NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Hoofstuk 8 "Vrouens, wees Onderdanig" 


"Vrouens, wees aan julle mans onderdanig
soos dit pas by mense wat in die Here glo."
Kolossense 3:18.

‘n Vrou het een dag geskakel en gevra, “Hoe vĂȘr verwag God moet ‘n vrou gaan met betrekking tot haar onderdanigheid aan haar man?” Miskien vra jy dieselfde vraag of miskien wil jy regtig nie weet nie omdat jy voel dit is ouderwets, verouderd of nie van toepassing vandag nie.

In my stand vir my huwelik, het ek ernstige besluite oor onderdanigheid in die gesig gestaar. Laat ek jou deur dieselfde reis vat as wat die Here my deur gevat het soos wat ek in die Skrif gesoek het vir antwoorde. Eerstens, kom ons kyk na die twee voorbeelde van onderdanigheid wat God spesifiek vir vrouens vra om te volg:

Jesus

Volg in Sy voetspore. “Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg...Toe Hy beledig is, het hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.” 1Pet. 2:21-23.

Wees onderdanig op dieselfde manier. Net na 1Petrus 2 sĂȘ dit vir ons ons moet “in sy voetspore volg”, hoofstuk 3 (AFR53) begin dadelik met, “NET so.” Hy sĂȘ vir ons “Net so” moet ons as vrouens onderdanig aan ons mans wees soos wat Hy onderdanig aan God, Sy Hemelse Vader was. Jesus was onderdanig aan die gesag van God die Vader en ons moet onderdanig wees aan die gesag van ons mans.        

Christus is die hoof van ELKE man. Ons weet en verstaan dat God die Vader oor Jesus is, tog hoe kan ons seker wees dat ons mans (gered of nie) oor ons is? “Ek wil egter hĂȘ julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en ‘n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus.” 1Cor. 11:3.

Wat nie die woord van glo nie. Noudat ons seker is dat God met vrouens praat, wat beveel Hy? “NET so moet julle vrouens, aan julle eie mans onderdanig wees sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vrouens sonder woorde gewin kan word as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het.” 1Pet. 3:1-2 AFR53. 

In die King James Bybel, sĂȘ dieselfde vers “that they may be won by the conversation of their wives.” (Direk vertaal: “sodat hulle gewen kan word deur die gesprekke van hul vrouens”). Ek het gedink, “Dit is wonderlik; ek kan my man uitwys op al sy foute!”  Wel, raai wat?  Ek het na my “concordance” gegaan en die woord “conversation” (gesprek) opgesoek en uitgevind dit beteken “houding” (attitude) nie praat nie! Wat my meer verbaas het was ‘n vers in 1Petrus . Dit sĂȘ dat Sara aan haar man Abraham gehoorsaam was, en ek kan net soos sy word.                      

Sara

Hom Meneer genoem.  As jy verder lees, sĂȘ dit, “Sara, byvoorbeeld, was aan haar man Abraham gehoorsaam deur hom “Meneer” te noem.  Julle het haar dogters geword omdat julle doen wat goed is en julle nie laat afskrik deur enige intimidasie nie.” 1Pet. 3:6 AFR53.

Ons kan soos Sara word: 1) wees gehoorsaam aan julle mans soos Sara, en 2) doen dit sonder om “afgeskrik te word deur enige intimidasie.” Waarvoor  sal ons bang wees? Wel, wat het Sara se man Abraham haar gevra om te doen wat  veroorsaak het dat sy bang was? 

In Genesis 12:11-13 en ook in Genesis 20:2, sien ons  hoe Abram (later Abraham) Sarai (later Sara) gevra het om te lieg! Om te sondig! Abraham het vir haar gesĂȘ dat sy moet sĂȘ sy is sy suster en het dus toegelaat dat sy as ‘n ander man se vrou gevat was! Sy het haar man gehoorsaam. Nou dit is onderdanig!! Nie baie vrouens word geroep om so onderdanig te wees nie.

As dit die enigste deel in die Bybel is aangaande ‘n vrou se onderdanigheid aan haar man, kan ons dit miskien laat vaar.  Maar, dit is nie die enigste Skrifgedeelte oor ‘n vrou se onderdanigheid aan haar man nie. Ons sal vind dat die Bybel baie meer te sĂȘ het oor die onderwerp.

Onderdanig in alles. Hierdie Skrifgedeelte verduidelik dat jou verhouding met jou man dieselfde moet wees as Christus se verhouding met die kerk. “vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is. Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk. Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees.” Efe 5:22 - 24. Is dit nie hartseer dat baie kerke nie onderdanig is aan Christus en Sy onderrig nie, en op dieselfde manier, is so baie vrouens nie onderdanig aan hulle mans nie? Is daar enige korrelasie?  

Wat op God gehoop het. Waar is my hoop wanneer ek onderdanig aan my man is soos ek streef om ‘n “gelowige vrou” te wees? “In die ou dae het die gelowige vrouens wat op God gehoop het, hulle ook so versier:  hulle was aan hulle mans onderdanig.” 1Pet. 3:5.  Ons hoop en vertroue moet in God wees. (Sien les 5, “Wen Sonder ‘n Woord,” want “My volk gaan onder omdat julle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het
” Hosea 4:6.)

Hoe kan ons op God vertrou as ons owerheid ons seergemaak het? Die Bybel sĂȘ, “ ‘n Mens hoef nie vir die owerhede bang te wees as jy goed doen nie, maar wel as jy kwaad doen. Wil jy sonder vrees vir die owerheid lewe? Doen wat goed is, en die owerheid sal jou prys.” Rom. 13:3. Hoe kan die Bybel dit sĂȘ wanneer ons weet dat die owerheid oor ons nie vir ons uitkyk of oor ons omgee nie? Hoe het Sara dit reggekry om aan haar man onderdanig te wees? Sara het heeltemal op God vertrou. Sy het nie op haar man vertrou nie. Abraham was die een wat twee keer verantwoordelik was vir haar gevaarlike posisie by Farao! Sy het eenvoudig en volkome op God vertrou.  “...Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is.” Jer. 17:7. “Daar rus ‘n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai.” Jer. 17:5 

Baie vrouens het gedink, “Ek is met die verkeerde man getroud.”  Sara moes dit sekerlik per geleentheid gedink het; ek het ook so gedink. Ons kan ons dae spandeer deur te wonder “wat as
”  In plaas daarvan, kom ons rus in hierdie vers: “Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God af kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God.” Romeine 13:1. Ons Vader het geweet met wie ons sou trou voor die fondasies van die aarde. Hy sal dit gebruik ten goede, as ons kan ophou dink aan “wat as” en konsentreer op God se doel vir ons lyding. “Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.” Hebr. 5:8. (Sien les 10, “Verskeie Beproewings,” “ My volk gaan onder omdat julle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het
” Hosea 4:6.)

Toe ek na die voorbeeld gekyk het van Christus en Sy onderdanigheid, kon ek sien dat Sy situasie baie dieselfde as myne was. Jesus het te doen gehad met onredelike mense wat Hom beledig het, veroorsaak het dat Hy gely het, en Hom gedreig het. “Bediendes, onderwerp julle met die nodige ontsag aan julle werkgewers, of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik...Toe Hy beledig is, het hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.” 1Pet. 2:18, 23. “As die heerser vir jou kwaad word, moenie jou pos verlaat nie; kalmte voorkom groot foute.” Prediker. 10:4.  God is duidelik daaroor dat dit nie saak maak watter behandeling ons ontvang nie, ons moet respekvol en onderdanig wees    

Die Woord van God nie in diskrediet! Hoekom is dit so belangrik dat ons aan ons mans onderdanig is? Want, wanneer ons nie is nie, diskrediteer ons aksies God! “Die ouer vrouens...die jonger vrouens leer..om lief te wees vir hulle mans...onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.” Titus 2:5.

Mense wat in die Here glo. Hoe moet ons teenoor ons mans optree? Soos mense wat in die Here glo! “vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat in die Here glo.” Kol. 3:18. Is die manier wat jy teenoor jou man optree paslik teenoor die Here? Met ander woorde, sal jy op dieselfde manier teenoor die Here optree as Hy in jou man se plek gestaan het? ‘n Ontnugterende gedagte, is dit nie?

Die vrou het haar laat verlei. Die belangrikste rede hoekom ons onder ons mans se gesag is, is vir ons beskerming. “ ‘n Vrou moet in die erediens stil en onderdanig wees en haar laat leer. Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie; sy moet stil wees. Adam is immers eerste gemaak, Eva daarna. Dit is ook nie Adam wat verlei is nie, dit is die vrou wat haar laat verlei het en die gebod oortree het. Maar sy sal haar redding vind in moederskap, as sy maar volhard in geloof, liefde en ‘n heilige lewe, en daarby beskeie bly.” 1Tim 2:11-15.

As gevolg van die tye waarin ons lewe, vind baie van ons dit moeilik om die konsep van onderdanigheid te aanvaar.  Maar, liewe suster in Christus, daar is niks wat God ons opdrag gee om te doen wat nie vir ons goed is nie. Om onderdanig te wees sal ons beskerm van misleiding, wat ons vernietiging sal veroorsaak. 

Noudat ons die Bybel nagegaan het, kom ons antwoord sommige ander vrae wat jy mag hĂȘ, deur God se Wysheid te gebruik
.

Getuienis

Dit is met toestemming van my man, Dan, dat ek hierdie getuienis van onderdanigheid met jou deel. Dit is ons hoop dat dit die vrees om aan jou man onderdanig te wees, vir eens en altyd, tot rus sal bring. Ons hoop dat ons getuienis sal bewys dat daar beskerming is wanneer jy ‘n uiterste stand inneem om onderdanig aan jou man te wees, selfs wanneer hy ongehoorsaam aan die Woord is. Dames, onderdanigheid is van toepassing vandag.

My man het gedurende die tyd tot sonde verval en was in owerspel betrokke. Hy het met my onderdanigheid aan die Here en aan hom gespot. Een aand, toe ons saam met sommige van sy besigheids vennote op ‘n uitstappie was, het hy vir my gesĂȘ dat ons na ‘n nagklub toe gaan waar daar kaal dansery was. Toe beweeg hy na my gesig toe en sĂȘ, “Wel gaan jy onderdanig wees?” Hy was vasbeslote dat ek gaan, so ek het ingestem. Toe hy weg is om die kaartjies te koop, het ek na die badkamer toe gegaan en “hardop” gebid soos wat ek nooit voorheen gebid het nie. Onmiddellik het God deurgekom! Ons het in een van sy vriende vasgeloop wat gevra het waarheen ons oppad was. Toe my man hom vertel het, het die man mal geraak en vir Dan gesĂȘ hoe aaklig dit was en om my nie te vat nie.  Ek kon op lug geloop het - my geloof in God het die hoogtes ingeskiet!  

Onverskrokke, het hy kaartjies vir ‘n ander (‘n bietjie minder vuil) vertoning uitgehaal. Maar my geloof was so hoog, ek het geweet God sou my uitlewer! Soos wat ons nader en nader aan ons bestemming gekom het, het ek aanhoudend gekyk en my verbeel hoe God my man sou keer. Maar ek was geskok toe ons instap, gaan sit het, en hy drankies bestel het. Net om jou in te laat oor die omvang van die onderdanigheid, my man se egbreekster het aan tafel saam met ons gaan sit toe ons daar kom! Trane het my oĂ« gevul toe die vertoning begin het, nie omdat my man my daarheen gebring het nie, maar omdat dit gevoel het asof God my verlaat het.

Maar, dames, God is so getrou en ons kan op Hom vertrou. Toe die ligte afgegaan het net na die eerste vertoning (wat ek terloops NIE kon sien nie agv. my trane), het my man na my toe gedraai en gesĂȘ, “Hardloop! Kom hier uit!” Weereens uit onderdanigheid, het ek gehardloop! Spoedig het my man my buite gekry met trane in sy oĂ«. Hy het gesĂȘ, “Ek kan nie glo dat ek dit aan jou gedoen het nie. Ek is so jammer. Ek sal jou nooit weer vra om so onderdanig te wees nie. Ek is skaam vir myself.”

En hy het nooit weer nie. Inteendeel, selfs voor ons herstel is, het hy die werk as my beskermer aangevat teen die onsedelikheid van die wĂȘreld. God het ‘n seĂ«n vir ons wanneer ons ons vertroue en geloof in Hom alleen kan bewys! Gewoonlik lewer God ons uit, maar somtyds moet ons deur die “vurige beproewing” gaan om ons beloning te kry! God is getrou; ons kan op Hom vertrou selfs wanneer ons mans ons onderdanigheid op die proef stel.

Vrae beantwoord deur die Bybel

Wat is onderdanigheid of om onderworpe te wees? Dit is om gehoorsaam te wees sonder ‘n woord, veral wanneer jou man ongehoorsaam is aan die Woord van God (1Pet. 3:1). Dit is om hom nie terug te beledig of te dreig nie. 1Pet 3:9 sĂȘ “moenie kwaad vir kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n seĂ«nwens
.”

Maar is onderdanigheid nog van toepassing vandag? “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” Heb. 13:8. In Matt. 5:18 sĂȘ Jesus “Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.”

Maar moet ek nie  “tawwe liefde” gebruik nie?

Liefde, volgens 1Korintiërs 13, is sagmoedig en vriendelik, nie moeilik nie.

In 1Tim. 2:11 sĂȘ dit dat ‘n vrou nie gesag oor ‘n man mag uitoefen nie.

In 1Pet. 2:23 het Jesus nie gedreig toe Hy gelei het nie, en Hy sĂȘ ons moet in Sy voetspore volg!

In 2Tim. 4:4 sĂȘ dit dat in die laaste dae sal mense hulle tot verdigsels wend. Deur “tawwe liefde” met ons mans te gebruik is ‘n verdigsel aangesien die woord “tawwe” nie in die beskrywing van liefde in 1Cor. 13. is nie. Dit mag dalk vir ons moeilik wees om liefdevol teenoor ons mans op te tree, self as hulle moeilik is om lief te hĂȘ!

In 2Tim. 4:3 sĂȘ dit dat ons sal leermeesters bymekaar maak wat net sal sĂȘ wat ons graag wil hoor. Dit voel goed in die vlees om ultimatums te stel en ander te konfronteer. Maar die Gees en die sondige natuur is in opposisie met mekaar, “...daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie.” Gal. 5:16. ( Vir meer inligting oor tawwe liefde lees les 3 weer, “Sagte en Kalm Gees.”) 

Hoe doen ek wat God vra?

Hoe kan ek moontlik alles doen wat die Here van my vra as vrou in vandag se wĂȘreld? Deur Genade! En hoe kry jy genade? Deur nederig te wees. In Jak. 4:6 sĂȘ dit, “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” En 2Kor. 12:9 sĂȘ dit, “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” En ja, anders as die wĂȘreld se dwase opinies, is vrouens swakker as mans. “ Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef, bewys eer aan haar as die swakker geslag
.” 1Pet. 3:7.  

Kom ons bedank God vir die beskerming wat Hy ons gee as ons Hom gehoorsaam en in onderdanigheid aan ons mans is! In plaas van om te baklei om onder die beskermende gesag van ons mans uit te kom, kom ons loof die Here dat Hy gekies het dat ons vrouens is.

Onderdanigheid. Om ons te help om ons vrese vir onderdanigheid te “laat gaan”, mag dit nuttig wees as ons noukeurig na Sara se voorbeeld kyk. Ek is daarvan beskuldig dat ek “onderdanighied aan sonde” leer. Alhoewel die frase amper Skriftelik klink, is dit nogal denkbeeldig. Maar die betekenis agter daardie woorde is sekerlik in Sara se lewe te vinde. Ek kan jou eerlik sĂȘ dat dit ‘n versigtige reis was met baie soeke na die Waarheid. God sĂȘ, “soek, en julle sal kry” (Matt. 7:7) en “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee.” Jak. 1:5.

Baie Christene en godsdienstige leiers het nie met my leringe oor onderdanigheid saam gestem nie, maar ek het gevind dat dit my eintlik gehelp het deur my aan te moedig om die waarheid te soek en te vind. Hoe meer ek in die Woord gegrawe het, en hoe meer ek dit wat ek geleer het met radikale gehoorsaamheid gevolg het, hoe meer was ek in staat om onderdanigheid met durf te onderrig. Dames, ek vind dat die tekort aan onderdanigheid die wortel van die twisgierige vrou se bestaan is. Dit is nie wanneer en aan wie jy onderdanig is nie; dit is die “gees van rebellie” wat sal bestaan as jy nie God heeltemal vertrou met die resultate van jou onderdanigheid nie.

Die ware seĂ«ninge kom deur op God te vertrou, nie in ons mans se leierskap nie, omdat “n Man bepaal sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.” Spr. 16:9. Jy en ek moet die “Here vertrou” en nie vertrou in “mense, en ons krag by sterflike mense soek nie.” (Jer. 17:5) Ons moet gewillig wees om die Waarheid in God se woord te soek. Ek het persoonlik uitgeleef wat ek geskryf het en my getuienisse getuig van die Bybel se Waarheid. Ek het ook al baie “slegte vrugte” gesien van die wat die waarheid van volkome onderdanighied teen gestaan het. “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken
.” Matt. 7:16. Selektiewe onderdanigheid is glad nie onderdanigheid nie; dit is rebellie (weerspannigheid)! en rebellie is waarsĂȘery! “Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsĂȘery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery.” 1Sam. 15:23.  

Enige vrou wat haarself beskerm deur ‘n gees van ongehoorsaamheid te demonstreer sal nooit God se volkome beskerming hĂȘ, nog minder sal sy die ware seĂ«ninge sien wat God vir haar bedoel het! En ongelukkig sal ‘n weerspannige vrou moontlik nooit haar man sien onderdanig word aan Sy outoriteit, Jesus Christus nie.

Het Sara aan Sonde Onderwerp?

Was Sara se gehoorsaamheid onderwerping aan sonde? Nee, Sara het nie gesondig nie. Dit was Abraham, wie Sara se outoriteit was, wat gesondig het. Toe hy haar gevra het om ‘n halwe leuen te vertel (natuurlik is ‘n halwe leuen nog steeds ‘n leuen, daarom, sonde), het Sara gehoorsaam en, as ‘n resultaat van haar gehoorsaamheid aan haar man, het God haar beskerm. 

Soos wat ek gesĂȘ het, dit is belangrik vir ons as vrouens om die bevel te verstaan wat vir ons as vrouens gegee is. “Sara, byvoorbeeld, was aan Abraham gehoorsaam en het met eerbied na hom verwys. As julle doen wat goed is en julle nie deur dreigemente laat afskrik nie, is julle haar dogters.” 1Pet. 3:6.

Ons moet die Waarheid in God se Woord nastreef, sodat ons, as vrouens, tot die kennis van die Waarheid kan kom, “...Party van hulle dring in die huise in en kry liggelowige vrouens wat met sonde belaai is en deur allerlei sinlike begeertes gedryf word, in hulle mag, vrouens wat altyd iets wil leer, maar tog nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.” 2Tim 3:6-7.

Ons moenie die Skrif debateer nie. Ons moet “altyd gereed wees om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe, maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.” (1Pet. 3:15) Ons moet ook onthou om te  “sorg dat julle gewete skoon bly, sodat die wat julle oor julle goeie lewenswandel in Christus belaster, daaroor skaam kan kry dat hulle kwaad van julle gepraat het. As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter so as om te ly wanneer julle kwaad doen.” 1Pet. 3:17.

Stryery oor woorde. As enigiemand jou iets leer of vertel wat teenstrydig is met die Woord, onthou “As iemand ‘n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en by die leer van ons godsdiens nie, is hy verwaand en weet hy niks. Hy het ‘n sieklike beheptheid met twisvrae en met stryery oor woorde.” 1Tim. 6:3-6.

Almal van ons moet God se Woord sorgvuldig gehoorsaam, en deur ‘n voorbeeld te wees, ander te leer wat Hy beveel. “Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel. Ek sĂȘ vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as die van die skrifgeleerdes en die FariseĂ«rs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.” Mat. 5:19-20. Dit sluit julle dogters, skoondogters, susters, moeders, sowel as julle Christen en nie-Christen vriendinne in.

Skrifgeleerdes en FariseĂ«rs. Jesus het na die FariseĂ«rs verwys as blinde mans, skynheilig, kinders van die duiwel, wat probeer het om Jesus uit te vang of in ‘n strik te vang met wat Hy gesĂȘ het.  Hy het ook gesĂȘ die FariseĂ«rs het potensiĂ«le gelowiges verhinder, die Woord verdraai, hulself geregverdig voor mense, was uiterlik regverdig en blind vir geestelike dinge. Die skrifgeleerdes was regskundiges. Hy verwys na hulle as uiterlik regverdig, hul onderrig was sonder gesag, en hulle het Jesus oor Sy gesag bevraagteken. Jesus het hulle blootgestel, hulle veroordeel, en hulle ook skynheilig genoem. Laat ons lewens nie wees soos die skrifgeleerdes en FariseĂ«rs nie. Laat ons harte oop wees terwyl ons na die Waarheid soek. 

Hulle eie begeertes. Jy kan maklik iemand vind wat jou sal vertel wat jy wil hoor. “want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaar maak wat net sal sĂȘ wat hulle graag wil hoor, hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend.” 2Tim 4:3-4. Lewe ons in tye waar vrouens nie die gesonde leer sal verduur nie? Sal jy jou na verdigsels wend?

As jy wil weet wat die Waarheid is, loop saam met my terwyl ons weer in die Woord gaan soek na waar dit na Sara se gehoorsaamheid verwys.

Sara se Gehoorsaamheid

Die antwoord op die vraag. “Hoe vĂȘr moet ‘n vrou gaan om aan haar man onderdanig te wees?” word in die lewe van die vrou gevind, die enigste vrou wat God se Woord sĂȘ is ons voorbeeld van onderdanigheid, Sara. (1Pet. 3:6). Kom ons kyk in diepte na al die verwysings na Sara en haar verhouding met haar man Abraham.

Die Bybel verwys 59 keer na Sara! In al daardie verwysings is daar net drie keer wat Abraham haar gevra het om iets te doen. Onthou, sy is ons voorbeeld van gehoorsaamheid teenoor ons mans.

In Gen. 12:11 vertel Abraham vir Sara hoe pragtig sy is en dat wanneer hulle Egipte binnegaan, sy die Egiptenare moet vertel dat sy sy suster is sodat hy mag lewe. Dit was ‘n halwe-waarheid aangesien sy sy “half-suster” was. Dit word verder aangeteken dat Abraham “goed behandel” is vir haar (Sara) onthalwe. Het sy gesondig deur te jok of is sy onskuldig omdat die outoriteit oor haar vir haar gesĂȘ het om te jok?

Dan in Gen. 12:17, “... het die Here Farao en sy huis met groot plae getref.” Dan sĂȘ dit dat “as gevolg van Sara” het Farao Abraham gevra (nie Sara) hoekom hy dit aan hom gedoen het. Abraham word uiteindelik verantwoordelik gehou. Farao stuur dan Abraham en sy vrou Sara weg met alles wat aan hulle behoort. Dan in Gen. 17: 15-21 sĂȘ die Woord vir ons dat Sara die “moeder van baie nasies” sal word en “konings van mense van haar af sal kom.” So weer, Abraham word verantwoordelik gehou vir dit wat hy sy vrou sĂȘ om te doen en Sara word geseĂ«n vir haar gehoorsaamheid.   

Nou, in Gen. 18:6-15, sien ons dat Abraham vir Sara (God het nou hulle hulle nuwe name gegee) om te gaan en roosterkoek vir die gaste te maak. Ons vind dat Sara haar man weer gehoorsaam en die koek gaan maak.

Glo dit of nie, in Gen. 20:2-18 “het hy voorgegee dat sy vrou Sara sy suster is. Koning Abimelek van Gerar het haar toe laat haal om met haar te trou.” Hierdie keer word Sara nie gevra om te jok nie; die Here het haar verlos daarvan. Nogmaals word sy geneem as ‘n ander man se vrou! Maar dan in vers 5 sien ons hoe die koning God om sy lewe smeek. In vers 6 sien jy God se beskerming oor Sara toe Hy aan die Koning sĂȘ, “ek het jou nie toegelaat om aan haar te raak nie.” God se Woord sĂȘ vir ons dat “Sara het Abraham gehoorsaam en met eerbied na hom verwys” en dat ons ons nie “deur dreigemente moet laat afskrik nie” maak nie saak wat ons mans ons vra om te doen nie. God het Sara beskerm en Hy sal ons ook beskerm!            

Om verder te bewys dat ons nie verantwoordelik is wanneer ons ons mans gehoorsaam nie, sien ons in vers 9 dat wanneer die koning iemand blameer, blameer hy Abraham. “Hy het vir Abraham geroep en vir hom gesĂȘ: “Wat het jy ons aangedoen?.. Wat jy my aangedoen het, is onbehoorlik.”  In vers 12, verduidelik Abraham sy halwe-leun (wat nogsteeds sonde is). Dan, in vers 13, stel Abraham Sara vry van enige ongeregtigheid. Hy bieg aan die koning dat dit sy idee was om hom te bedrieg.  “Jy kan wys dat jy my liefhet deur op elke plek waar ons kom, van my te sĂȘ: Hy is my broer.” Nou kyk weer in vers 16, seĂ«n God vir Sara. Die koning sĂȘ vir Sara dat hy haar broer 1000 stukke silwer gegee het om te wys dat sy vrygespreek is van enige oortreding. Sara was weer opgehef in haar onskuld soos dit in vers 18 sĂȘ, “Dit was nadat die Here elke vrou in die huis van Abimelek daarvan weerhou het om kinders te hĂȘ. Die Here het dit gedoen oor wat gebeur het met Sara die vrou van Abraham.” Wanneer ons gehoorsaam soos Sara, sal ons ook beskerm word, vrygespreek van enige iets wat ons gevra is om te doen, en geseĂ«nd!

Die volgende vers, Gen. 21:1, sĂȘ, “Die Here het aan Sara gedink soos Hy beloof het. Hy het Sy belofte aan haar nagekom.” God het Sara se gehoorsamheid “getoets” om uit te vind of sy waardig was om die moeder van die Belofte en baie nasies te wees. Ons kan seker wees dat God ons harte ook sal toets.

Maar God het Sara nog nie klaar geseĂ«n nie, soos wat ons in Gen. 21:12 sal sien, “Maar God het vir Abraham gesĂȘ ‘...luister na alles wat Sara vir jou sĂȘ
.!’ ” God sĂȘ vir Abraham om aan Hagar te doen wat Sara vir hom sĂȘ om te doen, aangesien Sara omgekrap was deur Hagar se houding. Selfs al het Sara God voorsgespring deur Hagar saam met Abraham te stuur om die belofte aan te jaag, het God dit reggemaak! Ons sien die bewys in Gen. 21:14 toe Abraham Hagar en Ismael wegstuur.

Om te Gehoorsaam

In die Woord is daar agt verskillende woorde vir gehoorsaam. Drie is in HebreĂ«rs in die Ou Testament, en 5 is in Grieks in die Nuwe Testament. Net die woord Hupaku (5219 in die Strong’s Concordance), uitgespreek hoop a ku o, is gebruik vir vrouens met betrekking tot gehoorsaamheid aan hulle mans. Die definisie van die woord gehoorsaam is: om te hoor, om soos ‘n ondergeskikte te wees, om aandagtig te luister; by implikasie ag te gee of aan te pas met ‘n bevel of outoriteit; te luister, om te gehoorsaam,  gehoorsaam  te wees. Die woord vir gehoorsaam word in 1Pet. 3:6 gevind wanneer vrouens beveel word om gehoorsaam te wees, soos Sara met Abraham. Dit is ook gevind in:  

Rom. 6:17 wanneer dit sĂȘ dat ons slawe moet wees en van harte gehoorsaam moet wees (sien ook Gen. 21:1).

1Pet. 1:22 sĂȘ weer dat ons uit die hart gehoorsaam moet wees.

En Heb. 11:7 toe Abraham gehoorsaam was deur na KanaÀn te vertrek (sien Gen. 12:5).

Sommige, wat my sterk stand oor onderdanigheid aan ons mans betwis, het ander verwysings in die Bybel gebruik om te bewys dat ons nie gehoorsaam soos Sara hoef te wees nie. Maar hulle gebruik ‘n ander woord, soos die woord PHEITHO (3982) pie tho wat beteken om te oortuig deur ‘n argument, om te paai, om te oorreed. Maar hierdie woord word nie gebruik in die verhouding tussen ‘n vrou en haar man nie.

Daar is ook die woord PEITHARCHEO (3980), pie thar ke o, wat beteken om te oorreed deur ‘n regeerder (magistraat). Dit is in Handelinge 5:29, wanneer Petrus en die apostels antwoord en sĂȘ, “‘n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!” Maar weer, hierdie woord vir gehoorsaam is nie in die man en vrou verhouding gebruik nie.

‘n Vierde woord vir gehoorsaam is SHAMA (8085) wat beteken om te hoor, te oorweeg, of te onderskei. Die woord vir gehoorsaam is gebruik in verwysing na Daniel wanneer hy pleit om nie kos van die koning se tafel te eet nie. Baie het vrouens aangemoedig om hierdie gehoorsaamheid te gebruik om te pleit by hulle mans;  maar God se Woord gebruik niks van daardie woorde vir gehoorsaamheid om te verwys na die man en vrou verhouding nie.  

Kom ons Hersien

Ons het saam deur die Woord geloop om die Waarheid te vind oor onderdanigheid aan ons mans. So kom ons hersien wat ons gevind het:

Net drie verwysings in die Bybel sĂȘ iets oor Abraham wat vir Sara vra om iets te doen: om roosterkoeke te maak, om “halfpad te lieg” deur te sĂȘ dat sy sy suster was, en om ‘n tweede keer te gaan as ‘n vrou van ‘n Farao.

Abraham was die een wat verantwoordelik gehou was vir alles wat Sara gedoen het toe sy hom gehoorsaam het.

Nadat sy die tweede keer gehoorsaam was, het God “ag geslaan” en Sara geseĂ«n met Sy belofte van ‘n seun op haar oudag.

Hier is 5 verwysings wat wys dat Abraham (en Sara) geseën en beskerm was as gevolg van Sara:

    1. In Gen. 12:16, “hulle het aan Abram goed gedoen oor haar.”
    2. In Gen. 20:7 sĂȘ dit, “Ek [God] het jou nie toegelaat om aan haar te raak nie.”
    3. In Gen. 20:14-15, Abraham se vrou was teruggegee saam met geskenke van skape, osse, en manlike en vroulike slawe. Hy was toegelaat om net waar hy wou in die koning se land te bly en was duisend stukke silwer gegee om “Sara se naam skoon te maak”!
    4. In Gen. 20:18, het die Here die huishouding van Abimelek daarvan weerhou om kinders te hĂȘ “as gevolg van Sara.”
    5. In Gen. 21:12, Hagar en Ismael was weggestuur omdat God vir Abraham gesĂȘ het om vir Sara te luister en te doen wat sy gesĂȘ het aangaande Hagar.

Abraham moes Sara beskerm het; nietemin het God Sara beskerm omdat sy Hom gehoorsaam het deur aan haar man Abraham onderdanig te wees.

Daarom het ons nie nodig om onderdanigheid te vrees nie, omdat ons God se beskerming het. “ Julle wat die Here dien, vertrou op die Here! Hy help en beskerm julle.”  Ps. 115:11

Al wat nou in die pad staan van onderdanigheid is ‘n weerspannige gees. “Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsĂȘery; eiesinnigheid net so erg soos die bedrog van afgodery. Omdat jy die Woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp
.” 1Sam. 15:23. Sodra ons uit die hart onderdanig is en die weerspannigheid uit ons aksies en houding neem, sal beproewings kom “om ons te toets.”  Maar God wag om ons te help: “As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede.” Psalm 34:17. (Sien les 10, “Verskeie Beproewings,” want “My volk gaan onder omdat julle nie aan my toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan my toe te wy, verwerp het
.” Hosea 4:6.) 

Eva en die Val

Ons het die lewe van Sara bestudeer en ware onderdanigheid in aksie gesien. Ons het in haar lewe beide seëninge en beskerming gesien. En ons weet dat Sara opgehef is in 1Petrus deur haar radikale onderdanigheid aan haar man Abraham. Maar om beter te verstaan, sal dit nuttig wees om die lewe van Eva te bestudeer, sodat ons meer wysheid kan versamel.

Watter beginsels van onderdanigheid het Eva oortree wat tot “Die Val” gelei het?

Twyfel in God en bevraagteken Sy Woord. “Het God werklik gesĂȘ julle mag van geen boom in die tuin eet nie?” Gen. 3;1.  As sy net geweet het dat “Elke belofte van God is betroubaar.  Hy beskerm die wat by Hom skuil.” Spr. 30:5. Het Eva hierdie vers geken en dit toegepas, sou dit ons baie pyn gespaar het. 

Moet niks byvoeg. “Die vrou het die slang geantwoord: ‘Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. God het net gesĂȘ ons mag nie eet van die vrugte in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.’ ”  Sy het bygevoeg dat sy dit nie mag “aanraak” nie. Wanneer ons by God se Woord byvoeg, skend dit die Bybel en stel dit ons op vir sonde. “Moet niks byvoeg by wat Hy gesĂȘ het nie; Hy sal jou bestraf, en jy sal daar staan as leuenaar.” Spr. 30:6.

Luister na die stem van Satan. “Toe sĂȘ die slang vir die vrou: Julle sal beslis nie sterf nie, maar God weet dat julle oĂ« sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.” Ons moet nooit vergeet dat Satan is ‘n leuenaar is nie. “Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ‘n leuenaar en die vader van die leuen.” Johannes 8:44

Kyk neer op die bose. “Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van die vrugte gepluk en geĂ«et
.” Gen. 3:6. Wat moes sy gedoen het? “Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is.” 1Pet. 3:11. Kom ons leer uit haar fout en, in plaas daarvan, doen wat Job gedoen het
”  Ek het ‘n verbond gesluit met my oĂ«â€Šâ€ Job 31:1AFR53.  Jesus het ons vertel hoe belangrik ons oĂ« vir ons toekoms is: “En as jou oog jou van My afvallig maak, ruk hom uit en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om met altwee oĂ« in die vuur van die hel gegooi te word.” Matt. 18:9.

Veroorsaak ‘n ander om te struikel. “Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geĂ«et. Hulle altwee se oĂ« gaan toe oop, en hulle besef dat hulle kaal is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om vir klere.” Gen. 3:6-7. “Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot ‘n val kan bring nie. “ Rom. 14:13. “Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of iets te doen wat jou broer laat struikel nie.” Rom. 14:21. 

Verlei deur sy eie begertes. Was Eva geblameer toe Adam gesondig het?  “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. So ‘n mens kan eerder met ‘n groot klip aan die nek in die see gegooi word
” Lukas 17:1-2. Maar, “... ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep.” Jak. 1:14. Daar is ‘n perfekte balans hier. As ons die oorsaak is van ons mans wat struikel en sondig, is ons verantwoordelik. Aan die ander kant, is ons mans aan die Here aanspreeklik vir hulle sonde. En terwyl ons op die onderwerp is, onthou dat as jou man op sonde afstuur, kom uit sy pad uit! (Ps. 1:1) Verder, word vir ons gesĂȘ om nie ‘n ding daaroor vir hom te sĂȘ nie. (1Pet.3:1).    

Die Gevolge

Die eerste gevolg was misleiding. “En sy sĂȘ,  ‘Die slang het my mislei, en ek het geĂ«et.’ ”  Gen. 3:13. “Dit is ook nie Adam wat verlei is nie, dit is die vrou wat haar laat verlei het en die gebod oortree het.” 1Tim. 2:14.

Die vloek. “Vir die vrou het die Here God gesĂȘ: ‘Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe: met pyn sal jy kinders in die wĂȘreld bring. Na jou man sal jy hunker, en hy sal oor jou heers.’ ” Gen. 3:12-16. (“yet your desire shall be for your husband”), die definisie van die woord yet in die Engelse vertaling is belangrik. Dit beteken nietemin, nogtans of maar.  Jou “vloek” is nie jou man wat oor jou heers nie. Laat ek dit omskryf.  Wat dit sĂȘ is, “Aangesien jy gesondig het, sal Ek jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe: met pyn sal jy kinders in die wĂȘreld bring; nietemin, nogtans, of maar, sal ek jou beskerm deur jou man oor jou te laat heers sodat jy nie weer verlei sal word nie.” God kon sien dat die vrou spesiale beskerming teen misleiding nodig het. Ons vrouens het ‘n neiging om besluite te maak gebaseer op hoe ons voel omdat dit lyk asof ons die hart is van die “een vlees.” 

Jou beskerming. Daarom, het ons beskerming as ons onder die outoriteit van ons mans bly. “ ‘n Vrou moet in die erediens stil en onderdanig wees en haar laat leer. Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie; sy moet stil wees. Dit is ook nie Adam wat verlei is nie, dit is die vrou wat haar laat verlei het en die gebod oortree het.” 1Tim. 2:11-14.

EĂšn in Christus Jesus. Nou wanneer daar aan ons gesĂȘ word om onderdanig te wees aan ‘n man, is die man nie net enige man nie, nog minder is dit elke man. Ons moet onderdanig aan ons eie mans wees. Ons moet ook onderdanig wees aan al die mans (en vrouens) wie oor alle mans en vrouens is, soos base of die polisie, ens.  Baie Christene het gestruikel oor die onderwerp van vrouens wat mans onderrig.  Wanneer ‘n vrou geroep word om te onderrig, moet haar man nie haar student wees nie. Jesus het gekom sodat ons onder genade kan leef; laat ons nie wetlik wees nie. “Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal ÚÚn.” Gal. 3:28.

Net ‘n aanmerking: die term “hulp wat by hom pas” is van die AFR53 vertaling.  “Metgesel” is van die NLV. “Sy gelyke wat hom kan help” AFR83.  “Maat wat hom kan help” ABA Bybel.  (Gen. 2:18)

Ons tweede beskerming. Ons mans is ons vernaamste beskermers; alhoewel die Bybel aan vrouens vertel dat ons addisionele beskerming het: “Maar sy sal haar redding vind in moederskap, as sy maar volhard in geloof, liefde en ‘n heilige lewe, en daarby beskeie bly.” 1Tim. 2:11-15. (“preserved through the bearing of children”) - Die woord preserved in die Engelse vertaling is uit die NAS Bybel. In die KJV is die woord “saved,” oorvertaal uit die woord sozo, wat beteken:  om te red, beskerm of te genees of om veilig te hou. Weer, soos wat ons gesien het hoe nodig dit is om aan ons mans gehoorsaam te wees sonder enige vrees (1Pet 3:6), moet ons ook voortgaan om kinders te baar in geloof.  Geloof, soos ons weet, is die teenoorgestelde van vrees. (Sien les 12, “Kinders is Geskenke van die Here.”) 

Nog ‘n interessante gevolg van Eva wat die vrugte geĂ«et het is dat God vir haar gesĂȘ het dat haar “begeerte” vir haar man sal wees. Die woord “desire” (begeerte) in die Engelse vertaling is oorvertaal uit die woord tshuwqah (8669), wat gedefinieer word as: ‘n uitreiking na; ‘n verlange; ‘n begeerte. Maar dit is afkomstig van die woord shuwq (7783), wat beteken “om agterna te hardloop.”  Ons weet dat daar meer vrouens is wat vir hulle mislukte huwelike staan en vir ontroue eggenote as mans. Is dit nie interessant dat daar eens op ‘n tyd ‘n baie populĂȘre liedjie was (voordat feminisme die manier wat ons dink verander het) met die titel “Stand By Your Man”?

Adam blameer sy vrou. As jy gewonder het hoekom jou man jou blameer, dit was van die begin af so! “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geĂ«et.” Gen. 3:12. Ons mans word vermaan om “...julle moet julle vrouens liefhĂȘ, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie.” Kol. 3:19. En ook, “Sorg dat niemand van die genade van God afvallig word nie. Sorg dat daar nie verbittering soos ‘n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie.” Heb. 12:15. Maar as gevolg van die nyging van mans om hulle vrouens te blameer, het God ons beskerming gegee deur ons ‘n beginsel te gee om te volg. “vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ‘n woord te sĂȘ nie. Nee, julle skoonheid moet diĂš van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde.” 1Pet. 3:1-2,4.  

Sy fout. Dan aan Adam het Hy gesĂȘ, “Omdat jy na jou vrou geluister het en geĂ«et het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet
’” Gen. 3:17.  Hoekom was dit sy ongehoorsaamheid en haar misleiding? Die laaste keer wat die gebod om nie die vrugte te eet nie, genoem is, is vier verse voor Eva geskep is! Maar sy was nie onderdanig aan haar man se gesag toe sy die verbode vrugte geĂ«et het nie. Nietemin was sy nie direk ongehoorsaam aan God se bevel nie, omdat dit aan Adam gegee was voordat Eva geskep is. Dit is hoekom die sonde van Adam af oorgedra is en nie Eva nie. Eva het nie opsetlik gesondig nie; sy was mislei! Adam het geweet wat hy doen toe hy dit by haar geneem en geĂ«et het. Sy ondergang was dat hy na sy vrou geluister het. Ons sien ook dat dit aan Abraham oorgedra is toe Sara hom gevra het om Hagar te neem om God se belofte van ‘n seun te vervul. “En Abram het saamgestem met sy vrou.” Gen. 16:2.  Vra jouself of jy die “stem” van versoeking was vir jou man om sonde te doen.  Ek weet ek was skuldig aan hierdie einste ding. Dit is ‘n uitstekende manier om jou huis af te breek dames!  

Sy vloek. “Vir die mens het die Here God gesĂȘ: ‘Omdat jy na jou vrou geluister het en geĂ«et het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit ‘n bestaan maak, jou lewe lank; die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet; net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.’ ” Gen. 3: 17-19. “Werk jy hard,” en neem sy straf op deur self te werk? Die vloek van harde werk was bedoel vir jou man. (Sien les 14, “Die Maniere van Haar Huishouding” om verlos te wees van die “swaarkry” wat jy nooit bedoel was om te dra nie.)  

Kom ons kyk nou na ander vrouens in die Bybel om insig te verkry oor hulle rol as vrou. Ons sal kyk na beide die goeie en die slegte voorbeelde.

Abigajil

Wat weet ons van Abigajil? “Die naam van die man was Nabal en die naam van sy vrou Abigajil. Die vrou het ‘n goeie verstand gehad en sy was mooi
” 1Sam. 25:3.

Sy was sonder oordeel. Ons sal sien soos wat ons die Skrifgedeelte bestudeer dat Abigajil sonder oordeel was. “Die skoonheid van ‘n vrou sonder oordeel is soos ‘n goue ring aan ‘n vark se snoet.” Spr. 11:22. “Uiterlike skoonheid hou nie, ‘n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dàn verdien ‘n vrou om geprys te word. “ Spr. 31:30.

Abigajil se getuienis. Dit begin in 1Samuel 25 waar ons van die situasie lees. ‘n Klomp manne het getrou haar man se groot kuddes skape en bokke opgepas; nie een dier het verlore geraak nie. Toe die mans hoor dat haar man die skape skeer, het Dawid ‘n groep van tien mans gestuur om voor te stel dat hy hulle ‘n beloning gee vir die werk wat hulle gedoen het, wat die gebruik was. Maar Nabal (Abigajil se man) het hulle en hulle leier gespot en beweer dat hy nie verplig was om hulle op enige manier terug te betaal nie.  Dit het Dawid kwaad gemaak en hy het beplan om Nabal en al die manne van sy huishouding dood te maak. Toe Abigajil van sy plan gehoor het, het sy vyf skape en groot hoeveelhede kos gevat en haastig uitgejaag om Dawid te ontmoet. Baie predikers het Abigajil as ‘n voorbeeld gebruik vir ons om te volg; alhoewel sy die Skrif oortree het.

Watter beginsels het Abigajil oortree? Abigajil se oortreding van verskeie beginsels in die Bybel het uiteindelik haar man se dood veroorsaak. Dit het ook veroorsaak dat sy as “net een” van Dawid se vele vrouens geneem was.

Die man is die hoof van die vrou. Een van die eerste verklarings wat ons sien is, “Aan haar man Nabal het sy niks hiervan vertel nie.” 1Sam. 25:19. Abigajil het nie haar man sy aangewese posisie in die huwelik gegee nie en het sake in haar eie hande geneem. Sy het die beginsel oortree, “Die man is die hoof van die vrou...  Christus self is ook die Verlosser van die liggaam,”  Efe. 5:23. Sy moes toegelaat het dat haar man die “verlosser” in die situasie moes wees. “Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsĂȘery.” 1Sam. 15:23. Weerspannigheid word gedefinieer as: om nie aan outoriteit onderdanig te wees nie, rebellie, openlike opposisie teenoor outoriteit, en hardkoppige uittarting van bestuur.

Onderwerp julle aan die wat onredelik is. Sy het haar inmenging regverdig deur na haar man se optrede te kyk: “...maar die man [Nabal] was ‘n regte korrelkop en onbeskof
”1Sam. 25:3. Ons kan nie ons rebellie regverdig as gevolg van die optrede van ons outoriteit nie; die Woord is duidelik, “...onderwerp julle met die nodige ontsag aan julle werkgewers, of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik.” 1Pet. 2:18. “Wie sy mond in bedwang hou, behou sy lewe; wie sy mond nie kan hou nie, gaan sy ondergang tegemoet.” Spr. 13:3.  

Sy sal haar verdiende straf kry. “Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God af kom nie, en die owerhede wat daar is, is deur die beskikking van God. Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die ordening van God; en wie in opstand kom, sal sy verdiende straf kry.” Rom. 13:1-2. Toe sy bekommerd was dat daar skade sou wees, moes sy haar bekomernisse sagmoedig en respekvol aan haar man raporteer het. Dit is om dit in God se hande oor te laat. “Wyse mense versprei kennis met wat hulle sĂȘ.” Spr. 15:7. “Die regverdige laat sy pad vir hom wys deur ‘n vriend; die goddeloses verdwaal op die pad wat hulle self kies.” Spr. 15:7. As Nabal dan nog volgehou het met sy hardkoppigheid, moes sy na God uitgeroep het, nie na Dawid, vir genade.

Sy het ingemeng met ‘n rusie wat haar nie aangegaan het nie. Deur sake in haar eie hande te neem, het sy die moontlikhede van God beperk om met haar man en die situasie te werk. “Iemand wat ‘n kwaai hond sommer aan die ore pak, so is iemand wat woedend instorm in ‘n rusie wat hom nie aangaan nie.” Spr. 26:17.

Sy het die 1Petrus 3 beginsel oortree. Ek weet dat Abigajil gebore was voor 1Petrus geskryf was; maar haar oortreding bewys dat ons nie na Abigajil moet kyk as die heldin wat ander haar uitmaak om te wees nie. Abigajil het nie haar man vereer nie, sy het hom nie “sonder ‘n woord” gewen nie, en sy het hom nie meneer genoem (soos Sara met Abraham gedoen het) nie. As Abigajil haar man vereer het, sou God haar beskerm het soos Sara.”...hulle het [Farao] aan Abraham goed gedoen oor haar [Sara]...” Gen. 12:16. En ook, “Die Here het aan Sara gedink soos Hy beloof het. Hy het sy belofte aan haar nagekom.” Gen 20:18-21:1  

Sy was vir hom soos vretende kanker. Abigajil het nie net  met haar man se gesag ingemeng nie maar sy het hom in die skande gesteek. “Meneer moet hom tog nie steur aan daardie verkeerde mens, aan Nabal nie, want hy is net soos sy naam. Sy naam beteken dwaas
” 1Sam. 25:25. “ ‘n Knap vrou gee haar man hoĂ« aansien; een wat haar man in die skande steek, is vir hom soos vretende kanker.” Spr. 12:4. Sy het Dawid “meneer”  genoem en haar man “verkeerd.”  Dwaas word gedefinieer as optrede wat voortspruit uit onnoselheid.

Sy was hoogmoedig. Sy het dit bekend gemaak dat sy die situasie anders sou hanteer het as haar man. Abigajil was deur hoogmoed  aangedryf  “... Maar ek, ek het nie die manne van Meneer vir wie Meneer gestuur het gesien nie.” 1Sam. 25:25. Tog was dit nie haar posisie om dit te doen nie. Haar posisie moes gewees het om “hom net voordeel en nie nadeel te bring haar hele lewe lank.” Spr. 31:12. En “ Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk.” Spr. 31:11.

Skande het haar man se dood veroorsaak. Abigajil se oortreding van beginsels in die Bybel het uiteindelik haar man se dood veroorsaak. “..en toe sy vrou hom al hierdie dinge vertel [Nabal], het hy ‘n beroerteaanval gekry en is hy heeltemal verlam. Omtrent tien dae later het die Here hom weer met ‘n aanval getref, en het hy gesterf.” 1Sam. 25:37-38. “Bekommernis druk ‘n mens neer
” Spr 12:25.  “..wyse mense bring genesing met wat hulle sĂȘ.”  Spr12:18.

Haar man is dood as gevolg van ‘n gebroke hart. Die gevolg van Abigajil se optrede is dat haar man dood is nadat hy van sy vrou se verraad gehoor het.  Sy het geglo sy kon hierdie gevaarlike situasie beter hanteer.

Die gevolge. Dit het “gelyk” asof sy suksesvol in haar gekonkel was, maar op die einde het sy gesaai wat sy gemaai het.  “Die Here breek die hoogmoediges se huis af.”  Spr. 15:25

Abigajil het haar beskerming verloor. Sy het die beskerming wat God om haar geplaas het verloor, so, “Dawid het ons na u toe gestuur om u as vrou vir hom te neem. “ 1Sam 25:40. Dit was alles behalwe ‘n seĂ«n. Sy het as ‘n banneling saam met Dawid en sy eerste vrou in Filistia gelewe (1Sam. 27:3). Sy (en Dawid se eerste vrou) was deur die Amalekiete vir ‘n kort tydperk gevangene geneem  (1Sam. 27:3). Sy was later net een van Dawid se ses vrouens, en selfs later in Jerusalem was sy net een van vele vrouens (2Sam. 5:13). 

Ons weet uit die Bybel hoe ongelukkig Lea was met haar huwelik omdat sy geweet het hoe baie Jakob vir Ragel liefgehad het. (Gen. 29) Kan enige een van ons ons indink om net een van ses vrouens te wees? Ons weet van Dawid en Batseba. En laat ons nie vergeet dat hy daai tyd ook ander vrouens gehad het. Ek weet dat toe my man saam met net een ander vrou was, dit my amper doodgemaak het! My vraag aan die wat sĂȘ dat Abigajil geseĂ«nd was om Dawid se vrou te wees is dit: “Sal jy wil hĂȘ jou man moet by vyf ander vrouens slaap, veral as hy ‘n mooi voorkoms gehad het?” (1Sam. 17:42 sĂȘ dat Dawid ‘n rooi gelaatskleur en ‘n mooi voorkoms gehad het.) 

Haar skande was oorgedra aan haar seun. Abigajil se enigste seun is nie eens later in die Bybel genoem nie, selfs al moes hy die kroonprins geword het na die die moord van Amnon. Sy het duidelik berou gehad oor haar lewe toe sy haar seun se naam verander het van Chileb wat beteken “bedwang van die vader” na Daniel wat beteken “God is my [Abigajil] Regter.” (1Kron. 3:1). (Name is baie betekenisvol in die Bybel. Sien Lea en Ragel se name vir hulle kinders in Gen. 29 en 30.)

Haar tekort aan verstandigheid. As Abigajil net stilgebly het kon God om haar onthalwe ingetree het. “As ‘n dwaas nie praat nie, kan selfs hy aansien word vir ‘n wyse, en as hy sy mond toehou, vir ‘ verstandige mens.” Spr. 17:28.”  “...’n verstandige vrou is ‘n geskenk van die HERE.” Spr. 19:14. Jy mag dalk wonder wat God vir haar kon gedoen het, of miskien wat Hy vir jou kan doen as jy met ‘n dwaas getroud is. “Die koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.” Spr. 21:1 AFR53 God is getrou en het Dawid se hart gelei en selfs jou man se hart. Maar in plaas daarvan het Abigjil uit die vlees uit opgetree en het haar hart gedraai.:” So sĂȘ die HERE : Daar rus ‘n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van MY af wegdraai.” Jer. 17:5. Wat van jou, sal jy dinge in jou eie hande neem wanneer jy gevaar vir jou en jou familie sien aankom? Of sal jy op God vertrou deur jou man toe te laat om die familie te red?  

Sarai

Sara se stem. “ Toe sĂȘ Sarai vir Abram, “ ‘Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hĂȘ. Gaan slaap by my slavin. Miskien bring sy ‘n kind in die wĂȘreld wat my eie kan word. En Abram het saamgestem met sy vrou.’ ” Gen. 16:2 “Wie sy mond en sy tong in toom hou, hou hom uit gevaar.” Spr. 21:23. Sarai se fout het ‘n oorlog begin wat in die Middel Ooste voortgaan tussen die Jode en die Islamitiese mense, tot vandag toe!

Deur God vooruit te gaan. “Abram was al tien jaar in KanaĂ€n toe Sarai, die vrou van Abram, self vir Hagar, haar Egiptiese slavin, gevat en vir haar man Abram as vrou gegee het. Hy het by Hagar gaan slaap, en sy het swanger geword. Toe sy agterkom sy is swanger, het sy haar eienares geminag.” Gen.  16:3-4. Wanneer ons God vooruitgaan, en ‘n “Ismael” word verwek, verag ons wat ons in ons haas geskep het. 

Kwaad met kwaad en belediging met belediging. “Toe sĂȘ Sarai vir Abram: ‘Jy dra die skuld vir hierdie onreg wat ek moet verduur. Ek het my slavin vir jou gegee om met haar gemeenskap te hĂȘ, en noudat sy agterkom sy is swanger, minag sy my. Mag die Here hierdie saak tussen my en jou uitwys.’ Maar Abram sĂȘ vir Sarai: ‘Jou slavin staan onder jou. Doen met haar soos jy goeddink.’ Sarai het haar slavin toe sleg behandel, en sy het weggeloop.” Gen. 16:5-6. Nou hier sien ons hoe Sarai in ‘n nuwe skending in beweeg. 1Pet. 3:9 lees: “Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n sĂ«enwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seĂ«n van God kan verkry.” Toe sy na haar man toe gegaan het en gekla het oor die gemors waarin sy was, het hy haar aangemoedig om weer in die vlees op te tree. Onthou, “Met baie praat bly die sonde nie uit nie.” Spr. 10:19. Weereens, as jy ‘n probleem het, moenie na enige iemand toe hardloop nie - hardloop na God toe! 

Sara het foute gemaak; tog word Sara voorgehou as ons voorbeeld van ‘n onderdanige vrou: “Sara, byvoorbeeld, was aan Abraham gehoorsaam en het met eerbied na hom verwys. As julle doen wat goed is en julle nie deur dreigemente laat afskrik nie, is julle haar dogters...In die ou dae het die gelowige vrouens wat op God gehoop het, hulle ook so versier: hulle was aan hulle mans onderdanig.” 1Pet. 3:6,5. God is so goed. Sara het ‘n groot fout begaan, maar God het die situasie omgedraai toe sy Hom begin tevrede stel het. Ek het ook groot foute begaan. Ek het geen idee gehad wat ‘n vrou moes doen, sĂȘ, of wees nie.  Maar toe ek die Here en Sy Woord begin volg het, het Hy alles omgedraai en my verhef! Hy sal dit vir jou ook doen. Hoe meer jy Sy riglyne volg met ‘n rein hart, hoe meer seĂ«ninge sal Hy oor jou uitstort!  

Job se Vrou

Job se “helper”? “En sy vrou het vir hom gesĂȘ: ‘Bly jy nog vroom? Vervloek God en sterf!’ Toe sĂȘ hy vir haar: ‘Jy praat nou soos ‘n vroumens sonder verstand. As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie?’ ”  Job 2:9-10. Arme Job, hy het alles verloor en hy was oortrek met swere. Maar dat sy “helper” hom in versoeking bring om met sy mond te sondig, dit is te veel! Dit laat my dink aan toe ek my eerste seun in die hospitaal gehad het. Ek was vasbeslote om “natuurlik” geboorte te skenk sonder medikasie. Tog was daar elke paar minute ‘n verpleegster wat wou weet of ek iets vir die pyn wou hĂȘ. Ek het gevoel asof ek in die woestyn kruip terwyl iemand my aanhoudend vra of ek ‘n koel glas water wil hĂȘ. Ek het gevoel asof ek haar kon pot. Ek het egter nie. Terloops, dit was die “ou Erin” wie se man haar verlaat het! Prys God! Hy het my verander!

Job het geweet dat dit wat sy vrou gesĂȘ het onverstandig was. “Daar kom wysheid uit die mond van die regverdige, ‘n tong wat kwaad stig, sal uitgesny word.” Spr. 10:31. Dit was jammer dat God alles behalwe sy vrou van hom af weggevat het. God het duidelik ‘n sin vir humor! “Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet.” Spr. 16:20. Job het aandag geskenk aan wat hy gesĂȘ het en hy was geseĂ«nd. “Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.” Matt. 12:37. Is dit nie interessant dat Job se vrou nooit op haar naam voorgestel is nie? Maar ons ken haar deur haar onverstandige aanmerking. Dit is nie die manier wat ek onthou sou wou word nie; wat van jou? In plaas daarvan... 

Kom ons gehoorsaam soos Sara  sonder om ons deur dreigemente te laat afskrik

Persoonlike verbintenis: Om onderdanig aan my man te wees soos aan die Here. “Gebaseer op wat ek geleer het uit God se Woord, verbind ek myself om my man te gehoorsaam sodat die Woord van God nie in diskrediet kom nie.” 

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui