Verlede week het ek ‘n voorbeeld van my gesprekke met my HM gedeel en jou aangemoedig om ‘n soortgelyke gesprek te hĂȘ en Hom te vra om jou te herinner om ‘n lofverslag in te dien (het jy onthou?). Hierdie week wil ek graag deel hoe ek ‘n lieflike gewoonte het om my HM te kry om my te herinner aan eindelose lyste wat ek geneig is om in my gedagtes te skep, wat my ook belas en my van vredevolle slaap beroof. 

Gisteraand, soos meeste aande, het ek wakker geword en gedink aan ALLES wat gedoen moet word.

Jare gelede het ek gelees hoe die slaap “deskundiges” voorgestel het om ‘n notaboekie en potlood langs die bed te hou om hierdie gedagtes neer te skryf. Sodra die lys op papier oorgeplaas is, kon die verstand rus en slaap sou natuurlik hervat.

Vandag veronderstel ek dat die slaap “deskundiges” sou voorstel om dieselfde op ‘n slimfoon te doen. Ek is nie seker wat die ”deskundiges” sĂȘ nie, omdat ek geleer het dat geen “deskundige” in enige veld naby aan die Deskundige, ons HM, wat alles weet en vir wie ek eenvoudig net kan Vra, kan kom nie. Die grootste deel, ook, is om te hoor hoe Sy stem my kalmeer, troos en verseker sodat ek in staat is om te ontspan.

Onthou wat ek verlede week genoem het, wanneer ons eenvoudig moet vra? Wel, probeer nou om Hom te vra om jou te herinner aan dinge wat jy nodig het om gedoen te kry. Iets soos dit:

“Liefling, kan U my herinner om
(vul in wat jy wil onthou om te doen)?

“Ja, natuurlik, My Liefde.”

Daar is tye wat ek nie daaraan dink om Hom te vra nie totdat ek ‘n lang verstandelike lys het van wat ek wil onthou om te doen en ek my begin kwel. Maar die oomblik wat ek Hom vra om my te herinner, vertrou ek dat Hy die lys vir my hou en my las lig om ‘n vredevolle en rustige slaap te verseker. Probeer dit doen en geniet daardie salige slaap wat net deel is van die oorvloedige lewe waarna Hy so hunker vir ons om te geniet.

Spreuke 3:24 “Jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie; as jy gaan lĂȘ sal jy rustig slaap.”

“Jy sal kan gaan slaap sonder om bang te wees. Jy sal rustig kan bly slaap.” NLV

Dit hoef nie vrees te wees “waarvan jou gedagtes skoon en vry van sal wees nie” maar van alles wat lastig is. En selfs al bly ek wakker vir langer as wat ek sou wil, knuffel ek in die gedagte dat dit ononderbroke tyd met my Beminde is. So ek is ver van stres dat ek nie aan die slaap kan raak nie, omdat ek met liefde die hele aand met my Beminde sal wil praat, sou jy nie?!

Nog ‘n deel van die seĂ«n van hierdie Lewensles is dat Hy my nie net herinner aan die dinge wat ek Hom gevra het om my aan te herinner in die middel van die nag nie—maar Hy herinner my op die perfekte tyd! Ek kom so dikwels agter dat dit die bestemde tyd is vir daardie taak om gedoen te word, wat nie die vloei van die dag, wat Hy vir my beplan het, onderbreek nie.

As dit nie genoeg is nie, herinner Hy my soms nie aan dinge wat ek by een van my baie Te-Doen-Lyste sou gevoeg het nie. Waarom? Dit is omdat, so baie dikwels, Hy daarna omsien. So my poging sou of nutteloos gewees het of dit sou ingemeng het met ‘n baie beter oplossing. Sy plan!

Laat my Hom vra om my te herinner aan ‘n voorbeeld om jou te help om hierdie konsep ‘n bietjie beter te verstaan, wat ek in volgende week se Lewensles sal deel.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui