Die laaste twee weke

"Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys." P63:4

Ek het hierdie eers as 'n kommentaar op Kristy se pragtige lofverslag geplaas, maar ek voel om dit ook as 'n lofprys op die blog te plaas omdat die Here al die lof waardig is:

Die laaste twee weke was vir my ASEMROWEND, die Here het regtig Homself so duidelik aan my geopenbaar, ek is so dankbaar daaroor. Al wat ek die laaste ruk voel is vreugde, blydskap en liefde van die Here, ek kan so duidelik voel hoe die Here aan my werk, ek kan so duidelik sien hoe Hy werk in my lewe – veral in my huwelik! Maar, ek wil NET gefokus bly op Hom, ek wil nie die verhouding wat ek nou met die Here het verloor nie, Hy het my ‘n kans gegee om te laat gaan VAN ALLES en ek het dit met altwee hande gegryp en net op Hom begin vertrou (regtig begin vertrou). Wat ek nou besig is om te ervaar het oujaardag begin (ek het buite op die trappie gesit en het 'n diep gesprek met die Here gehad net daar het ek saam met Hom besluit om ALLES oor te gee en te laat gaan van al die wereldse dinge (die vyand het dit vir my baie moeilik gemaak, het amper weer in daai put van my eie sonde geval, MAAR die Here is groter) WOW wat Hy alles vir my gedoen het is net iets wat ek nie kan verduidelik/beskryf nie, dis asof Hy gewag het vir daai spesifieke dag (Hy was so geduldig). Ek is dankbaar teenoor die Here, vir Sy liefde, Sy omgee, Sy geduld en dat Hy nie eenkeer met my moed verloor nie.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Die laaste twee weke”

  1. Ja liefste Mila dit is so wonderlike om die vreugde en blyskap en die liefde van die Here te voel. ons Hemelse Man is wonderlike. Dankie vir jou pragtig lofverslag liefste Mila.

  2. Mila dankie vir hierdie mooi getuienis. Dis is absoluut wonderlik om so in Sy liefde toegevou te wees. Om als oor te gee is dalk aanvanklik nie maklik nie, maar die vrede en vreugde wat mens ervaar as jy weet als is nou in Sy hande, is onbeskryflik! Sy planne is in elk geval soveel beter as ons planne!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui