Sondae is gewoonlik die dag wat ek opstaan en strand toe gaan. Ek kom net na sonsopkoms daar en neem eenvoudig die groot uitgestrektheid van die blou water in—die Golf van Mexico. Huidiglik, bly ek minute van die Weskus van die Suide van Florida af, so ten minste een keer per week, Sondae, gaan ek vroeg oor sodat ek relatief alleen met Hom kan wees.

So ek was verlede Sondag verras toe ek kon aanvoel dat ek nie gaan nie. My besorgdheid het daartoe gelei dat ek skuldig gevoel het omdat ek nie strand toe gegaan het nie, wat ‘n rooi vlag is aangesien ons almal weet dat SKULD en skande nie van die Here af is nie.

O, goeiste, gee jy om as ek hierdie Lewensles onderbreek en iets met jou deel wat ek weet elkeen van julle sal seën—net soveel as wat dit my geseën het!?!

Wat my geheue geprikkel het was toe ek die woord “skande” geskryf het en gelei gevoel het om hierdie Lewensles te verander na “Daar is GEEN Skande Nie” omdat die woord “Skande” was wat ek ‘n vrou, Kelly, gehoor beklemtoon het toe ons ‘n paar dae gelede op die telefoon gepraat het. Nie verbasend nie, het ek onlangs besef dat die Here my gekry het om verskeie boodskappe, beginsels en beloftes saam te weef om ‘n veiligheidsnet te vorm sodat vrouens en bruide veilig in Sy liefdevolle waarhede gevang kan word! Ek het sopas “The Heartbroken Heiress” klaar geskryf en daardie storie het na Tiener Uitdagings verwys (waarvan jy dalk onthou dat jy in een van my Reddingsverhale gelees het, “Heroïen Verslaafde”), so dit was vars in my gedagtes en hart.

Op hierdie presiese tydstip, gedurende die tyd wat ons almal in afwagting was vir Tara se verlangde en grootliks verwagte huwelik, het ‘n veraf familielid namens haar dogter na my toe uitgereik. Nadat sy ‘n tweede oordosis oorleef het, was hierdie jong moeder in gevaar dat sy in ‘n psigiatriese hospitaal, vir tot ses maande, opgeneem sou word! Sy was die moeder van vier en was so pas geskei. Ag, hoeveel van ons verstaan hoe desperaat ‘n vrou met ‘n gebroke hart kan wees wanneer sy deur haar man verwerp is en van haar kinders afgesonder is? Net God weet wat die onderliggende oorsaak was, maar toe ek met Kelly gepraat het, het ek gehoor wat haar in die spinnerak van meth vasgevang het. Twee-en dertig jaar van afhanklikheid aan ‘n dwelm wat niks gedoen het om haar pyn, haar skuld en haar skande te verdoof nie. Niks om haar van dekades van gevangenskap vry te maak nie. 

Liewe bruid, neem asseblief ‘n oomblik om hierdie woorde van ons Hemelse Verlosser te lees toe Hy die eerste keer in Sy bediening op aarde ingetree het. Dit is belangrik, want met Hom wat binne jou bly en Sy liefde wat jou voortdurend omhels, is dieselfde geestelike salwing in elkeen van julle. Al wat jy nodig het om te doen is om eenvoudig jou hart oop te maak vir seer vrouens wat oral is:

Die Gees van die Here my God het oor my gekom;

die Here het my gesalf om 'n BLYE BOODSKAP te bring aan die mense in nood,

Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is,

 op te beur,

 om vir die gevangenes vrylating aan te kondig,

 vryheid vir dié wat opgesluit is,

om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon,

die dag waarop ons God sy vyande straf maar almal wat treur,

Vertroos,

die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur,

eer gee in plaas van smart,

vreugde in plaas van droefheid,

blydskap in plaas van hartseer.

Hulle sal genoem word: Bome van Redding.

 Die Here het hulle geplant om SY ROEM TE VERMEERDER.

Hulle sal die eeue-oue puinhope opbou,

plekke herbou wat lankal verlate lê,

hulle sal verwoeste stede weer opbou,

plekke wat geslagte lank verlate lê.

Jesaja 61:1-4

Selfs al is Kelly uit haar gevangenisskap bevry en het ‘n wonder vir al die verbysterde dokters geword, wat nie kon verstaan hoe sy in haar “regte verstand” kon wees nie. Hulle het geen verduideliking gehad hoe sy enigsins ‘n verstand oor kon hê na soveel dwelmmisbruik nie. Al kon ek informasie kry oor die uitstekende program wat ek gehoop het dat dit vir die pas geskeide, opgesluite moeder van vier gebruik kon word. Nadat ek na haar getuienis geluister het, het sy vir my gesê waarvoor sy gehoop het, iets wat sy in haar hart gehou het en nooit vir enigiemand vertel het nie. Haar hele lewe lank het sy gehoop dat sy eendag sou trou en kinders hê. Dis toe dat ek vir haar die storie van Vana vertel het en hoe God die onmoontlike vir hierdie hartgebroke erfgename gedoen het.

Alhoewel ek heeltemal agter was met my werk, het ek geweet dat dit Kelly se Godgerigte Afspraak was om Uiteindelik Liefde te vind. Sy het weliswaar gehoop dat sy eendag getroud sou wees, tog het sy openlik die waarheid dat sy ‘n hemelse Man nodig gehad het omhels. Wat gehelp het was dat sy reeds haar Hemelse Vader omhels het en het selfs vinnig die Ewige Liefde webwerf gevind terwyl ons gepraat het.

Kelly het aangegaan om vir my te vertel dat nadat sy in die skande gesteek is vir hoe sy “anders as haar ouer broers en susters was wat nie hulle self oorgegee het aan dwelms toe haar moeder selfmoord gepleeg het nie,” het sy vir my gesê toe sy die laaste keer met haar aardse pa gepraat het, het hy weer met haar baklei. Hierdie keer het sy egter, nadat sy van haar skande genees is, vir my gesê dat sy opgestaan het en na haar pa toe geloop het en vir hom ‘n drukkie gegee het sonder om ‘n woord te uiter. Sy het gesê, “ek verstaan dat sy hardheid sy manier was om vir my liefde te wys.” Is dit nie ongelooflik wat om van ontslae te raak, vrygestel te word van, een goed gebruikte gekonkel van die vyand, kan doen wanneer jy die waarheid omhels nie?!

Deur haar te laat klaarmaak, want ek was bekoor deur alles wat sy besig was om my te vertel, het ek vir haar gesê hoe in vervoering ek was en inkstinktief het sy vir my gesê dit is te danke aan alles wat sy geleer het. Terselfdertyd, by *Tiener Uitdaging—lê hulle klem op dat daar geen skande is nie, geen skande in wat sy aan haarself en haar familie gedoen het nie, hoe sy dit reggekry het nie, niks—GEEN skande nie, soos wat sy letterlik daardie woord, NEE, uitgeroep het. Toe daardie leuen haar verlaat het, het sy gesê dat hulle almal [by Tiener Uitdaging] begin het om haar te stort, voed en op te voed met die waarheid. Waarheid, waarheid, waarheid. Die resultaat is in plaas van ‘n gebroke, kwetsende, sinnelose monster; is sy nou ‘n energieke vrou wie aan die brand is vir die Here—wie ek hoop gou sal besef dat Hy nie net haar Verlosser is nie, nie net haar Hemelse Vader nie. Dat Hy, feitlik, ook haar Hemelse Man is. En wie weet, God weet, of Kelly eendag haar eie Ware Lewens Feëverhaal sal hê, baie soos Vana s’n “The Heartbroken Heiress” wat ek ook met haar gedeel het.

Voordat ek by my finale roep kom om jou te kry om hierdie les te LEEF, het ek myself gevind dat ek haar met die waarheid oorlaai—en so baie beloftes wat ek in my hart weggesteek het, wat met elke geleentheid uitspoel:

“Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” Psalms 37:4

“...Niks is vir GOD onmoontlik nie.” Lukas 1:37

“... God nie onderskeid maak nie…” Handelinge 10:34-35

“...nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het…” Efesiërs 5:26

“...daar sien sit met sy klere aan en by sy volle verstand…” Markus 5:15

Toe ek elkeen van hierdie verse opgeroep het (en baie, baie meer) soos wat sy haar getuienis gedeel het, het sy so opgewonde geraak en herhaal wat ek pas gesê het! Ek was nie seker of dit ‘n verrassing was dat daar soveel beloftes was wat ek aangehaal het nie en of dit waar geklink het en of sy net verras was dat ek (hierdie vrou op die telefoon) hierdie waarhede geken het nie. Maar ongeag hoekom dit gebeur het, het ek voortgegaan om my entoesiasme te verhoog en om my te verheug in die Goddelike Afspraak. Ek moes ook aan jou ‘n wonderlike lewensles oplewer deur dit met jou te deel. 

Wat van jou? Is jy nog stees gebonde aan die skande wat jou verhoed om jou aanklaer letterlik te omhels? Ek weet ek is nie daar nie. Ek kan egter naby genoeg staan om die ander wang te draai wanneer my vlees ‘n paar tree terug wil neem. Miskien spruit haar ongelooflike salwing uit hierdie waarheid wanneer “baie gegee, baie geëis word.” En dit, God gee ook omdat God in al ons behoeftes voorsien!!

“Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.” Lukas 12:48 Afr 83

*Tiener Uitdaging is nie net vir tieners nie maar ook vir volwassenes.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui