“Deel is Omgee” Boekdag – Vind Die Oorvloedige Lewe

"Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie." J58:11

Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by  ons Afrikaanse Boekwinkel Kiosk asook Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.

https://encouragingbookstore.com/wp-content/uploads/2023/11/cropped-EB_ROUND_Heart_LOGO.jpeg

RMIOUFT-Logo

Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het.

Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe die gedeelte wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.

Vandag deel ek gedeeltes uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 6 "Hulle Het Dit Nie"

Sien jy wat gebeur het?  Die oomblik wat ek opgehou probeer het om satisfaksie van die bron van my moeilikheid te kry (wie “dit nie gehad het nie”) en na die Here gedraai het wie my uiterste Bron is van alles wat ons benodig, het Hy my met ontsaglike guns oorstroom en my vergoeding vermenigvuldig, wat Hy belowe aan elkeen van ons!

Dit is wat die Here vir my gesê het in die motor daardie dag op pad huis toe van die pakhuis winkel af—hulle het dit nie;  hulle het dit eenvoudig nie. Hy het gesê dat die mense van hierdie wêreld bankrot is op elke manier. Dink daaraan.  Die mense van die wêreld (en meeste Christene) kort deernis, sagmoedigheid, liefde en almal het beperkte bronne, tog hou ons dwaaslik aan om na hulle te kyk vir wat ons nodig het. Terwyl ons Here, ons Minnaar en ons Vriend, ‘n eindelose bron het van elke hulpbron wat ons nodig het en wil hê—beskikbaar aan ons—wanneer ons eenvoudig na Hom alleenlik kyk!!

3 thoughts on ““Deel is Omgee” Boekdag – Vind Die Oorvloedige Lewe”

  1. Sjoe hierdie gedeelte wat ek gedeel het, het my so geraak, want ja hoeveel keer kyk ons net nie na mense terwyl hulle dit werklik nie het nie. Net ons kosbare Liefling Here het alles wat ons nodig het.

  2. Mense het beperkte voorraad, en ek het dit verstaan ​​toe ek die kursusse gelees het. Die mense om my het nie wat ek nodig het nie, want hulle het ook tekortkominge wat genees moet word, al weet hulle dit nie.
    My Geliefde, dit is die Bron wat ons onbeperk gee, wat altyd daar is, wat ons Sy onuitputlike liefde gee.

    1. Dankie dat jy kom deel het kosbare Liza, is dit nie wonderlik hoe ons Hom as ons Onbeperkte Bron het nie, ek is so dankbaar daarvoor. Ek het dit ook na die kursusse begin verstaan en voorheen het ek altyd na mense gekyk om net teleurgesteld te word.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui