Vind jou vreugde en blydskap in die Here

My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie,’ sê die Here; ‘soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes. Jesaja 55:8-9 

Toe ek die les Vind die Oorvloedige Lewe Hoofstuk 11 ”Je t’aime Maman gelees het, het ek die volgende geleer.

Wanneer ek als oor gee aan die Here, kan ek die vreugde en blyskap vind in my Geliefde Hemelse Man. En terwyl ek wag, vertrou ek op die Here en vra my Geliefde om my met Sy vreugde en blyskap en liefde te vul en my te help om my gedagtes te hernu en op Hom te fokus. Ons kan ons stryd begin wen of verloor in ons gedagtes, so om te kan begin wen moet ek op Hom gefokus bly en met lofprys. En om te laat gaan en dit vir my Geliefde te gee. Als sal op die ou end volgens Sy plan uitwerk en Sy naam sal al die glorie kry.

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! Jeremia 29:11

Ek sal julle na julle land toe laat terugkom. Ek weet wat ek vir julle in gedagte het. Ek beplan dat goeie dinge met julle sal gebeur en nie slegte goed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Jeremia 29:11 DB

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “Vind jou vreugde en blydskap in die Here”

  1. Dankie vir die deel kosbare Kristy, ja dis vreudge en vrede wat alle verstand te bowe gaan en wat net ons Hemelse Man vir ons kan gee. Ek weet in my eie lewe as ek net vir ‘n sekonde my oë van die Here afhaal, begin ek klaar die geveg verloor. En wat ‘n wonderlike versekering dat alles volgens Sy plan sal uitwerk, want Sy plan is die heel beste vir ons lewens.

  2. Dankie vir hierdie mooi boodskap Kristy. Die laaste twee weke was vir my ASEMROWEND, die Here het regtig homself so duidelik aan my geopenbaar ek is so dankbaar daaroor. Al wat ek die laaste ruk voel is vreugde, blydskap en liefde van die Here, ek kan so duidelik voel hoe die Here aan my werk, ek kan so duidelik sien hoe Hy werk in my lewe – veral in my huwelik! Maar, ek wil NET gefokus bly op Hom, ek wil nie die verhouding wat ek nou met die Here het verloor nie, Hy het my ‘n kans gegee om te laat gaan VAN ALLES en ek het dit met altwee hande gegryp en net op Hom begin vertrou (regtig begin vertrou). Wat ek nou besig is om te ervaar het oujaardag begin (ek het buite op die trappie gesit en het so diep gesprek met die Here gehad net daar het ek saam met Hom besluit om ALLES oor te gee en te laat gaan van al die wereldse dinge en WOW wat Hy alles vir my gedoen het is net iets wat ek nie kan verduidelik/beskryf nie, dis asof Hy gewag het vir daai spesifieke dag (Hy was so geduldig). Ek is dankbaar teenoor die Here, vir Sy liefde, Sy omgee, Sy geduld en dat Hy nie eenkeer met my moed verloor nie.

  3. So kosbare boodskap!
    Ons is so maklik om ons fokus te verloor wanneer ons daardie vreugde en vrede van ons Hemelse Man vind. Dan vergeet ons so maklik waar ons was en Wiè ons gehelp het en van Wié daardie vrede en vreugde afkom!
    Moenie jou fokus van Hom afhaal nie, in slegte èn goeie tye.
    Hy dra jou altyd!
    Hý is jou Hemelse Man in alle tye!

    1. Ja kosbare Betty, nie in slegte of goeie tye nie. Ek wens, my hoop en gebed vir elke kosbare vrou is dat hulle die Here as hulle Hemelse Man ontdek, want net by Hom kan ons die vrede en vreugde ervaar wat alle verstand te bowe gaan. By ons kosbare Liefling Here is ewigdurende liefde, wat mens met ‘n WOW los!
      https://uiteindelikhoop.com/ewige-liefde/

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui