Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore en julle sal altyd vreugde hê.
In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het.

—Jesaja 61:7-8

Vroeër hierdie week het die “aanslag van die bose” ons huis getref met aantygings, terg, bespotting, wrede woorde en veroordeling, wat onvermydelik gelei het tot vrees. Ongelukkig, was dit my eks-man wat hierdie aanvalle na my en my jongste dogter geslinger het.

Te verstane, was my dogter uiters deurmekaar, buiten om seergemaak te wees.  So die oomblik toe ek in staat was om my dogter te troos, nadat ek ‘n kort tydperk toegelaat het vir verskillende soorte emosies in my om te bedaar, het ek die Here gesoek vir wysheid en begrip.  Hy het my herinner aan wat ek besig was om te skryf in hierdie einste hoofstuk.  God het hierdie beginsel aan my bevestig—”hulle, ander, het dit nie.”

Die Here het my gewys dat die gety van sagmoedigheid vanaf my eks-man, lelik geword het, want vir die eerste keer sedert hy die eerste keer vir die egskeiding gevra het, hy het al die vra werk gedoen en ek al die gee werk.  Daardie dag het ek hom dwaaslik gevra vir hulp met drie klein dinge:  vir skakels na webtuistes vir gesondheidsprodukte wat hy altyd vir die gesin gekoop het, vir die rekenaar wat hy nie gebruik het nie sodat ons kinders dit vir hul studies kon gebruik en vir hom om die kinders te begin bel, want hulle het vir my gesê dat hul pa nie meer vir hulle omgee nie. Dinge het lelik geword omdat ek na hom toe gegaan het, vraend, dit het hierdie eens sagmoedige man verander na ‘n kwaai en bakleierige man.

Die eerste keer wat God my hierdie baie belangrike beginsel gewys het, “hulle het dit nie,” was teen die einde van ‘n baie lang reeks frustrerende en tydrowende botsings met ons pakhuis lidmaatskap klub.  Dit is waar ek baie van ons kruideniersware en ministerie kantoor voorraad gekoop het. Daar was so baie foute elke keer wat ek probeer het om ‘n aankoop te doen dat dit uitputtend geword het. As ‘n voorbeeld, gedurende een voorval, het dit hulle meer as ‘n uur geneem om iets reg te maak, terwyl my bevrore kos (wat altyd in grootmaat is) gesmelt het.

Toe ek die volgende keer na die winkel toe gegaan het, was ek weer by die kliëntediens toonbank aangesien my lidmaatskap kaart nie gewerk het nie. Terwyl ek by die toonbank was, het ek die bederfde bevrore kos van die vorige maand genoem, die bestuurder het om verskoning gevra en vir my gesê ek moet net die kwitansie vir die bederfde bevrore kos inbring tydens my volgende besoek, wat ek ook gedoen het. Maar in plaas van ‘n terugbetaling, het daardie dag se bestuurder vir my gesê dat ek ook die leë houers nodig gehad het om hom in staat te stel om vir my ‘n terugbetaling te gee.  Dit is toe dat ek gevoel het ek verloor my vrede en in plaas daarvan om te borrel van vriendelikheid en geduld, het ek frustrasie en selfs woede gevoel—alhoewel, prys die Here, het ek dit nie gewys of uitgedruk nie.  Nietemin, net om hierdie verskriklike emosie te voel was genoeg vir my om baie bekommerd te wees.

Die volgende keer toe ek by die betaalpunt was, was ek weer aangesê om na die kliëntediens toonbank toe te gaan, maar hierdie keer het ek hardop gelag. Terwyl hulle besig was om sin te maak oor hoekom my kaart nie korrek gewerk het nie, het ek met die Here gepraat en Hom gevra wanneer al hierdie moeilikheid met my kaart op ‘n einde sou kom. Hy het baie duidelik gestel, “Wanneer dit jou nie meer pla nie.”  Eina.  So terwyl ek nog by die toonbank gestaan het, het Hy my herinner aan ‘n vers wat Hy daardie oggend vir my gewys het gedurende my tyd alleen saam met Hom. “In plaas van vernedering sal julle twee keer soveel besittings hê as tevore, in plaas van minagting sal julle lof ontvang oor wat julle besit. Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore en julle sal altyd vreugde hê. Ek is die HERE, Ek het die reg lief, Ek haat roof en misdaad. In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het, Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit” (Jesaja 61:7-8).  Het jy dit gesien? Hy sê, Ek sal.

Alhoewel die Here dit nie eintlik gesê het nie, was daar ‘n innerlike wete  dat ek na die verkeerde bron gekyk het vir my vergoeding.  Dit het nie gesê  “Hulle sal nie” maar dit sê, Ek sal.  Wat beteken die Here sal….

So onmiddelik, in my hart, het ek weer erken dat Hy al was wat ek wou hê en al was wat ek nodig gehad het.  Ek het nie hierdie mense of enigiemand anders nodig gehad om dinge reg te stel nie of vir my vergoeding te gee nie.  Alhoewel hulle vir my vragte probleme veroorsaak het of selfs dat dit honderde dollars se beskadigde bevrore kos tot gevolg gehad het—het ek my Beminde gehad en Hy was al wat ek nodig gehad het. Op daardie oomblik, het ek nie net opgehou om na hulle te kyk “om dit reg te stel” nie, ek wou onwrikbaar niks van hulle gehad het nie—ek wou gehad het dat al die seëninge van my vergoeding van Hom af kom en niemand anders nie

Toe daardie gevoel oor my begin vloei het, het die Here my herinner dat dit ook Abram se gevoelens was. Dit was toe die koning van Sodom probeer het om vir hom ‘n beloning te gee deur hom die “goedere” te gee wat geneem was toe hulle Kedorlaomer verslaan het, Abram het geweier, “Maar Abram het hom geantwoord: ‘Ek het my hand opgelig en 'n eed afgelê voor die HERE, voor God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde, dat ek niks van jou sal vat nie, nie eers 'n garingdraad of 'n skoenveter nie, sodat jy nie kan sê: ‘Ek het vir Abram ryk gemaak’ nie.”’ (Genesis 14:22-23).  Abram (wie later Abraham geword het) wou nie enige van God se glorie wegneem deur die koning toe te laat om krediet te neem vir enige van Abram se toekomstige rykdom nie, wat soos ons weet, grootliks vermeerder het later in Abram se lewe—dit was veilig as gevolg van sy oortuiging om aan God die glorie te gee.

Binne omtrent drie minute van hierdie openbaring, daar by die kliëntediens toonbank, het die Here iets gedoen wat so asemrowend en snaaks en ongelooflik was, net om die beginsel aan my te bewys.  Iets wat ek geweet het ek met jou moet deel.  In ‘n oomblik, het die vrou wat my gehelp het gevra hoekom my kaart net een persent kontant-terug het, in plaas van twee persent kontant-terug. Ek het vir haar gesê dat ek nie geweet het dat twee persent kontant terug op aankope, aangebied was nie. Sy het haar rekenaar skerm omgedraai om my die bedrag te wys wat ek die vorige maand terug gekry het en wat ek sou gekry het met die bygevoegde persentasie.  Die bedrag het verdubbel!  Op daardie stadium het sy dit onmiddelik verander en ek het gekyk hoe God my dubbel vergoed het, meer as dubbel die koste van die bedorwe kos.  Dit het gebeur die oomblik toe ek besluit het om die Here weereens my alles te maak!

En aangesien Hy dinge doen bo en behalwe wat ons dink of vra; die volgende oomblik het dieselfde dame vir my allerhande promosie produkte gegee wat hulle vir hul nuwe kliënte as geskenke gee!!  Ek het vir haar gevra wat sy besig was om te doen en sy het gesê dit was die minste wat hulle kon doen vir al die moeilikheid waardeur ek was.

Sien jy wat gebeur het?  Die oomblik wat ek opgehou probeer het om satisfaksie van die bron van my moeilikheid te kry (wie “dit nie gehad het nie”) en na die Here gedraai het wie my uiterste Bron is van alles wat ons benodig, het Hy my met ontsaglike guns oorstroom en my vergoeding vermenigvuldig, wat Hy belowe aan elkeen van ons!

Dit is wat die Here vir my gesê het in die motor daardie dag op pad huis toe van die pakhuis winkel af—hulle het dit nie;  hulle het dit eenvoudig nie. Hy het gesê dat die mense van hierdie wêreld bankrot is op elke manier. Dink daaraan.  Die mense van die wêreld (en meeste Christene) kort deernis, sagmoedigheid, liefde en almal het beperkte bronne, tog hou ons dwaaslik aan om na hulle te kyk vir wat ons nodig het. Terwyl ons Here, ons Minnaar en ons Vriend, ‘n eindelose bron het van elke hulpbron wat ons nodig het en wil hê—beskikbaar aan ons—wanneer ons eenvoudig na Hom alleenlik kyk!!

En elke keer wat ons na ander kyk in plaas van Hom, vind ons dat ons selfs meer behoeftig is wanneer hulle faal om vir ons te gee wat ons mag nodig hê, verdien of wil hê.  Dit is wanneer ons, ook, bankrot opeindig, want om na ander kyk, het ons het die prop uitgetrek, die band gesny, ons Bron afgesny, Hy. “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie” (Johannes 15:5).

So toe die Here hierdie week die beginsel van “hulle dit nie het nie,” na my gedagtes gebring het, in verwysing na my eks-man, het ek geweet dat ek gefaal het om te soek wat ek nodig gehad het van my ware Bron. In plaas daarvan, het ek gesoek wat ek nodig gehad het (en wat ek gevoel het my kinders nodig gehad het) van iemand wat “dit nie het nie.”  God het my gewys dat as die Here se bruid, gee Hy vir my meer as wat ek nodig het so ek hoef nie enigiets van enigiemand te soek nie. In plaas daarvan word daar van my verwag, as Sy bruid, om uit my oor-oorvloed aan ander te gee; my oorvloedige hulpbronne.  En wanneer ons van enige ander bron soek wat “dit nie het nie,” bevind ons onsself ook sonder wat ons wil hê en nodig het en onmiddelik word ons selfsugtig en suinig—nie ‘n eienskap van die Here se bruid nie.

Toe ek vir die Here gevra het hoe om dit met my eks-man reg te stel, het Hy vir my gesê om eenvoudig te wag en dat dit alles deel van Sy plan was. Ek het geweet dat Sy plan was om my meer begrip te gee (terwyl ek dit in hierdie hoofstuk neerskryf), maar om dit ook in my eks-man se lewe te gebruik om hom te verfyn en verander sodat hy ook Sy liefde kan begin ervaar. En dit is ook God se plan vir my om hierdie beginsel te verduidelik, om dit vir my kinders en elke vrou wat hierdie boek lees, te leer.

Die volgende oggend het ek vir die kinders gesê (wat geweet het van die insident met hulle pa) dat dit heeltemal my skuld was.  Dat ek probeer het om te “neem” in plaas daarvan om te “gee” toe ons alles gehad het, omdat ons God gehad het wat vir ons alles gegee het wat ons wou hê en alles wat ons nodig gehad het en die Here was my uiteindelike Man en vrygewige Vader vir hulle. En dat hy (hulle pa), nou, niks het nie. En ek het voortgegaan om die beginsel te verduidelik van God wat dubbel vergoeding gee wanneer ons na Hom kyk eerder as na ander en die getuienis van my ervaring by die pakhuis winkel.

Binne ‘n half uur wat ek met my kinders gepraat het, het my eks-man my jongste dogter geskakel om dinge reg te stel.  Nadat hy met haar gepraat het, het hy gevra om met my te praat, dit was toe wat ek in staat was om hom te vertel dat die insident van die vorige dag heeltemal my skuld was omdat ek net na die Here toe moes gedraai het vir die dinge wat ek nodig gehad het, in plaas daarvan om vir hom te vra.  Ek het agtergekom hy wou dit nie hoor nie omdat hy nog steeds probeer om sy pad huiswaarts na my toe, te vind (alhoewel hy opgehou het om my uiterlik agterna te sit). Dit het my, ook, die geleentheid gegee om my eks-man te vertel hoe God sorg vir alles wat ek nodig het en wil hê aangesien die Here nou my Man is.  Op daardie punt, het my eks-man probeer om vir my te gee wat ek oorspronklik voor gevra het en het met die webwerf skakels begin.  Ek het hom vriendelik bedank, maar het gesê ek het dit nie nodig nie. Toe sê hy dat hy dalk die rekenaar vir ons kon gee, maar weer het ek gesê as ek regtig een nodig het, sou God een voorsien of die kinders kon eenvoudig na die ministerie kantoor toe gaan om ‘n rekenaar daar te gebruik.

Toe spring hy in en sê vir my hy wil meer beskikbaar wees vir die kinders, ek het geantwoord dat dit tussen hom en die kinders was en dat dit regtig niks met my te doen gehad het nie.  Ek het voortgegaan om te sê dat ek verkeerd was om te probeer om ‘n beter verhouding vir hulle te verkry omdat die een wat die Here aan ons gegee het (ek en die kinders) was meer as genoeg vir die kinders en dit wys in die vreugde wat in ons huis is en wat straal uit hulle gesigte en stemme. Dit is toe die gety weer terugdraai het en die pyn my hart verlaat het en syne deurboor het. Toe ek die Here terug gesit het op Sy regmatige plek in my lewe, om alles te wees wat ek wil hê en alles te wees wat ek nodig het, het Hy my selfs meer vereer! 

Na middagete, reg in die middel van nog ‘n ministerie mini-krisis, was ek gelei na ‘n webwerf wat ek voorheen gebruik het maar van vergeet het. Daar op hierdie een webwerf, was ek in staat om al die gesondheidsprodukte te vind wat ek nodig gehad het, teen afslagpryse en met verminderde verskeping (nou en in die toekoms)! Aangesien ek alleenlik na die Here gekyk het, het Hy my na een webwerf gelei in plaas van die drie of vier wat my eks-man gebruik het.  ‘n Paar minute later, het ek ‘n boodskap op my selfoon van my eks-man gekry (wat hy gelos het voor ek met hom gepraat het toe ek die blaam gevat het).  Die stempos was ‘n nederige verskoning vir my man se lelikheid teenoor my en my dogter en hy het ons albei om vergifnis gevra.

Hier is dieselfde beginsel in ‘n vers wat meeste van ons kan opsê, maar so min van ons kan dit uitleef op ‘n daaglikse basis: “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus” (Filippense 4:19).  Wanneer ons vir die Here vertel dat Hy alles is wat ons wil hê en alles is wat ons nodig het, moet ons dit staaf met ons aksies en reaksies.  Wanneer iemand iets verkeerds aan ons doen, wat lyk asof dit elke dag gebeur, heeldag, moet ons ons harte deursoek: van wie probeer ons om te kry wat ons glo ons “verdien”—van God of mens?  God het alles; die mens het niks (net wat God hom gee). 

En, ja, dit is waar dat God mense en omstandighede gebruik om ons dubbel ons vergoeding te gee. Natuurlik was ek dankbaar en baie waarderend teenoor die dame wat vir my dubbel persentasie kontant-terug en die promosie geskenke gegee het, maar in my hart het ek geweet wie dit georkestreer het!  Ek het, ook, geweet wie my eks-man verfyn het en sy hart omgedraai het om te sê hy is jammer.

Die opwindende toevoeging tot hierdie beginsel is dat wanneer ons in staat is om behoorlik op te tree en te reageer, wat oorvloed tot gevolg het, kan ons kanale vir God se goedheid aan ander wees wat behoeftig is en wie heeltemal bankrot is. “Almal soek die goedgesindheid van 'n man met mag, elkeen is die vriend van iemand wat geskenke uitdeel” (Spreuke 19:6). Wanneer ons uitgesoek word en kies om vrygewig te gee, dan kan ons ander beïnvloed, deur ons voorbeeld, om God te soek en agterna te sit om hulle Bron te wees, wat evangelisasie en getuienis aan ander is—alles sonder ‘n woord.

Dit is die probleem in vandag se wêreld, in verband met ons Christelike ondoeltreffendheid;  dit lyk asof ons baie het om te sê, maar ons staaf dit nie met die manier wat ons optree en reageer teenoor ander of hoe ons moeilike omstandighede hanteer nie. Dit maak dan van ons Fariseërs. Dit maak ook ‘n bespotting van God en Sy goedheid, die resultaat is dat ons ondoeltreffend is in evangelisasie en om ander te lei om Hom ook te wil leer ken.  Maar aan die ander kant, wanneer ons hierdie beginsel uitleef, selfs wanneer ons ‘n klein bietjie droogmaak soos ek het, het ons ‘n wonderlike geleentheid om ons lig te laat skyn en ‘n soutigheid te skep wat ander dors maak vir Hom! “ Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Matteus 5:16).  “Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit” (Matteus 5:13). As daar op jou getrap word, beteken dit eenvoudig dat jy nie meer sout is nie.

“Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God” (Psalm 42:2). As gevolg van my assosiasie met baie van julle wat ook RMI vennote is, groei my dors vir God aanhoudend sterker, ieder en elke dag.  Dit is dieselfde effek wat jy (as jy sout is) sal hê op dié in jou wêreld. Ons lewens behoort te straal met vreugde, voorspoed en guns wat beny word deur almal wat ons ken of van ons weet. Dit is net dan wat ons eenkant toe kan staan en die ware Bron van ons geluk uitwys—ons Minnaar en Vriend, ons Here en hemelse Man.

Hierdie Persoon is slegs ‘n werklikheid wanneer ons Hom toelaat om ‘n werklikheid in ons lewens te wees, wanneer ons werklik Sy bruid word. En as Sy bruid, sal ons niks wil hê nie.  Dit is die boodskap wat ons lewens, ons lippe en die vreugde in ons harte moet vertel deur hoe ons leef—dat Hy, ons Beminde,  al is wat enige vrou nodig het.  Daar is nie meer enige behoefte om agter ‘n man aan te hardloop om enigiets vir ons te voorsien of om ons te beskerm nie.  En nie net sal in al ons behoeftes    voorsien word nie, oneindig meer as waarvoor ons kan hoop, vra of selfs dink, dit alles sal kom sonder pyn, skande of spyt.  Wow!  “Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink” (Efesiërs 3:20). “God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie!” (Efesiërs 3:20 Die Boodskap)

Die liefde wat jy op die televisie sien of in die flieks of waaroor gesing word in liedjies, is nie werklike liefde nie.  Dit is uitgedink as gevolg van onverligte pyn, skande en verwerping.  En ongelukkig los dit ons meer in gebrek en meer behoeftig.  Anders as die liefde wat beskikbaar is van ons Minnaar, die bron van alle liefde, wat geen pynlike of ongewenste newe-effekte het nie—en die Bron eindig nooit nie!  

Wat van jou?  Ervaar jy nog steeds ‘n behoefte in jou lewe?  Dan is dit net omdat jy nie na die ware Bron van alles gegaan het nie.

Ervaar jy nog steeds pyn, skande, skuld, veroordeling en trane?  Dan, liewe een, het jy eenvoudig nie genoeg van Hom nie.  Die Here roep jou om Sy bruid te wees, nie Sy vrou nie.  Hy wil jou vul met liefde, deernis, sagmoedigheid en veiligheid van alle skade en alles wat jou hartseer bring. Die enigste trane wat jy behoort te stort is die wat vloei wanneer jy nadink hoe goed God vir jou is en hoe Hy jou geseën het.

Maak vandag tyd, nou dadelik, om selfs nader en meer intiem met jou geseënde Bruidegom te word.  Hy wag net om jou te omhels en elke traan en vrees weg te vee.  Kosbare bruid, Hy is lief vir jou!

Maak Bekommernis Stil

In hierdie en ander hoofstukke, het ek genoem dat my eks-man “nog steeds probeer om terug huis toe te kom na my toe” en ek het dit nodig gevind om sommige insigte te deel.  Alhoewel ek of jy dalk my huwelik weereens herstel wil hê, wat die Here vir my gewys het (keer op keer en elke keer wat ek Hom hieroor soek), is dat my eks-man en my kinders se pa, ‘n ware verhouding met Hom nodig het.  As ‘n voormalige pastoor en ‘n man wat welbekend aan die publiek was, leef hy soos baie, openlik in onberouvolle sonde, as gevolg van sy afgesnyde of nooit gevestigde persoonlike verhouding met die Here. En hy het op baie geleenthede vir my gesê dat die Here hom nie weer sou kon vergewe nie, so hy het van Hom af weggeloop. 

En selfs as sommige my mag oordeel, ek weet dat Wie ek nodig het om seker te maak ek behaag, is Wie ek volg en na luister op hierdie nuwe, nooit voorheen verkende, reis.

God het my nuwe reis toegelaat ten goede van ons almal, vir my kinders, vir my om te leer en veral vir my eks-man—alles sodat elkeen van ons Hom kan vind, Sy liefde en om Hom beter te verstaan.  Soos meeste van julle, was dit eers toe ek alles verloor het wat ek gevind het wat ek regtig en  waarlik nodig gehad het, wat ‘n Redder was en later toe Hy my Here geword het, toe selfs later my Beminde. Kan ek enigiemand dieselfde seëning ontsê?  Het ‘n man nie ook ‘n verhouding met Hom nodig nie? Verdien ‘n man nie om die Here persoonlik te ken nie?  Gaan dit net oor ‘n vrou se behoeftes of gaan alles oor RMI en wat ons glo is die ministerie se doelwit?  Die waarheid is, RMI se doel was nog altyd dieselfde, dit is om ieder en elke vrou en man te help om die Here persoonlik te ken. 

Ja, God se begeerte is om te herstel, maar nie net huwelike en families nie. Dit is om elkeen van die betrokke individue te herstel met Wie elke persoon nodig het, Hy alleen. 

“Soos ‘n stroom water lei Hy dit soos Hy verkies…” (Spreuke 21:1) en dit beteken ons harte, as vrouens, kan ook, deur Hom, gedraai word.  Sodat mans ook kan sê, “U [God] laat my vriende en bure ver van my af staan die duisternis van die dood is my geselskap” (Psalm 88:19).  Wat beteken, as enige persoon, ‘n man ingesluit, nie na Hom toe keer nie, dan sal hulle ook sê,  “U [God] laat my bekendes ver van my af staan en maak my vir hulle iets afskuweliks; ek sit vasgevang en kan nie uitkom nie” (Psalm 88:8).

Die regte gevaar is wanneer ‘n vrou (of enigiemand) hulle harte verhard  vir wat Hy hulle roep om te doen.  So as ‘n minister, moet ek nooit inmeng met wat ek sien God in ander doen nie en hoop dat in die proses wat Hy my op hierdie nuwe reis neem, niemand sal probeer om in te meng of om my te oordeel nie.  Ek moenie eers vir ‘n milisekonde dink dat ek weet hoe Sy planne uitgespeel moet word nie. “‘My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie,’ sê die Here; ‘soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes’” (Jesaja 55:8-9).  In plaas daarvan, soos Job, sal ek sê, “Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit, Wie is dit wat u bedoelinge wou dwarsboom sonder dat hy die insig gehad het? Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie: U wonderdade was te groot vir my, ek het dit nie verstaan nie. U het mos gesê: Luister terwyl Ek praat, Ek sal vra, antwoord jy My. Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien, en nou verag ek myself, nou sit ek vol berou, in sak en as.” (Job 42:1-6).

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui