Hoe Om Te Weet Of Jy Iets In Jou Eie Krag Doen…

“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.” S3:5

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit Hoofstuk 3 van Leef Die Oorvloedige Lewe:

"Een beginsel wat ek weet ek by Erin geleer het, was hoe ons maklik kan meet of iets van die Here af is of nie. Êrens het sy ons geleer dat as ons iets op ons eie kan doen, werk ons in die vlees. Terwyl die teenoorgestelde ook waar is: as ons die hulp van die Heilige Gees nodig het, dan is dit duidelik van Hom af." 

Kosbare liefste vrou kom ons maak nie op ons eie insigte staat nie, kom leun meer op die Heilige Gees vir hulp. Ek weet in my eie lewe het ek al so baie dinge op my eie probeer doen, want ek het gedink ek kan dit "fix" maar ek was so ongelooflik verkeerd. Hoe meer ek op ons kosbare Here leun hoe meer is dit wat ek aanpak 'n sukses, want sonder ons kosbare Here kan ek niks doen nie.

“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie." J15:5

Lees hoe pragtige stel die Boodskap Bybel hierdie vers:

"Stel julle dit goed voor: Ek is soos die druiwestok; julle is soos die takkies. Sonder die druiwestok beteken die takkies tog niks nie. Net so beteken julle ook niks sonder My nie. Leef elke oomblik van die dag in afhanklikheid van My. Ek sal dan elke oomblik by julle ook wees. So sal julle vir God ’n vrugbare lewe kan lei." J15:5

 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Hoe Om Te Weet Of Jy Iets In Jou Eie Krag Doen…”

  1. Dankie liefste Janine ja ons het die Here nodig in als wat ons doen,sonder Hom kan ek niks doen of reg kry nie. Ek het hom elke dag en oomblik nodig in my lewe.

  2. Dankie Janine, nie net is dit baie maklik om dinge in die vlees te doen nie, ons kan ook gewoonlik die vrug daarvan sien; vernietiging, ongewenste resultate ens ens. Maar as ons wag (wat gewoonlik nie maklik is nie) dat Hy optree in ons situasie, dan kan ons die goeie vrugte sien.

    1. Ja jy is so reg kosbare Adina, ek het daardie vrug, deur dit in my eie krag te doen, so baie in my eie lewe gesien.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui