My Liefste Here is absoluut in beheer!

"Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie." J15:5

Ek het my eggenoot vir die 1ste keer in meer as 'n jaar gesien. Dit was nie beplan nie.

Ek het oor die laaste paar maande begin dink ek sal dit kan hanteer as dit moet gebeur en tot my skok kon ek nie. Ek het in die binnekant heeltemal uitmekaar geval.

Maar my liefste Here hou Sy beloftes. Hy het my nie verlaat nie, net soos Hy belowe. Die oomblik wat ek uitmekaar geval het, het Hy oorgevat. Sy woord en die beginsels wat ek by RMI geleer het en wat in my hart gebêre het, het lewend geword.

Ek was swak en kon niks hanteer of weerstaan nie maar My liefste Here was in beheer. Ek het niks gedoen of gesê wat my vlees vir my geskreeu het om te doen nie. Vriendelikheid was op my tong (En nee, ek sou dit nie kon regkry sonder God nie), en ek het saam met my Liefste Here aan my sy weggestap sonder 'n woord of om in te gee aan my eie begeertes.

Ek het meer as dit geleer deur die beproewing waardeer ek moes gaan.

Ek het geleer dat ek niks is sonder Hom nie kan doen nie en dat Hy werklik in beheer is! Al het ek hierdie geleer, het ek maar steeds hierdie ding in my hart gehad dat ek tòg 'n verskil kan maak deur my woorde en aksies. Nou wèèt ek, ek kan nie en ek mòet alles oorgee aan Hom!

My hart is seer maar ek het vrede. En vandag wil ek my liefste Here dank, loof en prys vir dìe beproewing wat ek moes deurgaan. Ek sou dit nie anders wou gehad het nie. Nou is ek nèt Syne.

3 thoughts on “My Liefste Here is absoluut in beheer!”

  1. JEREMIA 29:11
    Ek weet wat Ek vir julle beplan, se die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting.

    Toe ek hierdie lof lees het ek dadelik aan die bogenoemde vers gedink. Ek loof, prys en dank die Here saam met jou. Ons dien ‘n GROOT God.

  2. ‘Geen versoeking het julle aangegryp behalwe soos ‘n mens nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar sal saam met die versoeking ook ‘n uitkoms maak, sodat julle dit kan verdra. ‘
    1 Korintiërs 10:13

    Liewe, hoe mooi is dit om te sien dat die genade van ons Geliefde God op daardie oomblik by jou was, hoe mooi is dit om te sien dat sy troos by jou is en alhoewel dit nie ‘n maklike oomblik was nie, het ons Geliefde jou op daardie oomblik gelei , wat sy groot Liefde demonstreer, vir God Daar is geen onmoontlikhede nie, HY is ons Helper💓

  3. Dankie vir hierdie pragtige lofprys kosbare Betty. Dit is vir my so pragtig, want ten spyte dat jy erken dat jy aan die binnekant heeltemal uitmekaar geval het, kan jy nog steeds sê dat ons Geliefde Here Sy beloftes hou, wow. En dit is die hele punt, want ons nie meer kan nie, vat Hy oor! Jou getuienis het my nou so bemoedig, dankie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui