Lees Katheryn se HERSTELDE Huwelik getuienis,
"Meer as Gelukkig om net saam
met Jou te Wees"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

AFR-NEW-COVER-WRYM-Front

Hoofstuk 7 “Vriendelike
Onderrigting is op Haar Tong”

“Haar mond maak sy oop met wysheid,
en vriendelike onderrigting is op haar tong.”

—Spreuke 31:26

Almal let op Almal let op hoe 'n vrou met haar man,  haar kinders en ander mense praat. Wanneer ‘n vrou met respek en liefde met haar eggenoot en kinders praat toon sy die hoof karaktertrek van ‘n “goddelike vrou” en hulle wat ongeduldig en sonder respek praat, openbaar hulleself as swak en onvolwasse Christene.

Vriendelike en sagte woorde is van die belangrikste bestanddele vir ‘n goeie huwelik en goed gemanierde kinders. Vriendelikheid is die hoof karaktertrek van ‘n “goddelike vrou”.

Ons word mislei deur “beraders” en sogenaamde “huwelikskenners” wat vir ons vertel dit is ‘n tekort aan kommunikasie wat veroorsaak dat ons huwelike verbrokkel. Terwyl ek die bybel ondersoek het, het ek gevind dat God baie sĂȘ oor hoeveel ons praat, wat ons sĂȘ en hoe ons dit sĂȘ! Volg my soos ons saam die waarheid ontdek:

Dit is nie ‘n tekort aan kommunikasie nie!

Ons moet versigtig wees Hoeveel ons praat!

Baie woorde. Dis nie alleen ‘n tekort aan kommunikasie wat probleme in ons huwelik veroorsaak nie, maar wanneer daar ‘n stortvloed van woorde en besprekings is, kan en gaan ongehoorsaamheid (‘n oortreding aan God se Woord) nie vermy word nie! “By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig” (Spr. 10:19).

Bly stil. Mense sĂȘ ons moet ons mening lug en sĂȘ wat ons dink, maar God sĂȘ: “Die verstandelose verag sy naaste, maar ‘n verstandige man bly stil” (Spr. 11:12). “Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang” (Spr. 13:3).

Sy lippe toehou. Eintlik sĂȘ God dat ons wysheid beoefen en wys voorkom as ons stilbly. “Selfs ‘n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig” (Spr. 17:28). “Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose” (Matt. 5:37).

Sonder ‘n woord. God praat direk met vroue om stil te bly. “Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het” (1 Pet. 3:1–2). “Julle vroue moet in die gemeentes swyg . . .” (1 Kor. 14:34).

Sagmoedige en stille gees. God vind ‘n stil vrou kosbaar. Is dit jy? “. . . maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God” (1 Pet. 3:4). “Bewaar jou pand en vermy die onheilige, onsinnige praatjies en teĂ«werpinge van die valslik sogenaamde kennis, waarvan sommige belydenis gedoen het en, wat die geloof betref, op 'n dwaalweg geraak het” (1 Tim. 6:20).

God Waarsku ons om Versigtig te wees met wat Ons SĂȘ

Sy mond bewaar. Hoeveel keer het jy in die moeilikheid beland oor wat jy gesĂȘ het? “Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei” (Spr. 10:31). “Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing” (Spr. 12:18). “Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede” (Spr. 21:23).

Wat uit die mond uitgaan. Hierdie stelling is duidelik. Wat jy sĂȘ is baie belangrik! “Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word” (Matt. 12:37). “Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein” (Matt. 15:11). “Maar nou moet julle ook dit alles aflĂȘ, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond” (Kol. 3:8).

Gee ag op die Woord. Hierdie skrif beskryf twee tipe vroue. Watter een is jy? “‘n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos ‘n verrotting in sy gebeente” (Spr. 12:4). “Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig” (Spr. 16:20).

Praat soos ‘n kind. Is jy volwasse? Of is jy steeds ‘n kind wat ander seermaak met woorde? Een van die grootste leuens wat ons as kinders geleer het was (‘n Engelse gesegte)—klippe en stokke kan dalk my bene breek, maar woorde sal my nooit seermaak nie. Baie van ons het nooit herstel van sommige woorde wat aan ons gesĂȘ is as kinders nie. “Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelĂȘ” (1 Kor. 13:11).

Is dit nie tyd vir ons om volwasse te word nie? Hou op om jou eggenoot, jou kinders en ander mense seer te maak met jou woorde!

Regverdige lippe. Wie waardeer nie ‘n vriendelike woord van iemand nie? “Die konings het behae in regverdige lippe, en hulle het hóm lief wat regte dinge spreek” (Spr. 16:13). “Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here . . .” (Efe. 5:19).

Laat die twis vaar. “Die begin van ‘n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek” (Spr. 17:14). “Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae” (Spr. 18:6). Weereens, stryery en twis is nie goed vir die huwelik (of enige verhouding) nie, al probeer mense jou anders oortuig!

Twis. Is daar konstante wrywing in jou huis? “En die werke van die vlees is openbaar, naamlik vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns . . .” (Gal. 5:19–21). “As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, diĂ© is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is . . .” (1 Tim. 6:3–5).

Wees gou goedgesind! As jy sukkel met stryery memoriseer die volgende skrifte. Hierdie skrifte het my lewe totaal en al verander! “Wees gou goedgesind teenoor jou teĂ«party so lank as jy nog saam met hom op die pad is . . .” (Matt. 5:25). “Dit is ‘n eer vir 'n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los” (Spr. 20:3).

Waar twee saamstaan. Probeer eerder iets vind waarmee jy saamstem in plaas daarvan om te verskil met alles wat jou eggenoot sĂȘ. As jy met niks saamstem nie, bly stil en glimlag! “Weer sĂȘ Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is” (Matt. 18:19).

Afbreking in die gees. Spreuke sĂȘ vir ons dat ons, ons eggenoot se gees kan breek deur ons woorde. “Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees” (Spr. 15:4).

Hou my mond in toom. Hier is ‘n nugtere gedagte: “Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, Here, U ken dit geheel en al” (Ps. 139:4). “Ek het gesĂȘ: ‘Ek wil my weĂ« bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is’” (Ps. 39:2). Hou jou tong in toom! Om te vas is die enigste manier om waarlik bevry te word van `n groot mond! Glo vir my, jy sal te swak wees om te praat! Dit het vir my gewerk! Doen dit—vinnig!

Kwaadstook

Haar man vertrou op haar. Nog iets waarop ons moet let wat kan veroorsaak dat ons, ons eggenoot se vertroue verloor; is om hom met ander te bespreek. “Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie” (Spr. 31:11). Ons moet nooit ons eggenoot se swakhede of iets wat hy in vertroue met jou gedeel het, aan ander vertel nie. Onthou, “‘n Kwaadstoker skei vriende van mekaar” (Spr. 16:28). Menige vroue deel met my (en almal wat hulle ken of ontmoet) oor hulle eggenoot se egbreuksonde, alkohol, dwelms of pornografie. Ek weier om daarna te luister en stop hulle dadelik. Laat ek jou vra, “Hoeveel mense het jy vertel?”

Bely ons sondes. Tydens berading of wanneer ons met ander mense praat om hulp te kry vir ons huwelik, maak ons almal die fatale fout om ons eggenoot se sonde en foute te bely en verbeur ons om die restorasie en genesing te ontvang wat ons nodig het vir ons huweliksrestorasie. Die Bybel sĂȘ duidelik, “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Joh. 1:9). En dan weer in Jakobus 5:16 sĂȘ dit duidelik: “Bely mekaar jou misdade en bid vir mekaar, sodat jy gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.”

Ek sal vernietig! “Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek [God] vernietig . . ..” (Ps. 101:5). Baie vroue dink dat hulle konstant teen die “vyand” veg wanneer dit eintlik God is teen wie hulle veg! Indien jy ander vertel het van jou eggenoot, het jy hom verkleineer. God belowe hy sal verwoesting bring in jou lewe. Jy kan die duiwel soveel moontlik weerstaan, maar die Bybel praat duidelik. Jy moet bely en die Here vra om hierdie sonde uit jou lewe te verwyder, doen daarna restitusie en gaan terug na elke persoon wat jy vertel het. Bely jou eie sondigheid teenoor hulle en vertel hulle van al die goeie dinge wat jou eggenoot vir jou gedoen het en steeds doen.

‘n Kwaadstoker openbaar geheime. Een van die mees algemene strikke waarin ‘n vrou trap is om te skinder oor die telefoon, onder die vlaandel van “gebedskwessies” en “gebedsversoeke” te deel. Hou op om tyd te spandeer saam met vroue wat skinder. Doen wat God jou beveel: “. . . laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie” (Spr. 20:19).

Kwaadstokery moet stop. Ander mag nie besef dat jy ‘n skindertong is nie, maar God ken jou hart. Moenie onwys wees nie, jy hoef nie die fynste besonderhede te beskryf om ‘n gebedsversoek te deel nie-jy is ‘n dwaas! “. . . maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot ‘n val” (Spr. 10:18). Ons moet almal die “deel” van gebedsversoeke laat staan, dit is niks meer as skinder nie. “Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid” (Efe. 4:31).

Jy sal vind soos jy gaan ophou met hierdie tipe van “deel” dat jy niks meer het om vir jou vriende te sĂȘ nie. Dit het ook veroorsaak dat ek nuwe vriende gemaak het! As jy die versoeking om terug te val weerstaan, sal God getrou wees om jou te leer om jou eggenoot op te bou in plaas van hom te verneder. “‘n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos ‘n verrotting in sy gebeente” (Spr. 12:4). Laat ons eerder begin “Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here” (Efe. 5:19).

Vriendelike woorde. As jy deur jou woorde of houding jou eggenoot verkleineer, is God getrou om jou ‘n geneesmiddel aan te bied: “‘n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ‘n verslae gees laat die gebeente uitdroog” (Spr. 17:22). “Vriendelike woorde is soos ‘n heuningkoek: soet vir die siel en ‘n genesing vir die gebeente” (Spr. 16:24). “‘n Wyse van hart word verstandig genoem, en soetheid van lippe vermeerder die lering” (Spr. 16:21).

God sien! God se Woord sĂȘ ons moet versigtig wees hoeveel ons sĂȘ, ons moet ons eggenoot wen sonder woorde en dan wegstaan uit ons eggenoot se pad. God is ernstig oor die houding agter ons aksies, aangesien dit ons hart openbaar. “Want nie wat die mĂ©ns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oĂ« is, maar die HERE sien die hart aan” (1 Sam. 16:7). Die gesindheid van ‘n goddellike vrou is een van respek vir haar eggenoot, wat spruit uit ‘n rein hart.

Respek

Ons word geleer dat respek iets is wat ons moet op aandring. Ons word geleer dat ons respek moet hĂȘ vir onsself. Om die ware betekenis van respek te leer moet ons kyk na ‘n dieper kennis. Ons eggenoot moet gewen word sonder woorde, deur ons rein en respekvolle gedrag. “Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word” (1 Pet. 3:1). Die woord respek is gedefinieer in die woordeboek as: “‘n spesiale waarde of konsiderasie wat gekoppel word aan ‘n ander persoon. Dit is nie wat ons op aandring vir onsself nie!

Volgens die woordeboek beteken respek(vol) om te konsidereer, konsidereer; te ag, te eer en te respekteer, te bewonder, te waardeer, raak te sien, te bemoedig. Anonieme (teenoorgesteldes) is af te kraak, te blameer en te verkleineer. Ons sal die vetgedrukte woorde dieper bespreek.

Konsiderasie: Ag gee op ander mense. HebreĂ«rs sĂȘ dat ons, ons eggenoot en ander mense moet bemoedig. Deur ons dade, kan ons hulle stimuleer om ons lief te hĂȘ en om ook goed te doen. “. . . en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor” (Heb. 10:24). So, as ons nie ander konsideer nie, dan motiveer ons, ons eggenoot en kinders om ons te verag en dit is verkeerd!

Werke van die vlees. Ons gebruik ons eggenoot se sonde om verskoning te maak vir ons tekort aan respek vir hulle. Hier is ‘n lys van sondes soos in GalasiĂ«rs. Soos jy hulle lees, neem asseblief ‘n oomblik en onderstreep daardie sondes wat gewoonlik deur mans gepleeg word, dit wat ons wat in die kerk as "ware" sonde noem.

“En die werke van die vlees is openbaar, naamlik: owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sĂȘ, soos ek al vroeĂ«r gesĂȘ het, dat diĂ© wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beĂ«rwe nie” (Gal. 5:19–21).

Gaan nou terug en omkring die sonde in die kerk wat ons geneig is om te ignoreer, daardie word gewoonlik deur vroue gepleeg. Om verskoning te maak vir jou oneerbiedigheid, gebaseer op jou eggenoot se sonde(s) is duidelik gebaseer op jou onkunde of verskoning vir jou eie sondigheid voor ‘n Heilige God! Ons is duidelik vol sonde, wat God sĂȘ, “sigbaar” is!

Kyk na jouself. Menige voel dit is hulle verantwoordelikheid om ander wat sondig, te straf of dissiplineer, veral hulle eie eggenoot. Die Bybel sĂȘ iets anders en wys ons die nagevolge van hierdie hoogmoedige dade. Moenie dat ons die splinter in ons eie oĂ« vergeet nie. Onthou by God is alle sonde dieselfde.

Weereens, moenie toelaat dat satan jou bedrieg om jou te laat glo dat jou eggenoot se sonde groter is as jou eie nie. Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself” (Gal. 6:1–3).

Agting: HoĂ« agting vir ander. Sielkundiges, ongelukkig ook christen sielkundiges, het God se gebod wat beveel ons moet “ander hoĂ«r ag as onsself” verdraai om ons te leer om onsself op te bou eerder as ander. Lees die hele gedeelte en laat die waarheid toe om jou vry te maak van selfagting en trots, wat besig is om jou en jou huwelik te vernietig.

“Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoĂ«r ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n. Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword” (Fil. 2:3–7).

Waardeer hulle wat oor jou aangestel is. Jou eggenoot is oor jou aangestel. Het jy dit vir hom makliker of moeiliker gemaak? “Maar ons vra julle, broeders, erken diĂ© wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan; en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar” (1 Tess. 5:13).

Eer: waardig ag. Ons moet ons eggenoot waardig ag, ons moet hulle reeds eer betoon. “Almal wat diensknegte is onder ‘n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodat die Naam van God en die leer nie belaster mag word nie” (1 Tim. 6:1).

God mag nie belaster word nie. Onthou deur jou eggenoot eer te bewys, ongeag of sy dade eer verdien of nie, bring jy glorie tot God. Nie net as jou eggenoot by jou is nie, maar ten alle tye wanneer jy van hom praat asook in jou gedagtes! Die nagevolge om nie hierdie tipe respek te toon nie beteken ek onteer God en sy Woord. Ons sĂȘ ons is christene maar ons dade getuig nie daarvan nie! (Sien Titus 1:16) In plaas daarvan behoort ons “ingetoĂ« te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie” (Titus 2:5). En “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here” (Efe. 5:22).

Met moeite. “En aan die mens het Hy gesĂȘ: ‘Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geĂ«et het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie--vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe’” (Gen. 3:17). Na die val van die man en die vrou is albei gestraf, die vrou sal pyn hĂȘ tydens geboorte en die man sal swoeg in die grond en werk. So hoekom is die man se straf nou verdeel tussen man en vrou? Hoekom glo ons hierdie leuen? Trots!

‘n Vrou vol trots wil nie vertel word wat om te doen en hoe sy geld moet spandeer nie. As sy haar eie geld verdien kan sy haar eie besluite neem hoe sy haar geld spandeer. Ons kan so maklik wegglip onder die gesag en ook die beskerming van ons eggenote.

Bygevoeg, as ‘n vrou ‘n afsonderlike beroep beoefen as haar huis en kinders, verdeel dit die paartjie se belangstellings en word ons onafhanklik van mekaar. God waarsku ons dat ‘n huis wat verdeel is, sal nie bly staan nie! Het jou werk of beroep jou huwelik vernietig? (Sien “The Ways of Her Household in A Wise Woman.”)

Haar eer bewys. All vroue verlang daarna dat hulle eggenoot hulle moet behandel soos in die volgende skrif: “Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is--sodat julle gebede nie verhinder mag word nie” (1 Pet. 3:7). Deur te streef om stil en saggeaard te wees, ons eggenoot te eer, veral as hulle oneerbiedig lewe, in ‘n rein en respekvolle manier, kan ons die seĂ«n ontvang deurdat ons eggenoot ons sal eer deur te kies om terug huis toe te kom!

Hier is `n paar Bybelse riglyne hoe om eer te ontvang:

Deur aangenaam te wees. “‘n Aangename vrou verkry eer” (Spr. 11:16). Reageer ten alle tye goedgunstiglik teenoor almal en alles wat aan jou gesĂȘ word! Moet nooit forseer of oorreageer nie! Onthou u is ‘n Koningskind--tree koninklik op! Koninklikes wys nooit ongesonde emosies of bars uit in woede nie. Dink aan Prinses Di wat allerhande aaklige huwelikspyn ervaar het, maar daar was nooit pyn op haar gesig nie en nooit het sy `n kabaal opgeskop nie.

Om nederig te wees. “. . . en nederigheid gaan aan die eer vooraf” (Spr. 15:33).

Deur nederig te wees. “. . . maar nederigheid gaan aan die eer vooraf” (Spr. 18:12).

Eerbiedig: ‘n gevoel van groot respek, liefde, bewondering, agting en om te vrees. Baie vroue respekteer of wys nie eerbied aan hulle eggenote nie. Hoe kan ons as christen vroue die Bybel ignoreer? “. . . en die vrou moet die man eerbiedig” (Efe. 5:33).

Waardering: om gunstige erkenning te gee; om belangrik te ag, geniet, te verstaan, ‘n skat, hoog te ag (veral die huweliksbelofte), om dit liefdevol te versorg, om dit lewendig te hou (emosies). Ons het gepraat van dinge doen uit die hart. As jou eggenoot nie een van jou kosbare besittings is nie, is jou hart nie by hom nie. “. . . want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees” (Matt. 6:21).

Somtyds as ons iets verloor of dit tydelik misplaas dan besef ons hoe belangrik dit vir ons is. Moes jy eers jou eggenoot verloor om te besef wat jy gehad het? Ek weet dit het met my gebeur!

Hoe kan jy help met jou eggenoot se geestelike en emosionele genesing? Praat sag en liefdevol met jou eggenoot elke keer as God jou `n geleentheid gee om met hom te praat. “Sagtheid van tong is ‘n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees” (Spr. 15:4).

Hierdie seĂ«ning kan joune wees. “Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees” (Spr. 15:15). As jou hart vrolik is, sal dit jou eggenoot terug huis toe lok, aangesien hy jou verlaat het om geluk te vind. Wanneer hy terugkom van waar hy nou is, sal hy vreugde vind terug by sy eie huis, by jou en sy kinders?

Wees versigtig. Pasop wat jy sĂȘ oor jou eggenoot. Skande is ‘n emosionele kanker. “‘n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos ‘n verrotting in sy gebeente” (Spr. 12:4). Verrotting word beskryf as ontbinding, om deur wurm geĂ«et te word “. . . maar op die end is sy (die hoer) bitter soos wilde-als, soos ‘n swaard aan weerskante skerp” (Spr. 5:4).

‘n Goeie woord. Moet nooit met jou eggenoot praat oor jou probleme, vrese, angs oor sy sonde (egbreuk, mishandeling, alkohol of dwelms), oor jou finansies of oor die naderende egskeiding nie, want “Bekommernis in die hart van ‘n mens druk dit neer, maar ‘n vriendelike woord vrolik dit op” (Spr. 12:25). Nadat jou eggenoot met jou gepraat het, moet hy voel dat jy hom opgebou het, nie dat jy hom gekonfronteer of afgebreek het nie.

Bring genesing. Jou tong het twee teenoorgestelde uitwerkings; wat gaan jy kies? “Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing” (Spr. 12:18).

‘n Vrolike hart. Hou jou hart vrolik en vol vreugde. “‘n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ‘n verslae gees laat die gebeente uitdroog” (Spr. 17:22).

Vrolike gesig. Jou gesig moet die vreugde wat in jou hart is wys! “‘n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig” (Spr. 15:13). Kom ons leer meer van vreugde en vrolikheid. Vrolik: bly, vreugdevol, blydskap. Vreugdevol: (om te wees) ‘n goeie vrou, aangenaam, kosbaar, oulik, dankbaar, vriendelik.

Verbly julle altyd. Dit lyk onmoontlik om gelukkig te wees in ons omstandighede. Hoe kan ons moontlik vreugdevol en vrolik wees. “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” (Fil. 4:4). En wanneer moet ek bly wees? “Wees altyddeur bly” (1 Tess. 5:16). Dit is in Hom wat ons onsself verbly? Dit is die MEES kragtigste wapen van geestelike oorlogvoering - om die Here te prys wanneer tye swaar is!!

Kan jy enigiets doen sonder om te murmureer en kla? Kla of murmureer jy aanhoudend by ander oor jou situasie of jou eggenoot? Indien jy dit doen, is jy ondankbaar! “Doen alles sonder murmurering en teĂ«spraak” (Fil. 2:14).

Ken jy die geheim? Ons mag dalk dink dat ons in ons omstandighede rede het om te kla, maar ons moet eerder leer om tevrede te wees. “. . . want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hĂȘ; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hĂȘ sowel as om gebrek te ly” (Fil. 4:11–12).

Die Teenoorgesteldes (Antonieme) van Respek is Veragting, Blameer en/of Kritiseer

Het jy jou eggenoot blameer? Blameer jy hom vir foute wat hy in die verlede gemaak het. Het jy hom gekritiseer oor waarheen hy gegaan het en wat hy gesĂȘ het? Nou is die tyd om jou gedagtes te VERNUWE! Lees hierdie hoofstuk oor en oor totdat die bladsye begin los raak en die boek uitmekaar val. Maak 3x5 kaartjies vir elke Skrif wat jou aankla in jou gees. Hou dit in jou beursie deur die dag. “LĂȘ jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny” (2 Tim. 2:15).

In samevatting. Laat ons almal eerstens strewe om wys voor te kom deur stil te bly. Daarna laat ons seker maak dat wanneer ons praat, ons woorde gevul is met wysheid, vriendelikheid, respek en dat hulle opbouend is. Laat ons woorde liefdevol en sag wees. Laat ons ‘n “kroon” wees vir ons eggenoot in die manier waarop ons hierdie aanslag in ons lewens hanteer want dit is “kosbaar” in die aangesig van God!

Persoonlike verbintenis: dat my mond gevul sal wees met wysheid en vriendelikheid. “Gebaseer op wat ek geleer het uit God se Woord, verbind ek myself om stil te bly, om te wag voordat ek antwoord en baie vriendelik te wees in alles wat ek sĂȘ. Ek verbind my ook om ‘n respekvolle houding teenoor my eggenoot te toon omdat dit vir ander ‘n voorbeeld stel en vir die eer wat dit gee aan God en Sy Woord.”

 

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui