Hierdie week wil ek graag hierdie vers deel wat meeste van julle dalk goed ken...

“U [God] laat my bekendes ver van my af staan en maak my vir hulle iets afskuweliks; ek sit vasgevang en kan nie uitkom nie.” Psalms 88:9

Jy is dalk bekend met hierdie vers omdat ons dit in ons Huweliks Evaluasie bekendgestel het. Vir die grootste deel, is dit die eerste twee gedeeltes van hierdie beginsel waarop ons gefokus het, maar net onlangs die laaste gedeelte, “ek sit vasgevang en kan nie uitkom nie” wat aanhoudend in my kop om en om bly gaan. En dit is die lewensles wat ek opgewonde is om hierdie week met jou te deel!!

Verlede week het ek gedeel hoe ek gekla het oor waar ek gebly het. Toe Hy my uit hierdie hindernis om uit hierdie vallei te kom, het Hy my wonderbaarlik na ‘n ander vallei toe gebring. Vir dae aaneen, en daarna weke aaneen—het of die weer of iets anders veroorsaak dat ek nie uit die klein woonstel wat ek gehuur het kon kom nie. Dit het so voortgegaan en dit was nie totdat dit weer gebeur het wat ek net daaroor begin lag het nie. Dis toe wat ek my “Aha” oomblik gehad het—ek het besef Hy wou nie gehad het dat ek moet uitgaan nie. Hy was besig om iets te doen. Iets waarvan ek geen benul van gehad het nie.

So die volgende dag, met hierdie nuwe begrip—het ek gekies om nie uit te gaan nie—al was die weer en die geleentheid die guldige geleentheid om uit te gaan. Dit het gebeur toe ek gekies het om nie uit te gaan nie, toe ek opgehou het om teen die opposisie te baklei, dis toe dat DIT gebeur het. Dis toe dat ek die mees wonderlikste DEURBRAKE gehad het wat ek in jare gehad het!! Daar is geen ander rede hoekom dit op daardie spesifieke dag gebeur het nie—die dag dat ek gekies het om “vasgevang” te wees en “om nie uit te gaan nie” wat ek die opposisie wat ek gevoel het in my opkom, oorwin het. 

Deur Hom te vra om te verduidelik, het Hy my herinner aan die skrywer John Bunyan, wat ek gehoor het dat hy gesê het dat hy enige tyd uit die tronk kon loop as ‘n vry man as hy eenvoudig net belowe het om op te hou preek. Hulle het selfs sy tronksel oopgesluit gehou in die hoop dat hy dit sou doen. In plaas daarvan, het hy gekies om opgesluit te bly, nie in staat om uit te gaan nie en terwyl hy opgesluit was het hy die allegorie Pilgrims Progress geskryf.

Die volgende persoon waaraan Hy my herinner het, was Job wat gesukkel het om sin te maak en weg te kom van alles waardeur hy besig was om te gaan. Vir 42 lang hoofstukke in die Boek van Job, het ons gesien hoe hy gesukkel het, hoofsaaklik met teenstand in sy lewe wat hy in die gesig gestaar het. Tog was dit eers in sy “Aha” oomblik wanneer hy gesê het, “en dat U kan uitvoer wat U besluit,” dat ons oor sy deurbraak lees en “het die Here die omstandighede van Job verander en hom twee keer soveel gegee as wat hy gehad het.”

My HM wou my gewys het dat wanneer ek besef dat Hy iets doen en ek dan eenvoudig kies om vasgevang te sit en nie uit te kom nie—dat ek geestelik in staat was om al die opposisie te oorkom wat so baie van hierdie deurbrake wat ledig gebly het, in ‘n geestelike toestand van afwagting, verhoed het.

Ken jy “Aha” oomblikke in die Bybel?

“Laat dié wat my lewe wil neem, self in die ellende beland, teleurgestel in hulle verwagting; laat dié wat graag my ondergang wil sien, op die vlug slaan en beskaamd staan." Psalms 40:15 Is dit nie wonderlik dat ons as Sy bruid nie meer in ons eie beskaamheid hoef te lewe nie? Ons kan in plaas daarvan daaroor lag met dieselfde goeie humor omdat God ‘n goeie lagsessie geniet...

“Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit, die Here spot met hulle.” Psalms 2:4 Hy bespot ons nooit nie, as Sy bruid geniet ons om vir onsself te lag omdat ons so selfversekerd en gemaklik in Sy liefde vir ons is!

So baie van ons bruide, glo ek, mag dalk dink dat om met Hom “vasgevang” te wees, en nie toegelaat word om “uit te gaan” nie sal wees wanneer hulle op hulle knieë val, hartgebroke, en heeltemal seker dat hulle gestraf word. Hier is net ‘n paar van Sy beloftes om hierdie denkwyse te help ontmasker en hierdie manier van dink wat ‘n leuen is, te ontbloot... 

“Deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie dit is elke môre nuut. U trou is groot.” Klaagliedere 3:22-23

“... wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Hebreers 13:5

“As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.” Hebreers 11:6

Word jy vasgevang, nie in staat om uit te gaan nie en nie in staat om vorentoe te beweeg nie? Dan is dit tyd om lekker saam met Hom te lag (Psalms 2:4) en dan te kies om gemaklik alleen saam met Hom kuier.

Terwyl jy wag vir volgende week se Lewensles, vra Hom om vir jou ‘n Aha oomblik te onthul, ‘n oomblik in jou lewe toe dit amper was asof die ligte in ‘n donker kamer aangeskakel was.

Bediening BYWERK:

Op 13 Maart 2020 het ons Amerikaanse President ‘n Nasionale Noodgeval Aangaande die Coronavirus Siekte-Uitbraak (COVID-19) Verklaar. Op hierdie datum was baie maatskappye en skole gesluit, baie was onder kwarantyn geplaas, baie mense en families was “vasgevang” en hulle kon nie “uitgaan” nie.

Ek het hierdie LL vroeg in Februarie geskryf, meer as ‘n maand voordat ons hele wêreld besig was om kwarantyn uit te reik, voordat ons gegesien het hoe baie “vasgevang” word sodat hulle “nie kon uitgaan nie.” GOD het ons voor die tyd voorberei om diegene wat vrees ervaar het, toe te laat om te aanskou hoe om nie net die VREDE wat ons uitstraal, wat ons opgelei is om te doen gedurende ons Herstelreis nie, te aanskou nie, maar ook hoe ons die GOEIE gesoek het.

As jou geliefde begin nies, of hoes, of ‘n koors kry en as jy die vyand in jou kop hoor skree “Jy het dit!” onthou, dit is ‘n leuen, MOENIE met die vyand saamstem nie, stem saam met GOD en Hy sê:

“Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.’ Psalms 91:7

“Hulle antwoord hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered [gespaar] word, jy en jou huisgesin.”’ Handelinge 16:31

“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” Romeine 8:28 Wat is Sy doel?

“Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het” Genesis 50:20—geestelik lewendig, jou familie en ander sal kalmte aanskou, sien hoe jy vir ander omgee, en hulle sal wil hê wat jy het!

Wie weet of jy nie met die oog op 'n tyd soos hierdie tot die koninklike waardigheid geraak het nie? Ester 4:14

AS jy nóú swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!?” Ester 4:14

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui