HJH INLEIDING: Chelle se Getuienis

Een van ons Kragtigste Herstelde Huweliksgetuienisse!!

Dit behoort jou te Motiveer en Gereed te maak vir Jou Reis en ook in staat te stel om ander vroue the help en met hulle te kan deel!!

Een van ons ONTSAGWEKKENDSTE HERSTELDE Huweliks Getuienisse kom van Chelle in Alabama (hieronder uitgebeeld met Erin Thiele in 2003)

Lees Chelle se ongelooflike Herstel Reis om jou te motiveer om die boek te lees en toe te pas waarvoor alreeds betaal is deur een van ons VENNOTE - Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel!

Ons HJH boek en Wees Aangemoedig KLASSIEKE videos was die fondasie vir Chelle se herstelling toe sy haar gedagtes hernu het met die waarheid. Hierdie boek sluit daaglikse Herstelde Huwelikgetuienisse in, wat net vorentoe lĂȘ—so hou aan lees! Hulle is albei GESKENKE vir jou deur een van ons VENNOTE.

Hierdie GESKENKE word vir jou gegee van ons VENNOTE wat wil betaal om so veel vrouens te help as wat hulle kan om ander Vrouens te bedien wat ook deur ‘n huweliks krisis gaan.

God Herstel a Familie
—Genees 'n Kanker Oorlewende se Huwelik in Alabama!

Laat ek jou aan een van my dierbaarste en naaste vriendinne voorstel—Chelle!

Die beste manier om Chelle te leer ken, is om haar getuienis te lees wat ek geskryf het net nadat haar HERSTELDE huwelik "uiteindelik" gebeur het.

Al wat ek kan sĂȘ is — Uiteindelik!!!!

O, ek het gewag en gebid vir dit, voortdurend die Here gevra om dit vir my as guns te doen (asof Hy MY enigsins iets skuld!).

Vir die van julle wat nie die volledige getuienis van hierdie ongelooflike Alabama vrou wat aan my regterkant staan, ken nie laat my toe om haar storie so kortliks moontlik met jou te deel.  

Een dag toe ontvang ek ‘n epos van hierdie vrou wat pas haar sesde kind gehad het toe sy uitvind sy het borskanker. Na ‘n radikale mastektomie, en die verlies van al haar hare, op die laaste dag van haar chemoterapie, vra haar man haar uit op ‘n afspraak. Oppad huistoe neem hy ‘n ander roete en ry in ‘n pragtige buurt in. Toe kom hy voor ‘n huis met ‘n “Verkoop” teken tot stilstand.  

Chelle dog haar man het haar verras, en gedink dat dit die nuwe huis is waar hulle ‘n “nuwe begin” gaan maak!! Maar sy woorde het haar siel en hart deurboor: “Dit is my nuwe huis. Ek los jou. Ek is nie meer lief vir jou nie. Ek is lief vir iemand anders.”              

Toe ek haar epos lees het ek in trane uitgebars. Ek dog ek het al alles gehoor. Dit was so hartverskeurend dat ek ernstig daaraan gedink het om op te hou met my bediening. Ek kon nie langer die pyn verduur om te hoor en te ervaar wat vrou na vrou gedeel het oor wat besig was om met haar te gebeur nie. 

Chelle het egter nooit op haar laat wag nadat sy ons gevind het nie. Ons het KONSTANTE lofverslae van haar ontvang, wat sonder twyfel ‘n OFFER van lof was. Aanhoudende offensiewe aanvalle het haar kant toe gekom en sy het nooit gevou nie, maar die Here met ‘n hart van vreugde en ‘n GELAG geloof. Chelle het haar sin vir humor gedurende die hele beproewing behou. 

My man en ek het albei geglo dat haar huwelik herstel sal word. Daagliks het sy haar in die boeke en video opnames versadig, aan die slaap geraak terwyl ek met haar deur die Wees Aangemoedig videos “gepraat” het.

Na Chelle haar herstelde huweliksgetuienis voorgelĂȘ het, het ons ‘n dringende epos ontvang om dit nie te plaas nie. Sy het geskryf dat haar man die trek van sy goed terug huistoe “vertraag” het. Sy het vermoed iets was besig om aan te gaan want hy het verbasend “koel” in sy toenaderings en gesprekke oor die vorige weke geword. Sy het dit op haar beurt laat gaan en op haar kinders en om haar huis in orde te kry gefokus (sy sĂȘ sy het “julle Werkers by die Huis-boek presies gevolg” in gereedheid vir sy terugkeer).

Toe op die oggend van die epos terwyl sy besig was om op te ruim, het sy ‘n verrassings besoek van ‘n man ontvang wat haar vertel het dat sy vrou en Chelle se man saam weg was. Chelle het hom beleefd gevra om te gaan en gesĂȘ niks kan sonder haar man bespreek word nie. 

PRAAT VAN ‘n TOETS!!!! Chelle het geen vrae gevra nie, nog minder het sy na enigiets geluister wat NIE ‘n “goeie verslag” was nie, alhoewel sy geweet het dat alles wat hy haar wou vertel het, moontlik waar was. 

Die volgende dag het Chelle se man gebel en gesĂȘ, “Ek hoor jy het gister ‘n “interessante” besoeker by die huis gehad. Met ‘n “sagmoedige en stille gees” (wat sy geleer het deur 1 Petrus 3:1-5 te memoriseer) het sy kalm verklaar, “Wel, nee, ek onthou nie iemand besonders nie.”

DIS WAT DIT GEDOEN HET!!!

Haar man het daardie dag huistoe gekom vir goed—EER AAN GOD!!!! Dit was in 2002 dames!! En ek hou nog steeds verbintenis met hulle—albei van hulle. Chelle se man het na sy terugkeer ‘n man van God geword en is nou ‘n noue vriend van my ook!!

Laat Chelle nou met jou deel wat God vir haar gedoen het in haar eie woorde
.

Chelle se Eerste Epos aan Ons

Toe ek die eerste keer na julle webwerf gekom het en van die dame wat 6 kinders het en in Alabama bly gehoor het, het ek vir die Here vertel dat daar nog een gou gaan wees!!

Wel vanaand—prys God het hy besluit om huis toe te kom!!!! Slegs 8 maande gelede was hierdie huwelik verby! Hy wou opgegee het “vir tyd gedien,” maar gebaseer op God se Woord wat ek in julle boeke en video's gevind het, is ek ‘n nuwe wese!!!  

Hy het my gevra om finansieĂ«l te besluit (ek is ‘n afgetrede Gesertifiseerde Openbare Boekhouer) of ons die huis gaan hou. Julle sien, ons gaan gereeld weg vir naweke (6 kinders) en hy dink die huis is goedkoper en mooier as hotelle. Ek sal “stadig” besluit en vir hom bid om dit op sy eie op te gee.

Ek was so bly dat ek daardie video gekies het om gisteraand te kyk—sekerlik was God se hand op my! Toe hy my van sy besluit vertel, het ek nie uitgeskree of opgewonde geraak nie, ek het net geglimlag en geluister terwyl hy my sy “redes” vertel het. Geen van hierdie redes was dat hy jammer was of vir my lief was nie—maar dit het nie saak gemaak nie, want dit was nie belangrik nie. Ek leef deur geloof en nie sig nie.      

Dankie, RMI, dat julle ‘n vaartuig vir Jesus is. Ek sal julle op hoogte hou van die trek datum—wanneer sy goed uiteindelik huistoe kom.               

Chelle se tweede epos “Hallelujah!”

Dames, asseblief hou op om te praat en te dink oor bid, en DOEN DIT. HY sal dit doen!!! My situasie is van so aard dat ek nie die wĂȘreld kan vertel oor my beantwoorde gebede nie, maar wat ek wel kan sĂȘ is: My man het my gelos en was vir 14 maande weg. Ja, daar WAS iemand anders. Ja, daar was prokureurs betrokke. Ja dit was hopeloos. Ja, ek het alles verkeerd gedoen. Toe ek die Woord van God deur RMI boeke en bande gestudeer het—en uiteindelik die beginsels toegepas het—het ek ontvang en ontvang en ontvang—toe het ek gegee en ander gehelp!   

Jy moet dit alles doen...dan alles vir God gee om vir jou onthalwe te veg. Hy het alreeds die vyand verslaan. Ek is so opgewonde oor wat God alreeds vir my gedoen het en ek hoop ek kan jou aanmoedig om besig te raak en op te hou kla en te begin gehoorsaam wees! 

My man het huistoe gekom, nie omdat hy nie sonder my kon lewe nie, maar omdat hy finansieĂ«l ongeskik was. Nogtans, het ek God geprys want dit is wat Hy gesĂȘ het gaan gebeur. Spreuke 6:26 sĂȘ “want vir ’n hoer verval ’n mens tot ’n stuk brood, en ’n ander se vrou maak jag op ’n kosbare lewe.” 

Ek het net aanhou glo. Gou het hy my begin vertel dat hy lief vir my is (ek beplan om ‘n offisiĂ«le herstelde huweliks getuienis voor te lĂȘ maar moes my lof verslag nou stuur!!) Hy het al 4 keer kerk toe gegaan, ja!!!!!! Hy is nog nie gereed vir Bybelstudie nie — toe sĂȘ ek vir die kinders hulle moet uit kom vir ons gewone Bybelstudie by die huis. Toe sĂȘ my man ons moet vir hom wag. Toe ek myself van die vloer af optel, het ek probeer om nie te breed te glimlag nie. Hy het my toegelaat om die gewone te doen terwyl hy na my gebed, storie en Bybellees geluister het.  

Toe sĂȘ hy: “Reg, nou moet ons vir Pappa bid. ”Met my kinders daar, begin hy die sondaar se gebed bid en vra Jesus om in sy lewe te kom en hom te lei in die dae wat kom. Ek het soooooo lank hiervoor gebid!!!!!!!!!!!

Ek wou gehad het dat hy moet terugkeer na die Here, maar in die begin was ek selfsugtig en wou hĂȘ hy moes ook na my toe terugkom. Hy was al 2 maande by die huis en was nog steeds nie gereed om weer my man te wees nie. Toe op my verjaardag het ek geweet dat hy nie tyd gehad het om vir my ‘n geskenk te kry nie. Na aandete (wat ek gemaak het) het hy aan die slaap geraak. Ek het instinktief in my gebeds kamertjie gegaan vir ‘n goeie huil en gebed. Toe ek bed toe gaan het hy wakker geword, wawyd wakker, en gevra of ek my geskenk wil hĂȘ. Hy het opgestaan en sy trouring aangesit. God is so GOED. Ek het hiervoor gebid vandat hy weg was.

Jy kan nie weet hoe ver ons gekom het behalwe dat ons situasie baie erger kon gewees het - en met God is alles moontlik!!!!!!!!!

Wat ookal die duiwel van ons steel - God kan dit sewevoudig vervang indien nie meer nie!!!!! Is jy besig om jou tiende aan jou skatkamer te gee? Kry terug wat aan jou behoort!! 

Ek sal aanhou om die OORWINNING vir al die onherstelde huwelike wat na hierdie werf toe kom te eis en te bid dat die wat nie van hierdie wonderlike plek weet nie hiernatoe gelei sal word!!  

Liefde,
Chelle

DAAR IS MEER, BAIE MEER!!

Nou sal ons daarvan hou dat jy Chelle se, eerste persoon, Herstelde Huweliks Getuienis “Hy Noem My Pragtig” lees, dit was in RMI se eerste Deur die Woord van Hulle Getuienis boek gepubliseer.

My Man Noem My Pragtig!!!
Deur Chelle

Dit het Ou-kersaand, 2000, begin, toe my man my vir aandete uitneem. Ek het hierdie reis deur die plattelandse paaie onthou gespikkel met Kersfees liggies en wense dat die kinders dit kon sien. Vir baie jare daarna, het die blote gedagte van Kersfees ligte my naar gemaak.

My man het gesĂȘ dat hy iets het om my te wys voor ons eet en my deur ‘n woonbuurt geneem en voor ‘n huis tot stilstand gekom. My hart het bollemakiesie geslaan—ek dog hy gaan my “ons” nuwe huis waarvoor ons gehoop het wys. In plaas daarvan het hy na my toe omgedraai en gesĂȘ, “Ons het 20 wonderlike jare saam gehad, maar
” Toe lag ek en sĂȘ,” Is jy besig om my te dump?”

Hy het aangehou om my te vertel dat daar niemand anders is nie maar dat hy my nie meer liefhĂȘt nie (Ek het al sy liefde doodgemaak), en hy wou weer “verlief” wees!

Die huis waarheen hy besig was om te trek—was een uur van my en die kinders af. Hy het gesĂȘ hy weet dat ek my hart se begeerte het met al die kinders (ons het ses), en ek sal piekfyn wees. Ek het reguit in daardie huis ingestap en soos 'n balletjie in die badkamer geval en baie siek geword. Op een of ander manier het ek dit uit die badkamer gemaak en hom gevra of dit moontlik sou wees om van die kinders op te sit vir aanneming. Ek sidder nou nog aan die gedagte—maar ek weet God het my vergewe. Op een of ander manier het ons dit deur aandete gemaak, ek het hom gevra of dit moontlik was dat hy weer “verlief” sou raak? Hy was ligsinnig maar het gesĂȘ, “Met God is alles moontlik!” God het my hoop gegee deur die woorde van my eie man! Daardie aand, het die duiwel my herinner dat my man jare gelede gesĂȘ het dat wanneer hy 40 word, hy my sal inruil vir twee 20-jariges. Dit was meer waar as wat ek sou kon weet.

Hy het laat nagte gewerk en was gereeld uitstedig. Dit was nie ongewoond vir die kinders om hom nie vir weke op ‘n slag, nie te sien nie. Hy het gedurende die aand getrek, ek het hom alles wat hy nodig gehad het geoffer. Die kinders was baie jonk en was daaraan gewoond dat ek goed weggegee het of toegelaat het dat vriende meubels leen—dus het hulle nie agtergekom dat hy weg was nie. Ek onthou nie veel van die volgende ses weke nie. Ek onthou baie alkohol en voorgeskrewe verdowingsmiddels. Ek het seker 40 boeke by die Christelike boekwinkel oor die huwelik en egskeiding gekoop. Ek wou die kinders onskuldig gehou het, en ek was so vernederd. Ek het min mense vertel wat gebeur het.

Ek het geen begeerte gehad om wraak te neem nie—Ek wou eenvoudig hĂȘ my man moet my weer liefhĂȘ. Ek het myself goed in die vlees bekyk. Ek was kaalkop (van die chemo), het geen sorg aan my voorkoms gegee nie, het te veel gedrink, was uiters oorgewig en was in die middel van rekonstruktiewe chirurgie vir kanker.

Ek kan myself net voorstel wat my vriende van my man sou dink as hulle geweet het hy het my gelos en die kinders verlaat.

Toe kyk ek diep na myself, en sien wat die wĂȘreld en my vriende NIE geweet het nie—dat ek vir meer as 'n jaar my man nie toegelaat het om intiem met my te verkeer nie. Ek het nooit saam hom gegaan wanneer hy my uitgenooi het vir pret nie (my kinders het my nodig gehad), en ek het hom voor my kinders afgekraak. Ek het alles geword wat ek later geleer het God NIE wou gehad het ‘n vrou moes wees nie. Ek was omstrede, hooghartig, ‘n groot leuenaar, ‘n arrogante FariseĂ«r, en soveel meer. Geen wonder hy het my gelos nie—ek was ‘n DWAAS! Ek het vir hom ‘n brief geskryf en hom van al hierdie dinge vertel—wat ek GEENSINS aanbeveel nie, dit het net die “haat muur” versterk. (Dit was nie tot maande later wat ek hom hierdie dinge van aangesig tot aangesig kon vertel dat hy werklik kon sien dat ek verander het.)

Omtrent ses weke na hy my gelos het, het hy geskakel en gebieg dat hy inderdaad op iemand verlief geraak het (baie maande vantevore), maar sy kon nie haar man los soos wat hy gehoop het nie, en sy het sy hart gebreek. Ek het nooit geweet wie hierdie persoon was tot en met die week wat my man besluit het om huistoe te kom nie. Glo my—ek het probeer uitvind. Ek onthou hoe ek een aand deur n 55-galon vullisblik gegaan het op soek na kredietkaart kwitansies, maar God het my beskerm deur my eie man te gebruik—Hy het die kwitansies daardie aand saam hom gevat na hy vir die kinders nag gesĂȘ het! Jare later, het hy gesĂȘ dat hy te lief was vir my om ons familie te vernietig.

Gedurende hierdie tyd, dink ek het ek 13kg verloor met die “ontroue dieet” (later, met die regte oefening, gebed, en vas, het ek ‘n totaal van 38.5kg verloor). Ek het bietjie nuwe klere en ‘n pruik gekoop. Ek het ook gevind, in een van die boeke wat ek gekoop het, dat ek berading vanaf die skrywer vir $150 ‘n uur kon ontvang. Ek het my man verraai deur hom by my te laat aansluit vir ‘n sessie om my “te help” en hy het ingestem. Toe dit sy beurt was om privaat in die sessie te praat, het ek natuurlik my oor teen die deur gesit en dinge gehoor wat my hart nooit moes hoor nie.

‘n Hele paar duisend dollar later, het ek besef hierdie “kenner” het nooit deurgemaak wat ek besig was om deur te gaan nie—so hoe kon hy my moontlik lei? Ek was op sy geselslyn op soek na hulp en sien toe ‘n verwysing na RMI in ‘n nota aan iemand anders. Ek het die volgende aand teruggegaan met die hoop dat dit nog daar was en het dadelik op RMI ingeteken. Prys die Here! Ek is jammer om te se ek het nie alles op die webtuiste daardie aand gelees nie—maar, ek het reguit na die bestellings departement gegaan en iets gesien wat “Voorgestelde Pakket” genoem was. Ek weet nie wie dit aanbeveel het nie, maar ek het iets nodig gehad! Prys die Here vir Sy hand op my lewe!!

Toe ek die leesstof ontvang het, en ek die “Hoe God jou Huwelik kan en sal Herstel gelees het”—het veroordeling oor my gekom. Ek het gebid dat God my verander en onverskoning gevra vir al die mense wat geluister het hoe ek my man verneder. Ek en my pastoor het saamgestem om te mag verskil oor die onderwerp van herstelbeginsels. Nou kry hy die grootste glimlag op sy gesig wanneer ons ons ou “tuiskerk” besoek en my man sonder skaamte in die voorste ry kan sit, omdat sy vrou uitgevind het wat die Waarheid in God se Woord is deur RMI!

Toe ek na die “Wees Aaangemoedig” videos luister, het ek hoop gevind. Toe ek die Wyse Vrou boek gelees het, het ek ‘n padkaart geskryf gehad wat my deur God se Woord gehelp het vir my eie herstel! Een dag, het ‘n spesiale posstuk van ‘n prokureurs kantoor arriveer, ek was in ‘n vleeslike paniek. Ek het die posstuk na my man se werk toe gevat (wat hy my gevra het om te doen), en al wat ek kon doen was dink “My genade is voldoende!” Ek het dit aanhoudend al die pad na sy werksplek herhaal. My man het dit vinnig as werksverband ontslaan, en ek het geglimlag en ‘n groot sug van verligting uitgeasem en stille lof aan God gegee. (Ek, natuurlik, was bevrees dat dit egskeidingsdokumente was).

Die dag toe ek by die huis kom, het ek 3x5 kaarte gemaak met die verse wat vir my spesiaal was. Indien jy die Wyse Vrou, gelees het sal jy weet dat RMI ons aanmoedig om dit te doen. Ek het begin om die boek te lees, maar ek het daardie spesifieke instruksie geïgnoreer. Nou weet ek hoekom ons daardie klein “swaarde van die gees” nodig het. Ek het nou nog my oorspronklike pakkie kaartjies, en gebruik hulle nou terwyl ek hierdie getuienis skryf. Sommige van hulle is opgevou en verslete van toe ek hulle in my agtersak gedra het.

My eerste gebede vir herstel was van hierdie kaartjies uit die Bybel. Ek het eenvoudig gesĂȘ, “Liewe Here—Bybel vers—in Jesus se naam, amen.” Soos wat ek hierdie eenvoudige gebede gebid het, het ek gesien hoe die “haat muur” verkrummel!

“Omdat julle geloof te klein is,” sĂȘ Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sĂȘ: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” ( Matt. 17:20 Afr 83 uitgawe).

My volgende sprong in gebed het in die vorm van liedere gekom. Ek het lof en aanbidding musiek gespeel wanneer ek kon en by myself of saam die kinders gesing. Ek het agtergekom dat hoe meer my liedjies van vreugde vermeder het, so ook het die besoeke van my man! Wanneer hy besoek afgelĂȘ het, het ek hom alleen met die kinders gelos—dan het hy my orals in die huis gevolg.

Met my betroubare pakkie 3x5 kaarte, het ek ander in nood begin bedien. Soos wat ek vir ander begin bid het, het my man my begin uitvra vir afsprake.

Ek het ‘n gebeds joernaal met ‘n bladsy vir myself begin, my man, die ander vrou (vrouens), en elkeen van my kinders. So gereeld as wat ek kon, wanneer die kinders al bed toe was, het ek geesdriftig die gebede op elke bladsy gebid. Dit het beteken geen TV, iets groots vir my! Gou het my klein gebeds joernaal ‘n lof joernaal geword. Ek was in staat om baie van hierdie gebede op ‘n daaglikse basis af te merk. Ek het gehoor hoe my man woord vir woord dinge aanhaal soos wat ek daarvoor gebid het. Prys God! Somtyds, moes ek my kop draai om te giggel oor God se genade en goedheid vir my.

Ek sou daarvan hou om te kon sĂȘ dat die oomblik wat RMI in my lewe gekom het, het my man huistoe gekom en dat ons vir ewig gelukkig gebly het—maar dit was nie onmiddelik die geval nie.

Ek het voortgegaan om meer aantreklik vir my man te word aan die buitekant, en my man was besig om die verandering van binne ook agter te kom. Alhoewel, hy nie heeltemal seker was nie—en om eerlik te wees, was ek ook nie.

Gou het ek weer in die put van “man behaer” geval in plaas daarvan om die pad te loop van “onderdanig aan hom soos aan die Here.” Groot fout!! Een aand, op ‘n afspraak, het hy my na ‘n nuwe plek toe gevat. Dit was ‘n ontkleeklub. Ek het gaan sit, en hy het begin verduidelik dat dit is waar hy sy vrye tyd (en baie geld), spandeer het, omdat hy “liefde” sonder komplikasies of om betrokke te raak gekry het. (Hy het my toestemming gegee om die storie te deel en het nie geweet dat hy diep in sonde was en besig was om demone op hierdie stadium van sy lewe te beveg nie.)

Ek het onmiddelik begin bid na ons gaan sit het, en baie gou het al die vrouens na my toe gekom en my man begin prys. Hulle het gesĂȘ dat hy “‘n heer was” en altyd tyd gevat het om na hulle probleme te luister. Ek was getroos en siek op dieselfde tyd. Toe een van die meisies hoor dat ek ‘n kanker oorlewende is, het sy my agter na die verklee kamer gevat en jong meisie na jong meisie het na my toe begin kom vir gebed. Ek dink nie ek was baie goed vir besigheid daardie aand nie.

Ek wil graag sĂȘ ek het nooit weer teruggegaan na daardie plek toe nie, maar soos ek gesĂȘ het, ek het in die man-behae put geval, en welswillend hom telke male gevolg. God het ‘n manier uit voorsien, omdat my man altyd gevra het of ek wou gaan, en ek nooit nee gesĂȘ het nie. Daaroor is ek beskaamd, maar is al lankal vergewe.

Ek het agtergekom dat nadat ek ‘n aand by my man se huis spandeer het na ‘n afspraak, ons intimiteit “liefde” ontbreek het en ek het “gebruik” gevoel, net soos daardie meisies gevoel het wat elke aand moes gaan werk. Ek het volgehou om God te prys dat ek geseĂ«nd was vir die tyd alleen saam my man en die intimiteit ongeag die omstandighede.

Ek het geweet dat ek nodig gehad het om nog een stappie in my gebedslewe te neem, en met die aanmoediging van die woorde op die videos, het ek. Ek het gevra en die doop van die Heilige Gees ontvang. Nou was ek ten volle toegerus en gevul met die vrymoedigheid wat net die Heilige Gees kan voorsien. Op daardie oomblik, het ek “geweet” dat my man sou terugkom en wat ookal voor dit gebeur het nie “Waarheid” was nie.

Toe my man sĂȘ hy kom huistoe (wat verskeie kere gebeur het) en dan verskeie weke later net wou "praat", kon ek na sy woorde luister met ‘n sagmoedige en stil gees en stil in my gees bid. Feit is, ek het gevind dat ek in staat was om heeldag in gebed te verkeer. Ek het gevind dat ek in die huis rondloop en net met my beste vriend Jesus, praat.

Hoe meer tyd ek spandeer het om met Jesus te praat, hoe meer het my man verkies om tyd by die huis te spandeer, totdat hy vir goed teruggekom het. Ek was bedek met die bloed van Jesus, en het geweet dat ek die mag het om alle kwaad te oorkom!!

“Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen” (Lukas 10:19 Afr 83 vertaling).

Toe In Januarie 2002, het my man ‘n week by die huis spandeer. Ons het ‘n wonderlike Kersfees week met die kinders en sy familie spandeer (wat nie ons omstandighede geken het nie ). Ek het een oggend 4 uur wakker geword, en my man met sy gimnasium sak gesien (dit was nie ongewoon vir hom om so vroeg op te staan en te gaan oefen nie) toe ek hom totsiens soen, het hy gesĂȘ dat hy ‘n paar dae by sy huis gaan spandeer en dat hy my later sou skakel.

Die volgende dag, het ‘n vriend in sy trok aangekom, ek het buite toe gegaan om hom te vertel dat my man nie tuis is nie. Hy het my vertel dat sy vrou en my man saam weggegaan het en hy het my dinge begin vertel wat ek nie wou hoor nie. Ek het onmiddelik vir hom gesĂȘ dat hy huistoe moet gaan en vir sy vrou moet wag om huistoe te kom en dat hy dinge met haar moet bespreek. Prys God hy het gou gery, en die kinders het nooit geweet dat hy daar was nie.

My man het daardie aand geskakel en gesĂȘ, “Ek hoor jy het bietjie opwinding vandag by die huis gehad. ”Ek het hom vertel dit was “niks meer as gewoonlik nie” en daarmee die grootheid van die “besoek” ontwyk. Hy het gesĂȘ hy sal die volgende dag terug wees in die stad, en dat hy by sy huis sal bly. Hy het die volgende aand oppad werk toe opgedaag. Ek het stilgebly terwyl hy gesĂȘ het dat hy nie meer langer twee huise kon bekostig nie en dat hy binnekort huistoe sou trek. Hy het dit al voorheen gesĂȘ (so hierdie keer het ek nie op en af gespring nie) maar het net eenvoudig geglimlag en gevra of ons vir hom aandete werk toe kan bring.

Hy het die volgende oggend na sy skof huistoe gekom en ‘n oproep ontvang terwyl ek in die stort was. Dit was sy broer, en hy het die naweek met die AV beskryf en soveel meer wat ek nie wou hoor nie. Ek het nie geweet wat om te doen nie, toe verlaat ek maar die badkamer so gou as wat ek kon en hy het toe geweet dat ek gehoor het. Hy het daardie dag in ons bed geslaap, en toe ek hom wakker maak vir sy volgende skof, het hy my sagkens vasgehou en gesĂȘ hy het geen idee waarom hy saam haar weggegaan het nadat hy haar vir ‘n jaar nie gesien het nie—maar dat ek die een was saam wie hy wou wees. Prys God!

In Februarie, het hy huistoe gekom, en in April, het hy sy trouring weer aangesit—maar ek het nogsteeds nie sy hart besit nie. Ek het vir baie maande op eierdoppe geloop. Die duiwel het my probeer oortuig dat hy nie sou bly nie. Hy was by sy werk afgedank, ons het ons huis en 'n kar verloor en in finansiĂ«le ondergang verval, groter as wat ek nog ooit gesien het (en ek was ‘n GOB vir baie jare).

God is steeds besig om aan my te werk, maar my grootste plesier kom in beantwoorde gebede wat ek in my kosbare gebeds joernaal geplaas het op daardie aande jare gelede toe Jesus my enigste man was. God is besig om ons herstel te voltooi. Dit is nou drie jaar vandat my man sy trouring weer aangesit het, en vir die afgelope paar maande, is ek ‘n toonbeeld van hoe om “NIE” ‘n wyse vrou te wees nie. Ek weet my vlees sukkel terwyl my man besig is om sy regverdige plek as hoof van ons huis en geestelike leier oor te neem. Ek het hierdie rolle vir so lank vertolk dat dit ongemaklik is om hulle op te gee.

Nou gebruik God my eie man om my nader aan Hom te bring. (God is so snaaks.) Hoe meer omstrede ek raak, hoe meer drukkies gee my man my en sĂȘ hy was nog nooit so lief vir my nie, en hy waardeer alles wat ek doen. Ek prys God vir beantwoorde gebede. Hoe meer van ‘n FariseĂ«r ek word, hoe meer haal my man Bybel verse aan of sing van sy liefde vir God. Hy lig sy arms sonder skaamte omhoog in die kerk, en my kinders volg sy voorbeeld.

Hy dring daarop aan om die kinders saam met ons “groot kerk” toe te bring. Ek prys God vir nog ‘n beantwoorde gebed. Die gees van depressie was op my die ander oggend, toe kom my man en sing vir my, “God is die sterkte van my hart!” Ek het gehuil vir hierdie beantwoorde gebed. Wanneer ek kwaad en bang was dat sy salaris weereens gesny gaan word, het my man gesĂȘ, “God het ons, ons “daaglikse brood” belowe—Hy sal ons nie verlaat nie! Prys Hom weer vir 'n beantwoorde gebed.

Wanneer die kinders hulle wan-gedra, het my man hulle begin dissiplineer—maar baie ferm. Ek begin om te leer om op God te vertrou en Hom ook hiervoor te prys.

Terwyl ek besig was met my selfbejammeringspartytjie oor my uiterste gewigstoename, sĂȘ my man,”Ons moet weer ‘n “geleentheids aand” begin,” en ons was geseĂ«n met 'n restaurant geskenkbewys. Daardie aand het my man my “pragtig” genoem. God is so vol van genade. Ek sal voortgaan om hom te prys solank as wat ek asemhaal. 

Ek het nooit werklik ‘n ware “eVennoot,” gehad nie maar ek het ‘n spesiale vriendin wat my gereeld herinner dat ek niks verdien wat God al ooit vir my gegee het nie (insluitende my man en my huwelik)-maar deur Sy genade alleen het Hy en sal Hy voortgaan om my te seĂ«n!!

Ek sal nie my geskenk van herstel weggooi nie—Ek gaan die goeie geveg van geloof baklei en Hom toelaat om my te vorm volgens die vrou en ma wat Hy wil hĂȘ ek moet wees. Ek is Sy kind, en Hy is geen aannemer van persone nie. Wat Hy vir my gedoen het—is Hy meer as in staat om vir jou te doen!

Chelle in Alabama—HERSTEL


Chelle sĂȘ vir almal wat sy ontmoet dat as ons vrouens eenvoudig Hoofstuk 1 van die HJH lees en toepas, hulle huwelike herstel sal wees.

More sal jy die geleentheid hĂȘ om alles wat jy geleer het te studeer en jou joernaal in te vul, wat Chelle en Erin albei gedurende hulle Herstel Reise gedoen het. Dit is hoekom hulle albei glo dat hulle huwelike so gou herstel is. En dit is wat ek ook gedoen het!

As jou huwelik nie deur 'n krisis gaan nie—ken jy sekerlik iemand wie s'n is! So, begin jou RMIOU opleiding deur ander vroue te help! Al is jy nie seker nie, dit is VERNIET.

*Maak net seker jy lees elke les, stort jou hart uit in jou Daaglikse Joernaal (maak seker jy hou jou epos afskrif) en as jy gelei voel om te help met die epidemie van mislukte huwelike, leer hoe om te bedien, dan kan jy aanhou en in net 6 maande, kan jy jou aanlyn bediening hĂȘ! 


"My Juk is sag en lig"

 

Gebaseer op wat ons gesien het wat God vir Chelle gedoen het, met haar hulp en die hulp van baie ander vroue wat HERSTELDE huwelike ervaar het, het die Here vir ons gedurende die laaste paar maande begin wys dat ALLE dinge moontlik is wanneer Hy huwelike, wat ons as hopeloos gesien het, herstel!

Dit is toe dat Hy met ons gepraat het om almal toe te laat om die kursusse te neem, GRATIS aangebied om elke vrou, wat vroue ken in 'n huwelikskrisis, aan te moedig om die kursus te neem sodat vroue regoor die wĂȘreld gehelp kan word!

Wat jy sal leer in die bediening is dat dit eenvoudig genoeg is om genoeg om te gee om iemand te help wat in 'n krisis is. ONS is nie die wat gesond maak of huwelike herstel nie. Ons word nie geroep om beraders te wees nie, maar eerder om 'n Geestelike afrigter te wees en te help om ander vroue aan te moedig om aan te hou met hulle Reis na Herstel—op dieselfde manier wat Erin vir Chelle aangemoedig het! Onthou, elke vrou moet haar Herstel Reis met die Here neem, nie met jou of met ons nie.

Om op te som, of die kursus vir jou is of om 'n ander vrou te help. Of jy seker is dat Hy jou geroep het om 'n Prediker te word of nie. Maak seker dat jy jou Joernaal elke dag voltooi na jy die les gelees het. Stort jou hart uit wanneer jy die vorm invul, hou in gedagte dat jy vir die Here skryf en nie vir ons nie.. Of jou hart breek vir jou vriend of familielid of jou kollega of vir jou self en jou eie huwelik—maak seker jy voltooi AL jou vorms sodat jou joernaal jou help om die kursus te voltooi en jou voorsien met 'n toekoms om ander vrouens te help!

"Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelĂȘ die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in diĂ© dag sal gee" —2 Timotheus 4:7-8

"DAAROM dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflĂȘ en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lĂȘ, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het."—HebreĂ«rs 12:1-2

"Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal." 1 Korinthiërs 9:24

Baie liefde vir jou,

Ons Huweliks Bedieningspan