Hy vorm my soos klei

 Tog, Here, is U ons Vader. Ons is soos klei en U is die Pottebakker. Deur u hand is ons almal gevorm.‭
J64:8 NLV‬

‭Hy het gevra: “O Israel, kan Ek nie met julle net so maak soos die pottebakker met die klei maak nie? Kyk, soos die klei in die hande van die pottebakker, so is julle in my hande.
J18:6 NLV‬

Toe ek Hoofstuk 2 Die pottebakker en die klei gelees het toe ek by RMI gekom het, was ek 'n gebroke stukkende vrou wat se verlowing verbreek was.

Deur my eie ervaring het die Here my gevorm.

Ek was so gebreek gewees dat ek nederig geword het en dit het my gemaak om die waarheid te wou leer en om na die Here te soek. Ja ek het harde klippe gekou soos ek die waarheid geleer het maar die Here het my met liefde vasgehou en getroos terwyl ek die klippe moes kou en gehuil het en moes erken het en bely het by die Here.

Die Here het my al lankal begin vorm soos klei en Hy vorm my nog steeds.

Nou het ek vreudge by Hom want ek is in Sy hande en Hy vorm my met liefde.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Hy vorm my soos klei”

  1. Dankie dat jy dit deel met ons kosbare Kristy, ja dis so fantasties dat ons die klei is en ons kosbare Here die Pottebakker, wat presies weet wat Hy doen en dat ons in Sy veilige hande is.

  2. Liewe Kirsty,
    Baie dankie vir die herinnering. Ek is sò maklik om my eie wil te wil volg, maar God maak my altyd bewus daarvan dat èk nie die Pottebaker is nie, maar Hý! En daarvoor is ek baie dankbaar!

    1. Hy is die stem agter ons kosbare Betty. Ek’s is so dankbaar dat jy weer ‘n kommentaar kom los het, ek wil vir jou hierdie pragtige belofte gee kosbare Betty, spesiaal van ons kosbare Here af:
      “Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.” F1:6 https://www.bible.com/af/bible/compare/PHP.1.6

    2. Ja liefste Betty Hy hou ons hand vas en wanneer ons na ons eie wil toe beweeg trek Hy ons met liefste trug na hom toe.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui