Ek Kan Uiteindelik Sien Hoekom

♕ Belofte van vandag: “Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.” Matteus 10:39

Luister na Adina  se ☊ Lofverslag

Liewe Bruid, Hoofstuk 2 "Vind jou lewe" as jou lewe, jou fondament, van jou weggeneem word, kan jy in Hom, jou Hemelse Man , rus om jou lewe te herbou. Hy wil jou 'n nuwe, oorvloedige lewe gee. 'n Nuwe fondament wat op Hom gebou is. Soek Hom en vind jou nuwe oorvloedige lewe.

Ek begin nou sien waarom ek dit deurgemaak het. Ek het my lewe 5 jaar gelede verloor toe my aardse man se owerspel uitgekom het, weer twee jaar gelede toe my voormalige man erken het dat die verhouding nooit opgehou het nie en verlede jaar toe my voormalige man van my geskei het. En elke keer was ek te blind of onkundig om te sien of te besef waarom. Ek is so dankbaar dat ek RMI voor die egskeiding gevind het en ook al hierdie kursusse, dat ek uiteindelik kan sien wat en waarom.

Hy wil my 'n nuwe lewe gee, 'n oorvloedige lewe, 'n fondament wat op Hom gebou is, nie op wat ek wil hê en my planne nie, maar Syne. Hy is besig om my te verander, my sondes wat tot alles bygedra het, aan my te wys, my trots, 'onafhanklikheid', twisgierigheid, my groot mond, en dit alles van my af te stroop. Hy verander my ten goede. Om my te wys hoe al die seer en verwerping van kleins af tot nou my beïnvloed om Hom selfs te vertrou. Ek gee myself en alles net vir Hom. Om Hom te vra om my te wys hoe om te vertrou, waardig te voel, geliefd te voel.

Al mis ek soms my voormalige man, wil ek Hom nou net as my Man vind en 'n sterk verhouding met Hom opbou, want ek weet dat sonder Hom sal ek nooit 'n vaste, onwrikbare fondament hê nie. Ek rus in Sy wil en gee my planne oor aan Hom gee. Hy is al wat ek nodig het om 'n gelukkige, volledige lewe te lei.

Wanneer ek geskud word deur iets wat my voormalige man sê of doen, of as ek van hom en die ander vrou hoor, sê ek vir Hom: "Ek het Hom lief, Hy is alles wat ek nodig het om 'n gelukkige, oorvloedige lewe te lei" en ek besef hoeveel vinniger ek dit regkry om oor die seer en die pyn te kom. Ek hoop om binnekort op die punt te kom waar ek so tevrede sal wees met Hom en Sy liefde vir my dat niks my sal skud nie. Slegs 2 dae gelede het Hy my gewys hoe my kinderjare elke verhouding in my lewe affekteer, en dit veroorsaak dat ek ook sukkel om op Hom te vertrou omdat ek bang is om lief te hê. Maar ek weet dat Hy my sal help om dit te oorkom as ek Hom bo alles soek. Vir nou wil ek ook my voormalige man en herstel op 'n rak plaas, sonder om moed op te gee, net vir my om op my verhouding met my Hemelse Man te konsentreer .

Al het ek my lewe verloor, die lewe wat ek 'n afgod gemaak het, my alles was, ek weet my Hemelse Man is besig om my 'n nuwe fondament te gee, gebou en ontwerp deur Hom! Ek kan vreedsaam en gelukkig wees en Sy liefde uitstraal, selfs al het ek alles verloor. Ek kan mense onvoorwaardelik liefhê en vir hulle die Here wys in alles wat ek doen en hoe ek reageer op alles wat gebeur. Ek kan mense anders sien, met medelye en dat elkeen van ons doel het.

Bid saam met my: My geliefde Hemelse Man, U is my krag, U hou my op, U is saam met my in die vuur, en stap langs my in die woestyn. U bou my en my fondament weer op, U is die verandering in my. U gee my doel, U het 'n wonderlike plan vir my, U is besig om my te vorm en voor te berei om U wil vir my te vervul. Ek het U lief, ek vertrou U, ek het U nodig! U is alles wat ek nodig het om 'n oorvloedige lewe te lei! Net U my Liefde, kan my hart bevredig.

Liewe bruid, ek weet dat jy op die oomblik verlore, hopeloos en verpletter kan voel. Die lewe wat jy geken het, is van jou geneem en selfs vernietig. Maar daar is hoop, en jy kan dit vind as jy jou Hemelse Man vind. Hy wil jou hoop gee, 'n nuwe lewe, 'n toekoms vol vreugde en vrede. Hy wil jou soveel gee, maar jy moet Hom jou hart gee en Hom soek .

Ek sal hierdie boek “Vind die Oorvloedige Lewe” sterk aanbeveel . Dit leer my dat daar 'n oorvloedige lewe is met of sonder ons aardse man / voormalige man. Selfs as ons herstel word, het ons hierdie soort verhouding met ons Hemelse Man nodig om ons te vervul omdat niemand dit kan doen nie.

“Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.” Matteus 10:39

As ons vir Hom leef, Hom eerste stel, die ou dinge agterlaat, sal Hy ons 'n nuwe en oorvloedige lewe gee.

“Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou liefhet.” Jesaja 54:10

As Hy ons Man, sal Hy ons voorsien en beskerm, ons waarsku voordat iets gebeur.

“Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, 'n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is. Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek.” Hebreërs 6: 18-20

As Hy ons eerste liefde is , kan ons op Hom vertrou, want Hy sal altyd sy beloftes aan ons nakom.

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!