Lees Rita se HERSTELDE Huwelik getuienis,

"Twee Keer Herstel"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

AFR-NEW-COVER-WRYM-Front

Hoofstuk 12 “Die wat God Soek” 
 

“Ék het lief die wat my liefhet, 
en die wat my soek, sal my vind.” 

Spreuke 8:17

Wanneer ‘n vrou wil hĂȘ dat haar huwelik gered moet word is daar altyd baie vrae wat opkom gedurende haar restorasie. Laat ek jou vertel, deur die twee jaar van my restorasie en gedurende die baie jare wat ek vrouens bedien het, het ek nog niemand behalwe God gevind wat al die antwoorde gehad het nie. Niemand nie. Nie ek, niemand in ons bediening, geen berader, nie jou pastoor of enigiemand anders nie. God alleen het die antwoorde op jou vrae.

Hierdie boek, ons ander hulpbronne, en hierdie hoofstuk sal nie vir jou al die antwoorde gee nie, want God wil HĂȘ dat jy Hom moet soek! Soos jy die verskillende vrae lees en die Bybelse antwoorde lees, sal jy sien dat daar baie variante is vir elke situasie. Dinge kan baie gekompliseerd raak hoe meer sonde ons toegelaat het in ons lewens, en hoe meer ons van God se perfekte plan afgedwaal het.

Om terug te keer na God se perfekte plan vir jou lewe is onmoontlik vir jou, maar met God is alles moontlik!   

Gedurende hierdie hoofstuk sal daar baie vrae wees waarvoor jy antwoorde sal wil hĂȘ; wanneer dit gebeur, vra dan vir God om vir jou die antwoord daarop te gee. God sal jou lei en die antwoorde gee wat jy nodig het vir elke vraag wat jy vra... Hier is jou belofte:

“En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.” (Jak 1:5).

Vra vir God

Wat as my eggenoot egbreuk pleeg, mag ek dan van hom skei?  

Nee. Soos ons nou net geleer het in hoofstuk 11, “Want Ek haat Egskeiding,” God se Woord sĂȘ dat ‘n man mag skei maar net vir die rede van owerspel (wat omgang is voor die huwelik) indien die vrou geskonde was, maak nie saak hoe jou Bybel se vertaling dit stel nie. Die een uitsondering verwys na verlowing alleenlik. Owerspel en egbreuk is nie dieselfde sondes nie. Indien dit so was, sou hierdie sondes nie twee keur in dieselde Bybelvers geskryf gewees het nie: “
geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers....” (1 Kor. 6:9).

In die geheim van haar skei. Om te skei vir die rede van owerspel was net toegelaat in die verlowings tydperk, soos in die geval van Josef en Maria. Die terme “verloofde” en “verlowing” was nie gebruik in hierdie geskiedenis tydperk nie. Die term “eggenoot” was gebruik omdat Josef hom reeds verbind het om Maria se man te word. “En Josef, haar man
 het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei.” (Matt. 1:19). Hierdie was voor hulle huwelik want skei was net toelaatbaar vir die rede van owerspel alleenlik.

Verloof. Die vorige vers verduidelik dat “skei” plaas gevind het voor die huwelik! “Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees....” (Matt. 1:18). Die laaste wat iemand kon skei was onmiddellik na die troudag, indien dit gevind was dat die vrou (nie die man) nie ‘n maagd was nie.  

Daar is hopeloos te veel kerke en pastore wat sĂȘ dat skei reg is in sekere omstandighede, maar God se Woord stel dit duidelik: “Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense sĂł leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.” (Matt. 5:19). Daarom, moet ons, as dosente van die Woord, vir ander leer dat die verse oor skei nie gegrond is nie.

Hoe kan jy seker wees dat wat hierdie boek vir jou sĂȘ reg is en wat so baie van die kerke sĂȘ verkeerd is? Die Bybel waarsku ons “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Baie sal in daardie dag vir My sĂȘ: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sĂȘ: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Matt. 7:15–23). Is daar nie baie huwelike in jou kerk wat besig is om te verbrokkel nie. Hierdie is slegte vrugte.

Wanneer ek met pastore gepraat het oor die onderwerp van skei en hertroue, het ek gevind dat baie van hulle veroordeel voel oor die huwelik, maar hulle wou niemand te na kom nie, veral die “kerk lede” wat in ‘n tweede of derde huwelik betrokke was. Daar was een pastoor wat wel op God se Woord gestaan het, maar ongelukkig was daar ‘n verdeling in die kerk deur die wat wel in ‘n tweede of derde huwelik betrokke was. Hulle het dit nie waardeer dat die pastoor ‘n stewige standpunt inneem oor skei en hertroue nie! Hoewel, wanneer ons voor die keuse staan, moet ons onthou, “Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wĂȘreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wĂȘreld wil wees, word 'n vyand van God.” (Jak 4:4).  

Om ‘n stewige standpunt in te neem is nie bedoel om die wat geskei of weer getrou het te veroordeel nie, maar om ander te keer om dieselfde fout te maak. Op dieselfde manier, sou ek nie ‘n vrou ongemaklik wou laat voel omdat sy ‘n aborsie gehad het nie, maar dit sal my nie keer om ander vrouens te vertel wat God se wil is en te probeer keer dat hulle dalk dieselfde fout sou maak.

In hul gehoor gestreel wees. Indien ‘n pastoor of kerk ‘n standpunt inneem teen egskeiding en hertroue, word hulle as ‘n werkheilige of beoordelaar bestempel. En die wat “hulle eie ding wil doen” sal na ‘n ander kerk toe gaan om te hoor wat hulle wil hoor (om in hul gehoor gestreel te wees).  

“Want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.” (2 Tim. 4:3–4).  

Aangesien ek alreeds geskei of weer ongetroud is, mag ek dan nie weer trou of ten minste met mans uitgaan en dan vir God vra om my te vergewe nie?

Eerstens, is jy nie regtig ongetroud nie. Net iemand wat nooit voorheen getroud was (of ‘n weduwee of wewenaar) is ongetroud, soos jy sal uitvind as jy die Bybel met ‘n eerlike hart deur lees sonder om dit te probeer maak sĂȘ wat jy graag wil hĂȘ dit moet sĂȘ. “Daarom dan, as sy 'n ander man s'n word terwyl haar man lewe, sal sy 'n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie 'n egbreekster is as sy 'n ander man s'n word nie.” (Rom. 7:3).

Tweedens, wat jy saai, sal jy maai. “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.” (Gal. 6:7). Jy doen gewilliglik sonde. “Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.” (Jak 4:17).

‘n Vreeslike ding. Jy sal maak dat God jou swaarder straf. “Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die teĂ«standers sal verteer. As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? Want ons ken Hom wat gesĂȘ het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God. (Heb. 10:26–31).

God laat Hom nie bespot nie; jy kan nooit voordeel daaruit trek deur God se Woord te ignoreer nie, ook nie deur gehoorsaamheid in te ruil vir ‘n “beter huwelik” (of verhouding) met iemand anders nie; jy sal maai, wat jy gesaai het. Ja, God kan jou vergewe, maar dit sal nie die gevolge van jou verkeerde gedrag uit wis nie en die gevolge sal baie erger wees as wat dit nou is.

Gedurende die jare, het God vir my herhaaldelik gewys wat met die vrouens gebeur het wat God se Woord en Sy Waarhede verwerp. Party van die mees aakligste, afskuwelikke en hart roerende getuienisse wat ek al ooit gehoor het kom van vrouens wat “die waarheid geken het” maar besluit het om dit te ignoreer en te doen “wat hulle wil”.   

Kan enigiemand ooit hertrou?

“’n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.” (1 Kor. 7:39). Vir die vrouens wat weduwee’s is, is dit baie belangrik om te weet dat wanneer hulle “Mnr. Reg” uiteindelik in hulle lewens verskyn, dat hy ook ‘n wewenaar moet wees of nooit voorheen getroud moet wees. Onthou, satan bring gewoonlik eers sy beste, maar die Here wil hĂȘ jy moet wag todat Hy Sy beste bring! “Wag op die HERE en hou sy weg
” (Ps. 37:34).

Maar wat as ek reeds in my tweede (of derde) huwelik is?

Begin deur God om vergifnis te vra, of jy nou tot redding gekom het voor jou huwelik of nie. Jy kan nie ‘n goeie getuienis vir God wees tensy jy belydenis doen vir jou sondes nie. “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie.” (Spr. 28:13). “As ons sĂȘ dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” (1 Joh 1:8–9).

Tyd om te bekeer. “En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie. Kyk, Ek werp haar neer op 'n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in 'n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.” (Open. 2:22). “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.” (Jak 5:16).

Volgende, soek vir God om te sien of dit Sy Wil is dat jou huwelik gerestoreer moet word of nie. Dit is baie belangrik dat maak nie saak watter huwelik jy wil restoreer nie (eerste, tweede, of meer) dat jy vir God vra wat Hy wil hĂȘ jy moet doen. Ons het al gesien dat om van God te hoor in jou hart (dat Hy werklik jou huwelik wil herstel) dit jou sal help om “die wedloop” klaar te maak en jou help om tot die bitter einde te veg. Hy sal jou ook help om in die regte rigting te begin loop.

Indien jy nie kan hoor watter huwelik God wil hĂȘ jy moet herstel nie of vir watter eggenoot jy moet bid nie (soos dit partykeer die geval is met vrouens), dan sĂȘ God vir jou dat Hy jou net vir Homself wil hĂȘ vir ‘n tyd. Hy wil hĂȘ dat jy moet weet dat Hy jou lief het en dat jy dit nooit kan verdien nie – Hy gee dit vrylik vir jou, al voel jy onwaardig. Hy wil jou genees van al jou wonde. En Hy wil hĂȘ jy moet hom leer ken en op Hom staat maak sodat jy nie ‘n aardse man nodig het nie. Dit is hier waar alle vrouens moet wees. Wanneer ons voel ons het ons aardse eggenote nodig en aan hulle liefde vas klou – dan dryf ons hulle eintlik weg van ons af. Jy moet toelaat dat God jou eggenoot is vir ‘n tyd om te sien wat ware liefde is! (Sien Jes. 54:4–6.)

Kan my egbreuk of die feit dat ek in ‘n tweede huwelik is, vergewe word?

Ja. In Johannes 8:11 vra Jesus die vrou wat in egbreuk betrokke was, of iemand haar veroordeel het, “En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sĂȘ vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.’”

Party van ons het al die vers wat sĂȘ “gaan heen en sondig nie meer nie” gelees om te bedoel dat as sy in egbreuk betrokke was, dat sy van haar eggenoot sou moes skei om weer skoon te wees. Niks is verder van die waarheid nie!

Om die Mag van Jesus se bloed te ignoreer. Wanneer ‘n persoon glo dat God nie ‘n tweede of derde huwelik sal vergewe nie maar sien dit as aanhoudende egbreuk, dan glo die persoon nie dat Jesus se Bloed hierdie sonde kan bedek nie.  

Hierdie vers in 1 KorintiĂ«rs 6:9 wys vir ons die waarheid: “Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beĂ«rwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers
 sal die koninkryk van God beĂ«rwe nie. En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.” Hallelujah! God kan en sal egbreuk vergewe—enige en alle egbreuk! “En Jesus sĂȘ vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.” (Joh 8:11). Onmoontlik, sĂȘ jy?

Wanneer Jesus gepraat het van “dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. Toe sy dissipels dit hoor, was hulle baie verslae en sĂȘ: Wie kan dan gered word? Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesĂȘ: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.” (Matt. 19:24–26).

Maar daar was vir my gesĂȘ dat aangesien my eggenoot al voorheen getroud was (of ek al voorheen getroud was) dat ek nou in “aanhoudende” egbreuk betrokke is.

Indien ons verder moet gaan as Sy bloed en Sy vergifnis, deur te voel ons moet “dit reg maak” deur nie meer in ‘n tweede huwelik betrokke te wees nie, (wat sal beteken dat ons weer moet skei – en God haat egskeiding), dan sou ‘n persoon wat iets gesteel het dit moet “reg maak” deur dit wat hy gesteel het, weer terug te bring. Dit sou in orde gewees het indien die persoon nog gehad het wat hy gesteel het, maar as hy nie meer die geld of goedere gehad het nie dan sou hy maar seker ook kon werk om dit terug te betaal. Alhoewel, indien iemand ‘n ander “vermoor” het en dit moes “reg maak” – hoe kon hy dit doen? Die persoon wat hy vermoor het is dood. Daarom werk die “oplossing” van “dit reg maak” glad nie, want dit geld nie vir alle sondes nie.  

Om by te voeg, dit leer vir ons dat “werke” tot vergifnis lei maar in Titus 3:5 sĂȘ dit duidelik dat dit is “nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees
”

Daar is huwelik bedienings wat glo dat net die wat in eerste huwelike betrokke is, geseĂ«n is deur God (omdat hulle self in eerste huwelike is). Maar, hulle glo nie in Jesus se Bloed wat die krag het om alle sondes te bedek nie. Die waarheid word in God se liefde gevind; Hy is ‘n God van hoop vir almal wat na Hom toe kom, maak nie saak in watter toestand hulle lewens is nie.  

Om by te voeg, het God Sy Wil bevestig deur die vele herstelde huwelike van die wat in hulle tweede of derde huwelike is. God is nie ‘n respekteerder van persone nie: Hy vergewe, en Sy Bloed bedek alle sondes sonder dat ons deur werke moet probeer om vergewe te word.

Ons is nie meer onder die Wet nie, ons lewe in God se genade. “Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.” (Jak 2:10). “Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus (uit genade is julle gered)
 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God
” (Efe. 2:4–5, 8).  

‘n Geskenk in nie iets wat jy kan of moet verdien nie; dit is vrylik en liefdevol gegee! Toe ons probeer het om onder die Wet te lewe was dit ‘n vloek, maar “Christus het ons losgekoop van die vloek van die Wet.” (Gal. 3:13). Hallelujah!

Baie van die wat wil glo dat ‘n tweede en daarop volgende huwelik ‘n “onvergeeflike sonde” is, is die wat na die splinter in iemand anders se oog kyk en nie die balk in hulle eie oog raak sien nie. Indien jy vir iemand op hierdie manier beoordeel, onthou dat dit is hoe God jou sal beoordeel. “Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.” (Matt. 7:2).

Is hertrou dan in orde onder die regte omstandighede?

Wanneer iemand sien hoe God die vergewe wat egbreuk gepleeg het, en in ‘n tweede of derde huwelik is, is dit baie aanloklik om eerder weer te wil trou as om jou bestaande huwelik te herstel, veral as dit baie pynlik is.

Maar as jy aanhou om te soek wat jy begeer instede daarvan om God se Wil vir jou lewe te soek, sal jy nooit die oorvloedige lewe ervaar wat Hy vir jou het nie.   

Moet ek hierdie huwelik herstel of terug gaan na my eerste eggenoot?

Sy wil. Nadat jy, die sonde bely het dat jy voor God uit gehardloop het en weer getrou het of met iemand getrou wat reeds getroud was, moet jy, jou wil opsy sit en vir God vra om Sy Wil vir jou te wys ten opsigte van jou huwelik. Wil die Here hĂȘ dat jy restorasie moet soek vir hierdie huwelik wat besig is om te verbrokkel? Baie vrouens moes hierdie moeilike taak ervaar, maar God is altyd getrou en sal jou lei as jy Hom vra. Bid vir God se aanwysing. “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hĂȘ.” (Joh 10:10).

‘n Owerspellige fondament. Is jou huidige huwelik as gevolg van ‘n owerspellige verhouding? Was jy of jou eggenoot voorheen aan iemand anders getroud? Is jou vorige eggenoot huidiglik ongetroud? Indien jy “ja” beantwoord het op al drie hierdie vrae, is dit moontlik dat God jou vorige huwelik sal wil herstel.  

Weereens, dit is deur God te soek vir Sy Wil in jou lewe wat vir jou vrede sal bring. Om jouself heeltemal oor te gee aan God, jou sondes te bely en om vergewe te word, gewillig te wees om ander te vergewe, en dan geloof te hĂȘ in God wie ‘n wonderlike toekoms, hoop, en ‘n oorvloedige lewe het vir die wie se hart heeltemal Syne is—dit is wat Hy van jou vra.

Moenie toelaat dat die vyand jou onder veroordeling bring nie. Jy sal weet dit is die vyand as jy ‘n sin van “hopeloosheid” in jou gees voel. God veroordeel ons nie maar Hy oortuig ons saggies deur Sy Heilige Gees en genade om Sy Wil te volg.

Wat as my eggenoot weer getrou het?  

Wanneer vrouens wat geskei was, begin ervaar het hoe hulle eggenote met die ander vrou trou, het ek “gedink” dat ek die antwoord het gebaseer op die plan wat ek gehad het toe Dan vir my gesĂȘ het dat hy met die ander vrou gaan trou. Maar God het my daaraan herinner van Jesaja 55:8–9: “‘Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weĂ« is nie my weĂ« nie, spreek die HERE. Want soos die hemel hoĂ«r is as die aarde, so is my weĂ« hoĂ«r as julle weĂ« en my gedagtes as julle gedagtes.’”

Ek het beplan (toe Dan weg was) dat as hy met die ander vrou sou trou, God besig was om vir my te sĂȘ dat ek myself aan Hom moet oorgee, en aan my kinders en die lering van jonger vrouens—dat ek nie meer na ‘n herstelde huwelik moet soek nie. Die eerste gedeelte was waar: Ek moes myself oorgee aan God en my kinders en aan die lering van jonger vrouens maar die tweede gedeelte “om nie meer die restorasie van my huwelik te soek nie” sou veroorsaak het dat ek nie God se perfekte plan uit oefen nie.

God is altyd goed! Dit is Sy begeerte om hoop aan almal te gee wat Hom soek!! God het getrou Sy plan vir die vrouens wie se eggenote weer getrou het, deur twee getuienisse van herstelde huwelike geopenbaar. Ek het Hom gevra hoe om meer effektief aan hierdie groep vrouens te bedien, en Hy het my gewys. In die eerste getuienis, het God ‘n vrou (wie se man weer getrou het) geloof gegee om te glo en alles te verdra tot die einde, en sy het haar eggenoot en gesin terug gekry!

Hierdie vrou het aanhou bid en glo, selfs nadat haar eggenoot met die ander vrou getrou het. Maar sy het gou gevoel asof sy mal moet wees want niemand het met haar saam gestem nie (dit is presies hoe ek gevoel het halfpad deur my restorasie). Toe sy haar laagste punt bereik het, het sy na God uitgeroep en Hy het haar na Ezra 9 en 10 gelei. Dit was hier waar sy hoop gevind het om aan te hou glo en die toets te verduur toe die Here haar gelei het om haar huis aan haar gewese man en kinders te gee. Net twee weke daarna het haar eggenoot “gebreek.” Hy het sy lewe aan God gegee, sy vrou geskei, en met sy gewese vrou getrou. BygesĂȘ, het hy ‘n pastoor geword!

Ek was eers skepties, maar nadat ek die verse in Esra bestudeer het (wat God die vrou gegee het wie se eggenoot weer getrou het), het ek geloof en die waarheid gekry deurdat as God haar huwelik sou restoreer, dat Hy dit ook met ander vrouens wie se mans weer getroud was se huwelike sou doen! Hier is wat ek gevind het:

Esra 10:10–11 sĂȘ, “En die priester Esra het opgestaan en vir hulle gesĂȘ: ‘Julle was ontrou en het vreemde vroue getrou om die skuld van Israel te vermeerder. Gee dan nou aan die HERE, die God van julle vaders, die eer en doen wat Hom behaag en sonder julle af van die volke van die land en van die vreemde vroue.’”  

Dan in Esra 10:14 lees ons, “Laat tog ons owerstes vir die hele vergadering optree, dan kan almal in ons stede wat vreemde vroue getrou het, op vasgestelde tye kom, en die oudstes en die regters van elkeen se stad saam met hulle, om die toorngloed van onse God, wat hierdie saak betref, van ons af te wend.”  

Ek het Esra ondersoek en die terme in die woordeboek op gesoek: “buitelands” of  “vreemde” vrouens, wat die mans van moes “weg bere” of “afsonder”, in die oorspronklik Griekse vertaling. Wat ek gesien het was dat die woorde “buitelands” en “vreemd” in die Bybel vertaal was na “owerspellig.” Toe ek die woorde “afsonder” en “weg bere” in die Bybel gesoek het was hulle vertaal na “uitmekaar.” Dit beteken dat as ‘n man in ‘n owerspellige huwelik betrokke is, hy deur God se leiding gesĂȘ mag word om hierdie huwelik uitmekaar te skeur.  

Hoofstuk 10 van Esra eindig met hierdie vers: “Hulle almal het vreemde vroue getrou, en daaronder was vroue wat kinders voortgebring het.” (Esra 10:44). As jy die vers met jou situasie kan vereenselwig, onthou toe Sara vir Abraham gesĂȘ het om Hagar en Abraham se seun weg te stuur, het God hom gesĂȘ om vir haar te luister. “Maar God het aan Abraham gesĂȘ: Laat dit nie verkeerd wees in jou oĂ« ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang
’” (Gen. 21:12).  

God was die een wat omgesien het vir Hagar en haar seun nadat Abraham haar weggestuur het. “Toe is Abraham die mĂŽre vroeg op, en hy het brood en 'n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die woestyn van BersĂ©ba.” (Gen. 21:14). Later, toe hulle amper op sterwe was, het God vir Hagar gesĂȘ, “Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want Ek sal hom 'n groot nasie maak.” (Gen. 21:18).

Nadat ek die eerste getuienis gekry het en die verse in Esra en Genesis asook die getuienis van Abraham bestudeer het, het ek weer gebid om seker te maak dat wat ek geglo het die waarheid is. ‘n Week of twee later, het God Sy leiding bevestig toe ‘n man sy getuienis aan ons gestuur het van hoe sy huwelik gerestoreer was nadat hy weer getrou het en gelei was om sy owerspellige huwelik uitmekaar te skeur. Hy was gebroke nadat hy homself in die tronk bevind het as gevolg van die ander vrou waarmee hy getrou het. (Jy kan albei getuienisse lees in “By the Word of Their Testimony.”)

Weereens, wys dit vir ons dat dit nie saak maak wat jou situasie is nie—getroud, geskei, eggenoot weer getroud, eerste, tweede of derde huwelik—jy moet die Here vra om vir jou te lei in verband met restorasie! Indien jou eggenoot weer getrou het, is daar hoop! Gebaseer op die skei statistieke, is daar net ‘n 15% kans dat sy huwelik gaan oorleef. Maar wanneer jy geloof en gebede byvoeg kan jy maklik “teen hoop op hoop glo!” (Sien Rom. 4:18.)  

Terwyl jy aanhou om God te soek en Sy beginsels van restorasie volg, sal God toelaat dat jou eggenoot se huwelik in die skei hof beland.   

Genade, Genade, en Nog Genade

In afsluiting van hierdie tweede hoofstuk wat deel met skei en hertrou, mag dit voorkom asof hierdie hoofstuk die vorige hoofstuk “Ek haat Egskeiding” weerspreek—maar dit is nie die geval nie, net soos die Ou Testament nie die Nuwe Testament weerspreek nie. Die Ou Testament is die Wet wat God se mense nie kon bewaar nie; dan, in die Nuwe Testament, het Jesus gekom en Sy Bloed gestort om alle sonde te bedek en genade het oorvloei!

Hoekom hierdie weg vir mense leer en nie bly by “die Wet” nie? “Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van 'n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.” (2 Kor. 3:6).

Hierdie hoofstuk herinner ons van God se oorvloedige genade! Hy is ‘n God van tweede, derde en vele kanse! Jesus het vir ons gesĂȘ dat ons sewentig maal sewe keur moet vergewe—hoeveel meer sal God nie gewillig wees om ons te vergewe en almal wat sondig is?

Die geheim om hierdie hoofstukke te verstaan is om Hom te soek. Ek het nie al die antwoorde nie, niemand het nie, behalwe God! Selfs Jesus, wanneer die SadduseĂ«rs gevra het watter eggenoot die vrou gekry het wie van een broer na die ander gegee was (soos dit hulle gewoonte was wanneer ‘n man gesterf het en ‘n weduwee nalaat sonder kinders), het Hy hulle nie ‘n direkte antwoord gegee het nie maar instede het Hy hulle berispe oor hulle begrip van die Bybel en hulle ongeloof in die Mag van die Here! (Matt. 22:23–33).

Dit beteken dat jy die Here gedurende jou restorasie moet soek en toelaat dat Hy alle vrae wat jy mag hĂȘ beantwoord! Moenie toelaat dat iemand jou intieme verhouding met God, of om van Hom direk te hoor, steel nie.  God het hierdie toets in jou lewe toegelaat om jou nader aan Hom te bring en sodat jy blydskap kan ervaar in die midde van hierdie toets en alle toekomstige toetse wat jy in jou lewe mag ervaar!

Kom ons verbind onsself om

PERSOONLIK

DIE HERE TE SOEK

 En ander te bemoedig om dieslefde te doen!

Persoonlike verbintenis: om die Here te soek en te vra of ek my huidige (of vorige) huwelik moet restorer nou of in die toekoms. “Gebaseer op wat ek geleer het uit God se Woord, verbind ek myself om God te vra of ek hierdie huwelik moet restorer of nie. Ek sal my wil opsy stel, om Sy wil te begeer, aangesien Hy my Here is. Ek belowe om te wag sdat Hy my kan lei, en intussen sal ek Hom meer intiem leer ken.  BygesĂȘ, sal ek nooit iemand beoordeel wat hulle in ‘n tweede of derde huwelik bevind nie, maar sal eerder erken dat die Bloed van Jesus die sonde van egbreuk kan bedek.”

Getuienis: Gerestoreer nadat Eggenoot weer getrou het

‘n Vrou van California het aan my geskryf oor die restorasie van haar huwelik. Dinge was besig om mooi te vorder en beide sy en ek was vol hoop dat haar huwelik baie gou gerestoreer sou word. Alhoewel, sy eendag deur ‘n vriendin gehoor het dat haar eggenoot met die ander vrou getrou het. Sy was verpletter, en het aan my die vraag gestel, “Wat nou?”  

Ek het hierdie hoofstuk met haar gedeel. Sy het terug geskryf en my bedank. Sy het gesĂȘ dat toe sy haar eie wil opsy geskyf het en God se Wil vir haar lewe aanvaar het, was sy vol vreugde.  

Binne ‘n jaar het sy weer aan my geskryf en gesĂȘ dat haar gewese man haar weer gekontak het. Hy het besef dat hy die grootste fout van sy lewe gemaak het toe hy met die ander vrou getrou het! Hy was besig om van sy huidige vrou te skei. Hy wou geweet het of hulle mekaar weer kon sien. Hy wou weer met haar trou wanneer sy skei saak finaal afgehandel was, dit is te sĂȘ as sy hom sou terug neem!  

Ek het hierdie hoofstuk met ‘n hele paar vrouens gedeel, wie se eggenote weer getrou het. Almal van hulle het dit verwerp, behalwe hierdie een vrou wat nou ‘n herstelde huwelik het! Wanneer jou eggenoot die stap geneem het om weer te trou, moet jy heeltemal terug staan en toelaat dat God die werk doen.  

Eers toe haar eggenoot heeltemal alleen was, kon hy agterkom dat hy die verkeerde besluit geneem het. Hy het niks van sy gewese vrou gesien of gehoor gedurende hierdie tydperk nie en moes haar opsoek (hulle het nie kinders gehad nie). Ek vertel julle hiervan omdat daar dalk van julle is wat bang is om alles aan God oor te gee ingeval God nie jou eggenoot sal terug bring nie.

Wanneer ‘n eggenoot nog in die huis is, is dit makliker om die huwelik te red as wanneer die eggenoot uit getrek het. En ‘n huwelik wat uitmekaar is, is makliker om te red as een wat klaar deur ‘n egskeiding is. Dit is ook waar van ‘n huwelik wat nie net geskei is nie maar waar die eggenoot reeds met iemand anders getroud is. Dit vat meer geloof, meer gebede, meer intiemiteit met God, en meer beproewinge.  

Met God is niks onmoontlik nie, sonder Hom kan ons niks doen nie.

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui