Lewensles Week 57

"God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie." E3:20(DB)

Met die lees van Lewensles Week 57 wil ek hierdie pragtige gedeelte uitlig:

"Is Hy nie net die Beste nie?!?!?! Die absolute BESTE?!?!?

Ek voel altyd so en vertrou dat jy ook doen, maar dan somtyds doen Hy iets wat so ongelooflik skatlik, sorgsaam en spesiaal is, dat jou hart voel asof dit kan bars. Jy vind jouself met ‘n snaakse “ek is verlief” glimlag. O, is dit net ‘n droom om so te lewe?!?!?! Hy is “…so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie!” (Efesiërs 3:20 DB) Reg?!"

Kosbare liefste vrou ek wil jou herinner aan ons kosbare Here se groot mag, al lyk dinge dalk nou vir jou hopeloos, kan ons kosbare Here dit in 'n oogwink vir jou verander en al doen Hy dit dan ook nie dadelik nie, weet net jou toekoms is veiling in Sy hande. As jy dalk nou deur seer gaan weet net dat ons kosbare Here dit vir 'n groter doel toelaat. Hou net Sy hand vas en plaas al jou fokus op Hom, geniet jou tyd saam met Hom en vertrou Hom.

“Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil!” P34:9

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Lewensles Week 57”

  1. Dankie liefste Janine. Aw ja glimlag ek somer net weer. daai verliefde glimlag vir eninge iets is so wonderlike.Ons Here ons Hemelse Man,Sy liefde is wonderlik.Ek is so bly en vreugde in my dat my lewe my toekoms in sy Hande is.

    1. Ons kosbare Here se liefde is beslis wonderlik kosbare Kristy en ja ons toekoms is in Sy hande.

  2. ‭Wow, hierdie is so mooi, jy is reg as lyk dinge nou hopeloos kan God dit verander want niks maar niks is by Hom onmoonlik nie.

    Toe ek hierdie lof lees toe kom hierdie vers dadelik in my kop in:

    Habakuk 2:3-4 DB‬
    [3] Die dinge wat Ek vir jou gewys het en wat jy opgeskryf het, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Maar binnekort gaan dit vir seker gebeur. Dit voel dalk vir jou of dinge sloer en of niks aan die gebeur is nie, maar wees geduldig. Jy sal sien, kom sal dit kom en niks en niemand sal dit kan terughou nie. [4] Die vyand is vol van homself, maar sal nie oorleef nie. Maar mense wat die Here met ’n opregte hart dien, sal lewe as hulle aan Hom getrou bly.

    https://bible.com/bible/50/hab.2.3-4.DB

    1. Dis ‘n pragtige belofte kosbare Mila, dankie dat jy dit deel. Kom sal dit beslis kom, dis net Wie ons kosbare Here is, Hy beslis betroubaar.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui