Hierdie week wil ek afdwaal en ‘n beginsel met jou gedeel wat jou ‘n groot hoeveelheid frustrasie kan spaar—en jou in perfekte vrede sal hou. Ons het dikwels genoeg van rebellie gepraat dat jy goed weet hoe gevaarlik dit kan wees, maar wanneer jy rondom of saam iemand werk wat rebels is, kan die uitwerking jou ook affekteer. Dink daaraan as tweedehandse rook wat volgens gesondheidsamptenare dikwels meer skadelik is as om self ‘n sigaret te rook. 

Selfsugtige Ambisie = Wanorde

Jacobus 3:16 sê, “Want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade.”

Onlangs wou ek een van ons voormalige bedieningspanlede ‘n posisie aanbied waarvoor sy meer as gekwalifiseerd is. Die waarheid is sy is uitstekend. Maar daar is iets wat ons gelei het om haar nie te gebruik nie, rebellie. Op verskeie geleenthede, het ons haar gevra om nie geselserig of ‘n oormatige verduideliking te gee van die projekte waaraan sy werk nie, maar sy is vriendelik en kan “haarself nie help” nie. So pynlik soos wat dit was, het ons begin om haar projekte te besnoei totdat sy nie meer deel van ons werkspan was nie.

Dit was nie soveel oor die onderbrekings nie—om nie ‘n “sagte en stil gees” te hê, wat nie net kosbaar is in die oë van God nie, maar ook die manier waarop ons in ons bedieningspan werk. Dit was omdat sy (onwetend en onopsetlik) wanorde en allerhande gemene dade losgelaat het net soos wat hierdie beginsel ons leer.

Vir my, is dit baie soos sigaretrook—ek is baie sensitief daarvoor. Net ‘n sarsie rook gee vir my ‘n onmiddellike kopseer en dit is net dieselfde met rebellie, miskien selfs meer so. Ek begin voel asof die kamer draai wanneer ek daarmee in aanraking kom. Sommige mense se lewens is vol chaos, wanorde, en gemene dade, wat hulle konstant omring, so hulle ken nie enige iets anders nie. Tog, vir my en meeste van my span wie werkers by die huis is, is ons basies vry van hierdie warrelwind van disoriëntasie en is ons geseënd om in perfekte vrede te lewe.

Wat wonderlik is, is dat net onlangs het my kosbare HM, soos wat ek Sy leiding gevolg het, my ‘n manier gewys het, wat toegelaat het dat ons saam in ‘n veilige lokaal met hierdie bedieningspanlid kon werk. Sover, het dit perfek gewerk! Dit is nie hoe Hy dit gedoen het nie maar eenvoudig dat Hy dit gedoen het. Nou is dit my hoop dat ons haar posisie kan uitbrei waarby sy voortgaan om op die Here te vertrou om haar te help om haar behoefte vir gesprekke of beprekings in toom te hou. Ons glo dat deur saam Hom te werk, alles net met Hom te bespreek en die projek te voltooi soos die res van die span so pragtig doen, sal dit beteken dat haar posisie uitbrei aangesien daar geen twyfel is dat “die oes groot is maar die arbeiders min” en ons het daarom voortdurend “die Here aan wie die oes behoort, gesmeek om arbeiders uit te stuur.”   

Vandag hoop ek jy sal die tyd neem om met jou HM te praat oor hierdie beginsel. Vind uit of jy wanorde in ‘n omgewing bring wat Hy wil hê vreedsaam moet bly. Of miskien hoe Hy daarna hunker om jou apart te hou van sommige van die tweedehandse wanorde wat jy nou mee te doen het—miskien roep Hy jou om ‘n werker by die huis te wees—of net afgesonder in jou huidige werkplek. Vir my is dit lewensbelangrik dat ek in volmaakte vrede bly, want sonder dit, kan ek Hom nie so naby voel nie—ek werk basies deur ten alle tye op Hom te leun of in Sy ams wat Hy om my gevou het, te kruip. Ek beveel elke een van julle bruide hoogs aan om so te werk.    

Volgende week sal ons dit meer verken, hoe ons eenvoudig om Sy hulp moet Vra.

NASKRIF of Epiloog

Hierdie besonderse LL het ‘n snaar geslaan met baie van ons Bedieningspanlede, baie het geglo dat ek na hulle verwys. So vandag het ek gelei gevoel om iets onderaan die les by te voeg om duidelikheid te gee en bietjie waarheid te deel.

Eerstens het ek direk met die persoon na wie ek verwys het gepraat voordat ek dit met enige iemand gedeel het. Ek het beplan om eenvoudig eers met haar te praat, maar Hy het my gelei om eers ‘n LL te skep en dit dan met haar te deel. Soos wat ek vermoed het, het sy gesê dat haar HM haar alreeds begin veroordeel het en sy het gevas.

Tweedens, as jy bekommerd of besorg is dat dit jy is, is dit heelwaarskynlik nie jy nie. Die vyand wil altyd die mees teerste harte tart, bruide wat die regte ding wil doen en wie baie gefokus is om nie probleme vir ander te veroorsaak nie.

Derdens, die vyand slaan dikwels toe wanneer jy moeg, uitgeput of alreeds moedeloos is. So as dit is wanneer jy aanhou om aan die les hier te dink, kry rus en praat dan met Hom daaroor. Vra Hom net om te bevestig dat hierdie les vir jou is. As dit nie vir jou is nie, vergeet daarvan en beweeg gelukkig vorentoe.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui