Nadat ek Paradys verlaat het, terug in die noorde, het ek die volgende oggend wakker geword en gevind dat ek Hom weer bedank, toe ek gedink het om te vra, “Waarom was dit anders daar? Liefling, dit voel eintlik anders daar as wat dit hier doen. Terwyl ek onder in die suide was, het ek so vredevol gevoel, so anders as wat ek hier doen. Dit is regtig glad nie die gevoel van die stad nie, alhoewel sneeuvinke meer daarheen stroom as wat hulle hier onder vlieg.” Toe sê Hy, Want hier is jy in die oorlog.” Wel, jinne, ek kan jou sê dit het sekerlik so gevoel. Om stil te bly en nie uit te gaan nie en nadat Hy verduidelik het dat ons in ‘n oorlog is, het dit alles begin sin maak. En vir een of ander rede, om my te roep om noord te bly het beteken dat Hy my geroep het om na die voorste linies van die geveg te gaan.  

Daardie oggend terwyl ons, ons koffie gehad het met net die lig van die straatligte wat deur die venster kom, het ek myself in Spanje begin sien en onthou dat ek so geseënd was toe Hy my gelei het om ‘n toerbus na die Rots van Gibraltar oppad Tangier toe te neem, die noordelike punt van Afrika. Terwyl ek daar was, was ons in staat om deur die tonnels te toer wat in WOII gebruik was, waar Generaal Eisenhower sy hoofkwartiere opgerig het (hy het later die President geword toe ek gebore is—wat my ouderdom weggee, so nou weet jy uiteindelik dat ek ‘n ouer wyser vrou is).

Churchill het dat Eisenhower sy hoofkwartiere “in ‘n klein kamer, in ‘n tonnel in die hart van die Rots oprig.” Generaal Eisenhower het in sy gedenkskrif geskryf, “Die ondergrondse gange onder die Rots het die enigste beskikbare kantoorspasie voorsien, en daarin was die seintoerusting geleë, waardeur ons verwag was om in verbinding te bly met die bevelvoerder van die drie aanvalsmagte. Die eksterne donkerte van die tonnels...het nie merkbaar reageer tot die gekletterende pogings van die elektriese waaiers nie...getrou maar eentonig het [ons] die sekondes afgetel van die amper onuitstaanbare wag wat altyd plaasvind tussen voltooing van ‘n militêre plan en die oomblik wat die aksie begin.” Ek was verstom toe ek later gelees het van hierdie berig omdat so baie besig was om in my lewe te gebeur—selfs die waaiers wat ek aan die gang hou as gevolg van die geraas!    

Hoe ek ontdek het wat gesê was deur hierdie Generaal en later die President, en die wonderlikste waar ek werklik was en jare vantevore ervaar het, kon van niemand anders as God gekom het nie. Hoe ek vasgevang was, gewag het en saam met my Bedieningspanlede beplan het om Sy plan vir ons nuwe bedieningsjaar uit te voer.

“My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.’’’ Jesaja 55:8-9

En weer sê dit in Die Boodskap bybel “Ek dink heeltemal anders as julle. Ek doen dinge ook heeltemal anders as wat julle dit doen. Soos die wolke ver bo die aarde is, is die manier waarop Ek dinge doen ook ver bo die manier waarop julle dit doen. Hoe Ek dink, is ook baie ver van die manier waarop julle dink.”

Dink daaraan, hierdie hoofkwartiere was IN die Rots, nie net gebou op die Rots nie. Miskien is dit n simbool van hoe ons as wyse vrouens, wie Sy bruid geword het, ons pad binne die tonnel van die Rots moet maak en ons hookwartiere binne moet maak wanneer daar ‘n stryd woed wat Hy vir ons sal veg!

“Moenie bang wees nie! Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red…” Eksodus 14:13

“Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle . . . Moenie vrees nie moenie bang wees nie . . . Die Here sal by julle wees.” 2 Kronieke 20:17

Toe ek dit geskryf het, het ek geen idee gehad nie, niemand van ons het nie, watter “versteekte” stryd was op die punt om dwarsoor die wêreld uit te breek. COVID-19. Tog het HY geweet, en HY het seker gemaak ons is almal voorbereid. Ons was veilig IN die Rots, baie werkers by die huis en die res wat smag om werkers by die huis te wees en dit ten goede gebruik om dit te laat gebeur.

“Ons weet dat God alles ten GOEDE laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” Romeine 8:28

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui