Beginsel #6 “Vermeerdering van die Gees”

♕ Vandag se belofte: ”Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U." Psalm 143:8

Kosbare bruid ek hoop jy het laas week Beginsel #5 uit "Hoe om Hierdie Jaar Geseënd te Wees" gelees en dat jy reg is vir Beginsel #6. Maak asseblief seker om te joernaal, want daar kan jy jou hart teenoor ons Liefling Here uitstort, asook om kommentaar te los en te deel wat jy geleer het uit Beginsel #6.

Geniet hier

Beginsel #6 “Vermeedering van die Gees”

As hierdie les jou hart geraak het, onthou om kommentaar te lewer onder die les, in die kommentaar afdeling.

As jy kommentaar lewer onder die les, sal al die dames wat agter jou aankom, jaar na jaar, bemoedig word deur wat jy geskryf het.

3 thoughts on “Beginsel #6 “Vermeerdering van die Gees””

  1. Met beginsel 6 het ek geleer dat as ek sukkel om te vas, dat ek die Here moet vra om my daarmee te help en vandag se beginsel het die Here met my gepraat dat ek meer moet vas oor my gewig waarmee ek sukkel. Ek het geleer dat daar is niks kragtiger om vestings te vernietig, deurbrake te kry en die vlees DOOD TE MAAK soos vas nie! Dit is nie die enigste oplossing nie, maar dit is ‘n groot deel daarvan en dikwels waar Hy begin. Wow!!! En is weereens herinneer dat ons niks vir iemand hoe te vra nie, maar net vir die Here, want Hy wil alles aan ons voorsien wat ons nodig het. Ek het ook geleer dat as jy jou vlees voed, sal dit jou geestelik aansienlik verminder en dit sal veroorsaak dat meer en meer versoekings my oorkom en dat ek moet vas want ek wil nie my vlees voed en oorkom word deur meer en meer versoekings nie.

    1. Beginsel 6 het my laat besef dat ek in die vlees dood moet maak en die Gees meer voed en die Gees sterker te kan word. En deur n vas tyd ek ook soo veel nader aan hom sal kom en wanneer ek swak raak ek sterker sal raak naby Hom. En Hy sal my Gees help sterker word.

  2. Beginsel 6 is ‘n herinnering dat ons niks in en deur onsself kan doen nie. Ons het ons Geliefde Man nodig om ons te lei en ons die wysheid, kennis en krag te gee om alles te doen. Vas is kragtig en kan vestings verbreek wat ons daarvan weerhou om te verander of vorentoe te beweeg. Ek het ook my Man nodig gehad om my te help om die eerste paar keer te vas, want ek kon nie vashou om vas te hou nie … maar Hy het my gehelp en ek kon vas deur Hom wat my krag gee.

Comments are closed.