Sonder Vrees

"Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing." IIT1:7

Toe ek die Staar Egskeiding In Die Gesig - Hoofstuk 1 lees het ek geleer dat ons 'n keuse het hoe ons deur uitdagings gaan. Ek weet nie van jou nie, maar toe my man my vir 'n ander vrou los en my boonop vinnig wil skei, het ek nie 'n keuse gehad nie. Ek het dit natuurlik met alle mag probeer keer, maar smeek, huil en dreig (ja ek weet dis verskriklik hoe vêr ek gegaan het) het niks gehelp nie. Ek was gedwing om oor te gee want dis al wat daar vir my oor was. Ek het nie as 'n ware gelowige daardeur geloop nie.

Vandag weet ek beter, natuurlik alles deur die Here se genade, en kies om as 'n ware gelowige deur al my uitdagings in die lewe te loop. Ek vertrou ons kosbare Here, Hy weet wat Hy doen, so hoekom moet ek vrees daarby voeg!

Lees asseblief hierdie treffende gedeeltes aangehaal uit die boek Staar Egskeiding In Die Gesig:

Nee, ek glo nie aan egskeiding nie. Ek sal nooit (in ‘n miljoen jaar) egskeiding kies vir myself of my kinders nie—maar dalk soos jy, het jy nie ‘n keuse in die saak gehad nie. Toe daardie dag wel getref het, het ek ‘n keuse gemaak wat ek graag sal wil hê jy moet maak. My keuse was om daardeur te loop as ‘n WARE gelowige. As ek God kan vertrou met my ewigheid, die oomblik as ek tot sterwe kom, kan ek Hom dan nie vertrou met die hier en nou nie? Wat van jou?

So ek het gekies om hierdie keer daardeur te loop sonder vrees en sonder om die klein baba treë te gee wat ek die vorige keer gegee het, want destyds het ek gedink dat ek enige oomblik van ‘n krans sou afval!

Kosbare liefste bruid doen jouself asseblief die guns en lees hierdie boek, dis nie net vir egskeiding nie, maar vir enige uitdagings in jou lewe.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Sonder Vrees”

  1. Ja Janine, ons hoef nie te vrees nie die Here sal voorsien. Vanoggend se les het vir my baie beteken, ek sukkel die laaste twee dae met vrees. Ek het die bogenoemde les: Week 35 “Bygevoegde Vrees” gelees en besef dat ek vrees by my mengsel voeg en dat die Here nie vir ons ‘n gees van vrees gegee het nie. Dit gaan so goed met my, my man en ons huwelik, my man het genoem dat ek by hom moet intrek (hy bly ‘n uur van my af, dit beteken ek gaan ‘n uur werk toe ry, gaan moet ky kna ‘n nuwe skool vir ons kind ensv) MAAR wat ‘n wonderwerk van die Here af, hierdie is waarvoor ek so hard saam die Here geveg het, hoekom vrees ek dan? Ek het besef dat ek weer te bekommerd is oor die toekoms, die Here het klaar die pad beplan dis hier waar ek nou die Here tenvolle gaan vertrou. Ek sukkel met veranderinge en om ‘n nuwe roetiene aan te leer, maar as hierdie die Here se plan is vir my weet ek alles gaan goed uitwerk. Die Here is besig om my te seën in soveel areas van my lewe, so ek gaan dit net geniet. Ek gaan nie dat die vyand weer by my kom steel nie en ek gaan ook nie dat Hy vrees in my hart sit nie, ek weet waar my hulp vandaan kom. Ek is so dankbaar teenoor die Here, my HM

    1. Dankie vir die pragtige getuienis kosbare Mila, ons kosbare Here antwoord werklik, ek is saam met jou dankbaar. Hierdie laaste twee week praat my Liefling Man so baie met my en Hy het my herinner aan daardie pragtige les, want ja ek moet erken ek het ook vrees by die mengsel gevoeg.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui