Ek Het Amper Die Wonderwerk Gemis

Belofte van vandag: “Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.” Psalms 46:11

☊ Yvonne Lofverslag Potgooi

Dit het alles so natuurlik gebeur dat ek amper nie gesien watter groot wonderwerk my liefste Hemelse Man in my lewe gedoen het nie. Ek het amper nagelaat om Hom die lof en die eer te gee.

Hoe wonderlik is Hy om ons te herinner sodat ander deur ons Lofverslae aangeraak kan word en dit iemand anders kan bemoedig. Julle wonder seker teen die tyd waarvan ek praat...

As julle my lofverslae volg sou julle gesien so paar jaar terug is my seun gediagnoseer dat hy op die spektrum is vir autisme en as gevolg daarvan moes hy medikasie begin gebruik.

Ek het vreeslik daarteen geskop en agv daarvan het dinge erger geword en het hulle hom die hoogste dosis gesit. Toe ek uiteindelik besef dat ek dit alles vir my liefste Here moet gee, het my vorige man binne 'n week gesê dat die dosis te veel is en ons moet oorgaan na die laer dosis toe.

Ek het ingestem, want ek kon al klaar my liefste Hemelse Man se hand in dit alles sien. Ek wil net seker maak dat julle weet ek het nie nodig om onderdanig aan my vorige man te wees nie, maar wat die kinders aanbetref moes ek van baie vroeg af besef dat hy net so groot sê in hulle lewe het soos ek. So wat die kinders aanbetref is ek meeste van die tyd (my vlees sukkel maar, want dit is my kinders) instemmend.

In al die jare het my seun se dosis nooit vermeerder nie, al het hy groter geword en omdat ek van die huis af begin werk het, het ek die geleentheid gekry om meer tyd saam met hom te spandeer en dus het hy beter gedoen op skool. Nou gee ek tuisonderrig (natuurlik nog 'n wonderwerk) en dus kan ek baie aandag aan my seun gee.

Ek het amper onmiddelik agtergekom dat die pil geen verskil meer maak nie omdat ek nou die individuele aandag aan my seun kan gee wat hy nodig het, maar weereens het ek besluit om dit alles vir Hom te gee en nie met my vorige man daaroor te praat nie.

Een van die nadele van die pilletjie is dat dit my seun se honger onderdruk. Hierdie jaar het hy skielike begin groei en as gevolg daarvan het hy natuurlik meer begin eet. Die oomblik wat hy die pilletjie drink het hy begin "snaaks" voel (sy woorde).

Ek het met my Hemelse Man daaroor gepraat en Hy het my gewys dit is omdat die pil sy honger onderdruk, maar sy groeiende lyf het kos nodig. Ek het gelei gevoel om met my vorige man daaroor te praat en hy het gesê, wel noudat my kind van die huis af leer en ek hom so baie aandag gee, kan hy nie sien dat die pil meer nodig is en dat ek kan gaan kyk na alternatiewe natuurlike produkte om te help met konsentrasie!!! Kan jy dit glo???

Die gesprek het so natuurlik gebeur het, dat ek amper die wonderwerk gemis het. Ek loof en prys my Hemelse Man. Hy is die beste en beslis verhoor Hy gebede. As jy Hom vandag vertrou vir iets in jou lewe, gee dit vir Hom en weet dat op die regte tyd sal Hy dit laat gebeur.

~ Yvonne in Suid Afrika
Volg #Yvonne Follow #Yvonne
Yvonne is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!