As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.

—Johannes 14:15 

 

Ek het gedink dat hierdie die finale hoofstuk van hierdie boek sou wees, ek het die Here gesoek vir die belangrikste beginsel om mee te eindig: ‘n beginsel wat my lewe verander het en wat hopelik, jou lewe ook sal verander.

Wat die Here vir my gesê het, was 'n totale verrassing. Gedurende die dae sedert Hy die eerste keer vir my gesê het dat hierdie hoofstuk oor die seëninge van gehoorsaamheid (onderdanigheid en dies meer) moet handel, het Hy soveel meer aan my onthul wat ek hoop ek in staat sal wees om volledig met julle te deel in hierdie hoofstuk. 'n Openbaring wat ek glo die koers van jou lewe letterlik sal verander, as jy dit ter harte neem en soek om gehoorsaam te wees, ongeag die koste.

Die openings vers moet weer gelees word: As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer” (Johannes 14:15).

Vir my, is liefde die sleutel. As ons die Here liefhet, sal dit Hom wys (en ander wat toekyk) hoe vasbeslote ons is om Hom te gehoorsaam. Stop en dink nou vir 'n rukkie oor hierdie gedagte.

Nou, as ons gehoorsaamheid ons liefde vir Hom wys, sal ons tekort aan gehoorsaamheid, of ongehoorsaamheid, vir Hom (en ander) die teenoorgestelde wys. Dit beteken dat ongehoorsaamheid sê ons is NIE lief vir die Here nie. Verstaan jy dit?

Met hierdie beginsel goed gevestig waarop ons kan voortbou, sê die Bybel vir ons duidelik dat ons ons moet onderwerp aan die owerhede oor ons. As ons getroud is, moet ons ons aan ons mans onderwerp. As ons nie getroud is nie (en by die huis bly), moet ons ons aan ons ouers onderwerp. As ons ouers het wie nog steeds lewe, moet ons hulle eer. As ons ‘n baas het, moet ons ons aan hulle onderwerp en gehoorsaam wees aan hulle. As ons in die skool is, moet ons gehoorsaam wees aan ons onderwysers, ons skoolhoof, ens. Almal van ons bly in ‘n land waar daar wette is: verkeers, publieke, staats, plaaslike; die lys van die wat in gesag oor ons is, is eindeloos.

Die Here sê vir ons dat, om geseënd te wees, ons gehoorsaam moet wees aan elkeen van hierdie owerhede, of ons met hierdie owerhede saamstem of nie en of hulle goed en vriendelik of selfs wreed is. As jy nog steeds nie oortuig is nie, lees hierdie twee verse versigtig:

Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie.

Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die ordening van God; en wie in opstand kom, sal sy verdiende straf kry..

n Mens hoef nie vir die owerhede bang te wees as jy goed doen nie, maar wel as jy kwaad doen. Wil jy sonder vrees vir die owerheid lewe? Doen dan wat goed is, en die owerheid sal jou prys…” (Romeine 13:1-3).

Bediendes, onderwerp julle met die nodige ontsag aan julle werkgewers, of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik. Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God” (1 Petrus 2:18-20). 

Weet jy, toe ek die laaste vers gelees het, het ek verstaan WAAROM ek so vasbeslote was en so versigtig om gehoorsaam te wees elke oomblik van my lewe. Guns. Onderdanigheid vind guns by God. Ek weet nie van jou nie, maar wat ek in my lewe wil hê is om omring te wees met God se guns. Dit is hoe ons die oorvloedige lewe leef—hemel op aarde.

Soos ek in die laaste paragraaf genoem het, is daar iets waaroor ek regtig wil uitbrei in hierdie hoofstuk en dit is die rede hoekom ek gesê het dat ek “versigtig” is om gehoorsaam te wees elke oomblik van my lewe. Op hierdie oomblik vlieg ek huistoe, my 17de vlug (nog een om te gaan) na ek deur Asië, die Verre Ooste of die Ooste, soos wat baie dit noem, getoer het. Omdat ek al baie gevlieg het, het ek die veiligheid instruksies al so baie gesien en gehoor dat ek gedink het ek kan self die demonstrasie gee! Nietemin, skenk ek nog steeds aandag en luister aangesien ek gehoorsaam wil wees aan die gesag van die lugredery, die kaptein en die lugwaardin. Jy mag dink dit is idioties en neem die beginsel van gehoorsaamheid te ver. Maar as ek kies om hierdie vlak van gesag te ignoreer, hoe ver sal ek dit vat—om dit te ignoreer totdat ek uit God se grense van guns loop? Ek is nie seker hoe wyd die grense van Sy guns is nie; daarom, is ek baie versigtig op elke vlak aangesien ek nie die risiko wil neem om daaruit te loop nie.

In al die hoofstukke wat ek in hierdie boek geskryf het (en die ander boek wat ek die vreugde gehad het om te skryf en deur te lewe), het die Here situasies in my lewe gebring as voorbeelde van die beginsels wat Hy my leer, sodat ek hulle met julle moet deel en julle daarvan moet leer. Net onlangs het die Here die feit onder my aandag gebring dat soveel, soveel, nie in gehoorsaamheid wandel nie en dit loop oor na elke gebied van hulle lewens. Die waarheid is, as jy onder iemand anders se gesag staan en jy ignoreer daardie gesag deur te doen wat jy wil eerder as wat die persoon in gesag jou vra om te doen, is jy in opstand.

Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsêery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp” (1 Samuel 15:23).

Rebellie is om gevaarlik te lewe en ek wil geen deel daaraan hê nie. Om die waarheid te sê, ek wil nie eers daarmee assosieer nie. Op hierdie baie lang reis het ek uiteindelik geskei van 'n lid van my vroue bediening wat saam met my begin toer het, omdat sy aanhoudend weerspannig was. Weerspannigheid is nie dieselfde as rebellie nie, alhoewel ek vir jare gedink het dit is.

Weerspannigheid is wanneer ons die gesag oorneem wat aan iemand anders oor ons behoort. Dit mag wees, en is baie keer, in huwelike—wanneer ‘n vrou beheer neem in hulle huwelik en oor haar man regeer. In huise vandag, is kinders weerspannig amper al van kleintyd af. Kinders is wie regtig in beheer is terwyl die ma en/of pa hulle aan die kinders se streke en vereistes onderwerp. Wat ‘n tragedie! 

My volk het kinders as regeerders, vrouens as heersers. My volk, jou leiers verlei jou en bring jou van koers af” (Jesaja 3:12).

“’n Pak slae en ‘n teregwysing bring wysheid; ‘n kind wat sonder dissipline grootword, steek sy moeder in die skande” (Spreuke 29:15).

Deur die gesag oor te neem van die persoon wat regtig oor ons moet gesag hê (onthou dat alle gesag deur God vasgestel is), is ons in afgodediens. Wie is ons afgod? Onsself. Ons stel onsself voor as die een om te aanbid. Laat ons nie vergeet dat dit die eerste sonde was nie, die sonde wat die demoniese wêreld geskep het wat elke dag teen ons baklei. Lucifer wou gelyk aan of bo God wees en dus was sonde gevestig. Dinge was nooit weer dieselfde van toe af nie. Weerspannigheid, wat afgodediens is, is iets waarvan ons moet weghardloop en ten alle koste moet vermy.

Alhoewel ek regtig 'n hele hoofstuk nodig sou hê en moontlik ‘n boek, om die onderwerp van weerspannigheid regtig te behandel en om jou ouers te eer, laat ek net sê dat in die V.S.A, is ons so ver af wanneer ons bejaarde ouers hanteer. Volwasse kinders van vandag behandel hulle ouers met so min eer en respek dit grief my en maak my letterlik siek. Ek sal jou vertel dat ek ‘n baie duur prys betaal het om voort te gaan om my ouers te eer voordat hulle dood is: ‘n baie duur prys. (Maar dit moet nog ‘n boek wees en ek is nie gereed om daardie pyn aan te raak nie.). Maar ek sal dit weer in ‘n oogwink doen as ek weer daardeur moet gaan. As jy volwasse ouers het, waarsku ek jou om baie versigtig te wees hoe jy met hulle praat, oor hulle praat en hoe jy hulle behandel.

Eer jou vader en jou moeder, soos die Here jou God jou beveel het, dan sal jy ‘n lang lewe hê en sal dit goed gaan met jou in die land wat die Here GOD vir jou gee” (Deuteronomium 5:16).

God het tog gesê: ‘EER JOU VADER EN JOU MOEDER’ en: ‘WIE SY VADER OF SY MOEDER VLOEK, MOET SEKERLIK DOODGEMAAK WORD’” (Matteus 15:4). 

En laat ek sê dat daar geen verskoning is om jou ouers te behandel asof hulle jou kind is nie; nie eens wanneer hulle aan demensie ly nie (soos Alzheimer). Jy kan nog steeds eer wat jy weet hulle sou wou hê, net soos vrouens begin om onderdanig te wees aan hulle mans wat weg is. Eer hulle deur vir hulle besluite te neem, aangesien jy weet wat hulle sou wou hê as hulle dit aan jou sou kon uitdruk. En moenie die verskoning gebruik dat jou besluit vir hulle beswil is wanneer dit net ‘n verskoning is om agter te skuil nie, want God kan jou hart sien.

Die wysheid en begrip wat ek met jou deel het gekom omdat ek daardeur gegaan het toe ek alles verkeerd gedoen het en toe ek die pad na geregtigheid gevind het terwyl ek die Here gesoek het. Toe my pa gehospitaliseer was, het hulle vir hom gesê hy het ‘n pasaangeër nodig. Hy het vriendelik vir die dokters (en sy familie) gesê dat hy ‘n lang lewe geleef het en dat hy nie een wou gehad het nie. Ongelukkig, het ek “volmag” gehad en met daardie mag, was ek ‘n teiken vir my broers en susters (ek is een van elf kinders) om my te druk om die besluit teen my pa se wense te maak “aangesien hy natuurlik nie self kon kies nie,” hulle het almal ooreengekom, maar dit was lank voor demensie hom ooit getref het. Ek het ongelukkig die papiere vir hom geteken om die pasaangeër te kry.

Vir die volgende paar jaar, het ek toegekyk hoe my pa ‘n stadige dood sterf, tot op die punt wat hy die laaste nege maande van sy lewe bedlêend was. My broers en susters het nie hierdie lyding aanskou nie omdat hulle in ander state gebly het en sommige in ander lande. So as gevolg van wat ek gedoen het, het ek toegekyk hoe my held (wat eens op ‘n tyd ‘n bekende en talentvolle kunstenaar was) nie in staat was om sy naam te teken of homself te voer nie. Tot op datum was dit die grootste fout van my lewe toe ek die papiere geteken het vir daardie pasaangeër en my pa onteer het. Ek het ‘n hoë prys betaal vir my weerspannigheid.

Tog soos wat ons almal weet, God is ‘n God van tweede kanse. Binne vyf jaar het ek my kans gehad om myself te verlos en om ‘n baie moeilike les te leer oor hoe om ‘n ouer te eer, maak nie saak wat die koste is nie. Eerstens, ek moes aan my ma bely omdat ek my pa onteer het. Sy moes ook ly en hom versorg en toekyk hoe hy ‘n stadige dood sterf, pynlik en met aaklige vernedering. Alhoewel God die tyd ten goede gebruik het (Romeine 8:28) omdat my ma gehelp het as een van die redakteurs van ‘n Wyse Vrou boek en saam met my gewerk het toe Erin dit hersien het. En alhoewel sy gesê het dat die beginsel vir ander vrouens was, nie vir haar nie, het God haar verander. Toe gee hy haar nog ‘n kans om die vrou te wees wat ek weet sy moontlik altyd vir my pa wou wees. Sy was in staat om te vergoed vir dit wat die sprinkane geëet het. God is wonderlik. Dankie Erin.

Laat ek nou verder vertel van my tweede kans. Dit het gekom in die jaar 2000, vyf jaar na my pa se dood. My ma het swak en sieklik geword maar sy wou nie dokter toe gaan nie. Sy was nog altyd so. Om die waarheid te sê, nadat my pa oorlede is, terwyl ek al die versekering papiere hanteer het, het die versekeringsmaatskappy my gevra wanneer my ma oorlede is. Ek het vir die dame gesê dat my ma nie oorlede is nie; sy lewe nog. Die rede hoekom sy geglo het dat my ma oorlede is, was omdat haar rekords gewys het dat sy laas in 1959 by die dokter was, wat die dag was wat my jongste suster gebore was—’n volle 39 jaar gelede sonder om ‘n dokter te sien.

So, soos wat my ma sieker geword het, net soos vantevore, het ek begin om baie druk van my broers en susters te kry, wat daarop aangedring het dat ek my ma by ‘n dokter moes kry―ek het geweier. Binne weke, het my ma met my begin praat oor “wanneer ek doodgaan. . .” Sy het vir my eerlik en baie kalm gesê dat Jesus haar sou genees of sy sou hemel toe gaan. Geen dokter.

Maak nie saak wat dit my gekos het nie, ek was vasbeslote om my ma te eer en gehoorsaam te wees. Net ‘n paar kort weke later, terwyl ek besig was om haar kamer skoon te maak, het my ma in haar eie bed gesterf, geen dokter. Ek het daar gestaan en geluister, maar sy het nie weer asemgehaal nie. Kalm het ek die begrafnisondernemer gebel. (My ma en ek het vooraf saam reëlings getref toe ons soontoe gegaan het vir my pa se reëlings). Hulle het vir my gesê dat aangesien sy by die huis gesterf het, ek die paramedici moet skakel om haar dood te bevestig. Toe hulle opdaag, het die polisie ook opgedaag en binne ‘n paar minute het ek vyf verskillende offisiere gehad wat my vrae gevra het. Dit was die laaste polisieman in gewone klere wat my gevra het, “Het jy enige idee wat besig is om te gebeur?” Toe ek “nee” gesê het, het hy my baie vriendelik vertel dat ek aangekla word vir die dood van my ma. Aangesien ek nie mediese hulp gekry het nie en ek by haar was gedurende haar dood en nie 911 geskakel het toe ek geweet het sy was besig om dood te gaan nie, was ek aangekla omdat ek haar lewe geneem het.

Soos ek gesê het, dit moet regtig ‘n ander boek wees, maar soos jy moontlik geraai het, die aanklagte is uiteindelik ná vele langdurige ondersoeke laat vaar. Maar die kriminele aanklagte was later gevolg deur die Familie Dienste wat my aangekla het van “mishandeling, verwaarlosing, en uitbuiting van ‘n bejaarde persoon.” Hierdie aanklagte was ook laat vaar, baie maande later en na baie langdurige ondersoeke. Dit het my ook daarvan weerhou om my ma se gedenkdiens by te woon en dit het spesiale toestemming van die staat vereis om saam met my gesin uit die staat te kon trek.

Nodeloos om te sê, dit was 'n nagmerrie wat min ooit sal ervaar. Ek het ‘n hoë prys betaal om my ma se wense te eer en om gehoorsaam te wees, maar soos ek voorheen gesê het, as ek dit weer moes doen, betaal ek graag die prys...

Een ding wat ek wel verseker weet, is dat ek eer as ‘n dogter aan my ouers bewys het. Daarom is ek verseker dat my kinders my sal eer en ek sien dit alreeds. Gedurende my getroude lewe, het ek eerstehands aanskou hoe my voormalige man sy ouers onteer. Sonder om regtig die ernstige nagevolge te verstaan, is hy en sy ouer broer welbekend om vernaamlik hulle ma, te vertel wat om te doen of nie te doen nie. Daar was baie harde, openbare geskille en meningsverskille, dikwels oor hoe sy haar tyd en geld spandeer. Ek was nooit regtig in die posisie om in staat te wees om met my voormalige man daaroor te praat toe ons getroud was nie (aangesien dit dieselfde weerspannigheid sou wees as waarvan ek hier praat). Nadat ons geskei was, was ek egter in staat om kortliks met hom te praat oor my bekommernis.

Huidiglik, bly my voormalige man saam met sy ma. Alhoewel ons nie regtig nou praat nie (aangesien hy huidiglik verloof is; is ons vriendelik maar nie meer vriende soos ons eens op ‘n tyd was nie), het hy vir my gesê hoe aaklig dit vir hom was as sy hom soos ‘n kind behandel het. Hoe sy oor hom was oor alles, veral sy drinkery. Ek het gedink dat die Here hom miskien ‘n tweede kans gegee het om dinge reg te stel met sy ma. Ek is nie seker of hy dit weet nie, nog minder of hy die geleentheid sal vat om sy ma te eer, maar die nagevolge mag dalk meer wees as waarop hy gereken het. Alhoewel my kinders baie, baie respek het vir alle gesag, was ek uiters geskok en verras dat my kinders my nooit aangemoedig het om herstel te soek met hulle pa nie. Om die waarheid te sê, hulle is daarteen gekant. Toe hy na 'n ander staat toe getrek het, en later beplan het om terug te trek na die gebied waar ons bly “as hy die geld gehad het,” was dit my kinders wat nie wou gehad het dat ek vir hom die geld gee nie. Weerspannigheid is ‘n sonde en die Bybel is duidelik, wat ons saai, sal ons inderdaad maai.

Soos ek gesê het, dit is nie hoe my kinders gewoonlik is nie. Hulle was nog nooit disrespekvol teenoor hom nie, teen hom gepraat nie, of geweier om hom te sien of met hom te praat nie. Al wat ek kan sê is dat die vers ook waar is:

“Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ‘n mens saai, dit sal hy ook oes” (Galasiërs 6:7).

Noudat ons weerspannigheid gedek het, wat presies beteken dit dan om gehoorsaam te wees? Somtyds, moet ons sien wat dit is om nie gehoorsaam te wees nie, om ten volle te verstaan wat gehoorsaamheid is. Hier is ‘n voorbeeld van ongehoorsaamheid van een van ons televisie lidmate wat ek net gisteraand waargeneem het: Ek was genooi om by hierdie lidmaat te oornag (toe sy gehoor het dat ek na hierdie gebied toe reis), interessant genoeg was sy en haar man uitmekaar. Maar toe, op die laaste minuut, het hierdie vrou se man vir haar gesê dat hy nie gemaklik was met my wat in hulle huis bly nie. Dit sou egter vir my groot uitgawes skep om reëlings op die laaste oomblik te maak, so toe sê sy vir my dat ek nog steeds by haar huis kon bly omdat haar man vroeg die oggend weg is en hy sou nie weet nie. Ek was meer as geskok, maar ek het besef dat sy eerlik geen idee gehad het dat wat sy doen weerspannigheid of rebellie was nie. Hierdie vrou het die Here lief maar sy het geen idee gehad dat sy iets verkeerd doen nie.

Gedurende dieselfde week, het een van die dames wat vir RMI werk as ‘n vrywilliger, die een insident na die ander van ongehoorsaamheid gehad, gepaard met weerspannigheid toe sy besluite gemaak het sonder om dit met Erin te bespreek (aangesien Erin haar instruksies gegee het, maar sy het gekies om iets anders te doen). Toe ek gesien het wat gebeur, het ek baie tyd spandeer en my bes probeer om te verduidelik hoe om gehoorsaam te wees, wat weerspannigheid konstitueer en hoe weerspannigheid 'n rol gespeel het in dinge wat baie verkeerd sou gaan. In een epos, het die vrou verklaar dat sy nie “probeer het om rebels te wees nie,” waarop die Here vir my gesê het “jy hoef nie te probeer om rebels te wees nie, dit kom natuurlik; jy moet probeer om gehoorsaam te wees.” Wow.

Ek glo dat die oorsaak van rebellie, ongehoorsaamheid en selfs weerspannigheid, al die pad teruggaan na ons verhouding met die Here. Hoeveel keer het ons geweet wat ons moet doen maar het gekies om iets anders te doen? Hoeveel keer het ons verskoon, geïgnoreer of geredeneer waarom ons iets gedoen het wat iemand met gesag gesê het ons nie moet doen nie, of wat ons moes doen en gekies het om dit nie te doen nie?

Soos ek vroeër genoem het is ek op pad terug huistoe na baie, baie, baie vlugte. Ek haat dit nog steeds om te vlieg. Ek haat dit nog steeds om weg te wees van my gesin. Maar alhoewel ek vlieg haat (maar ek is dankbaar ek het nie dieselfde vrees vir vlieg soos wat Erin gedeel het sy het nie), het ek die Here soveel meer lief en dit wys deur Hom te gehoorsaam. Nog voordat ek by die huis gekom het, het my kerk alreeds 'n uitgebreide toer na Afrika en Europa gereël, wat ook tyd in Suid Amerika mag insluit. Baie van julle wat mal is oor reis mag my beny, maar diegene wat die naaste aan my is kan duidelik sien dat ek die Here met my hele hart liefhet, want hulle almal weet ek haat reis en ek is eenvoudig mal daaroor om by die huis te wees. Ek was altyd op my gelukkigste by die huis en is baie tevrede om net na my huis en gesin om te sien. So as ek 'n keuse het, sal ek eerder by die huis bly. Maar ek is lief vir die Here, en dit wys deur my gehoorsaamheid aan Hom.

As julle my liefhet . . .(Johannes 14:15).

Wat van jou? Op watter vlak van gehoorsaamheid leef jy? Vertrou my, meeste van julle het geen idee dat julle in rebellie, ongehoorsaamheid of weerspannigheid leef nie. Ek het sopas hierdie verskynsel aanskou by drie van ons kerklede wat ek weet lief is vir die Here en passievol is in hul begeerte om groter intimiteit met Hom te verkry. Maar, as hierdie sondes (rebellee, ongehoorsaamheid of weerspannigheid) aktief is in jou lewe, dan is diep intimiteit met die Here net nie moontlik nie. Dit is nie my opinie nie maar God s’n. En die enigste manier wat jy hierdie siklus kan breek, wat in die pad staan van ware intimiteit met Hom, is om eerstens te erken dat jy ‘n sondaar is.

As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie” (1Johannes 1:8).

Tweedens, vra die Here om gebiede te onthul waar jy in rebellie leef. Hy sal.

Laastens, begin om jou dag-tot-dag gewoontes dop te hou om maniere te sien om gehoorsaam te wees. Onthou ons hoef nie om te probeer om ongehoorsaam te wees nie, ons moet probeer om te gehoorsaam. Dan, sodra jy hierdie verbeterde reis begin, sal jy verbaas wees hoe wonderlik dit is om in God se perfekte wil te loop waar jy altyd met guns en seëninge omring is. Een van my grootste voordele is om te sien hoe my eie kinders “in die waarheid loop” as vrugte van my gehoorsaamheid en nou kan ek Johannes se sentiment deel: “Niks verskaf my groter vreugde nie” (3 Johannes 1:4).

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui