Moenie Teen Die Stroom Gaan Nie

“Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: ‘Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.'" M19:26

Toe ek Hoofstuk 3 van Leef Die Oorvloedige Lewe, lees het ek die volgende geleer:

  • Moenie teen die stroom gaan nie, maar gaan saam met die stroom.
  • Moenie die kwaad weerstaan nie en al lyk dit hoe ontmoontlik, onthou ons kosbare Here maak dit moontlik.
  • Moenie dit in jou eie krag probeer doen nie. As jy iets op jou eie kan doen, is dit in die vlees, want sonder Hom kan ons eintlik niks doen nie en ek weet nie van jou nie, maar sonder Hom wil ek niks doen nie. As ons die hulp van die Heilige Gees nodig het, dan is dit beslis van ons kosbare Here af.
  • Net ons kosbare Here kan ons die lewe gee waarna so baie van ons smag, net Hy kan die bose kringloop van smag na liefde by 'n mens verbreek.
  • Deur 'n intieme verhouding met ons kosbare Here te hê, sal jy leer wat ware vreugde is, 'n vreugde en vrede wat net ons kosbare Here kan gee. Onthou dit gaan alles oor die Here en Hy verdien al die glorie.
  • Kry alles direk van ons kosbare Here af, soos wysheid en liefde en dis presies wat jou dan sal verander.

Kosbare liefste vrou gaan net saam met die stroom. Onthou ons kosbare Here is ons vrede tenspyte van die teëspoed wat ons dalk nou ervaar. 

"Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” J16:33

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Moenie Teen Die Stroom Gaan Nie”

  1. Dankie liefste Janine. Ja ons kan net als doen met Hom wat ons help en ek so bly Hy hou my hand die herltyd vas.

    1. Ek is ook dankbaar kosbare Kristy dat ons elke oomblik van ons lewens dit hand aan hand saam met die Here kan doen.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui