Verlede week het ons LL geëindig met hoe ons as Sy eie, bedoel is om wakker te word en die dag oop te maak as Sy perfekte uitgesoekte geskenk aan ons. Hierdie week wil ek jou graag vra...

Is Hy nie net die Beste nie?!?!?! Die absolute BESTE?!?!?

Ek voel altyd so en vertrou dat jy ook doen, maar dan somtyds doen Hy iets wat so ongelooflik skatlik, sorgsaam en spesiaal is, dat jou hart voel asof dit kan bars. Jy vind jouself met ‘n snaakse “ek is verlief” glimlag. O, is dit net ‘n droom om so te lewe?!?!?! Hy is “…so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie!” (Efesiërs 3:20 DB) Reg?!

Hierdie afgelope naweek is net die soort skatlike, sorgsame en spesiale seëning waarvan ek praat. Aangesien ek in die noorde bly, het Hy vir my gesê, voor ek getrek het, dat ek een keer per maand terug sou ry na waar ek voorheen gebly het, sodat ek kon voortgaan om na dieselfde haarkapster toe te gaan (wat organiese produkte gebruik en graag wil luister na alles wat besig is om in die bediening te gebeur)—saam met ‘n paar ander maniere waarvoor Hy lief is om my mee te pamperlang. Hulle is eenvoudige dinge, maar nietemin so spesiaal.

Soos wat ek besig was om na die noorde toe te ry, het ek besef dat ek nog steeds daardie snaakse “ek is verlief” glimlag, wat van my gesig af uitstraal, het en ek het aangehou om vir Hom dankie te sê vir elke gebeurtenis wat deur my gedagtes gegaan het. Toe het Hy my gevra of ek “alles liefhet?”—wat ‘n stortvloed van gebeurtenisse, waarvan ek vergeet het, veroorsaak het. Dit is toe dat ek onthou het van taamlike moeilike teenstand terwyl ek op my “perfekte” naweek was—baie anders as die pragtige vloei wat ek geniet het. Ek het weer geglimalg en sonder huiwering gesê, “Ja!! Alles daarvan! Selfs daardie bulte in die pad het dit soveel meer spesiaal gemaak soos wat U my daardeur, onder en om hulle gebring het!” En dit is toe dat ek Hom hoor sê het, “Ja, hierdie is die speserye” en ek moes stilstaan om te dink en te probeer om die waarheid van wat Hy nounet gesê het te absorbeer. Toe, het ek die vers onthou waarvoor ek nog altyd so lief was... 

“Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil!” Psalms 34:9

“Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou!” NLT

Is dit nie so waar nie? Dat as alles altyd vlot verloop, dat ons lewens vaal en geurloos sou word? Dit is ook waar dat wanneer daar te veel speserye is, miskien uitermatig pikant, is al wat jy dan kan proe, is die pikante smaak. Baie waar, is ook dat sommige mense nie enige soort speserye in hulle kos kan verdra nie, terwyl ander daarna smag.

Alhoewel ek ‘n bietjie smaak in my lewe geniet om die genot te verhoog, kan ek nie sê ek smag na ‘n woeste pikante lewe nie. Ek is ‘n redelike sagte soort persoon. Daarom wanneer my lewe deur allerhande beproewinge gaan, dat Hy my liefdevol daardeur bring en so baie mense (veral mense wat my regtig ken) verstom. My broers en susters ken my en my lewe los hulle heeltemal verward—veral my broer, die vader van Monica en Lila (van wie jy dalk in die Redding Storie “Tiener Selfmoord Voorkom” gelees het).

Ek is opgewonde om volgende week te deel hoe my pikante lewe die oë van iemand soos my broer vang...

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui