wat ons glo
Ons glo . . .

Dat Jesus Christus die enigste Seun van die lewende God is. Ons glo dat Jesus Christus gebore is uit die maagd Maria, 'n sondelose lewe en dood aan die kruis die prys vir ons sondes betaal het. Die derde dag het Hy opgestaan uit die dood, opgevaar na die hemel en sit aan die regterhand van die Vader, en sal eendag weer terugkeer .

Ons erken en glo dat die Bybel die volledige en onfeilbare Woord van God is.

Ons glo daar is geen ander manier na God behalwe deur Jesus Christus nie: geen werke, goeie dade, kerk lidmaatskap of gebede na iemand anders behalwe Jesus sal jou in die hemel kry en red van ewige lyding nie.

Ons driedubble koord is gebaseer op twee gedeeltes van die Skrif :

"Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word? Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. 'n Driedubbele tou breek nie maklik nie."  - Prediker 4:9-12

"Maar Moses se arms het begin moeg word. Hulle het toe 'n klip gevat en dit agter hom neergesit sodat hy daarop kon gaan sit. AĂ€ron en Hur het sy arms van weerskante af ondersteun sodat sy arms regop gebly het tot sononder." Exodus 17:12