar ons bly soos ‘n paleis voel—wat ons eet, wanneer ons saam Hom aansit, smelt elke stukkie in ons mond.

Daar is baie redes wat jy nodig het om hierdie waarheid te omhels en nie weg te skram om te beweeg van sit by Sy voete op die vloer en Sy voete deurdrenk met jou trane en ellende nie. Opbeweeg, sit met Hom genestel in Sy liefdevolle arms. 

As ‘n Bruidegom, hoeveel keer het Hy afgereik om jou op te te tel om by Hom te sit? As Sy bruid, moet ons dit wat vir ons Bruidegom vreugde bring, respekteer en eer, wat is om op so ‘n manier te lewe wat sal veroorsaak dat dit jou hart laat swel. Om te voel soos waaroor ons verlede week gepraat het, om te voel asof jou beker van vreugde oorloop. Sodat jou gesig kan straal, om te gloei omdat dit die bewys is dat Hy werklik is. Dit is ware getuienis—mense wat jou sien sal aanskou wat in jou en in jou lewe gebeur. Om dus aan te hou om te dink, “ek verdien dit nie” en om altyd te voel asof jy deur die Here gekasty is, is eenvoudig nie die manier wat ‘n bruid moet lewe nie. Wie sou “Ek Wil hĂȘ Wat Jy Het”

Natuurlik, is daar tye wanneer ons oortuiging voel, waar ek of jy moontlik vir Hom kan sĂȘ, “O, Liefling, ek en U weet ek kon beter gedoen het” en Hom dan met ‘n glimlag en moontlik ‘n traan te omhels, “O my Liefde, ek is so dankbaar dat U my so baie lief het! Ek weet U sal my help om beter te doen.” Wat anders behalwe vreugde en geluk kan jy voel— wat Sy liefde uitstraal vir almal om te aanskou?

So die volgende keer wat jy voel, “ek verdien nie
” iets—enigiets—dink weer. Wat Hy my dikwels geleer het om te doen, is om my te verbeel oor ’n ander bruid wat ek ken en myself dan te vra, “Wil ek hĂȘ hierdie bruid moet dink hulle verdien nie om genees te word, of finansieĂ«l geseĂ«n te word, of verlos te word van watter krisis hulle ook al deurgaan nie?” Natuurlik, nie! Nie ek of jy sal dit ooit vir enige van Sy bruide wil hĂȘ nie. So, as ons as mense so dink, hoe voel ons Hemelse Man? Ook Hartseer.

Sonder twyfel glo Hy dat ons die beste van alles verdien—ons moet alles aanvaar wat Hy vir ons wil gee en dit is nie die punt om te verdien of nie te verdien wat dit ookal is nie. Om bloot alles te aanvaar wat Hy vir ons begeer, om nie meer op ons maag rond te kruip nie, gebroke te voel, afgesluit, verwerp te voel—dit is eenvoudig nie Sy bruid nie.

Dit beteken jy, liewe bruid. Elkeen van ons moet self so leef want wanneer ons dit doen, is ons in staat om vir ander vrouens te wys hoe hulle ook hierdie les kan lewe—want dit is hoe hulle ons sien leef!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui