Verskeie weke gelede het ek die LL “Wag Net” geskryf en was verbaas toe Hy my weer gevra het om weer te “Wag Net”. Soos ek al voorheen gesê het ons HM het ‘n sin vir humor, want elke week soos wat ek probeer het om die LL klaar te maak het dit van “Wag Net weer” gegaan na “Wag Net weer en weer en weer en weer.” Hahahaha

Elke week het ek gewag en gekyk hoe dinge wat ek my nooit sou verbeel nie, begin het om te ontvou. As jy onthou, die mees ongelooflikste ding het gebeur (nadat ek net gewag het), ek was in staat om ‘n “maklike” vorentoe op my PB pos te sit [My juk is sag, en My las is lig.” Matteus 11:30]. Spoedig nadat ek besef het dat my pos NIE vorentoe gestuur was nie, maar eerder terug na die afsender! Moes ek net lag, wel, natuurlik sou dit iets wees wat ek as ‘n LL gebruik het (net soos wat jy ‘n lof deel en daardie lof loop skeef). Maar onthou altyd, ons word opgestel, Hy is besig om jou “op te stel” vir meer opwindende gebeurtenisse—wat ons toelaat om Hom selfs meer te loof!

Toe ek besef het dat dit was wat besig was om te gebeur, het ek ook besef dat ek nêrens kon kom nie (Hosea 2:6) so ek kon nie die aangeleentheid regstel nie. Ek wou so graag almal kontak—om ten minste net ‘n bietjie te verduidelik oor wat besig was om aan te gaan, al het Hy nog nie vir my die oplossing gewys nie. In plaas daarvan het Hy my gehelp om ‘n stil (kalm te bly) en sagmoedige gees te hê terwyl Hy begin het om die wonderlikste en mees ongelooflikste simfonie te orkestreer soos wat Sy perfekte plan begin  ontvou het!

Met elke persoon wat vir my pos gestuur het, het iets anders en ongelooflik opwinded begin gebeur. Moontlik die mees betekenisvolste was iets wat ek en Lota (ons ESP Prediker) meer as ‘n dekade gelede bespreek het! Ek het oor die jare daaraan gedink, maar dit het nooit gelyk asof dit doenbaar was nie—dit was bloot ‘n onmoontlikheid wat ek en sy net van gedroom het.

“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink.” Efesiërs 3:20 (Afr 83)

“God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie!” Efesiërs 3:20 (DB)

Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar VIR GOD is alles moontlik.” Matteus 19:26

Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie VIR GOD nie, want vir God is alles moontlik.” Markus 10:27

“Niks is VIR GOD onmoontlik nie.” Lukas 1:37

Daarop antwoord Hy: “Wat vir die mense onmoontlik is, is VIR GOD moontlik.” Lukas 18:27

“Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” Psalms 37:4

Maar as gevolg van my vroeë lof wat skeefgeloop het, saam met my wat “weer en weer en weer en weer Net Wag” het my HM my toegelaat om te kyk hoe Hy ‘n reeks van onverwagte feeste, wat voortgaan om uit te brei, doen.

My HM is MY VREUGDE en elke oggend word ek wakker om die dag, as Sy perfekte uitgesoekte geskenk aan my, oop te maak!

Liewe bruid, lewe jy soos dit? O, ek hoop beslis jy doen.

Beteken dit dat ek nooit moeilikhede of struikelblokke ervaar nie? O Weë, NEE! Ek doen! Ek staar baie, baie van hulle in die gesig, maar die verskil is, ek (en jy) is in staat om oor, onder, om en deur hulle te navigeer terwyl ons Sy hand vashou. Daar was tye in my lewe (nie onlangs nie) toe Hy my moes optel en in Sy arms dra. Maar selfs toe het ek ontdek dat my kop op Sy bors rus so ek kon die klop van Sy hart hoor.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui