My Beminde Kind & Ouer – 13 Januarie

Die dienaar het hom huis toe geneem en sy ma het hom op haar skoot vasgehou. Teen die middag het hy egter gesterf. 21Sy dra hom toe boontoe en lê hom op die bed van die man van God neer, gaan uit en trek die deur toe... Die man van God het haar in die verte sien aankom. Hy sê vir Gehasi: “Kyk, dis die vrou uit Sunem. 26Hardloop haar tegemoet en vra haar: ‘Gaan dit goed met jou? Gaan dit goed met jou man? Gaan dit goed met jou seun?’” “Dit gaan goed,” sê die vrou vir Gehasi." (2 K4:20-26).  

Vandag se oggendoordenking pas vir my so mooi in by ons Dankbaarheids Saterdag en ons kan so baie hieruit leer, want ten spyte van die omstandighede (na hierdie moeder haar kind verloor het), het sy positief gepraat want toe Gehasi haar gevra het hoe dit gaan, het sy geantwoord dat dit goed gaan.

Waar is jou vrede kosbare vrou, het jy net vrede as jou huwelik herstel is en jou man by die huis is of vind jy jou vrede in die Here ten spyte van jou omstandighede?

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui