Hierdie week wil ek graag oor iets praat wat ons net as korrek aanvaar het, maar dit is so ver van die waarheid. ‘n Oortuiging wat ons identiteit as ‘n kind van God weerspreek. Ons weet dat ons volgens God se beeld geskape is en dit beteken dat baie van ons eienskappe van ons Vader ontstaan toe ons in die familie van God aangeneem is. Dan later, kom meer eienskappe na vore wanneer ons in Sy familie getrou het—om niks minder as die Seun se bruid te word nie! Om onsself gereed te maak as Sy bruid, neem ons selfs meer eienskappe, maniere, en persoonlikheidseienskappe aan wat bewys Wie ons Vader is en Wie ons Man is.  

Ongelukkig, is daar egter een eienskap wat verdraai is om iets skandeliks te beteken! ‘n Algemene aanvaarde konsep van ‘n goeie karaktereienskap wat ‘n soort siekte geword het—op so ‘n manier gemerk dat dit uiters walglik is wanneer jy stilstaan om daaroor te dink. Vandag is dit tyd om self ontslae te raak van al sulke “verkeerd geïdentifiseerde eienskappe” wat nie Godgegewe eienskappe is nie, maar wat omhels moet word. Laat ons sien of jy kan raai wat my “wanorde” is.   

Vanoggend soos wat ek besig was om my skottelgoedwasser leeg te maak, het ek die kas oopgemaak en verskeie bokse van my gunsteling koffie opgemerk (dis eintlik ‘n mengsel van sampioene en koffie wat ek al vir jare geniet om te drink). Twee bokse was in die teenoorgestelde rigting, toe begin ek om hulle te herrangskik. Maar toe het ek gehuiwer, begin, toe weer gehuiwer, toe geglimlag, toe die waarheid omhels, ek het hulle versigtig en metodies op dieselfde manier as die ander gedraai! Stralend, het ek seker gemaak om elke boks na agterkant toe te tik en weer aan elke kant te tik, om hulle netjies in lyn te bring. Nou is my bokse perfek ten toon gestel.  

Ek geniet dit om ‘n duidelike pad op te stel soos wat ek elke ding doen—saam met vasgestelde tye om dit te doen. As ‘n werker by die huis is ek vry om my daaglikse skedule presies op te stel soos Hy my lei of ek kan ignoreer wat ookal ek beplan het om te doen as Hy sê “Ek sal voor jou uitgaan en hoogtes gelykmaak.”

My raaiskoot is dat jy uitgepluis het wat my “verkeerde geïdentifiseerde eienskap” is en wat die wêreld as OKS of selfs erger, anaal aanvaar het. (So jammer, verskoon asseblief my vulgariteit!!) As jy OKS Google het dit ‘n lys van “simptome” gevolg deur “behandelings” en “medikasies” om te neem om van hierdie siekte, hierdie “wanorde” ontslae te raak. 

‘n Wanorde?!?! Waarom?!?! Wanneer ons Vader ‘n God van perfekte orde is—

word vervolg...

Volgende week sal ons hierdie waarheid verken: Is perfeksie en om orde in ons lewens te hê ‘n wanorde of is dit ‘n leuen, ‘n oksimoron wat eintlik die Waarheid is en Sy Woord weerspreek? 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui