NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Hoofstuk 2 "Jou Eerste Liefde" 


"Maar Ek het teen jou dat jy jou

eerste liefde verlaat het."
Openbaring 2:4.

Het jy jou eerste liefde verlaat? Wie is jou eerste liefde? Is dit jou baba, jou kind, of is jou man jou eerste liefde? Wie is regtig eerste in jou lewe? “Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie.” Matt. 10:37. Die Skrif in Openbaring sĂȘ: “Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.” Open. 2:4

Vuil klere. Vra jouself hierdie vrae; Is die dinge wat jy eerste plaas van ewige waarde? Sal wat jy vandag doen help om Sy Koninkryk te vermeerder? Streef jy na Sy geregtigheid? Onthou, ons geregtigheid is soos vuil klere. (Jes. 64:6)

Wat sĂȘ die Here vir ons? Hy sĂȘ dat as ons ter enige tyd iets of iemand belangriker ag as ons liefde vir Hom of ons vehouding met Hom, is ons Sy liefde nie waardig nie.

Beywer allereers. Hy moet ons eerste prioriteit wees; eerste in ons dag en eerste in ons harte. “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” Mat. 6:33

Wat gebeur wanneer jy iemand bo die Here plaas? Wat doen Hy om jou terug te bring na Hom toe? Sommige van ons het ons mans eerste geplaas, en die Here het ons mans van ons weggevat! “U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie; U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is in duisternis” Ps. 88:9,19.

Beteken dit dat ons nie na ons mans se belange moet omsien nie? Moet ons die houding inneem dat “ons die Here dien en nie vir jou nie”? God leer ons die perfekte balans in die volgende Bybel verse: “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.” Efe.5:22. En ook, “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat in die Here glo.” Kol. 3:18. Ons moet onderdanig wees aan ons mans omdat ons die Here liefhet. Baie keer verdien ons mans nie ons toegewyde onderdanigheid nie; nogtans, ons Here verdien altyd onderdanigheid aan Sy Woord!

Dat die Woord van God nie belaster word nie. Die Here gee ons selfs ‘n waarskuwing dat deur nie gehoorsaam of eerbiedig teenoor ons mans te wees nie, dit die Here sal oneer, selfs die Here en Sy Woord sal laster! Die balans is om die Here te eer deur gehoorsaam en onderdanig aan ons eie mans te wees“...aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie.” Titus 2:5 KJV  

Tevrede met ‘n mens se lewe. Ons moet probeer om die Here te behaag; eerder as om te probeer om ons mans te behaag; dan sal die Here veroorsaak dat ons guns het met ons mans. “As die Here tevrede is met ‘n mens se lewe, laat Hy selfs so ‘n mens se vyande in vrede met hom lewe.” Spr. 16:7. “Uiterlike skoonheid hou nie, ‘n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien dan verdien ‘n vrou om geprys te word.” Spr. 31:30. “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” Ps. 37:4.

Gehoorsaamheid Eerder as Offerande

Gehoorsaamheid is beter as offerande. “Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme. Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsĂȘery eiesinnigheid net so erg as die bedrog van waarsĂȘery; Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.” 1Sam. 15:22-23. “Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers.” Spreuke 21:3.

Getuienis: Ek het baie vrouens gesien wat “martelaars” is en ek was altyd bang dat ek een sou word. Aangesien ek nie geweet het hoe of hoekom ander vrouens so geword het nie; was dit moontlik dat ek ook in dieselfde lokval sou val. En ek het. Maar nou het ek die antwoord gevind—ons was nie gehoorsaam nie, ons het opgeoffer!

My man sou vir my gesĂȘ het “vat dit rustig,” “rus,” of “los dit tot mȏre,” maar ek sou dit nie doen nie! Dit is opstandigheid! Ek het dit regverdig deur te sĂȘ: “Hy weet nie hoeveel werk ek het om te doen nie,” of “Hy besef nie wat dit verg om hierdie huishouding aan die gang te hou nie,” of “Hoe kan ek ‘n middagslapie vat? Wie sal na die kinders kyk?”

Ek was reg: hy het nie geweet nie—maar God het! En Hy is my beskerming en my kinders se beskerming. En God in Sy soewereiniteit het jou man oor jou geplaas vir jou beskerming. God het ons mans oor ons geplaas vir ons fisiese beskerming, ons emosionele beskerming en ons geestelike beskerming, “Daar is immers geen gesag wat nie van God af kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God. ‘n Mens hoef nie vir die owerhede bang te wees nie, want die owerheid is ‘n dienaar van God tot jou beswil.” Rom. 13:1-4. (Sien les 8, “Vrouens, Wees Onderdanig,” omdat “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewyd is nie. Omdat jy die wil van God verontagsaam het
” Hosea 4:6. En vir meer inligting oor jou man as jou geestelike beskermer, sien les 9, “Geskikte Helper” onder die afdeling “Wie Behoort die Geestelike Leier te Wees?” en moet nie die getuienis misloop nie!) Opoffering, in plaas van gehoorsaamheid maak my ‘n martelaar!

Jou uiterlike voorkoms. Baie vrouens dra kopbeddekings, net rompe, of ander fatsoenlike klere maar hulle is opstandig in hulle harte. Selfs al bedrieg jou uiterlike voorkoms ander om te dink dat jy onderdanig is, die Here ken jou hart! “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie; Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.” 1 Sam. 16:7. Ons bediening het nounet ‘n telefoon oproep van ‘n dame ontvang wat dogmaties was oor vrouens wat fatsoenlike klere moet dra (sy het selfs haar kinders tuisonderwys gegee). Tog, was sy besig om owerspel te pleeg met ‘n getroude man. “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?” Jer. 17:9.

Daar is ‘n storie van ‘n klein seuntjie wie se pa aanhoudend vir hom gesĂȘ het om te “sit.” Uiteindelik het die klein seuntjie gaan sit en die pa het geglimlag. Maar die seuntjie het gou uitgeroep, “Ek mag dalk aan die buitekant sit, maar aan die binnekant—staan ek!” Baie kere staan ons innerlik. Baie kere nadat ons die regte dinge gedoen het en saamgestem het met ons mans se planne roep ons uit, “maar ek stem nie saam nie!” Somtyds is dit ons houding wat hom vertel dat ons nie saamstem nie. Dit dames, is opstandigheid.

Ons sal saai wat ons maai. As jy ‘n rebel met jou ouers was voordat jy getroud is, het jy heel moontlik met ‘n rebel getrou. (Rebelle, soos Bill Gothard sĂȘ “soek hulle eie soort.” Ek raai dit is God se manier om seker te maak julle is gelyk ingespan!) En miskien het jou man erger geraak vandat jy met hom getroud is. Miskien rebelleer hy teen alle goeie wysheid. Miskien het hy die opstandigheid so ver gevat as om teen sy belofte om getrou aan jou te wees, in opstanding te kom, wat die geval is met die wat in geloof staan vir hulle huwelike om herstel te word.

Niks is onmoontlik nie. Wat doen jy as jou man teen God in opstanding kom? As jy ‘n gelowige is, dan begin jy om gehoorsaam te wees. “Die ongelowige man is by God aanneemlik deur die band met die gelowige vrou.” 1Kor. 7:14. Ja, dit is waar. Gehoorsaam nou en kyk hoe die Here jou man heilig maak. Klink dit vreemd? Klink dit onmoontlik omdat “hy so sleg is”? Dit is moontlik, omdat julle een vlees is.” Hulle is dus nie meer twee nie, maar een.” Matt. 19:6. “Tog het die Here bepaal dat die vrou nie sonder die man sal bestaan nie, en die man nie sonder die vrou nie.” 1Kor: 11:11. Kan net ‘n halwe liggaam een pad gaan en die ander helfte ‘n ander pad? Daarom, liewe suster, vertrou want “
as ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy die wat Hom soek, beloon.” Heb. 11:6

Wie ‘n eerbare lewe lei. Sodra jy gehoorsaam is, sal God jou man se hart draai. “Die wil van die koning staan onder die gesag van die Here; soos ‘n stroom water lei Hy dit soos Hy verkies.” Spr. 21:1. Onthou, net “Wie ‘n eerbare lewe lei, sal hulp ontvang.” Spr. 28:18. Baie vrouens sĂȘ dat hulle nie gehoorsaam aan hulle mans wil wees nie; wel, moet dan nie verbaas wees as hy ook nie gehoorsaam wil wees aan die Een wat oor hom is nie! “Christus is die hoof van elke man, en die man is die hoof van die vrou, en God is die hoof van Christus.” 1Kor. 11:3. Moenie die verskoning gebruik dat jou man nie ‘n Christen is nie en daarom hoef jy nie gehoorsaam aan hom te wees nie. Soek in die Skrif vir die uitsluitsel; dit is nie daar nie.

Onverdiende lyding. Maar wat as my man gemeen is? “Bediendes onderwerp julle met die die nodige ontsag aan julle werkgewers, of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik. Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God.” 1Pet. 2:18-20 Die Woord sĂȘ verder dat ons ‘n voorbeeld het in die Here en Sy lewe. Hy vra ons om in Sy voetspore the volg soos ons hieronder sal sien. (As jy mishandel word sal jy hulp kry in les 4, “Goedhartigheid is op Haar Tong”)

As Jy My Liefhet

Onder die Wet. Nadat jy God eerste geplaas het in jou lewe en die wat gesag oor jou het begin gehoorsaam, moet jy die vals leer neerwerp wat sĂȘ: “Ek is deur genade gered, so dit is regtig OK om te sondig, omdat ek nie meer onder die Wet is nie.” Kom ons soek in die Skrif vir die Waarheid:             

Hulle dade weerspreek dit! “Hulle gee voor dat hulle God ken, maar hulle dade weerspreek dit. Hulle is verfoeilik en koppig en deug vir geen goeie werk nie.” Titus 1:16 

Doen jy wat Sy Woord sĂȘ? “Watter sin het dit dat julle My aanspreek met “Here, Here! en nie doen wat Ek sĂȘ nie” Lukas 6:46.

Moet ons aanhou sonde doen?  “Wat moet ons nou hiervan sĂȘ? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?” “Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde doen omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie maar onder die genade? Beslis nie.” Rom. 6: 1-2,15.

Geloof sonder dade is dood. “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ‘n geloof ‘n mens red?...So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood. “Jakobus 2:14-26. Goeie werke is die “vrugte” van ons bekering. Nou vra jouself hierdie vrae:

Ontken my dade dat ek ‘n volgeling van die Here is?

Gee genade my ‘n lisensie om te sondig?

Aangesien ek ‘n gelowige is, moet ek nie goeie werke hĂȘ nie?

Bely julle sondes. As hierdie vrae jou skuldig laat voel, doen dan wat die Woord sĂȘ: “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.” Jacobus 5:16.

Ek het julle nooit geken nie. Baie mense glo dat jy jou lewe kan lei net soos wat jy wil en dan die koninkryk van die hemel sal binnegaan wanneer jy doodgaan; is dit waar? “Baie sal daardie dag vir My sĂȘ. ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal ek openlik vir hulle sĂȘ: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.’” Matt. 7:22-23.

Gehoorsaamheid aan Sy Woord

“Wysheid is ‘n vrou wat langs die straat staan en roep, sy laat haar stem hoor op die stadspleine, sy roep bo die rumoer uit, by die ingange van die stadspoorte sĂȘ sy wat sy te sĂȘ het: Julle onkundiges, hoe lank gaan julle nog vashou aan julle onkunde, gaan die grootpraters hulle pratery geniet en die swape ‘n afkeer hĂȘ van kennis? As julle luister na my teregwysing, gee ek julle my wysheid in oorvloed en leer ek julle my woorde begryp. Ek het geroep en julle wou nie luister nie, ek het my hand uitgesteek en julle het dit nie gegryp nie. Julle het my raad alles in die wind geslaan, julle wou julle nie laat teregwys nie. Daarom sal ek lag as die ongeluk julle tref, ek sal met julle spot wanneer die angs julle oorval, wanneer daar nood en kwelling oor julle kom. Die angs sal soos ‘n storm oor julle kom, die ongeluk sal julle tref soos ‘n orkaan.”

“Dan sal julle my roep en ek sal julle nie antwoord nie, julle sal my soek en my nie kry nie. Julle het ‘n afkeer van kennis gehad, julle het geweier om die Here te dien, julle het my raad verontagsaam en elke teregwysing van my geminag. Julle sal die vrugte van julle optrede pluk, julle sal van julle eie planne walg. Die onkundiges se dwaling is hulle die dood, die dwase word vernietig deur hulle selfversekerheid, maar wie na my luister sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.” Spr. 1:20-33

Van harte gehoorsaam wees. “...van harte gehoorsaam geword aan die leer soos julle dit deur die oorlewering ontvang het.” Rom. 6:17. En weer, “...Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.” 1 Sam 16:7

Gehoorsaamheid het vuurproef nodig. “Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie.” 1Pet. 4:12.

Gehoorsaamheid reinig jou siel. “Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het.” 1Pet. 1:22

Gehoorsaamheid gee getuienis van Wie jou Vader is. “Maar wat ek julle beveel het is: Julle moet My gehoorsaam. Dan sal ek julle God wees en julle sal my volk wees. Maar julle moet leef soos Ek julle beveel sodat dit met julle goed kan gaan. Maar hulle het nie geluister nie en hulle nie aan My gesteur nie. Hulle was hardkoppig en moedswillig, hulle het hulle eie koppe gevolg, sodat hulle versleg het in plaas van verbeter.” Jer. 7:23-24.

Jou ongehoorsaamheid prys eintlik die goddeloses. “Wie die wet van die Here verontagsaam, praat met lof van goddelose mense, wie die wet onderhou beveg hulle.” Spr. 28:4.

Die gebede van die ongehoorsames is ‘n afsku. “As iemand hom doof hou vir die wet van die Here, sal die Here ‘n afsku hĂȘ van so man se gebed. Spr. 28:9

Ons Voorbeeld is Christus

Hy was gehoorsaam tot in die dood. “het Hy Homself verder verneder. Ja Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.” Fil. 2:5-11. 

Geleer wat gehoorsaamheid is. “Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.” Heb. 5:7-10.

Hy was gehoorsaam en onderdanig aan Sy gesag. “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by my verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil...My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat U wil geskied.” Matt. 26:39,42.

Ons moet onderdanig aan gesag wees. “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is...Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees.” Efe. 5:22. “Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God.” Rom. 13:1.

Die geheim van sukses. “Liefde en trou is die paaie wat die Here bewandel met die wat sy verbond en verordeninge bewaar. Ter wille van u Naam, Here, vergewe my my sonde, want dit is groot. As iemand die Here dien leer hy watter pad hy moet kies, sodat hy voorspoed sal geniet en sy nageslag die land sal bly bewoon. Die Here neem die wat Hom dien, in sy vertroue.” Ps. 25: 10-15.

Oordeel oor homself. Ongelukkig, stry en argumenteer meeste mense oor die ware betekenis van die Here se leer – en dit, sĂȘ God, is tot hulle eie vernietiging. “Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos. Met iemand wat na twee vermaninge nog skeuring veroorsaak, moet jy niks te doen hĂȘ nie, omdat jy weet dat so man op die verkeerde pad is. Deur sy sonde bring hy die oordeel oor homself.” Titus 3:9-11.

Tot verdigsels wend. In plaas daarvan om na die Waarheid te soek, wil hulle hĂȘ ander moet met hulle verkeerde idees of besluite saamstem. “Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sĂȘ wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor en hulle tot verdigsels wend,” 2 Tim. 4:3-4.

Vir hom is dit onsin. Jy mag dit dalk moeilik vind om alles wat die Skrif sĂȘ te verstaan, maar ek waarborg jou, as jy eers begin om gehoorsaam te wees, sal jy verstaan. “Die mens wat nie die Gees van God het nie. Vir hom is dit onsin Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alles beoordeel
” 1Kor. 2:14-15.

Lewe deur die Gees. “Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam.” Eseg. 36:27. “Wat ek bedoel is dit: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.” Gal. 5:16. “Ons lewe deur die Gees; laat die Gees ook nou ons gedrag bepaal.” Gal. 5:25 

Wees selfgedisiplineerd in jou gehoorsaamheid tot Sy Woord. “Moenie onverstandig wees nie, soos ‘n perd of ‘n muil wat met ‘n stang in die bek beteuel moet word as jy hom wil lei.” Ps. 32:9.

Gehoorsaamheid om uit ons Beproewings Gelewer te Word

Onthou dat net die eerbares uitgelewer sal word. “Wie ‘n eerbare lewe lei, sal hulp ontvang; wie ‘n oneerlike lewe lei, sal onverwags tot ‘n val kom.” Spr. 28:18.

God kyk toe en seĂ«n wat jy doen. “...en dat u met elkeen handel volgens sy verdienste.” Ps. 62:12.

Moenie afdwaal nie. “Hule moet net nie weer afdwaal nie. Waarlik, uitkoms is naby vir die wat Hom dien:” Ps. 85:8-9.

Wysheid is nodig. “Wie hom deur wysheid laat lei, is veilig.” Spr. 28:26.

Hoor en wys eerbied. “Wie hom nie aan die woorde van die Here steur nie. sal die gevolge dra; wie eerbied het vir sy gebooie, sal die goeie vrugte pluk.” Spr. 13:13.

Streef na en volg wysheid. “Wie op homself vertrou, is ‘n dwaas; wie hom deur wysheid laat lei, is veilig.” Spr. 28:26.

As jy nie gehoorsaam nie, sal Hy jou disiplineer. “Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe en van die dade van die Here getuig. Die Here het my swaar gekasty, maar my nie aan die dood oorgegee nie.” Ps. 118:17,18.

God is getrou aan Sy Woord. “As sy nakomelinge nie handel volgens my woord nie en nie lewe volgens my bepalings nie, as hulle my voorskrifte verontagsaam en my gebooie nie nakom nie, sal Ek hulle oortreding straf en hulle oor hulle sonde met swaar slae straf.” Ps. 89:30-32.

Kom ons buig ons hoofde en bid Psalm 51 hardop: “Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. Teen u alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oĂ«. Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien. Dan sal ek oortreders leer wat U van ‘n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer. Die offer wat U wil hĂȘ, o God, is verootmoediging: U sal ‘n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.”  

Mag God by jou wees soos wat jy streef om meer soos Christus te wees!

Persoonlike verbintenis om die Here eerste in my lewe te plaas: “Gebaseer op wat ek in die Bybel geleer het, verbind ek myself daartoe om alles te doen soos vir die Here. Ek sal aan die Here, en aan ander, my verbintenis aan Hom wys deur my gehoorsaamheid aan Sy Woord, en spesifiek, deur my onderdanigheid aan my man.”

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui