Hierdie week is ek opgewonde om Beginsel #5 Ons moet onverdeelde gedagtes hê, met julle te deel.

As daar een ding in jou lewe is wat die seëninge sal blok of verhinder om in jou lewe te vloei, is dit om besluiteloos te wees, wat lei na twyfel, wat die teenoorgestelde van geloof is. 

Hebreërs 11:6—”As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon."

Aangesien hierdie hele reeks handel oor hoe om hierdie jaar geseënd te wees, en ons weet God is ons Beloner, dan om Hom te behaag en onsself in 'n posisie te plaas om geseënd te wees, beteken dat ons nooit Sy begeerte om ons te seën sal betwyfel of bevraagteken nie—wat beteken ons het 'n onverdeeldheid van gedagtes.

Kyk na hierdie baie kragtige en insiggewende beginsel en belofte:

“My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom,

want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het,  stel dit julle in staat om te volhard.

En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming. As een van julle wysheid kortkom

sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom

sonder enige tekortkoming.

As een van julle wysheid kortkom

moet hy dit van God bid,

en Hy sal dit aan hom gee,

want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt,

Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie,

want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.  

So ‘n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late,

moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.”  

—Jakobus 1:2-8

Besluiteloosheid is iets wat baie min mense beskou as verkeerd, maar dié wat weet en die Skrif bestudeer, verstaan dat  jy baie goeie dinge kan doen, tog soos die vers hier bo ons vertel— AS ons besluiteloos is, moet ons NIE verwag om ENIGIETS van die Here af te ontvang nie. Dit is net soos nog een van my absolute GUNSTELING-hoofstukke in die Bybel, waar dit ook sê:

“Ek haat besluitelose mense, maar u gebooie het ek lief." Psalm 119:113NLV.

Besluiteloosheid: Wat is die wortel van hierdie euwel wat sal veroorsaak dat ons nie seëninge van God sal ontvang nie? 

Toe ek hierdie reeks in 2004 geskryf het, het ek gesê dat daar een vraag is wat mense my meer dikwels vra as enige ander vraag en dit lyk asof dit nogsteeds “onder my vel inkruip,” maak nie saak hoe dikwels ek gevra word nie. Die vraag, wat so dikwels gevra was, lees iets soos dit, “Ek het al die getuienisse in jou boek gelees en op julle webwerf, maar nie een is presies soos myne nie…” Dan gaan hulle voort om my van hul situasie te vertel sodat ek vir hulle sal sê of ek dink hulle huwelik sal herstel word.

Om heeltemal eerlik te wees, my eerste reaksie is woede. Onvermydelik bely ek my woede voordat ek reageer, maar miskien (net miskien) kan my woede 'n Goddelike woede wees? Miskien is dit die gees van God in my wat kwaad gemaak word deur dié wat beweer hulle is Christene maar tog “baie min geloof” uitstal.

In my verdediging, kom ons onthou wat dit sê in Ps. 119:113 "Ek haat besluitelose mense, maar u gebooie het ek lief.” Wat ek gevoel het om terug te skryf was: “Jy het al hierdie getuienisse van 'skynbaar' hopelose huwelike, jy het MY getuienis wat ek gewillig was om te deel en openbaar te maak aan almal regoor die wêreld, en asof dit nie genoeg is nie, wil jy hê EK moet jou verseker?”

Toe God my gevra het om op hierdie reis te gaan, kon ek nie anders as om terug te dink aan die feit dat ek nooit eers GEHOOR het van ‘n huwelik wat herstel was (wanneer ‘n man sy vrou los vir ‘n ander vrou) nie—nie eers EEN nie! Dink daaroor, toe ek gevra was om my Herstel Reis te begin, het ek GEEN huweliksbediening gehad (waarvan ek bewus was nie) wie sou help om mense soos ek aan te moedig nie: geen boek om te verweer nie, geen nuusbriewe wat na my inboks toe gekom het nie, geen blog om te lees nie (ek het nie internet gehad tot 10 jaar later nie;)), nog minder het ek video's gehad om my in die aand te laat slaap met gerusstellende woorde (Chelle in Alabama het gesê dit het letterlik haar huwelik herstel).  

Tog, met AL hierdie “tekens” is dit vir te veel vrouens nog steeds nie genoeg nie en dit, ek moet erken, het my kwaad gemaak. Ek weet dat Jesus kwaad was, of ‘n bietjie gefrustreerd, vir Sy dissipels toe hulle keer op keer getwyfel het. Onthou toe hulle bekommerd was oor die dinge van die wêreld: kos, klere, ens., en Jesus vir hulle in Matteus 6:30 gesê het..."hoeveel TE MEER sal Hy nie vir jou sorg nie, julle kleingelowiges?” 

En weer toe Jesus vir Petrus beduie het om uit die boot te klim en op die water te loop, in Matteus 14:31 sê dit toe Petrus begin sink het, “Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: 'Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?'"

In Matteus 16:4 sê Jesus dit is ‘n, “Slegte en afvallige geslag wat ‘n teken wil hê…” Dan gaan Hy aan om te sê in vers 8 “Kleingelowiges…” 

Wat kan ons uit hierdie verse leer? Dat “as ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil” en iemand wat besluiteloos is, sal “heen en weer” gedryf word soos iemand wat aan die oewer van die oseaan staan.

As jy dikwels getreiter word met besluiteloosheid, sal ek vir jou sê soos wat ek so vir baie ander gesê het, “Gaan staan weer op die sand of neem 'n besluit om in water te klim wat diep genoeg is sodat jy God nodig het om jou bo te hou!” Met ander woorde, draai om en loop weg van herstel of neem die besluit om in diep genoeg water te klim, deur jouself RADIKAAL in die arms van die HERE te gooi en vas te hou aan Sy beginsels, wat jou sal laat dryf!

Besluiteloosheid kan ander kernoorsake hê. Een is om te luister na dié wat vir jou dinge vertel wat “teenstrydig” is vir herstel. Hoe dikwels lees ek die belydenisse van dié wat skryf dat ‘hulle opgee,” wat onvermydelik voortgespruit het deur te luister na iets waarna hulle NIE moes geluister of gelees het nie! (Hierdie beginsel is in Hoofstuk 1 van die HJH boek soos die meeste van julle weet).

Daarby het ek ook besef daar is besluiteloosheid in dié wat hulp vir hulle huwelik ontvang van hulle pastoor, van ‘n berader en ook van ander huweliksbedienings. Om hierdie baie belangrike beginsel van besluiteloosheid te ken en te glo (met die rampspoedige nagevolge van ons “niks van God ontvang nie”), was die rede hoekom Hy ons gelei het om hierdie onderwerp jare later in ons huidige lesse uiteen te sit.    

Ek daag julle almal uit wie tans hulp ontvang van enige van hierdie ander bronne, wat ek hier bo genoem het, om God te soek en Hom te vra waar jy huidig geplant is.  

Ons weet uit die eerste lesse van “wees hierdie jaar geseënd,” dat ons ferm by waterstrome geplant moet wees. As ons nie GEPLANT is nie(maar van een waterbron na die ander hop), raak ons maklik besluiteloos.

Tog, miskien nog voordat jy jouself hier plant, moet jy seker maak dat jy by “God gehoor het dat Hy JOU huwelik wil herstel.”

Ek moet bieg dat hierdie beginsel, wat só belangrik is, nie genoeg in ons bronne uitgelig is nie. Dit mag slegs dié wees wat in ‘n tweede of daaropvolgende huwelik is, wie regtig God soek om te sien of dit SY begeerte is om hulle huwelike te herstel. Hierdie individue hou dikwels op om sodoende eers God te soek, om te sien of dit wel Sy begeerte of wil IS nadat hulle die hoofstuk in die HJH boek gelees het wat handel oor egskeiding en hertrou (uit Kursus 1). Miskien, omdat dit tot nou toe afgeskeep is, is dit hulle wat die voordeel het (omdat hulle aangemoedig was om God se wil te soek) oor dié wat in ‘n eerste huwelik is vir albei gades.

Ek weet nou, dat as ek nie in my hart GEWEET het dat God my huwelik wou herstel nie, sou ek nie, kon ek nie, deur die laaste gevegte gekom het wat gewen moes word op my Herstel Reis nie. Ek glo ek sou opgegee het as ek geglo het dat ek in die stryd geveg het en nie God nie.

Nietemin, toe ek die EERSTE keer in hierdie huweliks herstel stryd ingegaan het, het ek NIE daardie versekering gehad nie. Dit was nie totdat ek meer geleer het oor wie God was, die hart van Jesus leer ken het en genoeg van God se Woord in my hart weggesteek het, dat ek regtig geweet het nie. Daardie geloof in God se vermoë en begeerte om MY huwelik te herstel was vasgemaak toe ek gesien het my vriendin Sue se huwelik is herstel, net 'n paar weke voor my egskeidingsdatum. Ongetwyfeld het ek geweet dat ek God gedurende my Herstel Reis gesoek het en ek het geweet dat hierdie herstel, MY herstel, Sy plan vir my lewe was.

So, laat ek afsluit om jou aan te moedig om ‘n tyd te skeduleer om God te vra wat Sy plan is vir jou lewe. Vertrou my en ander wat ‘n herstelde huwelik het; jy sal Sy versekering nodig hê, nie ons s'n nie, soos die gevegte sterker word—veral wanneer jy naby aan die einde is.  

Tweedens, om besluiteloosheid te vermy, soek die Here om te sien WAAR Hy wil hê jy hulp moet ontvang. Wanneer jy teenstrydige beginsels ontvang, is dit so maklik om “heen en weer” gedryf te word. Binnekort sal verwarring intree en kan jy nie verstaan hoekom nie. Twyfel is dan in staat om in te sluip en al te gou, vind jy jouself afvallig, in jou herstel reis of in jou verhouding met die Here (wat eens op ‘n tyd so sterk was).

Hier in Psalm 1:3 sien ons die kontrasterende vers aan ons “wat niks van God ontvang nie.” “Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.”

En weer sien ons dit in Jeremia 17:8 “So iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie."

Daar is ‘n bestendigheid wat in plek moet wees in die lewe van die Gelowige. Dit is hoekom pastore dit ontmoedig om tussen kerke te spring en kerk inkopies te doen. Dit is nie net dat hulle wil hê jy moet by HULLE bly in HULLE kerk nie, dit is omdat hulle weet dat jy kwesbaar is vir aanvalle as jy tussen kerke rondspring. Dit skep verkorte wortels. Dit is NET die boom wat FERM geplant is wat die storms en winde  kan weerstaaan wanneer (nie as) hulle tref nie. Dit is die boom wat FERM geplant is wat kan verduur wanneer versoekings ontstaan en die rede is eenvoudig—hulle is GEGROND.  

In 2004, telkens wanneer ek genoem het dat mense 'n huweliksbediening moes kies, wou mense onvermydelik gehad het dat ek vir hulle vertel wat is die verskil tussen ons bediening en ander huweliksbedienings, maar ek het nooit gemaklik gevoel om dit te doen nie, nie totdat Hy my gelei het om ‘n volledige hoofstuk te skryf nie. Die rede is dat God nie gelukkig is met verdeeldheid nie, maar met die eenheid van Sy volgelinge. Bygevoeg, God is MEER AS IN STAAT om jou te lei “wanneer julle met julle hele hart daarna vra.” Die hele vraag kan opgesom word deur te vra “Waar wil GOD hê jy moet wees?”

Ter afsluiting, ons het in Die Skrif gesien dat besluiteloosheid iets is wat ons BAIE versigtig moet wees om te vermy; daarom, moet ons alles in ons vermoë doen om NIE in te gee aan die baie subtiele verleiding nie, om ingetrek te word in sy pad van verwoesting nie.

Dit beteken om hierdie algemene verwoesting te vermy, moet jy elke dag hierdie week tyd neem om te peins, oordink en die aangesig van God soek en die hart van die Here. Wees seker om Hom te vra of jy afgedwaal het in enige vorm van besluiteloosheid. En vir dié van julle wat nog herstel vir julle huwelike wil hê—Vestig hierdie saak in jou gedagtes en hart en wees seker om dit te doen saam met die “minnaar van jou siel”‘—jou Hemelse Man.

Soek die Here en vra Hom waar HY wil hê jy geplant moet word. 

En as God jou elders heen lei, dan neem ek afskeid.

As God vir jou sê om by ons te bly, begin dan om FERM geplant te word sodat jy gou die vrugte kan pluk om dié te voed wat God in groter getalle as ooit vantevore na ons toe gaan stuur! 

As jy ‘n getuienis of lofverslag het wat jy graag sal wil deel oor hierdie week se boodskap, neem asseblief ‘n oomblik om HIER TE KLIK  en ‘n Lofverslag IN TE DIEN.